Internasionaal

Robotte pak 1ste halfmarathon in Beijing

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die robotdeelnemer Tiangong Ultra (tweede van links) steek die eindstreep oor terwyl ingenieurs saam hardloop tydens die halfmarathon vir humanoïede robotte Saterdag in Beijing se E-Town-tegnologiegebied, China. Foto: AFP/Xinhua

Humanoïede robotte het Saterdag geskiedenis gemaak toe hulle saam met duisende mense aan 'n halfmarathon in Beijing deelgeneem het - die eerste van sy soort wêreldwyd.

Die 21 km-wedloop is in E-Town gehou, 'n hoëtegnologie-spilpunt in die Chinese hoofstad. Die doel was om die uithouvermoë en funksionaliteit van tweebeen-robotte in realistiese toestande te toets.

Met die wegspring het Chinese popmusiek oor luidsprekers gespeel terwyl robotte een vir een begin stap het. Mense het hulle vanaf die kantlyn aangemoedig en video's geneem. Een kleiner robot het geval, 'n paar minute gelê, en toe self opgestaan, tot groot gejuig. 'n Ander, wat soos 'n Transformer gelyk het, het teen 'n versperring gebots en 'n ingenieur omgestamp.

"Dit mag soos 'n klein treetjie lyk, maar dit is 'n reusesprong vir humanoïede robotte," het Liang Liang, 'n beampte van E-Town, gesê. Ingenieurs het langs hul skeppings gehardloop dit te monitor.

Ongeveer 20 spanne uit China het deelgeneem, met robotte wat tussen 75 en 180 cm lank is en tot 88 kg weeg. Sommige het selfstandig beweeg en ander is van 'n afstand af beheer.

Volgens ingenieurs was die doel nie om te wen nie, maar om batterylewe, balans, motore en algoritmes te toets.

Cui Wenhao (28), van Noetix Robotics, sê hul robot het daagliks 'n halfmarathon geoefen teen 7 minute per kilometer. "Maar ons het 'n rugsteunrobot gereed, vir ingeval," het hy bygevoeg.

Die projek is deel van China se groter poging om 'n wêreldleier in robotika en kunsmatige intelligensie te word - en om die VSA in dié sektor te probeer verbygesteek. -AFP

'n Humanoïede robot neem Saterdag aan die halfmarathon in Beijing deel. Tientalle robotte het saam met duisende mense gehardloop in dié wêreld-eerste-geleentheid wat China se tegnologie-ambisies beklemtoon. Foto: AFP

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM