Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir erge donderstorms met swaar reënval wat die sentrale en noordelike dele van KwaZulu-Natal sal raak.
Waarskuwings is ook vir swaar donderstorms oor die oostelike dele van die Vrystaat uitgereik.
In die noorde van die land, in die suidoostelike dele van die Limpopo-provinsie, word toestande verwag wat uiters hoë brandgevaar inhou.
Gauteng
Bewolk en koel met geïsoleerde buie en donderbuie.
• Pretoria: 16 °C tot 22 °C
• Johannesburg: 14 °C tot 17 °C
• Vereeniging: 12 °C tot 19 °C
Mpumalanga
Gedeeltelik bewolk en koel tot warm, met geïsoleerde tot verspreide buie en donderbuie, behalwe in die Laeveld, waar dit warm sal wees.
• Mbombela: 15 °C tot 27 °C
• eMalahleni: 12 °C tot 24 °C
• Standerton: 11 °C tot 25 °C
• Skukuza: 18 °C tot 33 °C
Limpopo
Mooi weer in die noorde, andersins gedeeltelik bewolk, warm tot baie warm met geïsoleerde buie en donderbuie, behalwe in die Laeveld.
• Polokwane: 14 °C tot 28 °C
• Tzaneen: 15 °C tot 29 °C
• Musina: 18 °C tot 35 °C
• Lephalale: 16 °C tot 29 °C
• Mokopane: 15 °C tot 28 °C
Noordwes
Bewolk en warm met geïsoleerde buie en donderbuie.
• Potchefstroom: 13 °C tot 24 °C
• Mahikeng: 17 °C tot 24 °C
• Rustenburg: 14 °C tot 26 °C
• Vryburg: 13 °C tot 26 °C
Vrystaat
Bewolk en koel tot warm, met geïsoleerde buie en donderbuie, maar verspreid oor die uiterste oostelike dele, waar oggendmis kan voorkom.
• Bloemfontein: 11 °C tot 24 °C
• Bethlehem: 9 °C tot 18 °C
• Kroonstad: 13 °C tot 22 °C
• Ficksburg: 10 °C tot 18 °C
Noord-Kaap
Gedeeltelik bewolk in die uiterste weste, andersins bewolk en koel met geïsoleerde buie en donderbuie in die ooste. Dit sal warm wees in die noordooste.
Die wind langs die kus sal lig suid tot suidoos wees.
• Upington: 15 °C tot 24 °C
• Kimberley: 11 °C tot 25 °C
• Alexanderbaai: 14 °C tot 20 °C
• Sutherland: 6 °C tot 20 °C
Wes-Kaap
Gedeeltelik bewolk en koel met ligte reën langs die suidkus. Dit sal bewolk wees in die ooste.
Die wind langs die kus sal matig tot fris suid tot suidoos wees, maar sterk langs die suidwestelike kus vanaf die middag.
• Kaapstad: 14 °C tot 22 °C
• Vredendal: 13 °C tot 23 °C
• George: 13 °C tot 19 °C
• Worcester: 12 °C tot 23 °C
• Beaufort-Wes: 12 °C tot 23 °C
Oos-Kaap
Bewolk met geïsoleerde tot verspreide buie en reën. Die wind langs die kus sal matig suid tot suidwes wees.
• Gqeberha: 14 °C tot 21 °C
• Graaff-Reinet: 10 °C tot 19 °C
• Oos-Londen: 15 °C tot 19 °C
• Port St. Johns: 13 °C tot 20 °C
• Mthatha: 11 °C tot 18 °C
KwaZulu-Natal
Bewolk en koel met wydverspreide buie en donderbuie. Dit sal warm wees in die noorde. Die wind langs die kus sal matig tot fris noord tot noordoos wees, maar suid tot suidwes aan die suidekant van Durban, maar ná die middag oor die noorde van die stad.
• Durban: 17 °C tot 24 °C
• Richardsbaai: 15 °C tot 27 °C
• Pietermaritzburg: 10 °C tot 24 °C
• uMnambithi (Ladysmith): 10 °C tot 27 °C





















