Covid-19

COVID-19 | Jongste syfers in SA

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die jongste syfers in grafika:

2022-05-01 19:46:32

Ingeëntes vaar beter teen 2 nuwe Omikron-mutasies

Twee nuwe mutasies van die Omikron-variant van die koronavirus is bestand genoeg teen die teenliggaampies van mense wat reeds met die virus besmet was om moontlik ’n nuwe vlaag van Covid-19 te laat ontstaan.

Inentings help egter wel dat die nuwe BA.4- en BA.5-mutasies van Omikron nie so goed floreer in mense wat ingeënt is nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het die twee mutasies in April geplaas op die lys van mutasies wat gemonitor word.

Bloedmonsters is geneem van 39 mense wat aan ’n studie deelneem toe die Omikron-variant in omloop begin kom het. Van hulle was 15 ingeënt – agt met Pfizer en sewe met Johnson & Johnson se entstof – en die ander 24 is nie ingeënt nie.

Volgens die studie het die groep mense wat ingeënt is, ’n vyfvoudige hoër kapasiteit gehad om die mutasies van die Omikron-variant te neutraliseer as diegene wat nie ingeënt is nie, en hulle behoort beter beskerm te wees. – Reuters

Lees die hele berig hier.2022-05-01 19:45:28

LUR bekommerd oor toename van 20% in Covid-gevalle in KZN

Die 20%-toename in die bewegende gemiddelde oor sewe dae van nuwe koronavirusinfeksies is rede tot kommer, sê Nomagugu Simelane, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal (KZN).

Simelane het Sondag in ’n verklaring gesê 1 724 nuwe bevestigde infeksies is op 30 April in die provinsie aangemeld. Die eThekwini-metro is die grootste bydraer hiertoe met 80% van die gevalle wat hier aangemeld is.

Volgens die gesondheidsdepartement is dit die eerste keer in maande dat nuwe daaglikse infeksies byna 2 000 haal. Die jongste syfers het die bewegende gemiddelde van infeksies oor sewe dae van 414 na 1 171 opgestoot.

Kragtens die noodwaarskuwingstelsel is ’n 10%-styging in die sewe-dae- bewegende gemiddelde ’n waarskuwing; ’n 20%-styging, soos wat nou gesien is, dui op ’n herlewing, sê sy.

Lees die hele berig hier.2022-05-01 18:49:37

Jongste syfers in SA

Geen Covid-19-sterftes is bekend gemaak in die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se verklaring Sondagaand nie.

Die totale sterftesyfer bly op 100 363.

Die afgelope 24 uur is 3 838 nuwe bevestigde infeksies in aangemeld, wat die kumulatiewe syfer op 3 795 763 te staan bring.

Die positiwiteitskoers is 20,0%. 24 492 958 toetse is reeds gedoen, waarvan 17 473 sedert die vorige verslag gedoen is.

Daar is tans 45 285 aktiewe gevalle in die land.

3 650 115 mense het reeds herstel.

44 mense is sedert die vorige verslag met Covid-19 in hospitale opgeneem en altesame 2 167 mense word tans in hospitale behandel.

Tot dusver is 38 877 539 dosisse entstof in Suid-Afrika toegedien, waarvan 11 496 die afgelope 24 uur toegedien is.

2022-05-01 18:36:01

2022-05-01 09:09:19

Strenger inperkingsmaatreëls in Beijing ingestel

Mense in Beijing mag vir eers nie meer in restaurante eet nie, die ateljee van Universal Studios in dié stad is gesluit en inwoners moet bewys lewer van ’n negatiewe koronavirus-toets as hulle toegang tot openbare plekke wil hê.

Dié verskerpte inperkingsmaatreëls is ingestel aan die begin van die vakansietydperk van vyf dae wat met Werkersdag saamval en Saterdag begin het.

Dit is tradisioneel ’n tyd van waarin mense in groot getalle reis en verskeie openbare byeenkomste bywoon.

Maar daar is vanjaar nie veel van ’n vakansiegees nie soos die regering sy zero-Covid-beleid strenger toepas sedert die ergste uitbreking van die koronavirus sedert dit in Wuhan begin het.

Baie plaaslike regerings het mense beveel om nie hul stede te verlaat nie tensy dit absoluut noodsaaklik is en het lang kwarantyn-tydperke ingestel van mense wat afkomstig is uit gebiede waar koronavirus-gevalle aangemeld is.

Die Chinese ministerie van vervoer verwag 100 miljoen reise gedurende die vakansie – 62% minder as verlede jaar.

In Shanghai geld inperkingsmaatreëls ná ’n maand steeds terwyl Beijing, die hoofstad, te doen het met ’n nuwe uitbreking van die Omikron-variant wat amptenare en inwoners senuweeagtig maak.

Baie inwoners het oor die afgelope week winkels toe gestroom om kos en ander daaglikse benodigdhede te koop uit vrees dat streng inperkingsmaatreëls soos dié in Shanghai tot tekorte kan lei.

Die owerhede in Beijing het voor die nuutste maatreëls verskeie veldtogte van massa-toetse van stapel gestuur, dosyne woongebiede ingeperk en skole gesluit. – CNN

2022-04-30 18:57:00

Jongste syfers in SA

Drie Covid-19-sterftes, waarvan een in die afgelope 24 tot 48 uur voorgekom het, is Saterdagaand in ’n verklaring van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) bekend gemaak.

Die totale sterftesyfer is 100 363.

Daar is ook 6 527 nuwe infeksies in die afgelope 24 uur aangemeld, wat die kumulatiewe syfer op 3 791 925 te staan bring.

Die positiwiteitskoers is 21,5%. 24 475 485 toetse is reeds gedoen, waarvan 30 334 sedert die vorige verslag gedoen is.

Daar is tans 42 731 aktiewe gevalle in die land.

3 648 831 mense het herstel.

54 mense is sedert die vorige verslag weens die virussiekte in hospitale opgeneem en 2 201 mense word in hospitale behandel.

Tot dusver is 34 864 969 dosisse entstof in Suid-Afrika toegedien, waarvan 54 379 in die afgelope 24 uur toegedien is.

2022-04-30 14:03:40

Goeie Covid-nuus vir Shanghai

Shanghai het Saterdag gesê hy het geen nuwedaaglikse Covid-19-gevalle buite kwarantyn-gebiede gevind nie.Dit is ’n belangrike mylpaal in Shanghai sestryd om die virus te beperk wat die stad en sy 25 miljoen inwoners verlam het.

Dit het ook die inwoners van Beijing ophete kole gehad.Die strate in die hoofstad was stil aan diebegin van die Werkersdag-langnaweek, met inwoners wat angstig gewag het omte sien of die owerhede verdere beperkings gedurende die langnaweek sou instelwanneer baie mense gewoonlik reis of kuier.

Beeldmateriaal van huise en geboue inShanghai, China se mees digbevolkte stad, waar inwoners tot hul huis beperk isen verhoed is om dit te verlaat, het wêreldwyd opslae gemaak. Dit terwyl diemeeste ander lande leer om met die virus saam te leef.

China handhaaf ’n geen-Covid-beleid, watdaarop gemik is om die siekte uit te roei, maar wat aanleiding gegee het totwoede en frustrasie vir inwoners wat vir meer as ’n maand in hul huisevasgekeer is.

Party inwoners wat sukkel om kos en ander daaglikse benodigdhedete vind, het seldsame openbare teenkanting teen die regering se strengbeheermaatreëls getoon. – Reuters

2022-04-30 14:01:58

China sluit grens by Dankong vir vragtreine

China het oorgrens-goederetreindienste metNoord-Korea opgeskort ná konsultasies oor Covid-19-infeksies in sy grensstadDandong, het sy ministerie van buitelandse sake Vrydag gesê.

Die opskorting kom vier maande nadatNoord-Korea regulasies vir grenskruisings wat vroeg in 2020 teen diekoronavirus ingestel is, verslap het.

Globale hulpgroepe het dié maatreëlsblameer vir erger ekonomiese ellendes en risiko’s vir kosvoorraad vir miljoene.“Weens die Covid-situasie in Dandong, návriendelike konsultasie tussen albei kante, het China besluit om vragdienstevanaf Dandong na Sinuiju tydelik op te skort,” het Zhao Lijian, woordvoerdervir die ministerie van buitelandse sake, op ’n daaglikse inligtingsessie inBeijing gesê. – Reuters

2022-04-30 08:16:10

2022-04-30 08:16:06

Aktiewe gevalle

Daar is altesame 38 797 gevalle landwyd.

Só lyk die syfers per provinsie:

Gauteng: 13 428

KwaZUlu-Natal: 10 856

Limpopo: 278

Mpumalanga: 834

Noord-Kaap: 688

Noordwes:977

Oos-Kaap: 1 389

Vrystaat: 2 218

Wes-Kaap: 8 129

2022-04-30 08:16:02

2022-04-30 08:15:59

Jongste syfers

Nuwe infeksies

Altesame 4 954 nuwe gevalle, is in die vorige 24 uur-siklus aangemeld wat die kumulatiewe syfer laat styg na 3 785 398.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng aangemeld (44%), gevolg deur KwaZulu-Natal (27%) en die Wes-Kaap (12%).

Sterftesyfer

Nog vyf sterftes is deur die nasionale gesondheidsdepartement aangemeld, waarvan twee in die afgelope 24 tot 48 uur voorgekom het. Dit bring die sterftesyfer op 100 360 te staan.

Herstelsyfer

Uit die 3 785 398 infeksies het 3 646 241 mense al herstel. Dit bring die herstelsyfer op 96,3% te staan.

Inentings

Altesame 34 864 969 dosisse entstof is al toegedien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM