Hof

Lewenslank vir Ohrigstad-moordenaar

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Christopher Mgiba (32) Maandag in die hooggeregshof in Polokwane, waar hy skuldig bevind is aan die moord op Anneke Claassen (76) en Hennie Claassen (77) in Junie 2023.
Christopher Mgiba (32) Maandag in die hooggeregshof in Polokwane, waar hy skuldig bevind is aan die moord op Anneke Claassen (76) en Hennie Claassen (77) in Junie 2023. (Foto’s: Deaan Vivier en verskaf)

Christopher Mgiba (32) wat twee vriende in ’n plaasaanval op ’n plaas buite Ohrigstad vermoor het, sal lewenslange tronkstraf uitdien.

Regter Francis Kganyago het hom Woensdagoggend in die hooggeregshof in Polokwane tot effektief lewenslange, oftewel 25 jaar, tronkstraf gevonnis.

Christopher Mgiba (32), die moordenaar van Anneke Claassen (76) en Hennie Claassen (77).
Christopher Mgiba (32), die moordenaar van Anneke Claassen (76) en Hennie Claassen (77). (Foto: Deaan Vivier)

Mgiba is Maandag skuldig bevind aan die moorde op Anneke Claassen (76) en Hennie Claassen (77), wat hy in Junie 2023 aan die brand gesteek het in hul onderskeie huise op die plaas Klipfonteinhoek.

Hy is ook skuldig bevind op twee aanklagte van brandstigting, twee aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en/of te roof, twee aanklagte van diefstal en ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Hy het erken dat hy ’n stuk van sy destydse meisie, Nthabiseng Mampho (28), se neus afgebyt het in ’n bakleiery in Julie 2022.

Kganyago het gelas dat al die vonnisse wat Mgiba opgelê is, gelyklopend uitgedien word.

Mgiba het Woensdag met ’n grynslag op sy gesig in die beskuldigdebank gestaan. Hy hou vol hy het nie die Claassens vermoor nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM