’n Oranje vlak 5-waarskuwing is uitgereik oor erge donderstorms met swaar reën en sterk, skadelike winde wat oorstromings en infrastruktuurskade kan veroorsaak in die oostelike dele van die Vrystaat, die oostelike dele van Noordwes, Gauteng, westelike dele van Limpopo en die Hoëveld van Mpumalanga.
’n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik oor plaaslike oorstromings in die verre noordooste van die Noord-Kaap, die westelike dele van sowel die Vrystaat as Noordwes en KwaZulu-Natal, asook langs die platorand van Mpumalanga en Limpopo.
Verder word ’n uiters hoë brandgevaar in die Dawid Kruiper- en Kai !Garib-munisipaliteit in die Noord-Kaap verwag, asook die Weskus-distrik in die Wes-Kaap.
Gauteng
Bewolk en warm met wydverspreide buie en donderbuie.
• Pretoria: 14 °C tot 26 °C
• Johannesburg: 15 °C tot 26 °C
• Vereeniging: 13 °C tot 27 °C
Mpumalanga
Bewolk en koel tot warm met verspreide tot wydverspreide buie en donderbuie, maar geïsoleerd in die Laeveld.
• Mbombela: 17 °C tot 23 °C
• eMalahleni: 14 °C tot 25 °C
• Standerton: 13 °C tot 23 °C
• Skukuza: 21 °C tot 26 °C
Limpopo
Oggendmiskolle langs die platorand, andersins bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde tot verspreide buie en donderbuie, maar wydverspreid in die suidweste.
• Polokwane: 17 °C tot 23 °C
• Tzaneen: 18 °C tot 26 °C
• Musina: 22 °C tot 28 °C
• Lephalale: 19 °C tot 32 °C
• Mokopane: 17 °C tot 27 °C
Noordwes
Miskolle aanvanklik in die ooste, andersins bewolk, winderig en warm tot baie warm met wydverspreide buie en donderbuie, maar verspreid in die verre weste.
• Potchefstroom: 17 °C tot 25 °C
• Mahikeng: 18 °C tot 28 °C
• Rustenburg: 18 °C tot 26 °C
• Vryburg: 19 °C tot 30 °C
Vrystaat
Miskolle aanvanklik in die ooste, andersins bewolk, winderig en koel tot warm met wydverspreide buie en donderbuie, maar geïsoleerd tot verspreid in die weste.
• Bloemfontein: 16 °C tot 26 °C
• Bethlehem: 14 °C tot 19 °C
• Kroonstad: 16 °C tot 22 °C
• Ficksburg: 13 °C tot 20 °C
Noord-Kaap
Oggendmis langs die kus, andersins gedeeltelik bewolk, winderig en warm tot baie warm met geïsoleerde buie en donderbuie, maar verspreid in die verre ooste waar dit bewolk sal wees. Dit sal uiters warm wees in die verre noorde.
• Upington: 21 °C tot 38 °C
• Kimberley: 19 °C tot 30 °C
• Alexanderbaai: 19 °C tot 26 °C
• Sutherland: 13 °C tot 28 °C
Wes-Kaap
Mooiweer in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar bewolk en koel langs die suidkus met geïsoleerde oggendbuie en reën. Dit sal plek-plek uiters warm wees in die weste.
• Kaapstad: 21 °C tot 29 °C
• Vredendal: 17 °C tot 35 °C
• George: 17 °C tot 23 °C
• Worcester: 18 °C tot 32 °C
• Beaufort-Wes: 17 °C tot 31 °C
Oos-Kaap
Bewolk met oggendbuie langs die kus en aangrensende binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie plek-plek oor die binneland teen die laatmiddag.
• Gqeberha: 18 °C tot 25 °C
• Graaff-Reinet: 14 °C tot 31 °C
• Oos-Londen: 18 °C tot 25 °C
• Port St. Johns: 15 °C tot 24 °C
• Mthatha: 14 °C tot 25 °C
KwaZulu-Natal
Oggendmiskolle plek-plek oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met geïsoleerde buie en donderbuie, maar verspreid in die weste.
• Durban: 19 °C tot 25 °C
• Richardsbaai: 19 °C tot 27 °C
• Pietermaritzburg: 12 °C tot 23 °C
• uMnambithi (Ladysmith): 15 °C tot 23 °C















