Hier is die jongste syfers in grafika:
2022-03-02 22:38:44
2022-03-02 19:11:43
1 995 nuwe infeksies in Suid-Afrika aangemeld
1 995 nuwe koronavirus-infeksies is Woensdag in Suid-Afrika aangemeld, het Nios in 'n verklaring bekend gemaak. Die nuwe infeksies verteenwoordig 'n infeksiekoers van 7,5%.
28 sterfgevalle is ook Woensdag aangemeld, met vyf sterftes wat die afgelope 24 tot 48 uur aangemeld is.
Die sterftesyfer in die land is tans 99 458.
2022-03-02 16:27:14
Covid-19 oorsaak van meeste oormaat-sterftes in Italië
Die meeste van die 178 000 oormaat-sterftes wat teen einde Januarie in Italië aangeteken is, is te wyte aan Covid-19, het die land se nasionale kantoor vir statistieke Woensdag in ’n verslag bekend gemaak.
Die oormaat-sterftes is bereken volgens die verskil tussen die totale sterftes weens alle oorsake sedert die begin van die koronaviruspandemie en die verwagte trajek gegrond op 2015 tot 2019 se gemiddelde.
145 334 sterftes is aan koronavirus-infeksies te wyte, waarvan 53% in 2020 voorgekom het, 41% van die sterftes het in 2021 voorgekom en die res in die eerste maand van vanjaar. – Reuters
2022-03-02 12:22:00
2022-03-02 12:20:25
Premier van Australië positief getoets
Scott Morrison, premier van Australië, is positief getoets vir die koronavirus, maar sal sy amptelike verpligtinge voortsit terwyl hy in Sydney isoleer.
“Ek ondervind griepagtige simptome en sal oor die volgende week aansterk,” sê Morrison in ’n verklaring.
Hy sê hy sal voortgaan om as premier te werk en fokus op die regering se reaksie op die oorlog in Oekraïne, sowel as die vernietigende vloede aan Australië se ooskus.
'n Senior minister wat nou met die premier saamwerk, het Woensdag gesê hy is ook positief getoets.
“Ek ondervind nie enige beduidende simptome nie, net 'n ligte hoofpyn,” sê Ben Morton, wat die premier en kabinet bystaan, in ’n verklaring. Morton sal ook voortgaan om te werk terwyl hy in Canberra isoleer. –ABC
2022-03-02 12:19:33
Meer as 50 000 nuwe gevalle in Hongkong verwag
Die gesondheidsowerhede in Hongkong sal Woensdag na verwagting meer as 50 000 nuwe koronavirus-gevalle aanmeld. Dit sal 'n rekord vir daaglikse infeksies in dié globale finansiële spilpunt wees, het die uitsaaier TVB berig. Geen bron is vir die inligting gemeld nie. –Reuters
2022-03-02 12:17:53
NS wil entstofbetogings beëindig
Die polisie in Nieu-Seeland het Woensdag opnuut probeer om 'n einde aan 'n betoging teen die entstofmandaat te maak wat die hoofstad die afgelope drie weke ontwrig het.
Hulle het 'n kamp afgebreek wat buite die parlement opgeslaan is en het motors weggesleep.
Verskeie brande wat onder die tente net meters van die parlementsgebou ontstaan het, het bolle rook veroorsaak voordat dit deur die polisie geblus is, het 'n ooggetuie aan Reuters gesê. Dit het ontstaan terwyl beamptes probeer het om die gebied heeltemal skoon te maak.
"Dit was ’n aanval op die polisie in die voorste linie, dit was ’n aanval op ons parlement, dit was ’n aanval op ons waardes en dit was verkeerd," het Jacinda Ardern, premier, op ’n nuuskonferensie gesê nadat sy vroeër gesê het dit is tyd vir die betoging om tot ’n einde te kom. –Reuters
2022-03-02 06:03:31
Meeste inentings in Gauteng toegedien
Gauteng is die provinsie wat al die meeste inentings toegedien het met 8,899 miljoen, gevolg deur die Wes-Kaap (4,954 miljoen) en KwaZulu-Natal (4,870 miljoen).
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-02 06:03:13
Waar meeste Dinsdag volledig ingeënt is
Van al die provinsies het Gauteng Dinsdag die meeste mense ten volle ingeënt met 8 391, gevolg deur KwaZulu-Natal (3 982) en die Wes-Kaap (2 650).
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-02 06:02:59
Positiwiteitskoers is 6,3%
Van die 26 360 toetse wat Dinsdag landwyd gedoen is, is 1 649 positief.
2022-03-02 06:02:31
Hospitalisasies – ingeënt of nie?
Meer as 7 uit 10 (72,52%) van die mense wat 12 jaar en ouer is wat tans in die hospitaal met Covid-19 is, is nie ingeënt nie.
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-02 06:02:31
Meeste nuwe gevalle in Gauteng
Van die 1 649 nuwe gevalle wat Dinsdag aangemeld is, was die meeste infeksies (606) in Gauteng, gevolg deur KwaZulu-Natal (337) en die Wes-Kaap (308).
Lees die jongste oorsig hier.2022-03-02 06:02:00
Jongste syfers: 1 649 nuwe koronavirusgevalle is die afgelope 24 uur in die land aangemeld. Die kumulatiewe gevalle is 3,675 miljoen.
Sterftes: Nog 18 sterftes is aangemeld waarvan 6 in die afgelope 24 tot 48 uur gebeur het. Die dodetal is nou 99 430.
Herstelkoers: 3,551 miljoen mense het al van die virussiekte herstel. Die huidige herstelkoers is 96,6%.
Inentings: 100 887 inentings is in die vorige 24-uur-siklus toegedien. Altesaam 26 070 mense is in dié tydperk volledig ingeënt – 8 972 mense het Johnson & Johnson se entstof ontvang, 12 711 hul tweede dosis van die Pfizer-entstof en 4 387 kinders van 12 tot 17 jaar oud het hul eerste dosis van die Pfizer-entstof gekry. Tot dusver is 31,652 miljoen entstof-dosisse toegedien.




















