Omgewing

Eers hitte, dan reën die naweek in Wes- en Oos-Kaap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sonnige en warm weer word Saterdag oor die grootste gedeelte van die Wes-Kaap verwag.
Sonnige en warm weer word Saterdag oor die grootste gedeelte van die Wes-Kaap verwag. (Foto: Jaco Marais)

Warm tot baie warm weer word Saterdag oor die Wes- en Oos-Kaap verwag, met ’n kans op reën wat teen Sondag kan uitsak.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë gevaar van toestande wat bevorderlik vir die ontstaan van veldbrande is Saterdag oor Sentraal-Karoo en die binneland van die Tuinroete-distrik.

In die Oos-Kaap word skadelike wind en deinings Saterdag langs die kus tussen Algoabaai en Port Edward verwag.

Saterdag word grootliks sonnige weer oor die Wes-Kaap heen verwag, met temperature wat bo 30 °C in die Karoo kan styg.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 20 °C en ’n noordwestewind van 20 km/h voorspel. Vir George word ’n maksimum van 21 °C voorspel en ’n suidwestewind van 20 km/h.

Die kwik kan tot 32 °C in Oudtshoorn styg en 31 °C in Beaufort-Wes, met 28 °C in Riversdal en 27 °C in Laingsburg.

Die westewind kan ’n spoed van 50 km/h in Kaap Agulhas en 40 km/h in Laingsburg bereik, met ’n noordwestewind van 40 km/h in Hermanus.

In die Oos-Kaap word gedeeltelik bewolkte weer met temperature bo 30 °C oor groot dele van die provinsie verwag.

Vir Gqeberha word ’n maksimum van 23 °C voorspel en ’n suidwestewind van 30 km/h.

In Port St. Johns en Mthatha is daar ’n 30%-kans op reën en donderweer die namiddag.

Die kwik kan tot 32 °C in Fort Beaufort styg en 31 °C in Kariega, Graaff-Reinet, Makhanda (Grahamstad), Nxuba (Cradock) en Komani (Queenstown).

’n Noordwestewind van 50 km/h word ook in Nxuba en Komani verwag en kan 40 km/h in Graaff-Reinet bereik, met ’n noordoostewind van 40 km/h in Oos-Londen.

Teen Sondag is daar ’n 30%-kans op reën teen die namiddag oor die grootste gedeelte van die Wes-Kaap.

Vir Kaapstad en George word ’n maksimum van 19 °C voorspel, met ’n suidoostewind van 20 km/h in George.

Die kwik kan tot 29 °C in Beaufort-Wes styg en 25 °C in Oudtshoorn.

In die Oos-Kaap is daar ook ’n 30%-kans op reën en donderweer die namiddag oor die grootste deel van die provinsie.

Vir Gqeberha word ’n maksimum van 19 °C voorspel en ’n suidoostewind van 20 km/h.

Die kwik kan tot 30 °C in Nxuba en Komani styg en 28 °C in Mthatha.

Die noordwestewind kan ’n spoed van 40 km/h in Nxuba bereik en 30 km/h in Graaff-Reinet.

Maandag is daar ’n 30%-kans op buie die oggend oor die grootste gedeelte van die Wes-Kaap.

In die Oos-Kaap is daar ’n 60%-kans op buie in

Gqeberha, Kariega, Port Alfred en Joubertina.

Teen Dinsdag is daar ’n 30%-kans op reën in Kaapstad, die Paarl, Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai.

- malherbe.nienaber@24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM