Covid-19

COVID-19 | Só lyk die jongste syfers

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die jongste syfers in grafika:

2022-04-07 21:40:37

Organisasie wil weet hoe regering besluite oor pandemie neem

Hofstukke is by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om kundiges se raad aan die regering oor die Covid-19-pandemie openbaar te maak.

Volgens ’n verklaring Donderdag van die burgerlike organisasie Health Justice Initiative (HJI) is hy tot dié stap gedwing omdat vroeëre versoeke om inligting “op dowe ore geval het”.

HJI sê die saak gaan oor toegang tot inligting wat deursigtigheid en aanspreeklikheid rakende die Covid-19-pandemie en toekomstige pandemies bevorder.

Volgens die hofstukke, wat Netwerk24 onder oë gehad het, is die respondente dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en die inligtingsbeampte van die departement van gesondheid. - Christiaan du Plessis

Lees meer2022-04-07 21:13:54

Wes-Kaap ontvang toerusting van R3,6 miljoen vir berging van entstof

Die selfoondiensverskaffer Vodacom het Donderdag nuwe verkoelingseenhede ter waarde van R3,6 miljoen aan die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement vir die berging en vervoer van Covid-19-entstowwe geskenk.

Vodacom het 257 verkoelingseenhede aan die provinsie bewillig wat na 51 plekke in al ses sy distrikte versprei word.

Die oorhandigingsgeleentheid was Donderdag in die teenwoordigheid van die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad.

Lees meer2022-04-07 18:30:11

Jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 1 481 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal opstoot tot 3 728 689.

Die positiwiteitskoers is 5,8%.

In die afgelope 24 tot 48 uur was daar 3 sterftes. Die sterftesyfer staan nou op 100 075.

Inentings

Daar is die afgelope 24 uur 55 969 inentings toegedien. Totale inentings staan op 33 991 018.

Altesame 19 451 985 individue is al ingeënt.

2022-04-07 18:05:58

NW-munisipaliteit voor stok oor 'miljoene se Covid-bedrog'

Noordwes se provinsiale regering het die Ratlou-munisipaliteit behoorlik die leviete voorgelees omdat daar glo nog geen optrede teen hooggeplaastes was wat by moontlike Covid-bedrog van miljoene rand betrek is nie.

Die Ratlou-munisipaliteit is sowat 80 km vanaf Mahikeng.

Aaron Motswana, voorsitter van Noordwes se portefeuljekomitee oor onder meer finansies en samewerkende regering, het vandeesweek op ’n komiteesitting sy ontevredenheid uitgespreek omdat die munisipaliteit oënskynlik nog geen stappe gedoen het sedert die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor die beweerde ongerymdhede nie.

Lees meer2022-04-07 14:57:21

Woede neem toe oor inperking in Shanghai

Miljoene mense in Shanghai, China se finansiële hoofstad, is tydens die streng Covid-19-inperking, waar ouers onder dwang van hul siek kinders geskei word, desperaat vir mediese sorg en basiese kosvoorraad.

Openbare woede neem toe en die einde van die inperking is nog nie in sig nie.

Die ernstigste koronavirusvlaag tot nog toe woed sedert Maart in China, waarvan Shanghai tans die grootste brandpunt is. Al 25 miljoen van die stad se inwoners is ingeperk, terwyl gesondheidsorgwerkers en die Chinese weermag ontplooi is om die uitbreking te probeer bestuur.

Reuters berig die regering het Donderdag op die 11de dag van die inperking en te midde van die publiek se toenemende ontevredenheid gesê hy doen alles in sy vermoë om die verspreiding van kos en noodsaaklike goedere na die inwoners te verbeter.

Lees die hele berig hier.2022-04-07 14:38:54

Duitse laerhuis stem teen verpligte inentings vir 60-jariges en ouer

Die federale raad in die Duitse parlement het Donderdag teen 'n wet gestem wat almal ouer as 60 verplig om teen Covid-19 ingeënt te word.

Dié uitslag is 'n groot terugslag vir Olaf Scholz, bondskanselier. Duitsland se inentingsveldtog verloor vaart met sowat 76,6% van Duitse inwoners wat minstens een inenting toegedien is.

Dit is laer as die syfers in ander Westerse lande soos Frankryk, Italië en Spanje, waar die syfers onderskeidelik 81,4%, 84,4% en 86,9% is.

In 'n poging om nog 'n vlaag van die virussiekte in die Europese herfs vry te spring, sou die wet diegene van 60 jaar en ouer verplig om vanaf 15 Oktober ingeënt te wees.

Van die 683 parlementslede wat gestem het, het 378 daarteen gestem en 296 was ten gunste daarvan.

Scholz wou so graag gehad het dat die wet goedgekeur word dat hy selfs vir Annalena Baerbock, minister van buitelandse sake, versoek het om 'n Navo-vergadering in Brussel te verlaat om ten gunste van die wet te kom stem in Duitsland. – Reuters

2022-04-07 11:51:52

Gesinsgeweld styg met 17,1% in Queensland tydens pandemie

Meer verkragtings, aanvalle en ander gewelddadige oortredings is in 2020 en 2021 by die Australiese polisie in Queensland aangemeld, hoewel die totale misdaadsyfer gedaal het.

Gesinsgeweld in Queensland het met 17,1% gestyg, terwyl ander gewelddadige misdaad ook gestyg het tydens die koronaviruspandemie, volgens die verslag wat die Queensland-owerheid se statistiekekantoor Donderdag bekend gemaak het.

Terwyl daar ooreenkomste is tussen Covid-19-inperkings en die voorkoms van ander oortredings, dui die 2020/'21-boekjaar op 'n aansienlike toename in gewelddadige misdaad. In die staat het aanvalle met 24% en seksuele oortredings met meer as 20% toegeneem.

In die afgelope dekade het gevalle van gesinsgeweld in die Australiese staat met 'n styging van 213,6% meer as verdubbel. – The Guardian

2022-04-07 11:32:34

Groter risiko vir bloedklonte ná Covid-19

Mense het tot ses maande nadat hulle Covid-19 gehad het 'n verhoogde risiko om ernstige bloedklonte te ontwikkel, wys 'n nuwe studie.

Die risiko vir diepvenatrombose (DVT) was "beduidend verhoog" in die drie maande nadat mense die koronavirus opgedoen het, sê navorsers.

Tot ses maande ná die infeksie met die virus is daar 'n groter kans om geblokkeerde are in die longe te ontwikkel en mense het twee maande 'n groter risiko om te bloei.

Hierdie bevindinge is in die British Medical Journal gepubliseer en wys ook mense met onderliggende gesondheidsprobleme het die hoogste risiko sowel as mense met ernstiger simptome van Covid-19.

Die navorsers het ook gevind die risiko vir bloedklonte was minder in die tweede en derde vlae van die virus, wat moontlik dui op die rol van entstof en behandeling, spesifiek vir ouer mense, wie se kanse vir komplikasies afneem.

As deel van die studie het kenners van die Universiteit van Umea in Swede die data ontleed van meer as 'n miljoen mense in die land wat tussen Februarie 2020 en Mei 2021 positief getoets is vir die virus. Dit is vergelyk met dié van 4 miljoen mense wat nie Covid-19 gehad het nie. – SkyNews

Lees die hele berig hier.2022-04-07 11:12:08

2022-04-07 11:10:52

2022-04-07 11:07:43

Datafout veroorsaak foutiewe Britse sterftesyfer

Nóg 2 714 Covid-19-sterftes is by Brittanje se amptelike sterftesyfer gevoeg nadat ‘n datafout gevind is.

Dit is behalwe die 233 nuwe sterftes wat bevestig is vir mense wat die afgelope 28 dae positief vir die koronavirus getoets is.

Dié 2 714 sterftes bring Brittanje se sterftesyfer op 169 095 te staan.

Blykbaar is dié sterftes nie betyds aangemeld nie.

Dié 2 714 sterftes het almal vanjaar gebeur en is Woensdagaand by die amptelike data gevoeg. – The Guardian

Lees die hele berig hier.2022-04-07 10:23:58

Grieke betoog teen hoër pryse, kleiner inkomste

Openbare vervoer, skole, veerbote en hospitale is Woensdag ontwrig toe duisende mense in die Griekse hoofstad, Athene, betoog het ten tyde van ’n landwye staking oor die “toenemende krisis” van stygende pryse en beperkte inkomste.

Die land se twee grootste vakbonde, wat sowat 2,5 miljoen werkers in die openbare en die private sektor verteenwoordig, het die dag lange staking gereël. Die staking is op ’n spits gedryf met ’n groot byeenkoms buite die land se parlementsgebou.

Griekeland het in 2018 ’n dekade lange geldkrisis afgeskud, maar die Covid-19-pandemie het twee jaar later sy broodnodige toerismebedryf tot stilstand gedwing. – Reuters

Lees die hele berig hier.2022-04-07 10:20:54

Sluikhandel: Sigarette vir so min as R7 per pakkie te koop

Die sluikhandelmark vir sigarette gaan steeds van krag tot krag, selfs al is die verbod op sigaretverkope al amper 18 maande gelede opgehef.

So beweer British American Tobacco Suid-Afrika (Batsa) ná die bekendmaking van navorsing oor wat verbruikers in Maart vir pakkies van 20 sigarette landswyd betaal het.

Batsa glo misdadigers het die tabakbedryf in die land oorgeneem toe sigaretverkope ingevolge die Rampbestuurswet en Covid-19-regulasies in 2020 verbied is. Sedertdien verstewig sluikhandelaars net al hoe meer hul vastrapplek in die mark.

Ipsos het ’n studie oor die pryse van sigarette van 2 Maart tot 21 Maart by 4 593 winkels landswyd onderneem. As deel van die studie moes aangewese “onbekende kopers” veldwerk by hierdie winkels doen deur die goedkoopste pakkie sigarette by elkeen te koop. – Liana Mocke

Lees die hele berig hier.2022-04-07 10:19:25

Winkels verwag beste Paasfees in 3 jaar

Kos, klere, beddegoed en brandstof, asook drank en sjokolade.

Dís waaraan verbruikers dié Paasfees meer gaan bestee, volgens navorsing wat prof. Carel van Aardt van die Buro vir Marknavorsing aan Unisa namens Connect Capital gedoen het.

Ondanks wat Van Aardt ’n “perfekte storm” noem, word die beste Paasvakansie-besteding in drie jaar verwag. Weinig inperkings geld nou vergeleke met die vorige twee Paasvakansies en Covid-19 is nie werklik meer veel van ’n faktor vir verbruikers nie, maar Van Aardt sê daar is minstens 30 faktore wat besteding kan demp.

Dit sluit in die stygende brandstofprys, stygende kospryse, hoë werkloosheid, die hoër rentekoers en maatskaplike en politieke onstabiliteit. Die oorlog in Oekraïne vererger plaaslike probleme. – Hanlie Stadler

Lees die hele berig hier.2022-04-07 06:03:15

2022-04-07 06:02:24

2022-04-07 06:01:54

Aktiewe gevalle

Daar is altesame 12 629 aktiewe gevalle landwyd.

So lyk die syfers per provinsie:

Gauteng: 5 252

KwaZulu-Natal: 3 497

Limpopo: 116

Mpumalanga: 383

Noord-Kaap: 177

Noordwes: 526

Oos-Kaap: 664

Vrystaat: 1 368

Wes-Kaap: 646

2022-04-07 06:01:50

Jongste syfers

Nuwe infeksies

Daar is 2 032 nuwe gevalle aangemeld in die afgelope 24 uur, wat die totaal opstoot na 3 727 208.

Sterftesyfer

Nóg 3 sterftes is aangemeld, wat die sterftesyfer op 100 070 te staan bring.

Herstelsyfer

Uit die 3 727 208 infeksies het 3 614 509 mense al herstel. Dit verteenwoordig 'n herstelkoers van 97,0%.

Inentings

Die totale getal inentings staan tans op 33 931 060. Altesame 19 439 479 individue is tot dusver ingeënt.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM