Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen erge wind en hael Saterdag in die noordwestelike dele van KwaZulu-Natal.
’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande bevorderlik vir die ontstaan van wegholveldbrande in die westelike dele van Limpopo en die Limpopovallei asook die oostelike dele van Noordwes.
Gauteng
Bewolk met verspreide donderbuie in die suidooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.
• Pretoria: 14 °C tot 29 °C
• Johannesburg: 11 °C tot 27 °C
• Vereeniging: 7 °C tot 28 °C
Mpumalanga
Bewolk en koel met verspreide donderbuie in die Hoëveld, andersins word enkele donderbuie verwag.
• Mbombela: 14 °C tot 26 °C
• eMalahleni: 12 °C tot 26 °C
• Standerton: 6 °C tot 23 °C
• Skukuza: 16 °C tot 31 °C
Limpopo
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie. Dit sal baie warm wees in die westelike Bosveld en die Limpopovallei.
• Polokwane: 11 °C tot 28 °C
• Tzaneen: 13 °C tot 27 °C
• Musina: 18 °C tot 31 °C
• Lephalale: 16 °C tot 34 °C
• Mokopane: 16 °C tot 32 °C
Noordwes
Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag in die verre suidooste. Winderig in die weste.
• Potchefstroom: 11 °C tot 28 °C
• Mahikeng: 10 °C tot 28 °C
• Rustenburg: 12 °C tot 31 °C
• Vryburg: 5 °C tot 27 °C
Vrystaat
Sonnig, winderig en koel tot warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie wat meer verspreid in die verre ooste sal voorkom. Sonnig in die weste.
• Bloemfontein: 7 °C tot 26 °C
• Bethlehem: 6 °C tot 22 °C
• Kroonstad: 8 °C tot 26 °C
• Ficksburg: 6 °C tot 23 °C
Noord-Kaap
Miskolle in die oggend in die westelike kusgebied, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Sonnig in die ooste en winderig in sekere plekke.
• Upington: 10 °C tot 29 °C
• Kimberley: 9 °C tot 28 °C
• Alexanderbaai: 11 °C tot 22 °C
• Sutherland: 2 °C tot 19 °C
Wes-Kaap
Gedeeltelik bewolk in die oggend, andersins sonnig en koel maar gedeeltelik bewolk in die suidooste later die dag.
• Kaapstad: 13 °C tot 19 °C
• Vredendal: 10 °C tot 23 °C
• George: 10 °C tot 19 °C
• Worcester: 9 °C tot 21 °C
• Beaufort-Wes: 10 °C tot 23 °C
Oos-Kaap
Gedeeltelik bewolk in die oggend in die weste, andersins sonnig en koel.
Sonnig in die ooste, andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk met motreën suid van die platorand. Verspreide buie word in die Wildekus verwag.
• Gqeberha: 13 °C tot 20 °C
• Graaff-Reinet: 6 °C tot 23 °C
• Oos-Londen: 14 °C tot 20 °C
• Port St. Johns: 17 °C tot 18 °C
• Mthatha: 12 °C tot 18 °C
KwaZulu-Natal
Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie word in die noordooste en suidweste verwag.
• Durban: 18 °C tot 21 °C
• Richardsbaai: 16 °C tot 23 °C
• Pietermaritzburg: 12 °C tot 18 °C
• uMnambithi (Ladysmith): 12 °C tot 21 °C















