Internasionaal

Nog 2 uit moddergraf gered in Nepal

Nepalese weermaglede gebruik stokke om in die modder en slik te soek na vermiste mense.
Nepalese weermaglede gebruik stokke om in die modder en slik te soek na vermiste mense. (Reuters)

Nog twee oorlewende is gered op dag 11 nadat ’n muur van ys, rots en water deur ’n vallei aan die grens tussen China en Nepal tot verwoesting en dood gelei het.

Volgens die Nepalese weermag is ’n Chinese burger gered uit ’n tonnel van 225 m diep wat deel is van ses hidrokragprojekte, waar daar volgens berigte meer as 900 mense toegeval is. Dit volg ’n dag nadat twee mense Vrydag lewend gered is uit ’n ander tonnel waar hulle in die puin vasgekeer was.

Die Chinese burger wat Saterdag gered is, het geen sigbare beserings nie, maar was baie moeg en daar was gedroogte modder en stof op sy vel en klere. Hy is medies behandel nadat hy gered is en met ’n helikopter na ’n weermag-hospitaal gebring.

’n Vrou is ook Saterdag uit haar huis in die verwoeste dorp Betrawati gered, volgens die Nepalese weermag. Sy was vol modder en daar is gesien hoe reddingswerkers vir haar water gee nadat sy gered is.

Meer as 4 800 mense word steeds vermis, insluitend 583 mense van buite China en Nepal.