Matlala bly agter tralies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vusimuzi (Cat) Matlala
Vusimuzi (Cat) Matlala (Foto: Gallo Images)

Regter Pieter du Plessis van die hooggeregshof in Johannesburg het Maandag uitspraak gelewer in Vusimuzi (Cat) Matlala se appèlaansoek om borgtog te kry.

Matlala se aansoek is deur Du Plessis van die hand gewys.

Matlala het dié aansoek ingedien nadat die landdroshof in Alexandra hom verlede maand borgtog geweier het.

Matlala word saam met drie ander aangekla van die beweerde huurmoordpoging op sy eksmeisie, die smaakmaker Tebogo Thobejane, in 2023 in Sandton.

Matlala se naam duik ook gereeld op voor die Madlanga-kommissie en die parlementêre ad hoc-komitee wat ondersoek doen na die plofbare bewerings van korrupsie in die polisie en die regbank.

* Volg Netwerk24 vir meer inligting oor die storie.

SPELETJIES VANDAG

CTA