Altesaam 790 144 matrieks is geregistreer om hierdie jaar die Nasionale Seniorsertifikaat-eindeksamen af te lê.
Dr. Mary-Antoinette Dliwayo, senior bestuurder van gehalteversekering by die Raad vir Gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding (Umalusi), het die syfer Woensdagoggend op ’n mediakonferensie bekend gemaak.
Van die 790 144 matrieks, is 766 543 deur die departement van basiese onderwys geregistreer en 17 427 deur die onafhanklike eksamenraad.
Altesaam 137 018 deeltydse kandidate is geregistreer. Hulle is dus ouer en lê byvoorbeeld die eksamen weer af om hul punte te verbeter.
Daar is dus altesaam 903 561 kandidate wat die eindeksamen aflê.

Umalusi het van 11 Augustus tot 9 Oktober vanjaar ’n oudit voltooi om te bepaal of verskeie instansies gereed is vir die eindeksamen.
Hulle het onder meer die registrasie van kandidate, die bevoegdheid van personeel by eksamensentrums, eksterne moderasie, sekuriteit, die funksionaliteit van stelsels en die struktuur van die bestuur wat onreëlmatighede moet hanteer, ontleed.
Die volledige verslag van Umalusi word binnekort bekend gemaak.
* Volg Netwerk24 vir meer oor die storie.



















