Internasionaal

Sketse van Charles se kroning bekend gestel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Prins William betoon sy lojaliteit aan sy pa, koning Charles.  Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
Prins William betoon sy lojaliteit aan sy pa, koning Charles. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III

Prag-sketse van koning Charles se kroningsplegtigheid twee jaar gelede is die afgelope naweek deur die koninklike versameling onthul.

Dit is die gebruik van die koningshuis om kunstenaars verbonde aan die koninklike sketsskool (Royal School of Drawning) te vra om kronings vas te lê. Charles, selfs 'n entoesiastiese kunstenaar, het die gebruik voortgesit.

In die dae voor film was kunswerke die enigste manier om groot koninklike geleenthede soos dié vir die nageslag te bewaar.

Verskeie kunstenaars was op 6 Mei 2023 buite die Buckingham-paleis, op Trafalgarplein, binne die Westminster-abdy en selfs in die Windsor-kasteel gestasioneer om die skares en atmosfeer op papier of skilderdoek te verewig.

Die koninklike prosessie met die goue koets, berede magte en die skare wat langs die roete saamgedrom het. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
Die koninklike prosessie met die goue koets, berede magte en die skare wat langs die roete saamgedrom het. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III

Van die tonele binne in die Westminster-abdy, soos waar prins William voor sy pa kniel om sy lojaliteit aan hom te toon, word met 'n deernisvolle kunstenaarshand uitgebeeld.

Eileen Hogan, 'n emeritusprofessor verbonde aan die Universiteit vir die Kunste in Londen en 'n trustee van die koninklike sketsskool, is die eerste vrou aan wie die taak opgelê is om die gebeure binne die abdy vas te vang.

'n Blik van 'n marsjerende soldaat met die pote van die berede magte se perde sigbaar. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
'n Blik van 'n marsjerende soldaat met die pote van die berede magte se perde sigbaar. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
Troepe snel 'n medesoldaat te hulp wat óf flou geword óf van sy perd afgeval het. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
Troepe snel 'n medesoldaat te hulp wat óf flou geword óf van sy perd afgeval het. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
Die kroningskonsert wat by die Windsor-kasteel gehou is. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
Die kroningskonsert wat by die Windsor-kasteel gehou is. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
Koningin Camilla tydens die kroningsplegtigheid. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III
Koningin Camilla tydens die kroningsplegtigheid. Foto: Richard Avery, kopiereg Sy Majesteit koning Charles III

"Toe ek gevra is, was ek baie bewus daarvan dat ek die eerste vrou in dié historiese rol is. Ek het by myself gewonder watter detail ek kan vaslê wat moderne TV-kameras nie kan doen nie," het sy gesê volgens The Independent.

"Hoe meer ek daaroor gedink het, hoe meer het ek besef dat die stilte van 'n skildery belangrike oomblikke in isolasie kan plaas en versterk. Dit kan ook betekenis beklemtoon, of dit nou 'n ritueel, spiritueel of doodgewoon menslik is."

Ander kunswerke beeld 'n straattoneel uit met die goue koets waarmee Charles en sy vrou, koningin Camilla, na en van die abdy geneem is, asook die berede troepe en marsjerende troepe wat om die koets te sien was.

Nog sketse beeld soldate met sambrele uit om hulle teen die gietende reën buite die abdy te beskerm, ander berede magte wat 'n kollega te hulp snel wat op die grond lê, en gewone omstanders buite die abdy.

Die kunswerke is nou deel van die koninklike versameling.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM