Verkiesing 2021

KYK | Verkiesings: Cyril werf Kaapse stemme in Afrikaans!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
cyril
cyril

Die DA werk nie baie mooi vir die mense van Mamre nie en hy sien baie probleme in dié dorp, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het Donderdag die gemeenskap hier meestal in Afrikaans toegespreek as deel van die ANC se verkiesingsveldtog in die Kaapstad-metro .

"Die mense van Mamre is moeg vir die DA en soek verandering. Die agent vir verandering is die ANC, en mense moet uitgaan om vir die ANC te stem."

Ramaphosa het namens die ANC 'n splinternuwe huis aan 'n inwoner belowe nadat hy haar huis besoek het en nie gehou het van wat hy gesien het nie.

Hy het ook die lof besing van Fiona Abrahams, die ANC se kandidaat vir wyk 29 in Mamre. "Sy is baie slim en baie mooi en sy werk baie hard."

Hy het vroeër onder groot toejuiging in Mamre aangekom.

Hy het in Kortstraat agter geslote deure in die huis van Charles Titus, die ANC se koördineerder vir die verkiesing in wyk 29, met ANC-wykskandidate en die party se verkiesingspan vergader.

Met sy aankoms is Ramaphosa deur gemeenskapslede toegejuig wat vir hom op die sypaadjie gewag het, sommige in ANC-hemde geklee.

Ramaphosa was informeel geklee in 'n keps en ANC-jas en het gemeenskapslede gegroet voordat hy die huis vir die vergadering binnegegaan het.

Titus sê hy is optimisties dat die ANC in Mamre, waar die DA al glo sedert 2006 aan die bewind is, die situasie sal omkeer.

Ramaphosa besoek vandag ook Mfuleni en Khayelitsha.

Inwoners van Mamre wag die president in. Foto: Adrian de Kock
Inwoners van Mamre wag die president in. Foto: Adrian de Kock
Ramaphosa was informeel geklee in 'n keps en ANC-jas en het gemeenskapslede gegroet voordat hy die huis vir die vergadering binnegegaan het. Foto: Adrian de Kock
Ramaphosa was informeel geklee in 'n keps en ANC-jas en het gemeenskapslede gegroet voordat hy die huis vir die vergadering binnegegaan het. Foto: Adrian de Kock

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM