Munisipaliteite

DA-raadslid in Jhb-metro sterf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Martin Williams 
Martin Williams  (Foto: Facebook/Channon Merricks)

Die DA het Sondag bekend gemaak dat Martin Williams, DA-raadslid in wyk 90 (Sandton) in die Johannesburg-metro, in die ouderdom van 74 jaar dood is.

Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.

Wendy Alexander, die party se streekvoorsitter, sê in ’n verklaring die DA en inwoners van Johannesburg sal Williams, wat vir langer as ’n dekade ’n openbare verteenwoordiger was, onthou as iemand met integriteit wat hulle met deernis en respek gedien het.

Voordat hy in die politiek beland het, was hy ’n medewerkende redakteur van The Citizen, sê Alexander.

“Martin sal onthou word as ’n man van integriteit, beginsel en diep medemenslikheid. Sy afsterwe is ’n groot verlies, nie net vir die DA nie, maar ook vir Johannesburg, die stad wat hy so liefgehad het.”

Die DA het sy innige simpatie aan sy geliefdes betuig.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM