Covid-19

COVID-19 | Jongste syfers in SA

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die jongste syfers in grafika:

2022-03-21 21:05:34

Jongste syfers in SA

Vier Covid-19-sterftes is die afgelope 24 tot 48 uur in die land bevestig, luidens Maandagaand se verslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Die totale sterftesyfer is nou 99 980.

Daar is 566 nuwe infeksies die afgelope 24 uur aangemeld, wat die kumulatiewe syfer op 3 704 784 te staan bring.

Die positiwiteitskoers is 3,9% en 23 599 964 toetse is reeds gedoen, waarvan 14 403 sedert die vorige verslag gedoen is.

Daar is tans 14 628 aktiewe gevalle in die land met 3 509 266 mense wat al herstel het.

Sewe mense is sedert die vorige verslag met die siekte in hospitale opgeneem en 2 010 mense word tans in hospitale behandel.

Tot dusver is 33 014 381 dosisse entstof in Suid-Afrika toegedien, waarvan 4 874 die afgelope 24 uur was.

2022-03-21 19:42:59

2022-03-21 14:39:51

Rekordgetal nuwe gevalle in Shanghai

’n Rekordgetal nuwe gevalle wat plaaslike oorgedra is, is Maandag in Shanghai, China se finansiële sakekern, aangemeld.

Die owerhede toets soveel mense as moontlik om die Omikron-variant te bekamp, en die Disney-vakansieoord in die stad is tot verdere kennisgewing gesluit.

Altesaam 24 nuwe gevalle van mense wat simptome het, is aangemeld asook 734 gevalle van mense wat nie simptome het nie, luidens amptelike data.

Dit is die vierde agtereenvolgende dag dat die infeksies gestyg het.

Skole in die stad is gesluit en massatoetsings word gedoen as deel van die "dinamiese opruim”-benadering wat China volg. – Reuters

2022-03-21 13:41:58

Hongkong maak grense oop

Die Hongkongse leier, Carrie Lam, het Maandag aangekondig dat sekere Covid-19-regulasies verslap word nadat sakelui en inwoners daarteen beswaar gemaak het.

Die verbod op internasionale vlugte sal volgende maand opgehef word, die kwarantyntydperk gaan verkort word en die skole gaan heropen word.

Die besluit is in ooreenstemming met die beleid van baie ander lande dat mense eerder met die virus moet begin saamleef as om dit met uiters streng beperkings uit te hou.

Vliegtuie vanaf Australië, Brittanje, Kanada, Frankryk, Indië, Nepal, Pakistan, die Filippyne en Amerika sal vir die eerste keer sedert 2020 weer toegelaat word om in Hongkong te land. – Reuters

Mense word by 'n tydelike toetsfasiliteit in Shanghai, China, vir die Covid-19-virus getoets. Foto: Reuters

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM