Covid-19

Ramptoestand daar 'vir as regering moet ingryp'

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
In Suid-Afrika is dit die 562ste dag sedert die eerste inperkings aangekondig is. Foto: Pixabay
In Suid-Afrika is dit die 562ste dag sedert die eerste inperkings aangekondig is. Foto: Pixabay

Die regering hou nie van die ramptoestand nie, maar dis nodig as hy op kort kennisgewing moet ingryp as iets onverwags weens die Covid-19-pandemie gebeur.

"Ons sal graag wil hê dat die ekonomie in volle gang kom, maar ons moet dit wat ons het om in te gryp gebruik," het Mondli Gungubele, minister in die presidensie, Vrydag op 'n nuuskonferensie gesê toe hy terugvoering oor Donderdag se kabinetsvergadering gegee het.

"Die regering hou nie van die ramptoestand nie," sê hy.

"Ons benut elke geleentheid om die ekonomie te heropen."

Die regering het Donderdag besluit om die aandklokreël op te hef, 1 000 mense mag binnenshuis bymekaarkom en 2 000 mense mag byeenkomste buite bywoon.

Ondernemings kan ook ingevolge hul lisensievoorwaardes weer ná 23:00 alkohol verkoop.

Gungubele sê die kabinet hoop nie dit sal nodig wees om die aandklokreël weer in te stel nie en dat mense hul kant sal bring deur maskers te dra en sosiale distansiëring te handhaaf.

"Ons wens die aandklokreël kom nooit terug nie," sê Gungubele.

Kenners meen die Omikron-variant van die koronavirus het sy kruin bereik en dit het nie 'n skerp toename in hospitalisasie veroorsaak nie. Dus is die belangriker vraag vir die regering wat hy kan doen vir die sukkelende ekonomie.

Nico Gous

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM