Verkiesing 2021

Cyril is gewildste politieke leier, wys peiling deur IRV

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Pres. Cyril Ramaphosa is steeds baie meer gewild as sy party, terwyl skaars die helfte van kiesers weet wie is John Steenhuisen, die DA-leier.

Dit tel onder die bevindings in 'n peiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) oor watter politieke leiers kiesers goedgesind is. Die peiling is tussen 16 en 23 September onder 633 geregistreerde kiesers gedoen. Die foutmarge is 4%.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: AP
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: AP

Hoewel die dood van Ramaforie luidkeels deur opposisiepartye verkondig is toe tientalle ANC-politici, waaronder Ramaphosa se eie woordvoerder, van korrupsie beskuldig is die afgelope jaar, wys die IRV-peiling Ramaphosa is steeds verreweg die gewildste politieke leier in die land.

Op 'n vraag oor of geregistreerde kiesers 'n politieke leier ken, en hoe die kiesers oor daardie leier voel, het 62% van respondente aangedui dat hulle Ramaphosa goedgesind is. Daarenteen het slegs 50,3% van respondente aangedui dat hulle vir Ramaphosa se party, die ANC, sal stem.

Altesame 62% van swart respondente is Ramaphosa goedgesind, teenoor 58% onder bruin kiesers, 57% onder wit respondente en net 20% onder Indiër-respondente. Volgens dr. Frans Cronje, uitvoerende hoof van die IRV, kan die onluste in Julie in KwaZulu-Natal die hoofrede wees waarom Ramaphosa se aandele onder Indiërs gedaal het.

Julius Malema, EFF-leier.
Julius Malema, EFF-leier.

Die tweede gewildste leier is Julius Malema van die EFF. Altesame 27% van die respondente het aangedui dat hulle hom goedgesind is.

Die groep Suid-Afrikaners wat die meeste tyd vir Malema het, is swart respondente, van wie 36% 'n gunstige indruk van hom het. Terwyl Malema onder geen bevolkingsgroep besonder gewild is nie, is hy onder minderheidskiesers buitengewoon ongewild.

Terwyl 43% van die respondente van alle rasse Malema "ongunstig" gesind is, styg dié syfer tot 61% onder bruin mense, 95% in die Indiër-gemeenskap en 97% onder wit mense.

Slegs 10% van respondente het gesê dat hulle Steenhuisen goedgesind is.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM