Omgewing

WEERKAART | Die weer in jou streek Sondag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak 4-waarskuwing uitgereik oor swaar stortbuie, skadelike winde, uitermatige weerlig en groot hoeveelhede klein haelkorrels wat oor KwaZulu-Natal verwag word. Moontlike skadelike winde, swaar reënbuie en oorstromings, asook ligte haelbuie word vir die noorde van die Noord-Kaap en die westelike dele van Noordwes voorspel.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk met geïsoleerde donderbuie.

• Pretoria: 15 °C tot 29 °C

• Johannesburg: 14 °C tot 24 °C

• Vereeniging: 12 °C tot 25 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk met verspreide donderbuie.

• Mbombela: 17 °C tot 31 °C

• eMalahleni: 14 °C tot 26 °C

• Standerton: 11 °C tot 25 °C

• Skukuza: 18 °C tot 35 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk.

• Polokwane: 14 °C tot 30 °C

• Tzaneen: 17 °C tot 31 °C

• Musina: 20 °C tot 38 °C

• Lephalale: 19 °C tot 34 °C

• Mokopane: 19 °C tot 34 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk met verspreide buie en donderbuie.

• Potchefstroom: 14 °C tot 26 °C

• Mahikeng: 15 °C tot 29 °C

• Rustenburg: 18 °C tot 29 °C

• Vryburg: 12 °C tot 29 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en winderig met verspreide donderbuie.

• Bloemfontein: 14 °C tot 25 °C

• Bethlehem: 10 °C tot 22 °C

• Kroonstad: 12 °C tot 25 °C

• Ficksburg: 10 °C tot 21 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk, winderig en warm met verspreide reënbuie in die oostelike en sentrale dele.

• Upington: 16 °C tot 30 °C

• Kimberley: 16 °C tot 27 °C

• Alexanderbaai: 15 °C tot 22 °C

• Sutherland: 5 °C tot 26 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koel langs die kus, andersins gedeeltelik bewolk en warm.

• Kaapstad: 15 °C tot 25 °C

• Vredendal: 14 °C tot 27 °C

• George: 17 °C tot 22 °C

• Worcester: 15 °C tot 28 °C

• Beaufort-Wes: 15 °C tot 28 °C

Oos-Kaap

In die westelike deel van die Oos-Kaap bewolk en koel. In die oostelike deel gedeeltelik bewolk met verspreide donderbuie.

• Gqeberha: 18 °C tot 21 °C

• Graaff-Reinet: 15 °C tot 28 °C

• Oos-Londen: 18 °C tot 21 °C

• Port St. Johns: 19 °C tot 22 °C

• Mthatha: 15 °C tot 21 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk met geïsoleerde donderbuie in die middag.

• Durban: 20 °C tot 24 °C

• Richardsbaai: 18 °C tot 25 °C

• Pietermaritzburg: 17 °C tot 23 °C

• uMnambithi (Ladysmith): 18 °C tot 28 °C

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM