Internasionaal

Emmys uitgestel weens Hollywood-staking

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Emmy-toekennings, wat in September sou plaasvind, is uitgestel weens stakings in Hollywood, berig die BBC.

Lede van die Writers Guild of America en Screen Actors Guild staak in die grootste staking in 60 jaar. Dit beteken diegene in die vakbonde kan nie werk of enige bemarking doen nie, en kan dus ook nie by toekenningsvertonings verskyn nie.

'n Nuwe datum vir die 2023-seremonie is nie bevestig nie, maar organiseerders wil wag totdat 'n ooreenkoms met TV-maatskappye bereik is.

Die 75ste Emmy-toekennings sou op 18 September plaasvind, berig USA Today.

'n Persoon wat nie gemagtig is om oor die situasie te praat nie, het aan USA Today bevestig die geleentheid gaan tot Januarie 2024 uitgestel word weens die stakings wat Hollywood grootliks tot stilstand laat knars het.

Dit word aangebied deur die National Academy of Television Arts and Sciences en sal op Fox uitgesaai word.

Aldus Variety is dit nie 'n opsie om die vertoning te kanselleer nie, veral gegewe die Emmys se 75ste herdenking.Pleks daarvan het sowel die akademie as Fox saamgestem dat 'n uitstel meer sin maak - maar die twee partye verskil oor wanneer hulle dink die geleentheid moet plaasvind. Die akademie se voorkeur - 'n datum in November - sal verseker dat dit in die herfs gehou word. Dit sal na verwagting die Emmys die eerste groot toekenningsgeleentheid maak wat plaasvind ná die stakings en Hollywood weer aan die werk is.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM