ANC-kongres

‘Madiba het Cyril vertrou, sou trots gewees het’

Zelda la Grange
Zelda la Grange

Sy is seker wyle oudpres. Nelson Mandela sou baie trots gewees het op adj.pres. Cyril Ramaphosa wat Maandagaand tot nuwe president van die ANC verkies is.

Só sê Zelda la Grange, jarelange persoonlike assistent van Mandela.

Mandela het destyds gesê Ramaphosa is sy keuse om by hom as ANC-president oor te neem.

Toe Mandela op 11 Februarie 1990 ná 27 jaar in die tronk uit die Victor Verster-gevangenis (nou die Drakenstein-gevangenis) in die Paarl gestap het, was Cyril Ramaphosa aan die wêreld se bekendste politieke gevangene se sy.

Hy was ook sekretaris-generaal van die ANC onder Mandela.

"Madiba sou sy volle vertroue in Cyril gestel het om die organisasie se integriteit te alle tye voorop te stel en 'n klimaat vir gesonde verandering teweeg te bring wat die hele land sal bevoordeel.

"Ek het Madiba altyd gevra hoekom Cyril nie vroeër 'n leierskaprol gespeel het nie. Dan het hy grappenderwys gesê Cyril is nog jonk en het baie tyd. Ek is seker Madiba sou baie trots gewees het op hom vanaand," het La Grange gesê.

Oudpresident Nelson Mandela. Foto: Argief
Oudpresident Nelson Mandela. Foto: Argief
CTA