Aktueel

Fifa-wêreldbekertrofee nou op tuisbodem

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Cyril Ramaphosa neem Vrydag die oorspronklike Fifa-wêreldbekertrofee by die Uniegebou in Pretoria in ontvangs.
President Ramaphosa ontvang Vrydag die oorspronklike Fifa werelbeker by die Uniegebou in Pretoria. Pres. Cyril Ramaphosa neem Vrydag die oorspronklike Fifa-wêreldbekertrofee by die Uniegebou in Pretoria in ontvangs. (Foto: Melinda Stuurman)

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag die oorspronklike Fifa-wêreldbekertrofee by die Uniegebou in Pretoria in ontvangs geneem.

Dit vorm deel van die Fifa-Wêreldbekertrofeetoer, aangebied deur Coca-Cola.

Ramaphosa neem die trofee in ontvangs.
President Ramaphosa ontvang Vrydag die oorspronklike Fifa werelbeker by die Uniegebou in Pretoria. Ramaphosa neem die trofee in ontvangs. (Foto: Melinda Stuurman)

Suid-Afrika het ná 16 jaar weer vir Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi gekwalifiseer.

“Die trofee se aankoms verteenwoordig hoop, trots, herinneringe en momentum. Dit merk die simboliese begin van Suid-Afrika se terugkeer tot die Fifa-Wêreldbeker. Dis ’n oomblik waarin Suid-Afrikaanse sokker fisiek en emosioneel in die hande van sy mense geplaas word,” sê Vincent Magwenya, woordvoerder van Ramaphosa.

30.01.26. President Ramaphosa ontvang Vrydag die oorspronklike Fifa werelbeker by die Uniegebou in Pretoria. Foto: Melinda Stuurman
President Ramaphosa ontvang Vrydag die oorspronklike Fifa werelbeker by die Uniegebou in Pretoria. 30.01.26. President Ramaphosa ontvang Vrydag die oorspronklike Fifa werelbeker by die Uniegebou in Pretoria. Foto: Melinda Stuurman (Melinda Stuurman/Foto: Melinda Stuurman)

“Dis ’n oomblik vol vreugde hier by die Uniegebou,” het Ramaphosa Vrydag by die ontvangs van die trofee gesê.

“Ons gaan nou die trofee uitleen, maar hy gaan terugkom hiernatoe,” het Ramaphosa gesê, wat die skare laat juig het.

Ramaphosa het Bafana Bafana sterkte toegewens.
President Ramaphosa ontvang Vrydag die oorspronklike Fifa werelbeker by die Uniegebou in Pretoria. Ramaphosa het Bafana Bafana sterkte toegewens. (Foto: Melinda Stuurman)

Ramaphosa het Bafana Bafana sterkte toegewens. “Ons het vertroue daarin dat julle die trofee sal terugbring.

“Suid-Afrika wens julle alle sterkte toe. Dit is hierdie oomblik waarin julle die volle steun van die Suid-Afrikaners agter julle moet voel,” sê hy.

Ramaphosa spreek Vrydag die skare toe.
President Ramaphosa ontvang Vrydag die oorspronklike Fifa werelbeker by die Uniegebou in Pretoria. Ramaphosa spreek Vrydag die skare toe. (Foto: Melinda Stuurman)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM