Mense

Smaakmaker-finaliste wil inhoud in Afrikaans vier

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die finaliste in die kompetisie is te danke aan die duisende inskrywings wat Netwerk24 van oor die land heen ontvang het en Donderdagaand vind ons uit wie wen!
Die finaliste in die kompetisie is te danke aan die duisende inskrywings wat Netwerk24 van oor die land heen ontvang het en Donderdagaand vind ons uit wie wen!

Die finaliste is dit almal eens: Daar is niks so lekker soos om inhoud in hul moedertaal, Afrikaans, te skep nie.

Netwerk24 het die finaliste beter leer ken en daar blyk 'n algehele konsensus te wees: Afrikaans laat hulle toe om hulself die beste uit te druk.

Esté Raaf, 'n finalis in die kategorie Gesondheid en welstand met Beeld, sê dit is die taal waarin sy dink, droom, glo en hoop.

"Dit is beslis my beste vorm van uitdrukking. In die kategorie waarin ek benoem is, kan 'n mens vinnig onder druk voel om inhoud vir die internasionale mark te skep, maar dit gaan nie oor hoeveel mense ek bereik nie. Ek glo my boodskap sal die persoon bereik wat dit moet hoor. En dít kommunikeer ek die heel beste in my moedertaal."

Die meeste finaliste sê ook Afrikaans laat hulle toe om hul inhoud humoristies aan te bied.

Jana Jooste en Rynhardt Schoeman, finaliste in die kategorie Komediant met kykNET, sê hulle praat nie goeie Engels nie.

"Afrikaans is die taal wat ons sin vir humor gevorm het en die taal waarin ons lag."

Jacques Oosthuizen, 'n finalis in die kategorie Wyn met Die Burger, sê sy wortels is diep in Afrikaans gegrond.

"Om mense te laat lag in my eie taal, bring vir my soveel vreugde. Daar is min dinge wat 'n mens so lekker kan sê soos in Afrikaans."

Tietie & Nanna, finaliste in die kategorie Kos met Via, sê hulle skep inhoud in Afrikaans, want hulle kan nie van hul moedertaal wegkom nie.

"Dit is wie os is, os kan nie pretend en voorgie nie! Wies net jouself. Om te pretend gaan jou net tot da vat en nie verder nie."

Hykie Berg, ook 'n finalis in die kategorie vir Gesondheid en welstand met Beeld, sê hy gebruik 'n bietjie mengels.

"Ek het deels in 'n Engelse huishouding grootgeword met 'n Britse stiefma. So ek moes van kleins af Engels praat, nou praat ek so 'n bietjie mengels. Maar niemand mag ooit lui raak om hul moedertaal te gebruik nie. Afrikaans is in my murg en been, dis deel van Hykie Berg."

Anschen Conradie, 'n finalis in die kategorie Boeke met NB Uitgewers, sê Afrikaans beteken vir haar soveel meer as wat 'n mens sou dink.

"Afrikaanse boeke is die naelstring wat my verbind aan mense wat nie meer hier is nie: My ouers, my ouma, my oupa."

Die wenners van die Smaakmaker-kompetisie word Donderdag op 'n gala-aand in Kaapstad aangewys. Elke kategoriewenner kry 'n allemintige R25 000 en die algehele wenner van die kompetisie kry nog R25 000. Dis 'n koel R50 000 vir die grênd prys van Smaakmaker van die Jaar, wat uit die verskeie wenners in elke kategorie gekroon word.

Hier is die lys van finaliste per kategorie:

Kategorie 1 | Mode met SARIE

Nina Skep (@ninaskep)

Liza-Marie Style Diaries (@lizamarie_stylediaries)

Transformed by Jeanine (@transformed_by_jeanine)

Kategorie 2 | TikTokker van die Jaar met Huisgenoot

Wyn vir die pyn (@_wynvirdiepyn_)

Meghan Bothma (@the_saffa_in_scotland)

Mel die storieverteller (@meldiestorieverteller)

Yvonne/Scharney Schaney (@schaney_)

Frankoline Peers (@chubbyziza)

Kategorie 3 | Komediant met kykNET

Janey & Waney (@janeywaney30)

Alfred Adriaan (@alfredadriaan)

Mel die storieverteller (@mel_die_storieverteller)

Peadon Smith (@peadon_smith)

Veronique Jephtas (@veroniquebiancajephtas)

Kategorie 4 | Wyn met Die Burger

Jacques (@Jacques_se_Wêreld)

Lisa van Niekerk (@lisametdierooihare)

Kategorie 5 | Kos met VIA

Nicholas Manuel/GodlyGiemba (@sterkbek)

Tietie & Nanna (@tietie_and_nanna786)

Herman Lensing (@lensingherman)

Dominique Fuchs/Kosvraat (@kosvraat)

Aletta Francina (@alettafrancina)

Kategorie 6 | Buitelewe en reis met Weg! en Weg Ry & Sleep

WaarsWouter (@WaarsWouter)

Crazy Werrie (@crazywerrie)

Kategorie 7 | Landbou met Landbouweekblad en Landbou.com

Boer JA! (@boerja_official)

Grootwaterval Plaas (@grootwaterval)

die_bikerboertjie 3 (@die_bikerboertjie)

vrystaat_bianca (@vrystaat_bianca)

Vrystaatboertjie (@Vrystaatboertjie)

Kategorie 8 | Dekor en ‘DIY' met Tuis

Jess (@the_diystudio)

Kategorie 9 | Inspirasie-mense met Kuier

Ds. Farren Cloete (@farren.cloete)

Anslin Gysman (@anslin_g)

BB Unique (@bb_unique_2005)

Skoonmaak Meisies (@skoonmaak.meisies)

Skagboy (@mfundomolotosa)

Kategorie 10 | Boeke met NB Uitgewers

Stefaans Coetzee (@stefaanscoetzee)

Anschen Conradie (@uitdieperdsebek)

Phyllis Green (@phyllis9435)

Emiliedjie (@Emiliedjie)

Rina Coetzee Gous: (@catjuggles)

Kategorie 11 | Gesondheid en welstand met Beeld

Gesond met Esté (@gesond_met_este)

Hykie Berg (@hykieberg)

Krulkop74 (@krulkop74)

Boereraad_met_Mynie (@Boereraad_met_Mynie)

Kategorie 12 | Ouerskap met Baba & Kleuter

SaffaMamma Carla (@jousaffamamma)

Rolanda Marais (@rolandamarais)

Madelein Koen (@madskoen)

Carina Nel (@carinanel88)

Kategorie 13 | Musiek met Son

LeahMusic (@leahmusieksa)

Early B (@earlybmusic)

Temple Boys (@templeboys_cpt)

Franja du Plessis (@franjadp)

Brendan Peyper (@brendan_peyper)

Refentse (@refentsemusic)

Kategorie 14 | Tuinmaak met Rapport

Taan's tuine, kruie en groente (@taanstuine)

Groentetuin vir beginners en dinge in en rondom die huis (Natasha Prinsloo, Madelane van der Mescht, Elma Smit)

Huis- en tuinidees en -projekte (Aldi Benecke Admin)

CTA