Daar’s “Kerneels die kat” (bl. 3) en “Adoons-hulle” (bl. 70). Herinneringe aan ’n tyd wat verby is, en natuurlik die gepaardgaande nostalgie en verlange na die “goeie ou dae”.
Soos jy ouer word, is jy mos geneig om die teenswoordige met skeptisisme af te speel teen vervloë se dae, toe dit na jou oordeel soveel beter gegaan het.
Tog is daar weinig wins te maak uit ’n nostalgiese verlange na tye wat verby is. Elke generasie het sy eie unieke herinneringe. Trouens, ons moet uit die wêreld leer sodat ons die hede en toekoms doeltreffender kan hanteer.
Die geskiedenis toon baie kan bereik word deur op die verlede te bou. Die lewe is vol eindes, maar ná elke einde is daar ’n nuwe begin. Hierdie lewe sal ook nooit sonder die een of ander vorm van hartseer en verlange wees nie.
Trane sal en kan altyd weer afgedroog en laste ligter gemaak word. Weet waar jy vandag is.
So, droom groot. Bou op “die goeie ou dae” vir die toekoms.
- AJ van den Berg, Bloemfontein
1630


















