'n Private ondersoeker kon geen bewyse vind dat genl. Magnus Malan en Barend du Plessis (79), albei voormalige ministers in die destydse NP-regering, betrokke was by seksorgies met jong seuns op 'n eiland by Port Elizabeth, soos beweer word in die boek Die seuns van Bird Island nie.
Wouter de Swardt, 'n private ondersoeker met 46 jaar ondervinding en tans hoof van Fox Forensics in Durbanville, is in Augustus verlede jaar saam met dr. David Klatzow, 'n forensiese wetenskaplike van Kaapstad, deur die Menseregtestigting opdrag gegee om die dood van Mark Minnie, een van die skrywers van die boek, te ondersoek. Die stigting het Klatzow en De Swardt vir die ondersoek betaal.
De Swardt het twee verslae geskryf - een wat uit ses bladsye bestaan, en 'n korter verslag van twee bladsye.
Oorspronklike forensiese ve... by undefined#from_embedon Scribd
Forensiese verslag oor die ... by undefined#from_embedon Scribd






