Omgewing

GRAFIKA | Wes-Kaap se gemiddelde damvlak styg tot 82%

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Damvlakke in veral die Suidwes-Kaap het die afgelope week skerp gestyg, maar bly nog laer as 'n jaar gelede.

Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het teen Maandag van 79% tot 82,2% toegeneem en was 95,8% in die ooreenstemmende tydperk in 2024.

Kaapstad se gemiddeld het van 84,5% tot 89,1% gestyg en was 104,3% dié tyd verlede jaar.

Grootliks bewolkte en matige tot warm weer word vandeesweek in die grootste dele van die provinsie verwag.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 80% tot 84,3% gestyg en was 106,6% 'n jaar gelede.

Die Voëlvleidam se vlak het die afgelope week van 85,5% tot 91,3% gestyg en was 101% 'n jaar gelede. Foto: Samuel Walters
Die Voëlvleidam se vlak het die afgelope week van 85,5% tot 91,3% gestyg en was 101% 'n jaar gelede. Foto: Samuel Walters

Die vlakke van ander damme wat water aan Kaapstad verskaf:

• Benede-Steenbrasdam: 93,8% (77,9% verlede week) met 70 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Bo-Steenbrasdam: 100,9% (100%);

• Voëlvleidam: 91,3% (85,5%) met 14 mm reën;

• Bergrivierdam: 101,6% (100,5%); en

• Wemmershoekdam: 91,1% (84,2%) met 90 mm reën.

Die vlak van die Clanwilliamdam het van 79,4% tot 77,2% afgeneem en was 93,7% dié tyd verlede jaar.

Karoo

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 54,4% (54,7% verlede week);

• Calitzdorpdam: 68,6% (72%);

• Leeu-Gamkadam: 46,4% (47%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 42,2% (42,7%);

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 47,5% (48,4%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 77% (77,2%); en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 78,8% (81,7%).

Suid-Kaap

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 99,9% (99,9% verlede week) met 8 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Korentepoortdam naby Riversdal: 98,6% (99,1%) met 6 mm reën;

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 96,5% (97,3%) met 3 mm reën; en

• Tuinroetedam by George: 80,1% (82,1%) met 3 mm reën.

- malherbe.nienaber@24.com

mailto:malherbe.nienaber@24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM