In-diepte

SAUK: 'Ons lewens is op die spel'

Lewens word bedreig by die SAUK weens die regrukstrategie wat tans aan die gang is.

Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-raad, getuig Maandag voor die Zondo-kommissie. Foto: Skermgreep
Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-raad, getuig Maandag voor die Zondo-kommissie. Foto: Skermgreep (Foto: Skermgreep/Netwerk24)

"Waar jy negatiewe opskrifte sien is dit omdat mense terugbaklei," het Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-raad, Dinsdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê.

Die topbestuur van die SAUK en lede van die raad het 'n voorlegging aan LP's gelewer oor die SAUK se regrukstrategie.

Makhantini het gesê buiten ondersoeke deur die parlement, die spesiale ondersoekeenheid en die openbare beskermer, het die SAUK ook sy eie ondersoeke gedoen.

Die SAUK se hoof van interne forensiese ondersoeke is volgens hom bykans 'n paar maande gelede vermoor weens die werk wat hy doen.

Hy sê terwyl die regrukstrategie aan die gang is, sal sekere mense terugbaklei.

"Ons lewens is op die spel en ons het die ondersteuning en begrip van die komitee nodig om te verstaan dat waar daar negatiewe opskrifte is, (is dit omdat) mense terugbaklei. Sodoende val hulle die reputasie aan van die einste mense wat ons aangestel het, die mense wat julle aangestel het in die hernuwing en vertrou het met die rehabilitasie," sê hy.

Geen intimidasie sal egter die SAUK daarvan weerhou om te doen wat dit moet in die beste belang van die maatskappy nie, sê Makhathini.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM