Die ANC het Donderdag omstreeks 03:15 sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) aangekondig. Voor dit het Cyril Ramaphosa sy eerste toespraak as die regerende party se nuwe president gelewer. Die ANC se nasionale konferensie wat by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg gehou is, het Saterdag begin en moes volgens die aanvanklike program reeds Woensdagmiddag afgehandel geword het. Dit het egter oorgeloop na Donderdagoggend. Hou Netwerk24 dop vir meer nuus oor die konferensie.
Lees ook:
Gronddebat 'vurig en rumoerig'
3 groot vertragings by ANC-konferensie
Vermiste stemme: 'Cyril omring deur hiënas'https://www.netwerk24.com/Nuus/ANC_kongres/3-groot-vertragings-by-anc-konferensie-20171220
2017-12-21 03:48:12Die ANC se nasionale konferensie is nou verby. Hou Netwerk24 dop vir meer nuus oor die konferensie. 2017-12-21 03:38:12
2017-12-21 03:37:39
2017-12-21 03:37:18
2017-12-21 03:36:50
2017-12-21 03:36:24
2017-12-21 03:35:53
2017-12-21 03:35:24
2017-12-21 03:35:01
2017-12-21 03:34:14
2017-12-21 03:33:39
2017-12-21 03:33:13
2017-12-21 03:15:52Daar was 235 kandidate. Van die 4776 afgevaardigdes, het 4283 gestem. Daar was 59 bedorwe stembriewe. Hier volg die lede wat tot die NUK verkies is:2017-12-21 03:14:46Die kiesbeampte Bontle Mpakanyane gaan nou die ANC se nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) aankondig.2017-12-21 03:08:07Gwede Mantashe, die ANC se nuwe voorsitter, spreek die oorblywende afgevaardigdes toe. 2017-12-21 01:46:30Jacob Zuma terwyl Cyril Ramaphosa sy eerste toespraak as die ANC se nuwe president by Nasrec in Johannesburg lewer. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-21 01:36:50
Cyril Ramaphosa se toespraak het Julius Malema, leier van die EFF, glad nie oortuig nie.2017-12-21 00:55:04Ramaphosa sê dit was 'n suksesvolle konferensie en sluit dit amptelik af.2017-12-21 00:54:12Ramaphosa sê hulle gaan Zuma se grappies mis, asook die lekkers wat hy uitgedeel het. 2017-12-21 00:51:54Ramaphosa bedank vir pres. Jacob Zuma vir sy tien jaar as president van die land en "sy lewenslange diens" aan die mense van Suid-Afrika.2017-12-21 00:50:49Cyril Ramaphosa lewer sy eerste toespraak as die president van die ANC. Foto: Reuters

2017-12-21 00:49:43Ramaphosa sê vir afgevaardigdes hulle moet ordentlik uitrus, want daar lê baie werk voor in 2018.2017-12-21 00:48:55Ramaphosa bedank afgevaardigdes vir hul geduld.2017-12-21 00:48:14Ramaphosa sê daar sal opgetree word teen die veiligheidsbeampte wat 'n joernalis rondgepluk het.2017-12-21 00:45:26Ramaphosa bring hulde aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, sy vernaamste teenstander in die ANC se leierskapstryd.2017-12-21 00:43:37Ramaphosa sê die ANC moet Suid-Afrikaners vereniging en 'n nie-rassige samelewing bou. 2017-12-21 00:40:36Die ANC se integriteitskomitee moet help om die integriteit van die ANC te herstel, sê hy.2017-12-21 00:38:45Ramaphosa: Ons moet vreesloos optree teen beweerde korrupsie in ons eie geledere.2017-12-21 00:38:25Ramaphosa verwys na die Steinhoff-skandaal sonder om die naam van die maatskappy te noem en sê dit sal ondersoek word.2017-12-21 00:37:47Korrupsie moet dadelik stopgesit word, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:37:30Daar sal opgetree word teen korrupsie en ander ekonomiese misdade, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:36:37Ramaphosa: Ons gaan ons staatsbeheerde instellings regruk.2017-12-21 00:35:57Ramaphosa: Die ANC sal die ekonomie tot voordeel van Suid-Afrikaners bestuur.2017-12-21 00:33:57Dit is belangrik om nie die ekonomie, landbouproduksie en voedeselsekerheid te ondermyn nie, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:33:28Ramaphosa se uitsprake oor grondonteiening sonder vergoeding word met applous begroet.2017-12-21 00:31:05Ramaphosa: Die program van grondhervorming en landelike ontwikkeling sal versnel word.2017-12-21 00:30:37Armoede het ontstaan omdat grond van mense weggeneem is, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:30:09Ramaphosa: Die grondvraagstuk is baie belangrik vir ons mense. Grond wat van ons mense weggeneem is, het groot pyn veroorsaak.2017-12-21 00:29:34Radikale ekonomiese transformasie sal bespoedig word met beleidsrigtings wat aanvaar is, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:29:08Die ANC gaan volgens Ramaphosa met groter vasbeslotenheid radikale ekonomiese transformasie aanpak.2017-12-21 00:28:03Ramaphosa sê hulle sal verhoudinge met hul alliansie-vennote herstel.2017-12-21 00:27:30Die ANC moet die samelewing lei, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:26:44Volgens hom moet die ANC "jonger" word.2017-12-21 00:26:15Die ANC wil 'n boodskap stuur aan die mense van Suid-Afrika dat hy 'n verantwoordelik party is, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:25:41Cyril Ramaphosa, nuutverkose ANC-president, spreek die ANC se nasionale konferensie toe. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-21 00:24:22Suid-Afrikaners wil ekonomie sien wat groei en werk aan ons mense verskaf, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:22:24Ons het by die konferensie 'n beweging gesien wat vasbeslote is om sy beleid in werking te stel, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:21:57Die afgevaardigdes verteenwoordig sowat 1 miljoen ANC-lede, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:21:16Ramaphosa: In onlangse tye het ons die ANC op sy swakste gesien, verdeeld. Oor die afgelope klompie dae het ons die ANC gesien wat ons ken en wat ons liefhet.2017-12-21 00:20:25'n Jong kameraad het volgens Cyril hom in die oë gekyk en gesê hulle soek 'n verenigde leierskap. 2017-12-21 00:19:22Ramaphosa: Julle het al liedere geskep oor hoe eenheid in die leierskap bereik moet word.2017-12-21 00:18:39Afgevaardigdes het besluit hulle wil 'n verenigde leierskap hê, sê hy.2017-12-21 00:17:49Afgevaardigdes het iets werklik spesiaal gedoen met die verkiesing van leiers. Hulle het die rug gedraai op die politiek van lyste, sê Ramaphosa.2017-12-21 00:17:05Ramaphosa: Die ANC het gedoen wat hy die beste doen. Hy het deur sy afgevaardiges na die behoeftes van sy mense geluister.2017-12-21 00:16:24Nasrec het ons nie net verenig nie, maar ons ook versterk, sê hy.2017-12-21 00:16:01Ramaphosa: Daar was diegene wat voorspel het Nasrec 2017 sal die einde van die ANC inlei en dat die party verdeeld sou wees daarna. Maar ons leef, ons lei en ons is hier om te bly.2017-12-21 00:14:57Doemprofete het volgens Ramaphosa voorspel dat die konferensie sou platval. Dit is 'n oorwinning oor die doemprofete, sê hy.2017-12-21 00:14:23"Hierdie was 'n belangrike konferensie in die geskiedenis van ons beweging," sê Ramaphosa.2017-12-21 00:13:56Ramaphosa: Hierdie oomblik maak my nederig.2017-12-21 00:11:30Ramaphosa spreek die konferensie toe.2017-12-21 00:08:23Die NUK sal aangekondig word nadat Cyril Ramaphosa sy toespraak gelewer het, sê die ANC-voorsitter, Gwede Mantashe.2017-12-21 00:07:42Ace Magashule, nuutverkose sekretaris-generaal van die ANC, spreek die regerende partye se nasionale konferensie toe.

2017-12-21 00:06:40Die herstel van die ANC se integriteit het pas begin, sê Magashule.2017-12-21 00:06:12Die ANC sal vroue in sleutelposisies sit en hulle bemagtig. 2017-12-21 00:05:25Magashule sê die ANC is verbind tot gratis onderwys vir arm mense en werkers.2017-12-21 00:04:29Die ANC is volgens hom bekommerd oor die opkoms van regse nasionalisme.2017-12-21 00:03:53Magashule sê korrupsie uitroei.2017-12-21 00:03:03Magashule: Grondonteiening moet egter nie werkskepping of voedeselsekerheid in gevaar stel nie.2017-12-21 00:02:22Groot gejuig toe Magashule sê ANC sal grondonteiening sonder vergoeding nastreef.2017-12-21 00:01:54"Die ANC is na die konferensie meer verenig as ooit," sê Magashule.2017-12-20 23:59:59Magashule het verwys na die kwessie rakende die "vermiste" stemme. "Uit die 63 (stemme), was net 16 geldig..." Dit het dus geen impak op die uitslag nie en Magashule bly die sekretaris-generaal. 2017-12-20 23:57:12Magashule lees nou die verklaring van die konferensie.2017-12-20 23:56:48Takke het gewys hulle ken hul regte, die grondwet van die ANC en hul pligte as lede, sê Magashule.2017-12-20 23:55:30"Ons is bly die konferensie eindig sonder enige voorvalle," sê Magashule.2017-12-20 23:54:54Ace Magashule is aan die woord: "Ons waardeer jul geduld."2017-12-20 23:46:15Intussen het die SA Joodse raad van afgevaardiges (SAJBD) en die Suid-Afrikaanse Zioniste Federasie (SAZF) dié besluit sterk veroordeel, berig News24. 2017-12-20 23:37:32Joernaliste word nou teruggeroep.2017-12-20 23:35:24
Gerugte dat die ANC besluit het om die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel na 'n skakelkantoor af te gradeer, doen die rondte.2017-12-20 22:41:32
Die ANC-baniere word al uit die mediasentrum gedra, maar steeds is geen lys van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) bekend gemaak of toespraak deur Cyril Ramaphosa gelewer nie. Sommige afgevaardigdes het glo die laaste keer met ontbyt geëet omdat van die sessies oor middagete geloop het. Na middagete het die spyseniers opgepak, want verrigtinge moes reeds 14:00 geëindig het.2017-12-20 22:06:53Die politieke ontleder Theo Venter sê die kommissie seplanne rakende grondonteiening is onderhewig aan soveel voorwaardes, dat dit die uitvoering daarvanbyna onmoontlik sal maak.Daar is reeds ‘n klousule in die Grondwet wat voorsiening maakvir die onteiening van grond sonder vergoeding. Dit gebeur byvoorbeeld wanneer grond gekoop word met dieopbrengs van misdaad. Godongwane het juis die voorbeeld genoem van ‘nmunisipalieteit wat onlangs twee plase sonder enige bohaai onteien het.2017-12-20 21:56:38‘n Vurige en rumoerige debatoor die onteiening van grond sonder vergoeding het byna die ANC se konferensieWoensdagaand op die nippertjie laat ontspoor, berig Sarel van der Walt en Gert van der Westhuizen.Enoch Godongwana, uittredendevoorsitter van die ANC se ekonomiese beldeidskommissie, het laat op die vyfdeen laaste dag van die konferensie gesê die vuiste het egter nie geklap nie. Ditwas ook nie vir Gwede Mantashe, die ANC se nuwe voorsitter, nodig omveiligheidswagte in te roep nie.Die kwessie vangrondhervorming en die nasionalisreing van die Reserwebank was die belangrikstebesprekingspunte.2017-12-20 21:50:06Kodwa het gesê daar was nie 'n vuisgeveg nie.2017-12-20 21:41:58Qaanitah Hunter, 'n joernalis van Sunday Times, het die onderstaande videos en foto van 'n onderonsie tussen ANC-afgevaardigdes getwiet. Dit is in 'n geslote besprekingsessie geneem.2017-12-20 21:40:10
2017-12-20 21:39:32
2017-12-20 21:36:16
Kyk hier na 'n onderonsie tussen ANC-afgevaardigdes in 'n geslote besprekingsessie:2017-12-20 21:25:23Die terugvoersessie is verby.2017-12-20 21:22:40Geen grondbesetting sal geduld word nie, Godongwana.2017-12-20 21:20:58Godongwana: As die regering sy 1992-beleid oor grondhervorming toegepas het, was die land nie in die situasie waarin hy hom tans bevind nie.2017-12-20 21:19:39Godongwana: Die ANC wil nie die grondwet van die Reserwebank verander nie.2017-12-20 21:17:47Die verslag oor die 68 "vermiste" stemme word nou aan konferensie voorgelê, sê Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder.2017-12-20 21:13:26Hy weet nie hoe boere op die nuus sal reageer nie.2017-12-20 21:13:02Volgens Godongwana kan die beskikbaarheid van grond dalk nie 'n kwessie wees nie, want daar is grond wat aan die staat en munisipaliteite behoort.2017-12-20 21:12:01Hy sê daar is geen afsnydatum vir grondhervorming nie. Vroeër was dit 1913.2017-12-20 21:11:34Ondanks vrae van joernaliste wat meen die Grondwet maak voorsiening vir grondonteiening, hou Godongwana vol dat grond nie sonder vergoeding onteien kan word nie. Daarom moet die Grondwet volgens hom verander. 2017-12-20 21:10:01Enoch Godongwana spreek die media by Nasrec, Johannesburg, toe. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 21:08:43Godongwana: Ons is bewus daarvan dat wat ons doen, nie 'n impak mag hê op die finansiële sektor nie.2017-12-20 21:07:54Die onteiening is met betrekking tot grond in platteland, asook stedelike gebiede, sê Godongwana.2017-12-20 21:01:03Geen nuwe besluite oor die onafhanklikheid van die Landbank is geneem nie.2017-12-20 21:00:38Die bespreking hieroor onder afgevaardigdes was volgens Godongwana vurig en rumoerig, en het amper die konferensie laat platval. Daar was egter nie 'n vuisgeveg nie.2017-12-20 20:59:09Mense in die towsnhips sê hulle het nie eens grond waar hulle mense kan begrawe nie, sê Godongwana.2017-12-20 20:58:07Die regering het volgens hom verlede week 'n grondoudit van die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling ontvang.2017-12-20 20:57:43Godongwana: Daar is nog geen tydsraamwerk vir hierdie planne nie.2017-12-20 20:56:55Daar moet egter eers gekyk word wat die impak daarvan is, en of dit lewensvatbaar is, sê Godongwana.2017-12-20 20:55:41Godongwana sê daar is algemene ontevredenheid oor die pas van grondhervorming in Suid-Afrika. Baie meen die groot probleem is dat grond nie sonder vergoeding afgeneem kan word nie.2017-12-20 20:51:09Die Grondwet moet verander word om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, sê Godongwana.2017-12-20 20:47:55Godongwana: Onteiening sonder vergoeding moet lewensvatbaar wees.2017-12-20 20:47:21Godongwana sê grondhervorming en -onteiening sonder vergoeding was een van die twispunte.2017-12-20 20:45:46Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, kla oor 'n joernalis wat getwiet het daar was 'n bakleiery en die ANC se voorsitter, Gwede Mantashe, moes veiligheidsbeamptes ontbied. Volgens Kodwa is dit glad nie waar nie.2017-12-20 20:40:03Hierdie terugvoersessie word deur Enoch Godongwana gelei.2017-12-20 20:38:17Die terugvoersessie deur die kommissie oor ekonomiese transformasie gaan binnekort begin.2017-12-20 20:32:07Die ANC het die monopolie indie betaaltelevisie-bedryf in sy visier, het Jackson Mthembu, hoofsweep van diéparty Woensdagaand by Nasrec buite Johannesburg gesê, berig Gert van der Westhuizen en Sarel van der Walt. Mthembu het ‘nmediakonferensie gehou om te gesels oor beleidsbeluite van die ANC sekommunikasie-kommissie.“Daar is ‘n monopolie in betaaltelevisiein Suid-Afrika,” het Mthembu gesê sonder om die name van enige maatskappy tenoem. “Suid-Afrika kan nie ‘n monopolie in betaaltelevisie bekostig nie. Onsdring aan op die vinnige transformasie van betaaltelevisie.”2017-12-20 20:22:46
Minstens een kommissie moet nog terugvoer gee, waarna 'n hoofsessie gehou gaan word. Die volgende gaan na verwagting hier gebeur:
*Bespreking oor die kwessie rakende die "vermiste" stemme.
*Aankondiging van die nasionale uitvoerende komitee.
*Cyril Ramaphosa spreek die konferensie toe.
2017-12-20 20:13:35Die prokureur van sommige ANC-afgevaardiges wat regstappe teen die party oor die "vermiste" stemme doen, sê die ANC het gevra vir 'n vergadering oor die kwessie by Luthuli-huis in Johannesburg, berig News24. 2017-12-20 19:39:01Die kommissie oor ekonomiese transformasie is volgende.2017-12-20 19:31:27Die SAUK se kwota vir plaaslike inhoud moet 70% wees, is besluit.2017-12-20 19:26:45Die nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) moet finaal besluit oor die ANC se mediabeleid wat onder meer sosiale media soos Facebook en Twitter betref.2017-12-20 19:24:28Inligting sal altyd uitlek, sê Mthembu.2017-12-20 19:23:41Mthembu: Ons hou perskonferensies en antwoord vrae. Moes ons een joernalis vir elke afgevaardigde gehad het?2017-12-20 19:23:07Mthembu sê na sy mening het die ANC oop kaarte met die media gespeel.2017-12-20 19:18:49Mthembu: Die ANC wil sy eie media-platforms skep sodat hy nie afhanklik van ander media is nie.2017-12-20 19:17:26Die konferensie het nie 'n besluit oor 'n media-tribunaal geneem nie, maar vra wel vir 'n parlementêre ondersoek daarna, sê Mthembu.2017-12-20 19:16:06Mthembu: Ondersoek moet bepaal of media-tribunaal lewensvatbaar en nodig is.2017-12-20 19:11:46Vrae word nou aan die kommissie gestel.2017-12-20 19:08:30Mthembu sê daar is ook 'n monopolie in die media. Daar word aangedring op die spoedige transformasie van betaaltelevisie.2017-12-20 19:07:06Teen einde volgende jaar moet die ondersoek afgehandel word na die lewensvatbaarheid van selfregulering in die drukmedia.2017-12-20 19:06:12Die konferensie het ook aan die regering opdrag gegee om teen Junie 2019 ten volle te emigreer van analoog na digitaal, sê Mthembu.2017-12-20 19:04:53Mthembu: Wat die uitsaaibedryf betref, wil die ANC hê daar moet van analoog na digitaal oorgeskuif word.2017-12-20 19:01:10Die telekommunikasie-sektor moet meer swart eienaars hê, sê Mthembu.2017-12-20 19:00:37Jackson Mthembu gee terugvoer aan die media op die vyfde dag van die ANC se nasionale konferensie. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 18:58:50Mthembu: Die ANC moet moderne metodes van kommunikasie gebruik, soos sosiale media.2017-12-20 18:57:32Volgens hom moet die ANC doeltreffend met al sy strukture kommunikeer.2017-12-20 18:56:04Mthembu: Jy kan nie die stryd om idees betree as jy nie kan kommunikeer nie.2017-12-20 18:55:35Alle kaders moet opgelei word in politieke kommunikasie, sê Mthembu.2017-12-20 18:54:16Mthembu: Politieke kommunikasie is baie belangrik.2017-12-20 18:53:32Mthembu is aan die woord.2017-12-20 18:48:30Die volgende terugvoersessie is deur die kommissie oor kommunikasie en idees, en word gelei deur Jackson Mthembu.2017-12-20 18:40:10Die onderwys-kommissie se voorlegging is klaar.2017-12-20 18:37:36Verskeie vrae oor die befondsingsmodel van gratis hoër onderrig is aan Pandor gestel, maar volgens haar het die kommissie dit nie bespreek nie. Volgens haar sal meer inligting hieroor eers in Februarie met die begrotingsrede bekend gemaak word. Volgens haar sal 'n dringende beraad oor hoër onderwys gehou word. Dit kom nadat pres. Jacob Zuma Saterdag aangekondig het arm studente sal gratis kan studeer.2017-12-20 18:24:40Die ANC-konferensie het besluit skole moet in die toekoms minstens een Afrikataal aanbied.2017-12-20 18:16:48Vrae, onder meer oor gratis hoër onderwys, word nou aan Pandor gestel. 2017-12-20 18:15:56Wat hoër onderwys betref, moet daar groter samewerking met universiteite wees om te verseker studente kry werkservaring, sê Pandor.2017-12-20 18:14:51Naledi Pandor gee terugvoer aan die media oor die kommissie vir onderwys, gesondheid en tegnologie se besluite. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 18:12:31Naledi Pandor sê meer aandag moet in die toekoms aan onderwys in plattelandse gebiede gegee word. Meer biblioteke en laboratoiums is nodig, sê sy.2017-12-20 18:04:18Die volgende terugvoersessie deur die kommissie vir onderwys, gesondheid en tegnologie begin binnekort.2017-12-20 17:55:10Intussen berig News24 dat ANC-afgevaardigdes die regerende party hof toe sleep oor die "vermiste stemme". Die betrokke afgevaardiges, wat wil hê die stemme moet oorgetel word, het die ANC tot die einde van die konferensie gegee om op hul versoek te reageer. 2017-12-20 17:47:45Parks Tau sê planne moet gemaak word om ministers van staatsbeheerde ondernemings verantwoordelik vir hierdie ondernemings te hou.2017-12-20 17:42:25Bapela sê die verhouding tussen tradisionale leiers en plaaslike regerings moet hersien word.2017-12-20 17:31:55Joernaliste stel nou vrae aan Bapela.2017-12-20 17:31:14Bapela: Die ANC stel voor dat plaaslike raadslede gereeld geëvalueer word om seker te maak hoë standaarde word gehandhaaf. Die raadslede wat nie aan die verwagtinge voldoen nie, kan verwyder word.2017-12-20 17:30:35Die ANC-konferensie het besuit die hoofsweep van die meerderheidsparty in die parlement sal voortaan as die "hoofweep van die parlement" bekend staan, sê Bapela.2017-12-20 17:28:15Bapela: Daar moet 'n eenvormige standaard vir openbare dienste wees.2017-12-20 17:27:38Bapela: Die departement van beplanning en evaluering moet versterk word.2017-12-20 17:25:34Obed Bapela spreek die media toe. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 17:24:00Die nasionale skool vir regering moet 'n groter rol speel om die kapasiteit van die regering te verbeter, sê Bapela.2017-12-20 17:22:28David Mahlobo spreek die media op die ANC se nasionale konferensie by Nasrec, Johannesburg, toe. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-20 17:18:39Obed Bapela gee nou terugvoer na aanleiding van die ANC se kommissie oor wetgewing en regering se bespreking.2017-12-20 17:14:05Mahlobo se toespraak is verby.2017-12-20 17:13:28Veiligheidsdienste: Hul operasies word nie in die openbaar bespreek nie.2017-12-20 17:12:43"Ek wil nie reageer op vrae oor Jaqcues Pauw se boek nie. Die instellings wat stappe gedoen het, oefen hul reg uit. Kom ons kyk wat gebeur," sê Mahlobo.2017-12-20 17:12:16Ons vermoë om korrupsie te beveg, moet verbeter word. Dit beteken die vinnige vervolging van skuldiges in die howe.2017-12-20 17:11:01"SA is relatief stabiel omdat die inligtingsdienste goeie werk gedoen het. Hulle moet steeds opleiding kry en meer geld ontvang, maar SA s'n is van die beste," sê Mahlobo.2017-12-20 17:10:17
2017-12-20 17:09:42"Nasionale sleutelpunte kan nie deur buitelanders bewaak word nie. Militêre veterane kan dit doen. Dit sluit in veterane van die apartheidstaat, TBVC-lande (Transkei, Bophuthatswana, Venda, and Ciskei) en bevrydingsbewegings."2017-12-20 17:07:46"Menseregte en sekerheid moet langs mekaar kan bestaan."2017-12-20 17:07:28"Die buitelandse magte is hier," sê Mahlobo. 'Hulle stel in ons belang en ons stel in hulle belang. Dit is normaal."2017-12-20 17:06:49" 'n Teenrevolusie neem verskeie vorms aan. Dit moet 'n kleurrevolusie wees," sê Mahlobo.2017-12-20 17:04:47'n Noodtoestand is nie bespreek nie.2017-12-20 17:04:27Mahlobo: Instansies wat wette toepas, moet apolities wees.2017-12-20 16:59:40Mahlobo: Sekuriteit by die konferensie was goed behalwe vir voorvalle waar mense verontrief is.2017-12-20 16:57:01Vraag: Is daar gekyk na maatreëls vir 'n noodtoestand?2017-12-20 16:56:18Vrae: Word die inligtingsdienste vir politieke redes ingespan?2017-12-20 16:56:02David Mahlobo spreek die media toe. Foto: Gert van der Westhuizen

2017-12-20 16:55:11Meer polisiebeamptes moet aangestel word.2017-12-20 16:54:57Sekeruteitsagentskappe se kleredrag mag nie soos polisie s'n lyk nie.2017-12-20 16:53:24Die klere wat organisasies soos veterane dra, mag mie soortgelyk wees aan dié van die weermag nie.2017-12-20 16:52:46Daar moet gekyk word na beter ondersteuning vir die gesinne van militêre veterane wat dood is, sê Mahlobo.2017-12-20 16:52:12Die nuwe NUK moet met die regering kan saamwerk oor Denel.2017-12-20 16:51:32"Verdediging: nywerheid kan bydra tot die ekonomie."2017-12-20 16:51:12Tronke: ons moet kyk na die vervoer en oorplasing van gevangenes.2017-12-20 16:50:43"Kyk na die VSA se houding teenoor die Midde-Ooste en kyk na die gebeure in Zimbabwe."2017-12-20 16:49:48
SA bly relatief stabiel. Die situasie in die res van die wêreld is meer onstabiel.
Die AU en EU moet moderne slawerny probeer oplos, sê Mahlobo.
2017-12-20 16:48:49Geen belangrike veranderings aan die verslag wat in Julie ingedien is nie, sê Mahlobo.2017-12-20 16:48:21Die kommissie oor vrede en stabiliteit. David Mahlobo, minister van energiesake, is aan die woord.2017-12-20 16:45:51
"Oor rassisme. Ek weet nie of julle onthou van die voorstel by die beleidskonferensie dat 'n wetsontwerp geskep moet word om rasissme te kriminaliseer nie.
"Die besluit is bekragtig. Die wetsontwerp moet nou deur die parlementêre prosesse gaan."
2017-12-20 16:45:12"Oor die kwessie van die volkslied. Ons het dit bespreek. Die ANC-lede moet kan onderskei tussen die volkslied en Nkosi Sikelela. Ons moet die volkslied as nasionale simbool respekteer," sê Mafu.2017-12-20 16:44:46
Oor ANC-leiers wat vroue misbruik en nou weer deel van die leierskapstryd vir die NUK is, het Mafu gesê dit moet aan die ANC gevra word en nie aan die kommissie nie.
"Die kommissie handel net met sosiale euwels," sê Mafu.
2017-12-20 16:44:13Mafu antwoord eerste die vraag oor sekswerkers. Sy kommissie het besluit dat sekswerk gedekriminaliseer word. Die besluit is in lyn met die grondwet.2017-12-20 16:43:08Nocewa Mafu. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 16:42:34Nog 'n vraag handel oor hoe die ANC gendergelykheid sal hanteer.2017-12-20 16:42:18Nog 'n vraag gaan oor waar die proses tans staan om sekswerk wettig te maak.2017-12-20 16:41:43Daar word gevra of die ANC maatreëls in plek gestel het om strenger op te tree teen sy senior leiers wat ook van vrouemishandeling aangekla word.2017-12-20 16:41:05Nog 'n joernalis vra oor die maatskaplike samehorigheid, aangesien dit blyk die stryd teen rassisme in die land word verloor. Die joernalis wil weet of die kommissie bespreek het om die volkslied te verander.2017-12-20 16:40:12Dit is nou tyd vir vrae en antwoorde. 'n Joernalis wil weet wat die ANC se planne is om dwelmmisbruik soos nyaope en tik teen te werk.2017-12-20 16:39:52
"Dit is noodsaaklik, want as ons dit nie doen nie, sal ons terugwerkend wees op die gebied van gendergelykheid.
Die nuwe NUK moet seker maak dit word op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak aangespreek.
2017-12-20 16:39:08Die ANC-lede se gedrag moet onberispelik wees en die party moet deur hul voorbeeld lei, sê Mafu.2017-12-20 16:38:50"Ons het ook gepraat oor die kwessie van geweld teen vroue. Dit is waarom straat-, landelike- en blokkomitees belangrik is. Patriargie steeds 'n groot probleem in ons gemeenskappe. Die ANC moet dit verander," sê Mafu.2017-12-20 16:37:53
'n Ander ANC-beampte, Nocawe Mafu, praat voor Shabangu.
Mafu sê die ANC moet sy bande met kerke, asook gemeenskaps- en sportorganisasies, versterk.
2017-12-20 16:37:11Susan Shabangu, voorsitter van die kommissie oor sosiale transformasie, is nou aan die woord.2017-12-20 16:36:53
Kyk: Die NUK sal die besluit neem indien Jacob Zuma as president van die land herroep sou word, het Fikile Mbalula, die minister van polisie, Woensdagmiddag by 'n mediakonferensie verduidelik.
Mbalula het 'n parallel getrek met die situasie in 2007 waarin voormalige pres. Thabo Mbeki homself post-Polokwane bevind het.
2017-12-20 16:35:31Die kommissie oor finansies gaan nie 'n perskonferensie hou nie.2017-12-20 16:22:04Die volgende kommissie wat verslag doen, is die een oor sosiale transformasie.2017-12-20 16:21:39Motshekga was van die kommissie oor wetgewing en regering.2017-12-20 16:17:40Matole Motshekga. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 16:17:07
Struwelinge ontstaan in die ANC en moet dus intern opgelos word.
Die ANC het die vermoë om kapasiteit te skep om dit te doen.
Alle politieke partye laat lede nie toe om volgens hul gewete te stem nie, sê Motshekga. Daarom is dit nie eens bespreek of ANC LP's in mosies van wantroue teen hul party se wense kan stem nie.
Die ongerymdhede op die konferensie was baie belangrik om ANC te wys op organisatoriese gebreke. Dit het niks met party se grondwet te doen nie.
2017-12-20 16:13:55
Daar is 'n behoefte vir etiese en morele leierskap sodat 'n morele samelewing geskep kan word, sê Motshekga.
Provinsiale uitvoerende komitees sal nie vergroot word nie. Dit is nie nodig om Contralesa 'n liga van die ANC te maak nie.
Provinsiale leiers wat tot die topses verkies is, moet ontruim word uit hul poste in die provinsies. David Mabuza mag dus nie lid van topses en premier van Mpumalanga bly nie.
2017-12-20 16:12:38
Matole Motshekga sê die struwelings moet intern opgelos word eerder as in howe.
Die NUK sal steeds uit 80 lede bestaan en nie uit 60 lede nie.
Takke moet met die organisasies skakel sodat die ANC relevant kan bly, sê Motshekga.
2017-12-20 16:06:09"Nieteenstaande van die feit dat (die uitslae) dalk nie is wat ons almal wou gehad het nie, maar (as die dispuut nie polities opgelos word nie) belemmer dit ons om die waardes van ons beweging in te boesem," sê Ramaphosa. 2017-12-20 16:02:55"Ons moet die integriteit van die konferensie beskerm. Ons moenie toelaat dat die konferensie ontaard in kontroversie en groot hofgedinge wat die uitslae nietig sal maak nie," sê Cyril Ramaphosa, ANC-president, aan afgevaardigdes.2017-12-20 15:56:26
Kyk – Cyril Ramaphosa doen 'n beroep op afgevaardiges om nie na die howe te gaan oor die 'verlore stemme' nie.2017-12-20 15:55:32
Prokureurs wat die 68 afgevaardigdes verteenwoordig wie se stemme nie getel is nie, sê hulle het briewe aan Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, gestuur waarin hulle vra dat die stemme vir die topses ampsdraers oorgetel word, berig EWN.
Die prokureurs sê hulle het die papierwerk reg vir 'n hofgeding, maar hulle wag eers vir die voltallige vergadering by die 54ste nasionale konferensie om oor dié dispuut te besluit voor hulle hof toe gaan.
2017-12-20 15:49:37Die stalletjies is nog redelik besig op die laaste dag van die ANC se 54ste nasionale konferensie. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-20 15:47:37
Die busse wat die afgevaardigdes ná die ANC se 54ste nasionale konferensie sal huistoe neem. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-20 15:45:18Afgevaardigdes loop trots rond met hul ANC-kleredrag waarop Cyril Ramaphosa se gesig pronk. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-20 15:40:00Daar is nou 'n breek van tien minute lank voor die volgende kommissie terugvoer oor die beleidsbesluite gee.2017-12-20 15:39:23Mbalula sê dit was goed om die sake met die media te bespreek.2017-12-20 15:37:09
"Die twee sentrums moet streng bestuur word. Dit moenie tot spanning lei soos in pres. Thabo Mbeki se geval nie.
"Onthou in Polokwane was dit amper presies dieselfde. Die NUK moet nou daaroor besluit en nie die topses amptenare soos destyds nie. Ons moet daardie besluit in die beste belang van die ANC neem," sê Mbalula.
2017-12-20 15:34:16"As die president herroep moet word, sal dit die besluit van die NUK wees. Dit is ononderhandelbaar."2017-12-20 15:30:35"Die NUK sal besluit of dit gedoen word of nie. Die NUK is die sentrum van mag. Die twee sentrum van mag moet bestuur word."2017-12-20 15:30:14Nog 'n ronde vrae word gevra. Die twee sentrums van mag duik weer op. 'n Joernalis wil weet of pres. Jacob Zuma herroep gaan word.2017-12-20 15:29:12Daar is geen manier wat ek my Twitter-rekening sal toemaak nie.2017-12-20 15:28:31"Die ANC-jeugliga het sy eie grondwet. Hy moet die ouderdom verminder. Die ouderdomsperk is baie oud. Hulle moet dit baie jonger maak."2017-12-20 15:27:52Oor die regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping het die nasionale konferensie gesê dat dit onmiddellik geïmplementeer moet word, sê Mbalula.2017-12-20 15:27:20"As jy die integriteit van die ANC ondermyn, moet die integriteitskomitee teen jou optree en geregtigheid in die ANC afdwing. Die NUK sal daardie komitee aanstel. Daar word tans aan die grondwetlike wysiging gewerk," sê Mbalula.2017-12-20 15:26:35
Die grondwetlike wysigings van die ANC is tans ter tafel gelê sodat veral die integriteitskomitee meer byt kry.
As die komitee voel dat 'n lid die ANC in oneer bring, moet dit nie die NUK vra of hy daardie persoon kan skors nie. Die komitee moet die lid direk kan kontak om hom of haarself te verdedig en dan moet die komitee 'n besluit maak.
Daardie besluit moet finaal en bindend wees. Integriteit is nie onderhandelbaar nie.
2017-12-20 15:25:34"Die NUK word deur die nasionale konferensie verkies. Hierdie konferensie het nou ooreengekom dat die aangeleentheid deur die ANC oorweeg word. Dit moet die aantal kabinetslede in die NUK beperk," sê Mbalula.2017-12-20 15:24:36"Daar moenie 'n dominering van die kabinet in die magstrukture van die ANC wees nie."2017-12-20 15:23:10"Die ANC gee 'n mandaat aan sy ontplooides in die regering oor wat hulle in die regering moet doen."2017-12-20 15:22:52Mbalula antwoord nou. "Eers oor die twee sentrums van mag. Ons sê dit moet deur die NUK bestuur word. Die sentrum van mag is die ANC. Die ANC neem besluite wat sy ontplooides in die regering moet uitvoer."2017-12-20 15:21:50"Ek het gehoor mense het gesê dat die ANC by sy nasionale beleidskonferensie in Julie 2017 weggedoen het met die term witmonopoliekapitaal. Dit is egter nie die geval nie."2017-12-20 15:21:19"Ek dink nie enige ANC-leier – nou of in die verlede – gebruik skelwoorde as hulle mekaar aanspreek nie. Ons moet egter benadruk hoe ons die kwessie van monopoliekapitaal moet aanspreek," sê Mthethwa.2017-12-20 15:19:59"Die debat oor wit monopoliekapitaal sal voortduur. Ek wil nie bespreek of dit 'n skelwoord geword het nie," sê Mthethwa.2017-12-20 15:19:18
Mthethwa antwoord eerste:
"Die strategie en taktiek-dokument van die ANC is om ook na monopolieë in verskeie sektore te kyk. Die ekonomiese kommissie by die konferensie is nog besig om dit te bespreek."
2017-12-20 15:18:37Chester Missing "van die NDZ-lys" wil by Mbalula weet of die nuwe sosiale mediabeleid wat die ANC vir die lede wil implementeer ook vir hom sal raak wat gereeld twiet.2017-12-20 15:18:04Nathi Mthethwa word nou gevra hoe die ANC gaan handel met wit monopoliekapitaal, wat 'n soort "skelwoord" in die verkiesingsveldtogte van die ANC-presidentskap geword het.2017-12-20 15:17:09Dan word Mbalula gevra oor hoe die lede van die integriteitskommsie verkies sal word.2017-12-20 15:16:48Mbalula word gevra of daar nuwe besluite geneem is oor staatskaping en wat die besprekinge was oor die afsnyouderdom van die lede van die ANC-jeugliga.2017-12-20 15:16:00Fikile Mbalula gee terugvoer aan die media oor beleidsbesluite. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 15:15:06Nog 'n joernalis wil weet of die nasionale uitvoerende komitee van die party nou al by sy nasionale kongres verkies is.2017-12-20 15:14:45
'n Joernalis vra nou 'n vraag oor die twee sentrums van mag in die ANC.
"Noudat die president van die party verskil van die land se president, sal die ANC meer betrokke raak in regeringsbesluite?"
2017-12-20 15:10:49Dit is nou tyd vir vrae en antwoorde in die sessie.2017-12-20 15:10:41
Mbalula: Die kommissie het voorgestel dat die nasionale konferensie die beleidsvoorstelle wat by die nasionale beleidskonferensie in Julie 2017 gemaak is, bekragtig.
2017-12-20 15:10:04Die ANC het pas deur hul kommunikasiekanaal laat weet die voorlegging oor moontlike grondwetlike veranderinge vir die party word tans in die gesamentlike vergadering gedoen.2017-12-20 15:09:49Die nasionale uitvoerende komitee moet saam met die top-6 leierskap die twee sentrums van mag bestuur, sê hy.2017-12-20 15:08:33Die verkiesing van leierskap in alle strukture moet kontinuïteit en hernuwing weerspieël, sê Mbalula.2017-12-20 15:07:07Nathi Mthethwa, voorsitter van die kommissie oor strategie en taktiek, gee terugvoer aan die media oor die beleidsbesluite. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 15:05:11Die Jeugliga moet sy afsny-ouderdom heroorweeg – dit kan nie meer 37 wees nie, sê Mbalula.2017-12-20 15:04:21
"Die ANC moet verseker dat die lede wat in regering ontplooi word, gereeld ontwikkel word.
"Ons moet voortgaan om 'n sterk alliansie te bou. Gegewe die belangrikheid van vroue en die jeug moet die Vroueliga en die Jeugliga ondersteun word," sê Mbalula.
2017-12-20 15:03:27Een voorstel was dat die takke in gemeenskappe betrokke moet wees.2017-12-20 15:01:44"Die kommissies het verdere aanbevelings gemaak," sê Mbalula.2017-12-20 15:00:59Fikile Mbalua, voorsitter van kommissie oor organistatoriese hernuwing, is nou aan die woord.2017-12-20 15:00:16"Die ANC moet fokus op die inhoud van monopoliekanpitaal. Die ANC behoort die praktyke van witmonopoliekapitaal af te skiet," sê Mthethwa.2017-12-20 14:58:54Die kwessie van monopoliekapitaal is ook bespreek.2017-12-20 14:58:43
"Dit is veral so ná die gebeure in Zimbabwe," sê Mthethwa. Hy verwys na die militêre oorname in November wat die oudpres. Robert Mugabe gedwing het om die tuig neer te lê.
2017-12-20 14:55:25"Dit is beklemtoon dat daar in die toekoms dalk dieper gedelf moet word in die kwessies op die vasteland," sê Mthethwa.2017-12-20 14:54:35Mthethwa: "Die strategie- en taktiekbeleid wat in Junie bespreek is, is oor die algemeen goedgekeur."2017-12-20 14:53:20Die Khoi-San verlaat die Nasrec-Eksposentrum nadat hulle Woensdag 'n memorandum met David Mabuza, adjunkpresident van die ANC, geteken het. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-20 14:50:39Nathi Mthethwa, voorsitter van die kommissie oor strategie en taktiek, en Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, op die verhoog om terugvoer aan die media te verskaf oor hul besluite van die kommissie.2017-12-20 14:29:18
Kyk – Motorfietsryers maak musiek en die ANC-afgevaardigdes is gek daaroor!2017-12-20 14:17:49
Die kommissies het voorleggings aan die voltallige vergadering gemaak en sal nou die media toespreek.
Dié wat nie tyd kry om aan die media te rapporteer nie, sal elektroniese verslae aan die media stuur.
2017-12-20 14:15:56
Die voorsitters van die kommissies wat vergader het, is:
1. Organisatoriese Vernuwing: Fikile Mbalula
2. Strategie en taktiek: Nathi Mthethwa
3. Wetgewer en Regering: Ayanda Dlodlo
4. Sosiale transformasie: Lindiwe Sisulu
5. Kommunikasie en verruiling van idees: Jackson Mthembu
6. Vrede en stabiliteit: Nosiviwe Mapisa-Nkqakula
7. Ekonomiese Transformasie: Enoch Godongwana
8. Internasionale Betrekkinge: Edna Molewa
9. Onderwys, Gesondheid en Tegnologie: Naledi Pandor
2017-12-20 14:06:04
Hoewel die rand teen Woensdagmiddag verswak het, is dit steeds stewig, berig Business Day.
Om 11:30 was die rand verswak met R12,7471 teenoor die dollar. Dinsdag was die rand R12,7034 teenoor die dollar.
Dit het Woensdag met R15,0960 teenoor die euro verhandel, terwyl die rand Dinsdag teen R15,0406 verhandel het.
Die rand het op R17,0702 teenoor die pond gestaan waar dit Dinsdag teen R17,0055 verruil het.
2017-12-20 13:55:01
Dit is belangrik om te let op wat adj.pres. Cyril Ramaphosa, nuutverkose ANC-president, in sy slottoespraak Woensdag by die konferensie sal sê, omdat dit ’n aanduiding sal wees van die beleidsrigting wat die land vir die volgende vyf jaar kan inslaan.
Dit was Woensdagoggend die woorde van Jeff Radebe, die ANC se beleidshoof en minister in die presidensie.
2017-12-20 13:51:38
VS, M’langa en dalk KZN moet nuwe premiers kry
Twee nuwe premiers in die Vrystaat en Mpumalanga moet in 2018 aangewys word.
’n Kans dat KwaZulu-Natal ook volgende jaar ’n nuwe leier sal kry, is ook nie uitgesluit nie.
David Mabuza, premier van Mpumalanga en provinsiale voorsitter, Ace Magashule, Vrystaatse premier en voorsitter in dié provinsie, en Paul Mashatile, ANC-voorsitter van Gauteng, is Maandag tot die topses-leierskap by die party se 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg verkies.
Dit beteken hul poste in dié provinsies raak vakant weens die verkiesingsuitslag.
Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê ’n nuwe premier kan ook in KwaZulu-Natal aangewys word indien die nuwe provinsiale leierskap wat verkies gaan word, deur Ramaphosa-ondersteuners oorheers sal word. – Philda Essop
2017-12-20 13:46:36
Hou op om jul data te “mors”, ek gaan nêrens heen nie.
Dit was Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, se reaksie Woensdagoggend op Twitter nadat hy gepeper is met navrae oor wanneer hy gaan bedank.
Masina het vroeër in ’n onderhoud met News24 gesê hy sal as burgemeester en voorsitter van sy streek bedank as adj.pres. Cyril Ramaphosa tot ANC-president verkies word. – Reneilwe Dhludhlu
2017-12-20 13:09:34eNCA berig Dali Mpofu lei die regspan wat die kwessie van die vermisie 68 stembriefies in die hof gaan uitdaag.2017-12-20 12:45:15Algemene vergadering: Die leierskap is nou op die verhoog op die algemene vergadering wat geslote is vir die media.2017-12-20 12:44:30
Julius Malema, EFF-leier, het Dinsdag reeds getwiet dat Ace Magashule as sekretaris-generaal sal aanbly. Malema het ook voorspel dat Cyril Ramaphosa tot ANC-president verkies gaan word.
"Hy is altyd 'n tree voor. En dit lyk asof hy 'n eenman-nuusagentskap is wat altyd weet wat in die ANC-binnekringe aangaan," sê Mathekga.
2017-12-20 12:41:06
"Hierdie hele leierskapstryd wys maar eintlik net dat Cyril Ramaphosa sterk leiding gaan moet gee," sê Venter.
2017-12-20 12:34:34
Venter sê die dinamika van die proses is vir hom baie interessant.
"Die ANC se DNS wys duidelik. Dit is: Kom ons soek 'n politieke oplossing. Kom ons kyk of ons die ding nie op 'n manier kan oplos en die toekoms vra om vir ons duidelikheid te gee nie," sê Venter.
"Die tweede ding wat gebeur, is dat die faksies en die wantroue verdiep het. Eenheid is die sousie wat oor alles gegooi word, maar eintlik het die faksies verdiep. Hulle is nog meer agterdogtig as ooit vantevore."
2017-12-20 12:29:34
"Daar is steeds 'n goeie stryd om die nasionale uitvoerende komitee. Dié wat verloor het, kan dalk in die NUK kan wees. En as hulle (die konferensie) verlaat, moet hulle probeer om 'n politieke oplossing te vind," sê Mathekga.
"Want die topses wat hier uitstap, moet deur die lede van die ANC en die lede van die samelewing aanvaar word."
2017-12-20 12:24:49
In verband met die 68 "vermiste" stemme vra Van der Westhuizen aan Mathekga of hy dink die krisis is afgeweer.
"Ek dink die beste wat hulle kan doen, is om dit te neutraliseer en buite die konferensie op te los," sê Mathekga.
"Die probleem is nie 'n tegniese een nie. Die probleem is die vlak van wantroue en die verwagtinge van verskillende faksies dat hulle 'n spesifieke uitkoms moes bereik het. Jy kan 'n miljard keer tel en jy gaan steeds nie almal tevrede stel nie."
2017-12-20 12:09:55
Gert van der Westhuizen gesels met die politieke ontleders Ralph Mathekga en Theo Venter.2017-12-20 12:03:29Die verkiesingskomitee en bestuurskomitee sal vandag hul verslag hieroor aan die voltallige vergadering deurgee.2017-12-20 12:02:31"Die ander 48 stemme het nie die oudit geslaagnie, maar hulle het steeds stemreg gehad hangende die uitslag van die oudit," lui die kennisgewing.2017-12-20 12:01:07Die vermiste stemme het dus nie ‘n invloedop die uitkoms nie en Ace Magashule bly die sekretaris-generaal.2017-12-20 11:56:26Slegs 15 uit die 68 “vermiste” stemme iseintlik geldig, sê die ANC se kommunikasiekanaal aan afgevaardigdes.2017-12-20 11:49:19Die Netwerk24-span wat die ANC se 54ste nasionale konferensie dek.

2017-12-20 11:31:26
KYK: Die ANC-leier Cyril Ramaphosa sal maklik kon glo die afgelope paar dae was een ononderbroke fotogeleentheid.
'n Falanks fotograwe volg hom sodra hy die media-spergebied verlaat en hy is ietwat van 'n selfie-magneet onder konferensiegangers en uitstallers by die Progressive Business Forum (PBF) se stalletjie-lokaal. – Le Roux Schoeman
2017-12-20 11:28:47ANC-afgevaardigdes gaan deur sekuriteit voor hulle by die konferensiesaal ingaan. Foto: Deaan Vivier

2017-12-20 11:22:13
Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, sê buite die mediasentrum by Nasrec aan joernaliste die ANC-lede het tydens die party se nasionale konferensie hard gewerk om die waardigheid van die party in stand te hou.
“Ons kan nie nou in die laaste paar ure faal nie. Wat ook al gebeur, moet ons seker maak die konferensie eindig op ‘n hoë en 'n positiewe noot,” sê Mahumapelo.
2017-12-20 11:16:38
Woensdagoggend se sessie in die gesamentlike konferensiesaal sal 'n geslote sessie wees waar die besluite van die kommissies wat beleid bespreek het, ook bekend gemaak sal word.
Hierdie beleidsbesluite sal later op 'n mediakonferensie bekend gemaak word.
2017-12-20 11:15:19
Afgevaardigdes is luidens die ANC se amptelike kommunikasiekanaal nou besig om in die gesamentlike konferensiesaal te beweeg waar die uitslag van die verkiesing vir die 80 bykomende lede van die party se nasionale uitvoerende komitee bekend gemaak sal word.
Die kwessie van die sogenaamde 68 "vermiste" stemme wat moontlik vir Senzo Mchunu in plaas van Ace Magashule tot sekretaris-generaal sou verkies het, sal ook bespreek word.
2017-12-20 10:59:22
Kyk: Tydens sy eerste, bondige, toespraak aan die media ná sy verkiesing as leier van die ANC, het Cyril Ramaphosa Dinsdagmiddag gesê die verskille wat daar in die topses is, weerspieël eenvoudig die verskille wat voorheen daar was.
Die party se 54ste konferensie kom Woensdag tot 'n einde, maar daar is steeds vrae en ongelukkigheid oor die sogenaamde "Nasrec 68" – die getal stemme wat nie getel is nie, maar wat 'n impak op die pos van sekretaris-generaal kan hê.
Ace Magashule, die nuutverkose sekretaris-generaal, het sy mededinger Senzo Mchunu met slegs 24 stemme geklop.
2017-12-20 10:44:10Justice Malala, 'n politieke ontleder, skryf op Twitter: "#ANC54 nou in chaos gedompel. Die kwessie oor die 68 (vermiste) stemme oorheers; hofstryde kan daartoe lei dat die konferensie ineenstort, wat Suid-Afrika in limbo laat. Onsekerheid."2017-12-20 10:38:12
Die polisie ondersoek bewerings dat die polisiebevelvoerder in beheer van die ANC-konferensie die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens oortree het, berig EWN.
Lt.kol. Tankiso Moshoeshoe het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma glo telkemale openlik op Facebook ondersteun.
Art. 46 van dié wet verbied polisiebeamptes om 'n politieke party openlik te ondersteun.
2017-12-20 10:31:04Regspanne wat die ANC in KwaZulu-Natal en Limpopo verteenwoordig, is besig met voorbereiding vir regstappe rakende die "vermiste" stembriewe, berig eNCA.2017-12-20 10:15:01
ANC enigste party wat 'n verskil in landsburgers se lewe kan maak
Die ANC het gedemonstreer dat hy die enigste party in Suid-Afrika is wat deur sy beleid van radikale ekonomiese transformasie ’n verskil aan landsburgers se lewe kan maak.
Die regerende party het egter ook die hulp van die private sektor en georganiseerde arbeid nodig om sy grootste uitdagings, naamlik armoede, werkloosheid en ongelykheid, te takel.
Jeff Radebe, die ANC se beleidshoof en minister in die presidensie verantwoordelik vir beplanning, monitering en evalusie, het Woensdagoggend so gesê toe hy ’n sake-ontbyt van die ANC se Progressiewe Sakeforum by die party se nasionale konferensie by die Nasrec Ekspo-sentrum in Johannesburg toegespreek het.
2017-12-20 09:56:49
Sipho Pityana, sakeman en nasionale sameroeper van die Save South Africa-veldtog, skryf in 'n ope brief aan Cyril Ramaphosa hy hoop Ramaphosa word vinnig aangestel as die president van die land sodat hy Suid-Afrika kan teruglei "na 'n pad van respek vir die regstelsel, die beskerming van ons soewereiniteit en ware inklusiewe groei".
https://www.news24.com/Columnists/GuestColumn/open-letter-to-cyril-ramaphosa-by-sipho-pityana-now-for-real-unity-20171220
2017-12-20 09:46:40
Business Day berig dat Senzo Mchunu, voormalige premier van KwaZulu-Natal, gewen het ná die eerste telling van stembriewe vir die pos van sekretaris-generaal, maar Nomvula Mokonyane, 'n lid van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) het aangedring dat die stemme vir dié pos oorgetel word.
"Betroubare bronne, wat anoniem wou bly, het gesê dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se kamp het twee keer aangedring dat die stemme vir die pos van sekretaris-generaal oorgetel word, waarna Ace Magashule (premier van die Vrystaat) met 24 stemme gewen het," berig Business Day.
2017-12-20 09:30:39Dié wysheid word in die kleedkamers by die Nasrec Ekspo-sentrum gedeel. Foto: Jo-Ann Floris

2017-12-20 09:21:45
Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, sê in 'n onderhoud met die SAUK se Morning Live-televisienuusprogram dat die konferensie definitief vandag tot 'n einde kom.
2017-12-20 08:58:42
Amcu bekommerd oor Cyril
Fin24 berig dat die mynwerkersvakbond Amcu bekommerd is dat Cyril Ramaphosa as president van die ANC die agenda van mynbase sal najaag en dat werkgeleenthede in die slag gaan bly.
2017-12-20 08:28:48
Aankondiging verwag oor stemme wat weg is
Jeff Radebe, lid van die ANC se bestuurskomitee wat oor die vermiste stemme beraadslaag het, sê ’n aankondiging daaroor word later vandag nog gemaak.
2017-12-20 08:26:03Die stemmery om die ANC se nasionale uitvoerende komitee te kies is afgehandel. Die stemme word nou getel, het Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, aan SABC2 gesê. ’n Aankondiging oor die uitslae word vanoggend reeds verwag.




















