Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande wat kan lei tot wegholveldbrande in die noordelike dele van die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap, sowel as die Matzikama- en Swartland-munisipaliteit in die Wes-Kaap.
Uitermatige warm toestande word in die westelike dele van die Noord-Kaap, asook die Weskus-distrik en ander dele van die Wes-Kaap, verwag.
Gauteng
Bewolk in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm.
• Pretoria: 12 °C tot 26 °C
• Johannesburg: 11 °C tot 24 °C
• Vereeniging: 11 °C tot 24 °C
Mpumalanga
Bewolk in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel met motreën in die verre noordwestelike dele. Warm in die Laeveld.
• Mbombela: 15 °C tot 23 °C
• eMalahleni: 11 °C tot 23 °C
• Standerton: 12 °C tot 23 °C
• Skukuza: 19 °C tot 26 °C
Limpopo
Bewolk in die oggend met motreën in die suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm.
• Polokwane: 12 °C tot 28 °C
• Tzaneen: 16 °C tot 23 °C
• Musina: 19 °C tot 26 °C
• Lephalale: 17 °C tot 25 °C
• Mokopane: 16 °C tot 26 °C
Noordwes
Bewolk in die noorde in die oggend met motreën in die verre noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie. Reën word in die weste verwag.
• Potchefstroom: 13 °C tot 25 °C
• Mahikeng: 16 °C tot 26 °C
• Rustenburg: 16 °C tot 26 °C
• Vryburg: 16 °C tot 27 °C
Vrystaat
Bewolk en koel in die verre ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm.
• Bloemfontein: 13 °C tot 27 °C
• Bethlehem: 11 °C tot 26 °C
• Kroonstad: 13 °C tot 27 °C
• Ficksburg: 12 °C tot 27 °C
Noord-Kaap
Mistig en koel in die oggend in die noordelike kusgebied, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele donderbuie wat meer verspreid in die noordooste sal voorkom.
• Upington: 21 °C tot 32 °C
• Kimberley: 13 °C tot 30 °C
• Alexanderbaai: 14 °C tot 23 °C
• Sutherland: 13 °C tot 32 °C
Wes-Kaap
Sonnig in die suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Uitermatig warm in die binneland. Enkele donderbuie word later die dag in die noordoostelike binneland verwag.
• Kaapstad: 18 °C tot 37 °C
• Vredendal: 21 °C tot 40 °C
• George: 16 °C tot 28 °C
• Worcester: 16 °C tot 42 °C
• Beaufort-Wes: 14 °C tot 37 °C
Oos-Kaap
Bewolk en mistig in die oggend in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm.
Mistig in die oggend in die ooste, andersins sonnig en baie warm. Warm aan die kusgebied. Gedeeltelik bewolk met enkele donderstorms later die dag.
• Gqeberha: 15 °C tot 27 °C
• Graaff-Reinet: 8 °C tot 32 °C
• Oos-Londen: 15 °C tot 27 °C
• Port St. Johns: 15 °C tot 26 °C
• Mthatha: 11 °C tot 25 °C
KwaZulu-Natal
Mistig in die oggend in die suidelike binneland, andersins bewolk en koel, maar warm aan die kusgebied met enkele reënbuie.
• Durban: 18 °C tot 26 °C
• Richardsbaai: 21 °C tot 25 °C
• Pietermaritzburg: 11 °C tot 23 °C
• uMnambithi (Ladysmith): 10 °C tot 24 °C


















