COVID-19 | 6 372 nuwe gevalle, positiwiteitskoers is 21,1%

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

2022-04-27 18:04:25

6 372 nuwe gevalle, positiwiteitskoers is 21,1%

Volgens die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) is 30 186 Covid-19-toetse Woensdag landwyd gedoen, waaruit 6 372 mense positief getoets is.

Dit is 'n positiwiteitskoers van 21.1%.

Volgens die nasionale gesondheidsdepartement is drie sterftes in die laaste 24 tot 48 uur aangemeld.

Die dodetal in Suid-Afrika sedert die begin van die pandemie is 100 351.

Lees Nios se verklaring hier.2022-04-27 15:40:26

'Laat julle inent, dit red lewens', vra president

Oningeënte mense moet hulle laat inent om te verhoed dat daar weer in Suid-Afrika ‘n staat van inperking ingestel word soos tans die geval in ander lande is.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag in sy toespraak tydens die land se amptelike Vryheidsdagvieringe so gesê toe hy Suid-Afrikaners wat hulle nog nie teen die koronavirus laat inent het nie, versoek het om dit in groot getalle te gaan doen.

“Ons sien hoe stede in lande waar infeksies hoog is, soos in China, weer onder ‘n staat van inperking geplaas word. As ons ingeënt is, hoef dit nooit nodig te wees om dit ook hier te doen nie.”

Volgens hom is dit waarom hy aanhou versoek dat mense hulle moet laat inent.“Dit is gratis, maklik, vinnig en red lewens. Vra vir my, want ek is deur ‘n infeksie en omdat ek ingeënt is, het dit verhoed dat ek gehospitaliseer moes word. – Llewellyn Prince

2022-04-27 15:40:20

Oorsese toeriste keer stadig maar seker terug

Al is die aantal oorsese besoekers aan Suid-Afrika nog nie naastenby op die vlakke van voor Covid-19 nie, is daar lig in die tonnel.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) se toerisme-statistieke vir Februarie lyk belowend as dit met dieselfde maand verlede jaar vergelyk word.

Gedurende Februarie het die meerderheid (288?520) van die 310?173 internasionale besoekers aan Suid-Afrika hier kom vakansie hou; slegs 16?650 was hier vir sakedoeleindes.

Veral Europeërs het in Februarie sonnige weer hier kom opsoek.

Nie net was hier aansienlik meer Europeërs (71?574) in vergeleke met Februarie 2021 se 6?403 nie, maar is daar ook ses Europese lande onder die top-tien-lande waaruit die besoekers kom. – Liana Mocke

Lees die volledige berig hier.2022-04-27 15:21:50

70% minder Covid-pasiënte tydens Omikron in Netcare-hospitale as tydens Beta

Netcare se jongste syfers wys dat baie minder mense die afgelope Desembervakansie in die hospitaal beland het met Covid-19 – en korter gebly het – as die vorige jaar.

Daar was ’n daling van 70,3% in die getal pasiëntdae vir Covid-19 in die ses maande tot einde Maart 2022 teenoor die ses maande tot Maart 2021.

Die pasiëntdae tel die totale getal dae saam wat almal met Covid-19 in die hospitaal was.

Die gemiddelde getal dae wat ’n pasiënt in die hospitaal was, het van 4,7 dae tot 4,2 dae afgeneem. – Hanlie Stadler

Lees die volledige berig hier.2022-04-27 11:33:11

Hiér is die meeste nuwe Covid-19-gevalle aangemeld

Die meeste nuwe Covid-19-gevalle word nou in Gauteng, KwaZulu-Natal en in die Wes-Kaap aangemeld, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) Dinsdagaand in ’n verklaring bevestig.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG HIER2022-04-27 07:52:38

2022-04-27 07:52:33

Aktiewe gevalle

Daar is altesame 34 150 aktiewe gevalle landwyd.

Só lyk die syfers per provinsie:

Gauteng: 12 573

KwaZulu-Natal: 10 339

Limpopo: 283

Mpumalanga: 682

Noord-Kaap: 508

Noordwes: 660

Oos-Kaap: 1 141

Vrystaat: 1 783

Wes-Kaap: 6 181

2022-04-27 07:52:26

2022-04-27 07:52:18

Jongste syfers

Nuwe infeksies

Altesame 5 062 nuwe infeksies in die vorige 24 uur-siklus aangemeld, wat die kumulatiewe syfer tot 3 769 927 laat styg het.

Sterftesyfer

Nóg 15 Covid-19-sterftes, waarvan ses in die afgelope 24 tot 48 uur het voorgekom. Dit bring die totale sterftesyfer op 100 348 te staan.

Herstelsyfer

Uit die 3 769 927 infeksies het 3 635 429 mense al herstel. Dit verteenwoordig 'n herstelkoers van 96,4%.

Inentings

Tot dusver is 34 659 733 dosisse entstof in Suid-Afrika toegedien, waarvan 54 127 in die vorige 24 uur-siklus.

SPELETJIES VANDAG

CTA