Mense

Lotto: Iemand is R124 m. ryker

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Spesiale Ondersoekeenheid slaan toe op entiteite en individue wat bedrog gepleeg het met Lotto-geld. Foto ter illustrasie.  Foto: Argief
Die Spesiale Ondersoekeenheid slaan toe op entiteite en individue wat bedrog gepleeg het met Lotto-geld. Foto ter illustrasie. Foto: Argief

In die nuutste PowerBall-trekking wat Dinsdag plaasgevind het, het 'n Suid-Afrikaner die allemintige boerpot van R124 602 697,30 losgeslaan.

Die wenkaartjie is via die Absa-app gekoop en die wenner het R37,50 betaal, lui 'n verklaring wat by navraag aan Netwerk24 gestuur is. Die wenner het self die nommers gekies.

Behalwe vir die boerpotbedrag, was daar ook verskeie ander wenners in ander afdelings.

Sewe spelers het vyf nommers reggekry en stap sodoende met meer as R115 000 elk weg. Daar is ook 49 ander mense wat elk meer as R10 000 gewen het.

Die kleiner wenners het hul kaartjies deur 'n verskeidenheid platforms gekoop, insluitend kleinhandelaars.

Ithuba, wat die Lotto bedryf, verwag dat die boerpotwenner binnekort die geld sal opeis, aangesien bank-apps wenners outomaties in kennis stel.

(Werner Malherbe)

- carl.thomas@media24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM