Hof

Bfn-makelaar van bedrog aangekla

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

'n Makelaar van die Rosestad wat glo 'n belegger uit meer as R800 000 bedrieg het, sal weer in die nuwe jaar in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Christiaan Jacobus Venter (52) is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hy op aanklag van bedrog verskyn het.

Volgens AO Fikiswa Matoti, 'n Valke-woordvoerder, word beweer Venter het die klaer in die saak in 2007 ontmoet en homself as 'n makelaar voorgestel. Hy het die klaer glo oortuig om R800 000 te belê en 'n opbrengs van 16% op die belegging per jaar belowe, sê Matoti.

Matoti sê in plaas daarvan om die beloofde dividende te lewer het Venter glo aan die klaer gesê dat hy groot bedrae op die aandelebeurs verloor het.

Die klaer het 'n klag teen Venter by die Valke aanhangig gemaak.

Venter se verhoor is tot 21 Januarie uitgestel om 'n verhoordatum vas te stel.

Christiaan Jacobus Venter  Foto: Verskaf
Christiaan Jacobus Venter Foto: Verskaf

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM