Verkiesing 2021

Net 27 munisipaliteite se uitslae nog uitstaande

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Teen Donderdagoggend laat was die uitslae van 98,5% van die stemme wat in Maandag se plaaslike verkiesings uitgebring is, afgehandel.

Dit beteken die stemproses in 230 van die 257 munisipaliteite in die land is afgehandel.

Pres. Cyril Ramaphosa sal Donderdag om 18:00 die finale uitslag aankondig.

Die Verkiesingskommissie (OVK) sê in 'n verklaring die proses is byna afgehandel.

"Die volgende stap is vir die kommissie om amptelik die uitslae te verklaar en die name van die verkose raadslede te publiseer."

99,9% van al die stemme is in sy stelsel opgeneem, sê die kommissie.

Van die 64 467 stemme wat reeds in die stelsel is, is 64 402 reeds geoudit. 63 624 is reeds ingeskandeer en beskikbaar.

In Gauteng - waar nie een van die groot partye in die drie metrorade 'n volstrekte meerderheid sal behaal nie - is 99,1% van die stemme gefinaliseer.

Netwerk24 verneem betroubaar die groot haakplek hier is in die Tshwane-metro.

Die enigste provinsie waar al die stemme afgehandel is, is die Vrystaat.

Die situasie in die ander provinsies is:

• Noord-Kaap: 99,9%;

• Oos-Kaap: 98,2%;

• Noordwes: 99,9%;

• Wes-Kaap: 93,3%;

• Mpumalanga: 99,8%;

• Limpopo: 98,4%; en

• KwaZulu-Natal 99,5%.

Die nasionale uitslagsentrum Donderdagoggend. Foto: Deaan Vivier
Die nasionale uitslagsentrum Donderdagoggend. Foto: Deaan Vivier
CTA