Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, vra dat die ramptoestand opgehef word noudat dié provinsie ook verby die piek van die vierde vlaag van die Covid-19-pandemie is.
Winde het Donderdag op 'n aanlyn mediakonferensie gesê die gesondheidstelsel kon die jongste vlaag van infeksies en hospitalisasies hanteer, en dat daar aansienlik minder sterftes as in die vorige vlae was.
Hy het dit verwelkom dat die nasionale regering die aandklokreël einde verlede maand opgehef het en meen die ramptoestand moet nou beëindig word sodat daar op die "pandemie van werkloosheid en armoede" gefokus kan word.
Die provinsiale departement van gesondheid het in sy voorlegging gesê anders as die ander provinsies het Gauteng reeds uit die vierde vlaag beweeg.
Kyk hier na die uitsending:

















