ANC-kongres

Dag 5: Dié 5 belangrikste sake

Weens verskeie vertragings in die program van die ANC se 54ste nasionale konferensie by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg is verskeie punte op die program nog nie afgehandel nie.

Dit sluit in die verkiesing van die nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Die program vir Woensdag is:

1. Jeff Radebe, minister van beplanning, monitering en evaluasie, is om 07:30 die spreker op die ontbyt vir sakelui.

2. Die nuwe NUK word aangekondig.

3. Alle besluite van die konferensie moet finaal bekragtig en verklaar word.

4. Teen 11:30 hou Cyril Ramaphosa, nuutverkose president van die ANC, sy eerste amptelike toespraak as leier van die party wanneer hy die konferensie sal afsluit.

5. Maar die heel belangrikste item, wat nié op enige sakelys verskyn nie, is die verwagte uitsluitsel oor die debakel rondom die verkiesing van die sekretaris-generaal.

CTA