Omgewing

Bykans 100 buffels vrek in stormloop in Namibië

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie: Dooie buffels in ’n rivier in Afrika.  
Foto ter illustrasie: Dooie buffels in ’n rivier in Afrika.   (Foto: Facebook/Nature’s World)

Ten minste 90 buffels is volgens wildbewaringsbeamptes in die verre noordooste van Namibië doodgetrap terwyl hulle vir ’n trop leeus moes vlug.

Die stormloop het omstreeks 05:00 langs die Chobe-rivier in die Zambesi-bewaringsgebied plaasgevind.

Die unieke gebied is ryk aan verskeie wildspesies, watervalle, woude en moerasse.

Volgens Ndeshipanda Hamunyela, toerismewoordvoerder, het die leeus buffels van die naburige Botswana agternagesit.

“Dit is ’n ongelukkige voorval. Die diere het van ’n steil krans af in die rivier geval en sommige is vertrap,” sê Hamunyela.

Beeldmateriaal wat deur die staatsuitsaaier die Namibia Broadcasting Corporation op sosiale media geplaas is, wys hoe mans met byle die buffelkarkasse opkap en die vleis agterop bakkies laai. Die vleis sal onder omliggende gemeenskappe versprei word.

Namibië verdien sowat 7% van sy bruto binnelandse produk uit toerisme.

In 2018 het meer as 400 buffels, wat vermoedelik ook deur leeus gejaag is, in ’n rivier in die noorde van Botswana versuip.

Die versuiping van buffels in riviere is nie ongewoon in die streek nie, maar die getalle is gewoonlik klein.

5506

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM