2017-12-18 21:50:16Dis al vir nou wat hierdie regstreekse dekking van die ANC se nasionale konferensie in Johannesburg betref. Hou Netwerk24 dop vir nog nuus.2017-12-18 21:27:26“Hopelik beteken dit ‘n nuwe Suid-Afrika,” sê Schalk Cornelessen, 'n Kapenaar, oor Cyril Ramaphosa wat as die ANC se nuwe president aangewys is.2017-12-18 21:16:02Cyril Ramaphosa, die ANC se nuwe president, neem 'n foto van die media. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 21:14:45
2017-12-18 21:09:00Theo Venter, politieke ontleder, sê verlede week se hofuitsprake oor die wettigheid van die uitslae van die provinsiale konferensies in dieVrystaat en KwaZulu-Natal, asook die streekkonferensie in die Bojanala-streek (Rustenburg en omgewing)in Noordwes, het 'n rol in Cyril Ramaphosa se oorwinning gespeel.2017-12-18 21:02:50Siyabonga Cwele, Pravin Gordhan en Joe Phaahla op die derde dag van die ANC se nasionale konferensie wat by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg gehou word. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 20:36:51Prof. Pieter Labuschagne,politieke ontleder by Unisa, meen Ramaphosa se verkiesing is goeie nuus virSuid-Afrika. Dit het reeds ‘n positieweuitwerking op die waarde van die rand gewys.Labuschagne meen egter ditis onrusbarend dat David Mabuza tot die pos van adjunkpresident verkiesis, omdat “hy juis die negatiewe elemente van staatskaping engrootskaalse korrupsie verteenwoordig”.2017-12-18 20:35:32Cyril Ramaphosa, die ANC se nuwepresident, sal ‘n gevangene van sy eie top-bestuur wees en dit kan sterkoptrede teen korrupsie en staatskaping aan bande lê, sê Theo Venter, politieke ontleder.2017-12-18 20:31:53Partytjiegangers in Melville, Johannesburg, het Maandagaand gesê: “Goddankdie Zuma-era is verby.” 2017-12-18 20:28:04Die joernalis en skrywer Max du Preez het getwiet die ANC se top-6 "onregeerbaar" is met Ace Magashule as sekretaris-generaal. Volgens Du Preez is die Guptas baie verlig. Talle bewerings van korrupsie hang oor Magashule, wat met die Guptas verbind word, se kop. 2017-12-18 20:22:27Cyril Ramaphosa se oë het vol trane geskiet nadat hy as die nuwe president van die ANC aangewys is. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 20:11:34David Mabuza en Paul Matsitile wens mekaar geluk nadat albei tot die ANC se top-6 verkies is. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 20:05:29Nominasies vir die ANC se nasionale uitvoerende komitee gaan voort. 2017-12-18 20:03:32Wyle oudpres.Nelson Mandela sou baie trots gewees het op adj.pres. Cyril Ramaphosa watMaandagaand tot nuwe president van die ANC verkies is, sê Zelda la Grange,jarelange persoonlike assistent van Mandela, berig Sarel van der Walt.2017-12-18 20:02:24Die rand het kort ná die aankondiging dat Cyril Ramaphosa die ANC se nuwe president is, van R12,96 Maandagoggend met 3,98% tot R12,56 teenoor die dollarverstewig. Die wisselkoers was Vrydag R13,54 teenoor die dollar, berig Elvira Wood.2017-12-18 19:56:21Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, sê ANC-lede wil hê die ANC moet weer die ANC van weleerwees – die ANC van Oliver Tambo en Nelson Mandela, berig Gert van der Westhuizen en Sarel van der Walt.2017-12-18 19:50:06Die ANC se nuwe top-6. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-18 19:48:46Nkosazana Dlamini-Zuma en Cyril Ramaphosa is nie kwaai vriende nadat hy as die ANC se nuwe president aangewys is nie. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-18 19:47:24Jacob Zuma wens die ANC se nuwe president, Cyril Ramaphosa, geluk. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 19:46:18Cyril Ramaphosa, die ANC se nuwe president, word deur 'n verteenwoordiger van die kiesagentskap gelukgewens. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-18 19:32:41Emeritus-aartsbiskop Njongonkulu Ndungane het die verkiesing van Cyril Ramaphosa as die ANC se president verwelkom, maar het ook gewaarsku baie moet nog gedoen word om Suid-Afrika terug op die regte pad te kry. 2017-12-18 19:29:57Mmusi Maimane, DA-leier, het in 'n verklaring gesê Cyril Ramaphosa kan nie SA red nie, maar net die kiesers met die volgende nasionale verkiesing in 2019.2017-12-18 19:27:49Daar word nou gebid en eer aan God betoon. "Ons bring Ramaphosa na U toe..."2017-12-18 19:26:13Oudpres. Nelson Mandela se kleinseun Mandla Mandela het in 'n verklaring gesê hulle verwelkom die uitslag en wens die nuwe top-6 net die beste toe. Hy sê een van hul groot take gaan wees om die aansien van die ANC in ere te herstel voor die nasionale verkiesing. 2017-12-18 19:23:19Ons moet ons land terugbring na waar dit was, dat dit met almal goed gaan, sing die skare.2017-12-18 19:22:54
In Chiawelo het 'n skare bymekaar gekom - dis hier in Soweto waar Cyril en sy gesin gewoon het.
Een inwoner vertel op die televisie Cyril was een van vier seuns vir wie sy altyd gekook het, terwyl hulle studeer het. Hy sou altyd ander kinders help om te leer sodat hulle nie agterbly nie, sê die vrou.
2017-12-18 19:20:19
Hier is die volledige uitslag van die stemme:
President:
Cyril Ramaphosa (2440) en Nkosazana Dlamini-Zuma (2261)
Adjunk-president:
David Mabuza (2538) en Lindiwe Sisulu (2159)
Voorsitter:
Gwede Mantashe (2418) en Nathi Mthethwa (2269)
Sekretaris-generaal:
Senzo Mchunu (2336) en Ace Magashule (2360)
Adjunk-sekretaris-generaal:
Jessie Duarte (2474) en Zingiswa Losi (2213)
Tesourier-generaal:
Paul Mashatile (2517) en Maite Nkoana-Mashabane (2178)
2017-12-18 19:14:59Die opgewondenheid in die saal is tasbaar.2017-12-18 19:13:59Paul Mashatile is die ANC se nuwe tesourier-generaal.2017-12-18 19:12:51Senzo Mchunu gaan wens die lede van die top-6 geluk op die verhoog.2017-12-18 19:10:46Jesse Duarte word herkies as die ANC se adjunk-sekretaris-generaal. 2017-12-18 19:08:39Magashule klop Senzo Mchunu met 24 stemme.2017-12-18 19:07:57Mpumalanga en hofbeslissings het die verskil gemaak vir Ramaphosa, sê waarnemers.2017-12-18 19:07:30Ace Magashule word as die sekretaris-generaal van die ANC aangewys.2017-12-18 19:06:09Mantashe skud eers almal se hand op die verhoog.2017-12-18 19:05:11Elders in die saal word daar vir Ramaphosa gesing.2017-12-18 19:03:47Gwede Mantashe word as die ANC se nuwe voorsitter aangewys.2017-12-18 19:02:00David Mabuza het 2538 van die stemme gekry en Lindiwe 2159.2017-12-18 19:01:13Cyril het met net 179 stemme die ANC se leierskapstryd gewen.2017-12-18 19:00:35David Mabuza word as Cyril se adjunk aangewys.2017-12-18 18:59:04Mense tree aan om hom geluk te wens op die verhoog.2017-12-18 18:58:36Vreugdeskrete weerklink deur die saal.2017-12-18 18:57:27Cyril word luid toegejuig.2017-12-18 18:56:39Cyril Ramaphosa is dieANC se nuwe president.2017-12-18 18:55:34Altesaam 4708 afgevaardiges het gestem.2017-12-18 18:54:07Die ANC se vorige top-6 is nou amptelik ontbind.2017-12-18 18:53:10Die lede van die ou nasionale uitvoerende komitee verlaat die vehoog.2017-12-18 18:52:29'n Verteenwoordiger spreek dank uit namens die kiesagentskap. Die verteenwoordiger sê die uittredende lede van die kongres het uitstekende werk gedoen. 2017-12-18 18:48:32Mbete bedank die afgevaardigdes wat diegene teleurgestel het wie gedink het die konferensie gaan nie gebeur nie.2017-12-18 18:47:48Die verkiesingsagentskap het nou uiteindelik op die verhoog verskyn.2017-12-18 18:47:04Baleka vra afgevaardigdes om terug te keer na hul onderskeie sitplekke.2017-12-18 18:44:40Bring my masjiengeweer, dreunsang Zuma.2017-12-18 18:44:25Zuma wys vernuftige danspassies en die gehoor geniet dit terdeë.2017-12-18 18:42:55Jacob Zuma nou op die verhoog en sing uit volle bors.2017-12-18 18:38:38Zuma drink nou koffie terwyl hy vir die aankondiging wag.2017-12-18 18:37:34NUK-lede wat Nkosazana ondersteun, staan nou almal bymekaar op die verhoog.2017-12-18 18:35:57Die afgevaardiges sing: "Wees stil my kind, ons veg vir die land."2017-12-18 18:35:09Pres. Jacob Zuma en adj.pres. Cyril Ramaphosa sing saam ander ANC-leiers struggle-liedere en dans.2017-12-18 18:29:19Daar is nou sprake dat die stemme oorgetel word.2017-12-18 18:13:13
Twitter-streke terwyl gewag word
Ek dag ek kyk na die ANC-konferenie, nie na ‘Kan jy dansnie?’ – Speedemon
Ek sit al voor die televisie van 3nm vir die uitslae. Ek konuitgegaan, kersinkope gedoen, 'n maaltyd en dan teruggekom en nog gewaghet – Fiona Furey
Onmiddellik beteken nou-nou of netnou mense. Hierdie isSuid--Afrika – DanCorder
Ek dag om te tel is 1 – 2- 3. Terwyl ons wag – Thobelani Ncapai
2017-12-18 17:58:33Julius Malema het besluit hy weet wat die uitslag is - byna soos om buite die kraamsaal te wag - dit is 'n seun! 2017-12-18 17:57:07
2017-12-18 17:47:46Is dit die geval van die oue groet die nuwe? Pres. Jacob Zuma en adj.pres. Cyril Ramaphosa wag saam vir die uitslae. Foto: Le Roux Schoeman

2017-12-18 17:43:48
Max Sisulu, voormalige speaker van die parlement, kom met 'n koppie koffie op die verhoog.
Zweli Mkhize omhels vir Nkosazana Dlamini-Zuma. Sy lag luidkeels vir grap wat Mkhize blykbaar gemaak het.
2017-12-18 17:42:38Ramaphosa het nou van sy sitplek af opgestaan en gesels nou staande met Pule Mabe op die verhoog. Tony Yengeni en Zwrli Mkhiz skud blad.2017-12-18 17:42:02Die toneel van die leiers in die saal. Foto: Le Roux Schoeman

2017-12-18 17:37:52Jesse Duarte vee 'n traan uit Baleka Mbete se oog.2017-12-18 17:30:57
Adj. pres. Cyril Ramaphosa en dr. Zweli Mkhize is intussen druk in gesprek
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma praat met Jessie Duarte en Maite Nkoana Mashabane terwyl haar ondersteuners hard liedere vir haar sing.
Lindiwe Sisulu en Jackson Mthembu staan ook met groot glimlagte op die gesig staan en gesels.
Baleka Mbete huil terwyl sy Gwede Mantashe op die verhoog omhels. Sy en Mantashe gesels nou.
2017-12-18 17:24:07Nou is die tyd! Staan op Nkosazana! Weergalm dit deur die afgevaardigdes voor in die saal2017-12-18 17:18:36'n Feestelike atmosfeer heers nou in die saal, terwyl afgevaardigdes al singende van hul sitplekke na voor in die saal beweeg terwyl daar gewag word vir die uitslae2017-12-18 17:15:52Afgevaardigdes word gevra om te sing totdat die verkiesingagent in die saal is.2017-12-18 17:15:00Baleka Mbete sê die agentskap wat die verkiesings gelei het, is nog nie in die saal nie.2017-12-18 17:08:22
Nzimande sê verder die SAKP verwerp ook pres. Donald Trump se aankondiging dat Jerusalem die hoofstad van Israel is.
Hierna begin hy sing en die afgevaardigdes sing saam.
2017-12-18 17:06:55
Nzimande: Hierdie is 'n baie belangrike konferensie.
Wat verwag ons hier uit?
Ons is van mening en julle moet dit debatteer dat die herkonfigurasie van die alliansie hersien word. Ons kan nie net tydens verkiesings na ons mense gaan nie.
Ons benodig ook politieke opleiding. Kan nie weet dat leiers op grondvlak net weet wat hekwagtery is nie. Laat ons hierdie kongres gebruik om weer bande met ons mense te smee.
2017-12-18 17:05:16
Nzimande:
Dit is nie outomaties dat bevrydingsbewegings in Afrika na 20 jaar ineenstort nie. Ja, daar is buitelandse agendas. Maar ons moet ook na ons self kyk of ons nie gebruik word om 'n regime veranderingsagenda te bevorder nie. Ons moet onsself kritiseer.
2017-12-18 17:03:04
Blade Nzimande, SAKP-leier, is nou aan die woord.
Hy sê Suid-Afrika het die ANC nodig.
Dit is die enigste organisasie wat die drome en aspirasies van ons mense kan vervul.
Ons kan nie 'n verenigde en nie-rassige land bou as ons as die meerderheid op etniese lyne verdeeld is nie.
2017-12-18 17:00:02
Dlamini: Ons het op die vooraand van die derde dag van die konferensie openhartig gesels om te verseker dat foute nie herhaal word nie.
Ons soek grond.
Ons sal hard werk om te verseker dat die radikale transformasie beleide deurgevoer word.
Arbeidsmakelaars moet verbied word in hierdie land.
2017-12-18 16:56:40
Dlamini: Cosatu is hier en sien die werk wat die ANC doen om beleide te formuleer wat die land vorentoe kan vat. Ons het hierheen gekom met hoop wat hoog was.
Dit is moontlik dat ons van nou af ongekende waters sal betree.
Ons het baie hard saam met hierdie leierskap gewerk in baie moeilike tye.
2017-12-18 16:53:10Baleka Mbete sê dat die alliansievennote nou hul boodskappe van steun sal lewer aan die konferensie. Afgevaardigdes van veral KwaZulu-Natal maak egter kapsie en wou hê die sessie moet geslote vir die media wees. Sdumo Dlamini, Cosatu-leier, nou op verhoog.2017-12-18 16:45:09Die ANC het joernaliste pas in kennis gestel daar is 'n groot moontlikheid dat die verkiesingsagentskap teen 17:00 by die vergadering gaan aansluit.2017-12-18 16:44:20
Agter die geslote deure
Die groot nuus vandag uit Nasrec is nié wat in die ope sessies plaasvind nie, waarskynlik ook nie pres. Jacob Zuma wat deur die ekspo-sentrum gestap en sakelui gegroet het nie.
Dit is wat agter die toe deure gebeur waar die stemme getel word.
Terwyl daar niks nuus van agter dié deure kom nie, het politicimet vlytige vingers getwiet.
Floyd Shivambu skryf dit is baie duidelik dat NkosazanaDlamini-Zuma nie gewen het nie, want haar veldtog was gegrond op opportuniste,vlugtendes, leuenaars, goëlaars – en nou met Mpumalanga uit die prentjie, saldit vir haar moeilik wees om 2 000 stemme te lok.
Mmusi Maimane sê op sy beurt dit is duidelik dat die wenner ‘nklein mandaat sal hê oor ‘n verdeelde organisasie.
2017-12-18 16:27:46
2017-12-18 16:26:30Joernaliste word nou ingenooi na die sessie waar die alliansievennote hul boodskappe van steun sal lewer. 2017-12-18 16:21:06
Hoe laat kom die uitslae?
Onsekerheid het nou verander in bespiegeling onder afgevaardigdes en joernaliste by Nasrec oor wanneer die uitslae aangekondig sal word oor wie tot die Top 6-poste in die ANC verkies is.
Volgens die ANC se amptelike kommunikasiekanaal is die volgende ope sessie vir die media wanneer die uitslag van die top 6 aangekondig word.
Intussen gaan die gewone konferensie aan, maar dit is gesluit vir die media, berig Jo-Ann Floris.
2017-12-18 16:14:55Uitbundige gees heers glo in die saal waar groepies afgevaardigdes dans en Cyril Ramaphosa se lof besing.2017-12-18 16:00:00
ANC-afgevaardigdes moet klaarblyklik nou hul middagete klaarmaak en terugbeweeg na die hoofsaal by Nasrec.
2017-12-18 15:05:56Pres. Jacob Zuma in ligte luim by Nasrec met sy presidentskap van die ANC nou byna geskiedenis. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-18 14:43:09Die ANC-konferensie het vir middagete verdaag te midde van die gewag op die uitslae oor wie die nuwe president van die ANC sal wees. 2017-12-18 14:40:37Ook Fikile Mbalula, minister van polisie, sukkel klaarblyklik ook om die tyd om te kry. Hy stuur nou maar foto's op twitter uit soos dié van Thabo Mbeki en Jacob Zuma, terwyl daar gewag word op die uitslag van die stemmery. "Ons geskiedenis" is Mbalula se beskrywing hiervan. Twitter: RSA Minister of Police

2017-12-18 14:34:46Pres. Jacob Zuma terwyl hy deur die eksposentrum by Nasrec gestap het. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-18 14:32:44
Suid-Afrikaners wag in spanning op die uitslae.
Hier is van die Twitter-inskrywings:
- My popcorn is nou alles opgeëet terwyl ek wagvir die uitslae – @DrNgqulunga
- Hoe laat sal ons weet? Ek wil die presiese tyd hê – @AyandaFelem
- Twitter is baie stadig –waar is die uitslae tog – @Cony
- Die angstigheid is in my binneste – @GuGuZulu
2017-12-18 13:49:33Pres. Jacob Zuma het op 'n mediakonferensie gesê hy is bly om as president van die ANC uit te tree.2017-12-18 13:28:33
Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, sê die Ramaphosa-kamp het die steun van minstens 2 389 van die 4 776 afgevaardigdes.
Hy voeg by die ANC sal die wenner wees, ongeag wie as die nuwe president verkies word.
Bewerings van korrupsie in die ANC en die regering, asook staatskaping, moet ondersoek word, sê Mthembu.
2017-12-18 13:26:45Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, weier om met ANN7 te praat. Mthembu is vol vertroue dat Ramaphosa die nuwe ANC-president gaan word. Foto: Gert van der Westhuizen

2017-12-18 13:08:17Die media in afwagting op pres. Jacob Zuma om hulle te woord te staan na afloop van sy besigtigingstoer by Nasrec. Foto: Philda Essop

2017-12-18 13:06:48Pres. Jacob Zuma, omring van veiligheidswagte en joernaliste. Foto: Twitter - Power98.7

2017-12-18 13:03:01Mense sukkel om pres. Jacob Zuma te siene te kry in die geharwar by die stalletjies, terwyl hy rondstap en geselsies aanknoop. Foto: Twitter

2017-12-18 12:56:42
Pres. Jacob Zuma doen 'n besigtigingstoer op die terrein van Nasrec. Daar is behoorlik 'n geskarrel van die media om by hom uit te kom en die media is nou aan verskillende stalletjies toegewys waar hulle vir hom moet wag om 'n foto of klankgreep te kry.
2017-12-18 12:14:44
Die ANC het sopas deur sy amptelike kommunikasiekanaal bevestig dat die tel van stemme amptelik begin het.
2017-12-18 12:13:52
Theo Venter, 'n politieke ontleder, sê die een scenario wat kan uitspeel, is dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) verdeeld sal wees. Dit gaan nie net oor die top-6-leiersposte nie, maar ook watter steun die nuwe president van die ANC vanuit die NUK sal hê.
Venter wys uit Gwede Mantashe het op sy mediakonferensie gesê as die ANC gesond is, is die land gesond. Venter meen egter die land gaan outomaties aan, nie as gevolg van die ANC nie, maar eintlik ten spyte daarvan.
2017-12-18 12:08:59Richard Calland en Theo Venter stem saam dat Cyril Ramaphosa sal wen, maar die een groot vraag is hoe ver hy sal wen.2017-12-18 11:59:50Die politieke ontleders Richard Calland en Theo Venter beantwoord vrae wat deur verslaggewer Gert van der Westhuizen gestel word in die Netwerk24-ateljee by Nasrec.2017-12-18 11:55:13Carl Niehaus en David Mahlobo in mekaar se geselskap. Foto Felix Dlangamandla

2017-12-18 11:53:41
David Mahlobo, minister van energie, praat met verslaggewers en sê die tellery van die stemme is 'n langsame proses.
Mahlobo sê die ANC sal met 'n helingsproses kan begin ná die konferensie. "Mense sal tyd hê om te gaan dink".
Mahlobo sê hy sal die uitslag aanvaar. Hy glo die meeste ANC-lede sal dit ook doen. (Berig: Gert van der Westhuizen)

2017-12-18 11:21:56
Aanduidings is dat al die afgevaardigdes nou klaar gestem het. Afgevaardigdes is glo aangesê om intussen 'n blaaskans te vat.
Intussen het Mantashe by sy mediakonferensie gesê hy kan nie sê wanneer die uitslag van die leierskapsverkiesing bekend gaan wees nie.
2017-12-18 11:13:59
Gwede Mantashe sê:
- Sy verhouding met die president is 'n professionele eerder as persoonlike een;
- Hy hoop afgevaardigdes het nie volgens lyste gestem nie, maar vir die kandidate wat hulle dink die beste is. Om politiek volgens lyste te beoefen, verswak organisasies;
- Die ANC het alles moontlik gedoen om faksievorming te bestry;
- Die debat oor staatskaping verdeel die leierskap van die ANC. Dit kan nie geïgnoreer word nie. (Berig: Gert van der Westhuizen)
2017-12-18 11:04:48
Tweets links en regs
- Die ANC is in die kraamsaal, en Suid-Afrikaners wag om te sien of dit ‘nseun of ‘n dogter is, tweet @rasta_kite
- Wil julle ‘n grap hoor…. Carl Niehaus, tweet SaxonwoldShebeen
- Dalk is dit net ek, maar Lindiwe Sisulu lyk ”superhot”. Haar haartstyl doen dit!, tweet @Damin
2017-12-18 10:48:03Lede van die media kyk op televisieskerms in die mediasentrum na Gwede Mantashe wat praat. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 10:46:34Gwede Mantashe by die mediakonferensie. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 10:42:17ANC moet verlore steun terugwen voor 2019 se verkiesing, sê Mantashe.2017-12-18 10:39:03Mantashe sê ook verder die ANC-konferensie moet leiding gee oor kwessies soos staatskaping.2017-12-18 10:36:54
Die ANC moet die samelewing lei, sê Mantashe. Dit kan nie gedoen word as daar interne probleme in die party is nie.
2017-12-18 10:33:57
Mantashe sê hy sal die media mis as hy nie meer sekretaris-generaal van die ANC is nie.
Moet nooit teen die media en die kerk veg nie, sê Mantashe.
2017-12-18 10:22:41ANC-afgevaardigdes wys hulle inkmerke nadat hulle gestem het. Foto Felix Dlangamandla

2017-12-18 10:19:42Barbara Hogan en Pallo Jordan besoek die media in die afgesperde media-area. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 10:18:26
Barbara Hogan, oud-lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en lewensmaat van wyle Achmed Kathrada, sê by die konferensie die stryd teen korrupsie sal voortduur, ongeag wie wen.
(Hogan wat baie uitgesproke is oor staatskaping en deel was van die groep senior ANC-lede wat pres. Jacob Zuma se kop geëis het, woon die kongres by as nie-stemgeregtigde lid.)
2017-12-18 10:16:09Dr. Pallo Jordan onderhandel met sekuriteit om toegang te kry om die media te besoek in die afgesperde media-area. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 10:10:31
Al die ANC-konferensies was laat
Fikile “Razzmatazz” Mbalula, die minister van polisie (wat bekend is vir sy Twitter-boodskappe om te wys hoe hard hy werk), sê dit is 'n verkeerde aanname dat die Nasrec-konferensie dié uitsonderlike ANC-konferensie is wat ongehoord lank vertraag is.
Mbalula sê dit is verkeerd - die konferensies in Mafikeng en Polokwane was ook laat.
"Die geskiedenis van die ANC wys dat dit ook so gebeur het met vele ander konferensies weens verskeie logistiese redes," sê Mbalula.
Hy voeg by wat belangrik is, is dat die konferensie vandag betyds is.
2017-12-18 09:47:56Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeondernemings, spreek sakelui toe by die ontbyt. Foto: @MyANC

2017-12-18 09:36:00
Program vir Dag 3
- Die stemmery deur afgevaardigdes duur voort;
- Sake-ontbyt, met minister Lindiwe Zulu, wat om 07:00 begin
- Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, leweromstreeks 10:00 sy verslag oor die organisasie;
- Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, bied ‘noorsig oor die organisasie se geldsake;
- Die aankondiging oor die uitslae van die verkiesing vannuwe top-6-ampsdraers word gedoen
2017-12-18 09:35:53'n ANC-afgevaardigde rus op 'n bankie na 'n lang nag van die oënskynlik nimmereindigende stemproses. Foto: Deaan Vivier

2017-12-18 09:19:50
507 ANC-afgevaardigdes mag nie stem nie
Somadoda Fikeni, 'n politieke analis, het aan die SAUK gesêdie verlies van die 507 stemme gaan waarskynlik nie ‘n verskil maak aan dieeindresultate nie.
Die grootste verlies was onder die afgevaardigdesvan die Noordwes, waar 92 van die totaal van 538 afgevaardigdes nie mag stemnie.
Uit Limpopo mag 76 van die afgevaardigdes nie stem nie enuit Gauteng is die getal 70.Uit die Noord-Kaap is 4 afgevaardigdes stemreg geweier envanuit Mpumalanga 28.
Die groot totaal ANC-afgevaardigdes wat mag stem, is 4 776.
'n Kandidaat het 2 389 of meer stemme nodig om dieposisie te wen waarin hulle genomineer is.
2017-12-18 09:07:48ANC-afgevaardigdes beweeg in 'n groep buite die Nasrec-geboue. Foto: Deaan Vivier
















