Esidimeni-dodetal moontlik 156

Die dodetal onder psigiatriese pasiënte wat uit Life Esidimeni-klinieke verskuif is, staan moontlik op 156 en nie op 144 soos gedink is nie.

Dít is Woensdag voor die Life Esidimeni-bemiddelingsverhoor in Parktown, Johannesburg, gesê.

Prof. Malegapuru Makgoba, die gesondheidsombudsman, sê in sy finale verslag minstens 143 pasiënte is dood nadat hulle uit Life Esidimeni na nieregeringsorganisasies (NRO's), staatshospitale en na hul families gestuur is.

Verlede week het die polisie gesê hulle ondersoek 144 sterftes.

Adv. Nikki Steyn wat 77 families van oorlede pasiënte verteenwoordig, het onthul dat daar 'n lys is van 12 oorlede pasiënte wat nie op die lys van die 143 pasiënte is nie.

Adv. Patrick Ngutshana, getuienisleier, het toe gesê volgens die polisie se verslag word 45 geregtelike ondersoeke gedoen.

Ondersoeklêers is vir 99 pasiënte wat dood is, oopgemaak. Dit is die pasiënte wat reeds begrawe was teen die tyd dat die taakspan aangestel is.

Adv. Nikki Steyn wat 77 families van oorlede pasiënte verteenwoordig, het onthul dat daar 'n lys is van 12 oorlede pasiënte wat nie op die lys van die 143 pasiënte is nie.

Sy sê dié pasiënte is dood nadat hulle uit Life Esidimeni verskuif is en voordat die oorlewendes teruggeskuif is.

Daar is eedverklarings van die families van die 12 pasiënte.

Die verhoor duur voort.

Reneilwe Dhludhlu

SPELETJIES VANDAG

CTA