Imran Khan, vrou vrygespreek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Imran Khan en sy vrou, Bushra Bibi, by die hooggeregshof in Lahore in Pakistan op 17 Julie verlede jaar. Foto: AFP/Arif ALI
Imran Khan en sy vrou, Bushra Bibi, by die hooggeregshof in Lahore in Pakistan op 17 Julie verlede jaar. Foto: AFP/Arif ALI

'n Hof in Pakistan het die oudkrieketspeler Imran Khan, Pakistan se voormalige premier, en sy vrou, Bushra, Saterdag op aanklagte dat hulle onwettig getrou het, vrygespreek, berig Reuters.

Naeem Panjutha, die egpaar se prokureur, het gesê die hof het die uitspraak in Rawalpini aangekondig.

Khan (71) en sy vrou, ook bekend as Bushra Bibi, is in Februarie tot sewe jaar tronkstraf gevonnis toe 'n hof hulle skuldig bevind het aan die oortreding van die Islamitiese wetgewing deurdat hulle versuim het om die vereiste tydsverloop tussen Bibi se egskeiding uit 'n vorige huwelik en haar huwelik met Khan na te kom.

Die egpaar is ook vroeër vanjaar elk tot 14 jaar tronkstraf gevonnis in 'n saak oor die onwettige verkoop van staatsgeskenke.

LEES OOK | Nog tronkstraf vir Imran Khan; sy vrou ook gevonnis

Khan is ook vroeër in 'n afsonderlike saak tot tien jaar tronkstraf gevonnis omdat hy staatsgeheime uitgelap het. Dié vonnis volg ná 'n ondersoek deur die land se teen-korrupsie-instelling, die nasionale aanspreeklikheidsburo (NAB), wat ook sy vrou in die saak aangekla het. Hy is verlede maand vrygespreek, maar het in die tronk gebly weens sy vonnis weens sy huwelik met Bibi.

Hy is reeds sedert Augustus 2023 in aanhouding, soos vroeër berig.

Khan is in Augustus verlede jaar deur 'n ander hof tot drie jaar tronkstraf gevonnis omdat hy geskenke ter waarde van meer as $500 000 verkoop het. Die geskenke was in staatsbesit en is tydens sy premierskap van 2018 tot 2022 ontvang.

Khan en Bushra is in 2018 getroud, enkele maande voordat Khan premier geword het.

Dit is Khan se derde huwelik ná twee egskeidings. - Reuters

SPELETJIES VANDAG

CTA