Omgewing

WEERKAART | Die weer in jou streek Saterdag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
weer in jou streek
weer in jou streek (a)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande Saterdag wat bevorderlik is vir die ontstaan van wegholveldbrande in die oostelike dele van die Noord-Kaap, die suidelike dele van Noordwes, die Vrystaat, die noordoostelike dele van die Oos-Kaap, asook die westelike dele van KwaZulu-Natal, die suidwestelike dele van Gauteng en die suidelike dele van Limpopo.

Gauteng

Sonnig en warm. Baie warm in die noorde.

• Pretoria: 13 °C tot 31 °C

• Johannesburg: 12 °C tot 30 °C

• Vereeniging: 10 °C tot 31 °C

Mpumalanga

Sonnig en warm tot baie warm.

Uiters warm in die Laeveld.

• Mbombela: 14 °C tot 33 °C

• eMalahleni: 13 °C tot 29 °C

• Standerton: 9 °C tot 30 °C

• Skukuza: 15 °C tot 37 °C

Limpopo

Sonnig en warm tot baie warm.

Uiters warm in die Limpopovallei en die Laeveld.

• Polokwane: 11 °C tot 30 °C

• Tzaneen: 15 °C tot 34 °C

• Musina: 15 °C tot 36 °C

• Lephalale: 14 °C tot 34 °C

• Mokopane: 13 °C tot 31 °C

Noordwes

Sonnig in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderstorms in die verre-weste.

• Potchefstroom: 16 °C tot 32 °C

• Mahikeng: 14 °C tot 33 °C

• Rustenburg: 15 °C tot 33 °C

• Vryburg: 16 °C tot 33 °C

Vrystaat

Sonnig in die verre-ooste, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderstorms, wat meer verspreid in die verre-suidweste sal voorkom.

• Bloemfontein: 12 °C tot 31 °C

• Bethlehem: 10 °C tot 29 °C

• Kroonstad: 14 °C tot 32 °C

• Ficksburg: 10 °C tot 29 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk in die oostelike dele met enkele donderstorms in die verre-ooste, andersins sonnig en koel tot warm. Koud in die verre-suidweste.

• Upington: 18 °C tot 30 °C

• Kimberley: 17 °C tot 32 °C

• Alexanderbaai: 10 °C tot 21 °C

• Sutherland: 5 °C tot 17 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel met enkele reënneerslae in die suidelike en die suidwestelike dele. Bewolk en koud in die suidelike kusgebied.

• Kaapstad: 13 °C tot 19 °C

• Vredendal: 11 °C tot 21 °C

• George: 15 °C tot 17 °C

• Worcester: 13 °C tot 22 °C

• Beaufort-Wes: 14 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

Koud in die weste, andersins bewolk en koel tot warm met enkele donderstorms.

Mistig in die oggend in die ooste, andersins bewolk en koel tot warm met verspreide donderstorms.

• Gqeberha: 15 °C tot 20 °C

• Graaff-Reinet: 14 °C tot 22 °C

• Oos-Londen: 17 °C tot 22 °C

• Port St. Johns: 16 °C tot 24 °C

• Mthatha: 12 °C tot 28 °C

KwaZulu-Natal

Miskolle in die oggend in die binneland, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uiters warm in die noorde.

Gedeeltelik bewolk in die suide en die suidweste later die dag met enkele donderstorms in die verre-suide.

• Durban: 18 °C tot 27 °C

• Richardsbaai: 19 °C tot 34 °C

• Pietermaritzburg: 15 °C tot 35 °C

• uMnambithi (Ladysmith): 14 °C tot 35 °C

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM