Sonnige en matige tot warm weer word aan die begin van die week in die Wes- en Oos-Kaap verwag, gevolg deur 'n sterk kans op reën van Woensdag af in die Wes-Kaap.
Maandag word sonnige weer in die Wes-Kaap verwag met maksimum temperature bo 20 °C.
Vir Kaapstad word 'n maksimum van 22 °C voorspel en vir George 20 °C.
Die kwik kan in Vredendal tot 28 °C styg en 27 °C in Redelinghuys.
'n Noordoostewind van 40 km/h word in Vredendal verwag, met 'n oostewind van 30 km/h in Clanwilliam en Kaap Agulhas en 'n suidoostewind van 30 km/h in Hermanus.
'n Minimum van 0 °C word vir Oudtshoorn voorspel, 1 °C in Laingsburg en 2 °C in Beaufort-Wes.
In die Oos-Kaap word mooiweerstoestande ook verwag met die maksimum temperature onder 20 °C.
Vir Gqeberha word 'n maksimum van 18 °C voorspel en 'n oostewind van 20 km/h.
Die kwik kan tot 0 °C in Komani (Queenstown) daal, tot 1 °C in Graaff-Reinet en 2 °C in Mthatha en Nxuba (Cradock).
Teen Dinsdag word gedeeltelik bewolkte weer in die Wes-Kaap verwag met maksimums grootliks bo 25 °C.
Vir Kaapstad word 'n maksimum van 26 °C voorspel en 'n suidoostewind van 20 km/h. Vir George word 'n maksimum van 27 °C voorspel en 'n noordwestewind van 40 km/h.
Die kwik kan in Vredendal tot 31 °C styg en tot 28 °C in Mosselbaai en Riversdal.
'n Noordwestewind van 50 km/h word in Beaufort-Wes verwag en kan 40 km/h in Oudtshoorn en Mosselbaai bereik, met 'n noordoostewind van 40 km/h in Vredendal en Clanwilliam.
In die Oos-Kaap word grootliks sonnige weer verwag met maksimums bo 20 °C.
Vir Gqeberha word 'n maksimum van 25 °C voorspel en 'n noordewind van 20 km/h.
In Graaff-Reinet kan die noordwestewind 'n spoed van 40 km/h bereik, met 'n noordwestewind van 30 km/h in Kariega, Joubertina, Nxuba en Komani.
Die kwik kan tot 0 °C in Komani daal en tot 2 °C in Mthatha en Nxuba.
Woensdag is daar 'n 60%-kans op reën in Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Hermanus, Grabouw en Kaap Agulhas.
In Worcester, Ceres, Vredendal, Clanwilliam, Redelinghuys en Riversdal is daar 'n 30%-kans op reën.
In die Oos-Kaap word gedeeltelik bewolkte weer verwag met maksimums grootliks bo 25 °C.
Teen Donderdag is daar 'n 60%-kans op reën in Kaapstad, die Paarl, Worcester, Ceres, Malmesbury, Langebaan, Redelinghuys, Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai.
In die res van die Wes-Kaap is daar 'n 30%-kans op reën.
In die Oos-Kaap is daar 'n 30%-kans op buie oor die grootste deel van die provinsie.





















