Hier is die jongste syfers soos Vrydagaand bekend gemaak:
2022-01-14 21:30:00
Nedlac byeen oor opdrag om van die huis af te werk
Die Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling- en Arbeidsraad (Nedlac) sal volgende week vergader oor die opdragte wat spruit uit die Covid-19-pandemie dat mense wat van die huis af kan werk, dit moet doen.
So het dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van die departement van gesondheid, Vrydag op ’n mediakonferensie van die departement gesê.
Hy sê die opdragte is destyds deur die departement van indiensneming en arbeid bekragtig.
Matthew Parks, parlementêre koördineerder van die vakverbond Cosatu, meen indien werkers van die huis af kan werk, moet hulle aangeraai word om dit te doen.
“Die waarheid is dat ons tegnies nog nie uit die vierde vlaag is nie en dat werkers veiliger by die huis is.” - Christiaan du Plessis
Lees meer2022-01-14 20:38:03
Hof stuit Biden se Covid-plan
Die Amerikaanse appèlhof het ’n stokkie gesteek voor pres. Joe Biden se opdrag om werknemers van groot ondernemings te verplig om hulle teen SARS-CoV-2 te laat inent of gereeld te laat toets. Dit was gemik op ondernemings met meer as 100 werknemers.
Die hof meen egter dit is ’n onvanpaste ingryping in baie Amerikaners se lewe. Die regters is nietemin ten gunste daarvan dat federale gesondheidswerkers verplig word om ingeënt te word.In die eerste kwessie het die ses konserwatiewe regters geseëvier oor die drie liberale regters op die bank.
Hulle het die gevare van Covid-19 in die werkplek vergelyk met die alledaagse gevare van misdaad en besoedeling waarmee die bevolking te kampe het. Twee van die konserwatiewe regters het hulle wel by die ander geskaar om die verpligte inenting van gesondheidswerkers met vyf stemme teenoor vier deur te voer.
Dié maatreël sal nou van toepassing wees op sowat 10,3 miljoen gesondheidswerkers in 76 000 mediese geriewe wat finansiering van die staat ontvang.
Biden het sy teleurstelling oor die hofuitspraak uitgespreek en gesê die onderskeie deelstate en werkgewers sal nou self moet besluit of hulle van werknemers gaan verwag om “die eenvoudige en doeltreffende stap te doen om ingeënt te word”. – Reuters
2022-01-14 19:16:11
2022-01-14 19:10:54
Jongste syfers
Daar is die afgelope 24 uur 5 244 nuwe infeksies aangemeld. Die totaal is tans 3 552 043.
Die positiwiteitskoers is 13%.
In die afgelope 24 tot 48 uur is nog 59 sterftes aangemeld, wat die sterftesyfer opstoot tot 93 117.
Inentings
Daar is die afgelope 24 uur 86 351 inentings toegedien. Totale inentings staan tans op 28 782 337.
Altesame 18 140 739 individue ingeënt.
2022-01-14 15:26:33
2022-01-14 15:07:13
Namibië skrap vereiste PCR-toets vir sommiges
Sekere mense kan Namibië van Vrydag af binnegaan sonder dat ’n polimeerkettingreaksietoets (PCR-toets) vir Covid-19 van hulle vereis word.
Die Namibiese regering sê in ’n verklaring die vereiste vir ’n PCR-toets word vir alle Namibiërs, permanente inwoners en vragmotorbestuurders geskrap.
Daar is egter ’n voorwaarde: Dit geld net mense wat ten volle ingeënt is.
Mense wat nie ten volle ingeënt is nie, sal steeds ’n negatiewe PCR-toets van nie ouer as 72 uur moet verskaf wanneer hulle op die grens met Namibië aankom.
Alle ander mense moet steeds die PCR-toets ondergaan.
2022-01-14 14:11:00
Ondersteuners weer by skolesport toegelaat
Ondersteuners sal weer by skolesport-byeenkomste toegelaat word.
Dit is luidens nuwe regulasies wat Vrydag deur die departement van onderwys in die Staatskoerant gepubliseer is.
Hou Netwerk24 dop vir meer oor onder meer die maatreëls wat gevolg moet word.
2022-01-14 13:31:08
2022-01-14 13:19:27
2022-01-14 13:16:52
2022-01-14 13:16:07
Ramptoestand wéér verleng
Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Vrydag Suid-Afrika se ramptoestand tot 15 Februarie verleng.
“Die verlenging neem die behoefte in ag om voort te gaan om die bestaande wetgewing en gebeurlikheidsreëlings aan te vul wat deur staatsorganisasies en alle ander rolspelers getref word om die impak van die ramp op lewens en lewensbestaan te versag,” sê die minister.
2022-01-14 13:15:47
China kanselleer nog vlugte uit die VSA
China het Vrydag nog vier vlugte uit Amerika gekanselleer weens die rekordgetal nuwe gevalle in die VSA wat deur die Omikron-variant gedryf word.
In totaal is 74 vlugte al onlangs vanuit dié land gekanselleer.
China se burgerlugvaartowerheid (CAAC) het ook beveel dat 26 vlugte van ander plekke in die wêreld, waaronder uit Melbourne, Frankfurt, Parys, Toronto en Kaïro, opgeskort word.
Weens die toename in die Covid-gevalle in China is die toegelate vlugte na die land reeds aansienlik verminder. – Reuters

2022-01-14 13:15:24
Polisie in Italië soek nie pienk maskers
Die polisie in Italië is ontevrede oor die pienk maskers wat aangekoop is wat hulle aan diens moet dra en het by die departement van binnelandse sake gaan kla.
Die polisiebeamptes voer aan die kleur van die maskers doen skade aan hul reputasie en dat dit nie geskik is nie, het die polisievakbond in ’n brief geskryf.
Hulle wil hê die maskers moet slegs wit, swart of blou wees.
Die departement van binnelandse sake het nie dadelik op versoeke om kommentaar gereageer nie. – Reuters

2022-01-14 13:14:46
Djokovic se visum gekanselleer
Die Australiese regering het Novak Djokovic, die wêreld se nommereen-tennisspeler, se visum Vrydag gekanselleer.
Die regering het aangevoer Djokovic kan ’n gevaar vir die samelewing wees omdat hy nie ingeënt is nie.
Alex Hawke, minister van immigrasie, het sy magte gebruik om Djokovic se visum te kanselleer. –Reuters

2022-01-14 12:11:09
Premier van Swede positief getoets
Magdalena Andersson, Swede se premier, is positief vir Covid-19 getoets.
Sy is een van talle leiers van haar party wat onlangs positief getoets is ná ’n debat in die parlement vroeër vandeesweek.
Die land se koning, koningin en kroonprins is ook vandeesmaand al positief vir die virus getoets.
Die land het onlangs rekordgetalle aangemeld weens die Omikron-variant wat tans deur die land versprei. – Reuters

2022-01-14 11:57:21
2022-01-14 11:56:48
2022-01-14 11:56:21So lyk die getalle in Noordwes
2022-01-14 11:48:23
Tomic se ‘profetiese’ woorde oor Covid-19 word waar
Die Australiese tennisspeler Bernard Tomic, wat simptome van Covid-19 ervaar het, is toe inderdaad positief getoets vir die koronavirus.
Tomic het Dinsdag tydens sy kwalifiserende kragmeting in die Australiese Ope teen die Rus Roman Safiullin aan ’n beampte gesê dat hy “binne twee dae” positief vir Covid-19 getoets gaan word.
Die 29-jarige Tomic, wat verloor het, sê hy het sielkundig slegter gevoel as wat fisiek die geval was, omdat hy graag goed wou vertoon voor sy tuisskare. – Reuters
Lees die volledige berig hier.

2022-01-14 11:30:27Die mediakonferensie is verby.2022-01-14 11:27:25
Prof. Glenda Gray sê nuwe navorsing wat toon dat sekere verbindings wat in dagga gevind word, dalk infeksie deur SARS-CoV-2 kan keer, is ’n “belangrike ontdekking”.
Sy maan egter dit beteken nie dat deur dagga te rook dit jou teen Covid-19 sal beskerm nie.
Volgens haar word daar wêreldwyd vir verbindings gesoek wat beskerming teen siektes bied.
In die studie het die wetenskaplikes volgens haar twee verbindings in kannabinoïede geneem en gevind dat dit die stekelproteïene van SARS-CoV-2 kan blokkeer.
Dit is egter net teen die Alfa- en Beta-variant getoets.
Volgens Gray is dit nou belangrik dat pre-kliniese werk en kliniese proewe plaasvind.
“Die ontdekking is belangrik, maar daar lê nog ’n lang pad voor voordat dit in ’n middel ontwikkel word wat vir behandeling gebruik kan word,” sê sy. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 11:15:25
Buthelezi sê oor die kwessie van werk van die huis af, die direktiewe daaroor is deur die departement van indiensneming en arbeid ingestel.
Die direktiewe sal deur Nedlac bespreek word en ’n vergadering vind Dinsdag daaroor plaas.
Indien die direktiewe aangepas word, sal dit in die Staatskoerant aangekondig word.
Volgens hom word ander maatreëls hersien omdat daar baie nuwe navorsing aan die lig gekom het sedert dit ingestel is. Die proses sal ook deur die wetenskap gelei word. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 11:14:55
Volgens Phaahla is die staat verantwoordelik om alles moontlik te doen om sy bevolking te beskerm.
As daar môre gesê word dat Covid-19 nie meer ’n bedreiging is nie, sal die ramptoestand opgehef word.
Ongelukkig kan daar in ander lande gesien word dat hulle maatreëls verslap het en dit toe moes herinstel.
Volgens Phaahla wil hulle nie ’n “klimtol” wees nie.
Hulle kyk wel of daar maatreëls ingevolge ander wetgewing ingestel kan word, soos oor die bestuur van skares. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 11:14:29
Dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van gesondheid, praat oor die tugproses teen amptenare in die Digital Vibes-skandaal.
Hy sê daar was prosesse deur die presidensie en ’n aparte proses deur die departement.
Laasgenoemde is nog aan die gang en hulle wil dit teen 15 Februarie finaliseer.
Oor die Pfizer-pil teen Covid-19 sê hy daar is nog nie openbare data beskikbaar nie. Pfizer is daaroor genader en daar word op die beskikbaarstelling gewag. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 11:14:03
Volgens Phaahla sal hulle nie oorhaastig wees deur te luister na diegene wat wil wegdoen met die ramptoestand nie.
Volgens hom sal spanne binne die volgende sewe dae voorstelle in dié verband aan die bevelsraad gee.
Daar kan verstellings gemaak word. Volgens hom oorweeg die span dit om nuwe regulasies ingevolge ander wetgewing te bekragtig om die pandemie te bestuur.
Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van gesondheid, sê daar vind vergaderings met die departement van basiese onderwys plaas as deel van ’n groter hersiening van die land se benadering tot die Covid-19-pandemie. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 11:12:51
Volgens Gray sal dit vanjaar duidelik word of ons na ’n meer endemiese fase ten opsigte van Covid-19 beweeg.
Die wintermaande is kritiek en sal toon of die vyfde vlaag minder erg is as die vierde en of ons op pad is na endemiese status. Intussen moet inentings toegedien word en waarneming moet ook opgeskerp word.
Groome sê hulle is redelik seker daar sal ’n vyfde vlaag wees, maar wil nie voorspel wanneer dit sal gebeur nie. Daar is baie faktore wat ter sprake kom.
Volgens haar help immuniteit deur infeksie om beskerming teen ernstige siekte te bied. Dit is egter moeilik om te bepaal wie almal al immuniteit het omdat baie mense wat geïnfekteer is, hulself nie laat toets het nie.
Dit is egter beter dat mense wat voorheen geïnfekteer is, hulself laat inent omdat hulle dan nog beter beskerming het, aldus Groome. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 11:12:07
Die doel is steeds dat ’n minimum van 67% en verkieslik 70% van volwassenes ingeënt word, aldus Phaahla.
Hulle het die kapasiteit gehad om die doelwit verlede jaar al te bereik, maar die probleem is dat hulle nie mense kon oortuig om na vore te tree om hulself te laat inent nie.
Hy doen weer ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om die land uit die kloue van Covid-19 te bevry.
Hy nooi almal, insluitend die media, uit om met idees vorendag te kom oor hoe die doelwit bereik kan word.
Volgens hom is dit onseker hoe die virus gaan verander en daarom moet die land doen wat hy kan om dit te bestuur. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 11:11:10
Phaahla praat oor die omsendbrief oor nuwe maatreëls oor isolasie en kwarantyn wat in Desember herroep is.
Volgens hom moes verdere raadpleging plaasvind en die maatreël moes in ooreenstemming met die regulasies van die Wet op Rampbestuur wees.
In die volgende sewe dae sal hulle na die publiek terugkom om duidelikheid te gee.
Die veranderinge sal minimaal wees. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 10:14:09
Prof.Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad(SAMNR), sê daar was 30 000 deurbraak-infeksies (ingeënte mense watgeïnfekteer word) met die Sisonke-studie.
Mediesewerkers het daaraan deelgeneem.
VolgensGray het die studie gewys daar was meer jonger mense wat in diehuidige vlaag gehospitaliseer is.
Volgenshaar was daar in 'n tydperk van tussen een en twee maande85%-beskerming teen hospitalisasie vir gesondheidswerkers wat ’nopvolg-inenting met J&J ontvang het.
Dit is die eerste bewyse terwêreld van die doeltreffendheid van ’n tweede dosis met dieJ&J-entstof. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 10:10:59
Volgens Jassat wys data dat 82% van mense wat gehospitaliseer is, nie ingeënt is nie.
82% van mense wat gesterf het, was ook nie ingeënt nie.
Dit beklemtoon die belangrikheid van inenting. Hoewel daar nie strenger beperkings in Suid-Afrika ingestel is nie, is die kapasiteit van die gesondheidstelsel nie oorskry nie, aldus Jassat. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 10:05:08
Dr.Waasila Jassat van Nios sê hoewel die piek in die positiewe gevalle van die vierdevlaag baie hoër as in die derde vlaag was, was daar baieminder sterftes en hospitalisasies.
Watdie oormaatsterftes betref, is dit ook aan die afneem, maar virdiegene oor 60 jaar is die plato nog nie bereik nie.
Volgens haar isdaar met die oormaatsterftes ook nie so 'n groot toename in sterftesas in vorige vlae nie.
Mindermense het mediese suurstof benodig, minder mense moes in diewaakeenheid opgeneem word, minder mense is gehospitaliseer en minderhet gesterf.
Daaris wel ’n groter persentasie (8,4%) van diegene onder die ouderdomvan 20 jaar wat positief getoets is, wat gehospitaliseer is invergelyking met vorige vlae. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 10:04:09
Dr.Michelle Groome van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes(Nios) sê Omikron, wat aanvanklik in Suid-Afrika waargeneem is, hetintussen baie vinnig oor die grootste deel van die wêreld versprei.
InSuid-Afrika is amper 99% van monsters wat getoets word, dieOmikron-variant van die koronavirus.
Kindersbly die ouderdomsgroep waarin die minste infeksies aangemeld word.
Daar was ’n toename in infeksies onder die jonger ouderdomsgroepein vergelyking met die vorige drie vlae, aldus Groome.
Volgenshaar is daar die afgelope twee weke ’n volgehoue afname in diepositiwiteitskoers. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 09:54:49
Diekwessie van entstof-mandate word nog bespreek en meer besonderhedesal later bekend gemaak word.
Hoeweldie toekomstige trajek van die pandemie nie voorspel kan word nie,lyk die toekoms volgens hom wel helderder as meer mense hulself laatinent.
Diedeur na ’n meer normale lewe is deur inenting. – Christiaan duPlessis
2022-01-14 09:52:47
Dieinentingsprogram het oor die feestydperk kleigetrap, sê Phaahla op diemediakonferensie.
Daarwas pogings om inentings by plekke soos tolhekke te doen.
Dit wasegter nie so suksesvol soos gehoop is nie omdat mense op diefeestelikhede gefokus het.
28,8miljoen entstofdosisse is reeds aan 18,4 miljoen volwassenestoegedien.
40% van volwassenes is ten volle ingeënt. Agt miljoendosisse is in Gauteng toegedien.
Die uitdaging in dié provinsie is dat hy ’n baiegroot bevolking het.
Virdie groep van tussen 12 en 18 jaar is meer as een miljoen dosisse al toegedien.
Byna 67% van 60-plussers het reeds ’n inenting ontvang.
Opvolginentings is reeds vir die hele bevolking geopen. Die derdedosis van Pfizer is ses maande ná die tweede inenting beskikbaar endie tweede J&J-dosis twee maande nadat die eerste inentingtoegedien is.
Diedoel is steeds om 70% van volwassenes in te ent. Die beskerming wat inentings teen sterfte en ernstige siekte bied, is onbetwisbaar, aldus Phaahla.– Christiaan du Plessis
2022-01-14 09:47:10
Hospitalisasies is ook baie minder in die huidige vlaag.
Daar was ’n verbreking in die verband tussen die toename in infeksies en hospitalisasies.
Die patroon is ook met sterftes waargeneem.
Volgens Phaahla is Gauteng amptelik uit die vierde vlaag en alle ander provinsies het hul pieke bereik en nuwe gevalle neem af.
Dit neem egter nie so vinnig af soos wat dit toegeneem het nie. Volgens hom het die vierde vlaag ook gewys dat inentings voordele inhou. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 09:42:53
Ten spyte daarvan dat die Omikron-variant se simptome ligter is, is dit steeds baie dodelik, veral vir ouer mense, mense met onderliggende siektes en oningeënte mense, aldus Phaahla.
Volgens hom is nuwe gevalle aan die afneem.
Daar was ’n 5%-afname in sterftes die afgelope week.
Daar is ook ’n 27%-afname in positiewe gevalle in vergelyking met die voorafgaande sewe dae.
Die nasionale herstelkoers is sowat 94%.
Die positiwiteitskoers het van 25% tot 30% in Desember afgeneem tot 14% teen Donderdag. Dit is steeds hoog en hulle wil dit tot minder as 5% afbring wat stabiliteit sou aandui. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 09:38:45
Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, sê vier weke gelede het die vierde vlaag in agt provinsies toegeneem, maar in Gauteng het dit afgeneem.
Hul vrees was die massa-beweging van mense en byeenkomste wat infeksies sou laat toeneem.
Die neiging was groot toenames in infeksies, maar gelukkig was die hospitalisasiekoers laer, minder suurstof was nodig en minder mense het intensiewe sorg nodig gehad.
Die sterftekoers het ook afgeneem, hoewel dit hom spyt dat honderde mense die afgelope weke hul lewe verloor het.
Volgens hom is die patroon ook dat Omikron se simptome ligter is. – Christiaan du Plessis
2022-01-14 09:13:30
Djokovicse visum gekanselleer
DieAustraliese regering het Novak Djokovic, die wêreld senommereen-tennisspeler, se visum Vrydag gekanselleer.
Dieregering het aangevoer Djokovic kan ’n gevaar vir die samelewingwees omdat hy nie ingeënt is nie.
AlexHawke, minister van immigrasie, het sy magte gebruik om Djokovic sevisum te kanselleer. – Reuters

2022-01-14 09:03:26
2022-01-14 07:44:50
2022-01-14 07:30:20
Allerleiaanbiedinge van KKNK op verskeie platforms te sien
Tedanke aan die Covid-19-pandemie is die Klein Karoo NasionaleKunstefees (KKNK) nou immer teenwoordig, want was dit nie vir dieverpletterende maatreëls nie, sou opnames van verhoogproduksies niegemaak word nie en sou kunsteliefhebbers dit nie buite feestyd konsien nie.
Voordie pandemie was die KKNK beperk tot ’n week of twee in Maart ofApril in Oudtshoorn. Nou kan feesgangers tuis bly en met die druk van’n knoppie inskakel op kykNET of YouTube of die KKNK-webwerf om vandie fees se topproduksies te beleef.
Hoewelniks die opwinding van die feesatmosfeer kan vervang nie, kanfeesliefhebbers troos vind in dié alternatiewe meevallers op hulskerm totdat die kunstelewe weer na normaal terugkeer. – Saamgesteldeur Elretha Britz

2022-01-14 07:24:12
Covid-19bied bokser onverwagse titelkans
Met’n paar boksers wat weer positief getoets is vir Covid-19, was daarvandeesweek vir nog een ’n laat Kersgeskenk gewees.
JoeSmith van Amerika sou sy ligswaargewigtitel van dieWêreldboksorganisasie Saterdag in New York teen Callum Johnson vanBrittanje verdedig het.
Johnsonis egter agt dae gelede positief getoets vir Covid-19 en moesonttrek. – Michael Green

2022-01-14 07:23:01
Covid-reëlsby Chinese hawens veroorsaak groot opeenhopings
Inhul poging om vertragings te systap, veroorsaak vragskepe nou grootopeenhopings by die grootste hawe vir vragskepe ter wêreld, naamlikShanghai in China.
Vraghouerverkeeris nou onder groot druk hier soos wat talle maatskappye tans hulskepe vanaf China se Ningbo-hawe weens die Covid-19-regulasies by diéhawe herlei.
Ningbois nie ver van Shanghai nie, maar sommige vragmotordienste daar issteeds gestaak ná ’n hernude uitbreking van die virus. –Bloomberg

2022-01-14 06:51:07
Meeste nuwe gevalle in die Wes-Kaap
Van die 5 920 nuwe gevalle wat Donderdag aangemeld is, was die meeste infeksies (1 491) in die Wes-Kaap, gevolg deur Gauteng (1 198) en KwaZulu-Natal (1 142).
Lees die jongste oorsig hier.2022-01-14 06:28:52
Dodetal aangepas weens oudit
159 sterftes is Donderdag aangemeld, maar slegs 51 hiervan was in die vorige 24 tot 48 uur. Die res is 'n aanpassing van die dodetal weens die deurlopende oudit deur die departement van gesondheid.
2022-01-14 06:25:26
Positiwiteitskoers is 14,3%
Van die 41 438 toetse wat Donderdag landwyd gedoen is, is 5 920 positief.
2022-01-14 06:24:33
Jongste syfers: 5 920 nuwe koronavirusgevalle is die afgelope 24 uur in die land aangemeld. Die kumulatiewe gevalle is 3,546 miljoen.
Sterftes: 159 bykomende sterftes is aangemeld. Die dodetal is nou 92 989.
Herstelkoers: 3,346 miljoen mense het al van die virussiekte herstel. Die huidige herstelkoers is 94,4%.
Inentings: 86 351 inentings is in die vorige 24-uur-siklus toegedien. Altesaam is 48 185 mense is in dié tydperk volledig ingeënt – 15 498 mense het Johnson & Johnson se entstof ontvang, 28 664 hul tweede dosis van die Pfizer-entstof en 4 023 kinders van 12 tot 17 jaar oud het hul eerste dosis van die Pfizer-entstof gekry. Tot dusver is 28,782 miljoen entstof-dosisse toegedien.
2022-01-14 06:22:35
Waar meeste Donderdag ten volle ingeënt is
Van al die provinsies het Gauteng Donderdag die meeste mense ten volle ingeënt met 15 943, gevolg deur KwaZulu-Natal (6 809) en Wes-Kaap (6 261).
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-01-14 06:21:43
Meeste inentings in Gauteng toegedien
Gauteng is die provinsie wat al die meeste inentings toegedien het met 8,003 miljoen, gevolg deur die Wes-Kaap (4,563 miljoen) en KwaZulu-Natal (4,398 miljoen).




















