Internasionaal

Prinses Charlotte vier 10de verjaarsdag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dié pragfoto van prinses Charlotte Elizabeth Diana ter ere van haar tiende verjaarsdag is deur Catherine, prinses van Wallis, geneem. Foto: Prins en prinses van Wallis
Dié pragfoto van prinses Charlotte Elizabeth Diana ter ere van haar tiende verjaarsdag is deur Catherine, prinses van Wallis, geneem. Foto: Prins en prinses van Wallis

Die jonge prinses Charlotte vier vandag haar tiende verjaarsdag!

Soos gebruiklik het die prins en prinses van Wallis 'n nuwe foto op hul sosialemediaplatforms ter ere van dié geleentheid uitgereik en het haar oupa, koning Charles, en stiefouma, se gelukwensinge kort daarna ook op die koninklike familie se sosiale media gevolg.

Tuis sou Charlotte se spesiale dag gevier word met 'n koek wat haar ma, Catherine, prinses van Wallis, self sou gebak het. Catherine het al in die verlede gesê hoe sy dit geniet om haar kinders se verjaarsdagkoeke self te bak en dan laataand die koek te versier.

Vir die Wallis-gesin is dit van groot belang om vir Charlotte en haar broers, prins Louis (7) en prins George (11), so 'n normaal moontlike gesinslewe buite die koninklike visbak te gee.

Prinses Charlotte het Kersdag blomme en speelgoed by omstanders gekry toe die koninklike familie 'n Kersdiens op die Sandringham-landgoed bygewoon het. Foto: WireImage
Prinses Charlotte het Kersdag blomme en speelgoed by omstanders gekry toe die koninklike familie 'n Kersdiens op die Sandringham-landgoed bygewoon het. Foto: WireImage

Al drie kinders word grootliks uit die openbare oog gehou, maar is wel by groot koninklike geleenthede soos die Vaandeldagparade te sien.

Charlotte het haar kleuter-humeur ontgroei en is nou die perfekte klein prinses met onberispelike maniere. Sy het as kleuter op 'n besoek saam met haar ouers aan Duitsland haarself op die aanloopbaan neergegooi en gehuil totdat ma Catherine saggies met haar gesels en haar aandag afgelei het.

Deesdae is Charlotte die een wat kleinboet Louis vermaan as hy té woelig raak en aan ouboet George wys as hulle 'n kopknik moet maak.

Sy is soos haar broers in die Lido-vleuel van die St. Mary-hospitaal in Londen gebore.

Van geboorte af het haar duidelike trek op haar oumagrootjie, koningin Elizabeth, baie kommentaar by koninklike bewonderaars ontlok. Dit is nie net dieselfde kyk wat sy met Elizabeth deel nie, maar ook haar oumagrootjie se maniere. Wanneer hulle saam op die Buckinghampaleis se balkon was, het Charlotte altyd haar oumagrootjie in oog gehad. As die koningin waai, het Charlotte ook gewaai.

Die drie Wallis-kinders in die koets waarmee hulle ná koning Charles se kroning na die Buckinghampaleis teruggekeer het.  Foto: Getty Images
Die drie Wallis-kinders in die koets waarmee hulle ná koning Charles se kroning na die Buckinghampaleis teruggekeer het. Foto: Getty Images
Charlotte steek in 2019 in Cowes haar tong uit vir haar oupa Michael Middleton (nie op foto). Haar ouma, Carole Middleton, is links en haar ma, Catherine, regs. Foto: WireImage
Charlotte steek in 2019 in Cowes haar tong uit vir haar oupa Michael Middleton (nie op foto). Haar ouma, Carole Middleton, is links en haar ma, Catherine, regs. Foto: WireImage
In 2017 het prins William en Catherine, destydse hertogin van Cambridge, hul oudste kinders, prins George en prinses Charlotte, saam op 'n koninklike besoek aan Duitsland geneem. Charlotte het in Hamburg op die lughawe huilerig geraak en op die aanloopbaan gaan sit. Catherine het saggies met haar gesels en sy het dadelik opgestaan. Albei die kinders was duidelik moeg.Foto: WireImage

Catherine met Charlotte in haar arms op 2 Mei 2015. Foto: Getty Images
Catherine met Charlotte in haar arms op 2 Mei 2015. Foto: Getty Images

Op skool staan Lottie, soos sy in die familie genoem word, bekend as Charlotte Wales. Sy neem balletklasse en speel soos haar ma ook tennis.

Sy maak vriendskapsarmbande wat haar pa vroeër vanjaar op sy besoek aan Kaapstad gedra het en George op sy amptelike elfde verjaarsdagfoto gedra het.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM