Omgewing

WEERKAART | Die weer in jou streek Dinsdag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
weer
weer (wwer)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande wat kan lei tot wegholveldbrande in die sentrale binneland en die noordelike dele van Limpopo en in KwaZulu-Natal.

Warm en vogtige weer sal lei tot uiters ongemaklike toestande in die noordelike en die sentrale kusgebiede en die aangrensende binneland van KwaZulu-Natal.

Gauteng

Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk later die dag.

• Pretoria: 17 °C tot 31 °C

• Johannesburg: 12 °C tot 28 °C

• Vereeniging: 15 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderstorms in die oostelike Hoëveld en die platorand.

Baie warm in die Laeveld.

• Mbombela: 17 °C tot 33 °C

• eMalahleni: 15 °C tot 29 °C

• Standerton: 14 °C tot 29 °C

• Skukuza: 21 °C tot 37 °C

Limpopo

Sonnig en warm tot baie warm. Uiters warm in die Limpopovallei en die Laeveld. Gedeeltelik bewolk met donderstorms in die suidelike en die sentrale dele.

• Polokwane: 18 °C tot 30 °C

• Tzaneen: 18 °C tot 32 °C

• Musina: 22 °C tot 36 °C

• Lephalale: 21 °C tot 35 °C

• Mokopane: 19 °C tot 34 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm.

• Potchefstroom: 16 °C tot 31 °C

• Mahikeng: 18 °C tot 33 °C

• Rustenburg: 18 °C tot 34 °C

• Vryburg: 15 °C tot 34 °C

Vrystaat

Sonnig en warm tot baie warm maar gedeeltelik bewolk in die verre ooste met enkele donderstorms.

• Bloemfontein: 16 °C tot 33 °C

• Bethlehem: 12 °C tot 29 °C

• Kroonstad: 16 °C tot 33 °C

• Ficksburg: 13 °C tot 28 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk in die verre weste in die oggend, andersins sonnig en warm tot baie warm.

• Upington: 17 °C tot 28 °C

• Kimberley: 17 °C tot 33 °C

• Alexanderbaai: 12 °C tot 22 °C

• Sutherland: 4 °C tot 17 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Bewolk met ’n moontlikheid van motreën in die weste en die suide.

• Kaapstad: 15 °C tot 22 °C

• Vredendal: 13 °C tot 23 °C

• George: 15 °C tot 22 °C

• Worcester: 12 °C tot 22 °C

• Beaufort-Wes: 17 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

Sonnig in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Bewolk in die suide met enkele reënneerslae.

Mistig in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderstorms.

• Gqeberha: 16 °C tot 19 °C

• Graaff-Reinet: 13 °C tot 26 °C

• Oos-Londen: 17 °C tot 24 °C

• Port St. Johns: 15 °C tot 25 °C

• Mthatha: 12 °C tot 33 °C

KwaZulu-Natal

Mistig in die oggend in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.

Warm in die suidelike kusgebied.

Enkele donderstorms word later die dag verwag.

• Durban: 20 °C tot 30 °C

• Richardsbaai: 21 °C tot 36 °C

• Pietermaritzburg: 16 °C tot 36 °C

• uMnambithi (Ladysmith): 13 °C tot 35 °C

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM