Verkiesing 2021

OORSIG | Verkiesings: Dís hoekom 44 munisipaliteite nie op die telbord is

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Polisielede by 'n kiespunt in Durban waar daar Maandag betogings uitgebreek het. Foto: Reuters
Polisielede by 'n kiespunt in Durban waar daar Maandag betogings uitgebreek het. Foto: Reuters

Die plaaslike verkiesings is Donderdagaand deur die Verkiesingskommissie as vry en regverdig verklaar, nadat Suid-Afrikaners Maandag hul kruisies getrek het.

2021-11-05 19:45:25

DA stippel sy koalisie-voorwaardes uit

Patronaatskap, nepotisme en selfverryking moet deur alle partye in ’n koalisie-regering in munisipaliteite vermy word.

Dít is een van die DA se 11 waardes en voorwaardes in ’n voorlopige koalisie-ooreenkoms wat dié party opgestel het en wat enige party moet onderteken om in koalisie-regering met die DA in ’n munisipale raad te gaan.

Die DA was Vrydag, soos ander politieke partye, die ANC ingesluit, reeds druk besig met koalisie-gesprekke óf beplanning daarvan.

Dit volg nadat geen party Maandag ’n volstrekte meerderheid in 66 munisipaliteite kon kry nie. Koalisie-regerings vir dié onbesliste rade moet binne 14 dae ná Donderdagaand saamgestel word.

Dié onbesliste rade sluit in die grootste metro’s in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, asook ander munisipaliteite oor die land heen, die Wes-Kaap ingesluit. - Llewellyn Prince

Lees die volledige berig2021-11-05 18:24:25

Dís hoekom 44 munisipaliteite nie op die telbord is

Daar is 257 munisipaliteite landswyd, maar op die telbord van die Verkiesingskommissie (OVK) word ’n uitslag van net 213 aangedui.

Die ander 44 wat nie op die telbord aangedui word nie, is distriksmunisipaliteite. Omdat hulle proporsioneel aangewys word, word dit nie op die telbord aangedui nie, verduidelik die politieke kenner Theo Venter.

Van die 213 munisipaliteite op die telbord is agt metrorade. In sulke stedelike gebiede het kiesers elk twee stembriewe gekry om hul kruisies op te trek – een vir die wykskandidaat en die tweede vir die proporsionele stem vir die party van jou keuse.

Werner Horn, die DA se verteenwoordiger by die OVK, sê in die platteland het kiesers drie stembriewe gekry.

Op die een moes hulle vir die wykskandidaat stem, op die tweede vir die politieke party van hul keuse en op die derde moes gestem word vir die party van die kieser se keuse vir die distriksmunisipaliteit. - Sarel van der Walt

2021-11-05 15:13:31

Onderliggende redes vir wegblystem

Die vakverbond Cosatu het met ontsteltenis en teleurstelling kennis geneem van die groot wegblystem in Maandag se plaaslike verkiesings landwyd.

Net 45,24% van die geregistreerde kiesers het by die stempunte opgedaag om hul kruisies te trek. Die ANC erken dit het bygedra tot sy swakste vertoning in ’n verkiesing sedert 1994.

“Dié apatie onder kiesers weerspieël die woede, wantroue en minagting van baie Suid-Afrikaners vir ons ondoeltreffende en oneerlike politieke stelsel,” sê Cosatu in ’n verklaring.

“Die meeste van ons politieke partye is oneerlik en sien net om na hul eie belange. Die lae stempersentasie is ’n beskuldiging teen almal van hulle.

“Hulle het geen geloofwaardigheid nie en die Suid-Afrikaanse kiesers is duidelik nie beïndruk met hulle nie.” - Sarel van der Walt

Lees die volledige berig2021-11-05 15:11:13

Ras, etnisiteit tydens verkiesings 'ontstel' - Blade

Die politieke landskap wat al hoe meer rasgebonde en etnies van aard raak, is een van die “ontstellendste” kenmerke van die pasafgelope plaaslike verkiesings.

Dit is die mening van dr. Blade Nzimande, SAKP-hoofsekretaris, toe hy ook, soos ook die ANC se ander alliansievennoot Cosatu vroeër, sy party se teleurstelling oor die regerende party se vertoning in die verkiesings verwoord het.

Dit kom nadat die ANC se proporsionele steun op nasionale vlak in Maandag se verkiesings vir die eerste keer nog onder 50% gedaal het, én die party in die agt metro’s net volstrekte meerderhede in Mangaung (Bloemfontein) en Buffalo City (Oos-Londen) kon behaal.

Hy kon ook in 66 munisipaliteite landwyd nie die meerderheid behaal nie. - Llewellyn Prince

Lees meer2021-11-05 13:31:36

Geweld in Umbilo ná uitslag van verkiesing

Die polisie in Umbilo naby Durban ondersoek ’n klag van openbare geweld ná ’n nag van hoogdrama nadat die uitslag van die plaaslike verkiesings bekend gemaak is.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Vrydagoggend aan Netwerk24 gesê ’n groep van sowat 300 inwoners van die Dalton-hostel het Donderdag omstreeks 19:30 in Sydney-rylaan begin betoog.

“Hulle het bande gebrand, ’n voertuig en ’n gebou waarin wagte gesit het aan die brand gesteek en ook die eThekwini-kollege gevandaliseer.”

Hy het gesê die betogers was glo ontevrede omdat hulle nie Maandag kon stem nie, ten spyte daarvan dat hulle op die Verkiesingskommissie (OVK) se kiesersrol geregistreer was. Niemand is in die voorval beseer nie.

Die SAUK het Donderdagaand berig die meeste van die betogers is IVP-ondersteuners. Die polisie het strate om die betogers gesluit omdat dit “nie veilig vir die publiek was nie”.

Sydney-rylaan, wat op die roete na die Durban-hawe is, is met rommel bestrooi. Die rommel is later aan die brand gesteek.

Mdu Nkosi, die IVP se voorsitter in eThekwini, het die optrede Donderdagaand op die toneel veroordeel en om kalmte gepleit.

Hy het aan die SAUK gesê die IVP was reeds voor die verkiesing met die OVK in gesprek om seker te maak dat die inwoners wel op die kiesersrol geplaas is.

“Ek het die situasie aan die inwoners probeer verduidelik en gevra dat hulle na hul hostel terugkeer. Ek hoop die OVK kan in die toekoms soortgelyke probleme oplos voordat dit handuit ruk. Baie van die inwoners is weggewys omdat hulle elders geregistreer was.”

Naidoo het Vrydag gesê die polisie is nie bewus van enige ander insidente in KwaZulu-Natal of elders nadat die verkiesingsuitslag bekend gemaak is nie.

“Die polisie hou steeds die Umbilo-omgewing dop.” - Dennis Delport

2021-11-05 12:30:34

Magsverlies ANC se voorland in 2024 as niks uit uitslae geleer word – ANC-jeugliga

Die ANC-jeugliga (ANCYL) in die Wes-Kaap het met kommer van die skerp daling in die ondersteuning vir die ANC by die stembus en 'n afname tot onder 50% op nasionale vlak kennis geneem.

Steun vir die ANC het in al die metro's, buiten in Mangaung en Buffalo City, tot onder die 50%-kerf gedaal.

“Die uitslae weerspieël kiesers se misnoeë met die ANC en dit is 'n wekroep vir 'n deeglike en dringende hernuwingsproses.”

Volgens die ANCYL is dit te wyte aan die lae stempersentasie. Slegs 12,3 miljoen uit Suid-Afrika se 26,1 stemgeregtigdes het aan die verkiesing deelgeneem.

“Dit is 'n vorm van protes deur die onderdrukte massas wat moeg is vir armoede en swak lewensomstandighede, swak dienslewering deur verskeie ANC-munisipaliteite en verskeie sake van korrupsie en wanadministrasie deur leiers van die party. Dit is 'n duidelike en bondige boodskap van die mense dat die ANC nie kan bekostig om die deeglike herbou en hernuwingsproses te vertraag nie.

“As die ANC nie enigiets uit die verkiesingsuitslag leer nie en stappe doen vir doeltreffende bestuursverandering en gevolglikheidsbestuur nie, sal hy die risiko loop om die beheer in 2024 te verloor. Die ANCYL in die Wes- Kaap doen 'n beroep om 'n dringende herbou en hernuwing van die ANC wat jong mense aan die kern daarvan sal hê.”

Die ANC se steun in Kaapstad het tot 18,63%, oftewel die verlies van 14 setels, geval. Tussen 2011 en 2021 het die party 30 setels in die metro verloor.

2021-11-05 11:18:30

Wes-Kaap reg met hulptoonbank om munisipale rade by te staan

Die Wes-Kaapse regering is gereed om munisipaliteite met advies of regskwessies by te staan in die samestelling van hul nuwe rade ná Maandag se plaaslike verkiesings.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, sê in ’n verklaring Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, het verduidelik dat die provinsiale departement van plaaslike regering gerat is om munisipaliteite met die prosesse ná die verkiesings te help.

“Senior departementele amptenare word in elke munisipale raad ontplooi om munisipale bestuurders met hul pligte by te staan. Munisipale bestuurders sal as voorsittende beamptes optree met die aanvanklike verkiesing van nuwe speakers. Sodra dit gedoen is, sal die speakers die proses lei.”

Die Wes-Kaap het 30 munisipale rade wat nou formeel saamgestel moet word.

Plaaslike rade het 14 dae vanaf die datum waarop die verkiesingsuitslae verklaar is om dit te doen. Daarna het distriksrade ’n verdere 14 dae om dieselfde te doen.

Daar is 16 rade in die provinsie waarin geen politieke party ’n meerderheid behaal het nie.

Alle munisipaliteite moet op hul eerste raadsvergadering verskeie verteenwoordigers, onder wie die speaker en die burgemeester, kies. Die lede van die burgemeesterskomitee wat die burgemeester sal bystaan in sy of haar pligte sal ook op die eerste raadsvergadering aangekondig word.

“Die departement van plaaslike regering het ’n hulptoonbank-gerief tot stand gebring om munisipale rade met enige advies of regskwessies by te staan en om voort te gaan om voortdurende ondersteuning aan munisipale rade te verskaf regdeur die oorgangsproses,” het Bredell verduidelik.

Winde sien uit daarna om al die nuutverkose burgemeesters in die provinsie te ontmoet. “Dit is belangrik dat ons almal saamwerk om te verseker dat ons werk, basiese dienste, veiligheid en welstand lewer wat elke enkele persoon in ons provinsie verdien. Die volgende vyf jaar moet wees oor gehalte, korrupsievrye dienslewering aan ons gemeenskappe sodat ons voortgaan om die Wes-Kaap vorentoe te neem.”

2021-11-05 10:26:19

ANC moet lank voor 2024 introspeksie doen – Samwu

Suid-Afrika behoort bekommerd te wees oor die lae stempersentasie in die afgelope plaaslike verkiesings sê die munisipale werkersvakbond (Samwu).

Hy het die ANC aangemoedig om lank voor die verkiesing in 2024 aandag te gee aan die redes vir sy swakker vertoning by die stembus.

Die vakbond het die Verkiesingskommissie (OVK) gelukgewens vir die bestuur van die vry en regverdige plaaslike verkiesings. “Hierdie was ongetwyfeld die moeilikste verkiesing weens die Covid-19 pandemie wat die OVK nog moes behartig.”

Hy het die raadslede wat verkies is aangemoedig om nie die toestand van die werkers op grondvlak te vergeet nie.

Samwu wat sy lede aangemoedig het om vir die ANC te stem het die party gelukgewens met sy oorwinning in 116 munisipaliteite, maar kennis geneem van die party se teëspoed by die stembus.

“Dié teëspoed is ’n duidelike aanduiding vir die noodsaaklikheid daarvan om terug te keer na die beplanning en om self introspeksie te doen met die oog daarop om die faktore uit te wys wat tot die afname in vertroue by kiesers gelei het."

Die oorsake van die party se swak vertoning by die stembus moet lank voor die 2024- nasionale verkiesing aandag kry, het die vakbond gesê.

Dit het ook politieke partye aangemoedig om hul verskille opsy te skuif wanneer hulle nuwe koalisieregerings in 66 munisipaliteite onderhandel en om die fokus te plaas op die totstandkoming van regerings wat stabiel is en op die behoeftes van Suid-Afrikaners en munisipale werkers sal reageer.

2021-11-05 10:20:51

VF Plus groei met 242%

Die VF Plus se “fenomenale groei” van 242% in die plaaslike verkiesings bevestig die party is nou onteenseglik een van die vyf groot rolspelers in die Suid-Afrikaanse politiek.

Hy het Vrydagoggend in ’n verklaring gesê die uitslag is nie net ’n reuse-oorwinning vir die politieke party nie, “maar ook vir minderhede van oor Suid-Afrika heen wat ? tuiste gevind het in die party wat oor die laaste jare van krag tot krag gegaan het”.

“Een van die enkele groot redes hiervoor is dat die party by herhaling gewys het dat hy bogemiddeld presteer het met die beperkte steun wat hy wel gehad het en dat hy standvastig op pad is om ’n beter Suid-Afrika vir al die land se inwoners te help skep. Dit het wyd vertroue ingeboesem.”

Die VF Plus het nou verteenwoordiging in al agt metro’s in Suid-Afrika. Dit is Nelson Mandelabaai, Buffalo City, Kaapstad, Tshwane, Ekurhuleni, Johannesburg, Mangaung en eThekwini.

Die party het veral geweldige groei in Tshwane beleef met ‘n toename van 325% in die aantal raadslede. Die party het ook agt wyke verower.

2021-11-05 09:06:03

Hier is die 66 onbesliste metro’s en munisipaliteite

Met die stof van Maandag se plaaslike verkiesings wat gaan lê het, het politieke partye nou die moeilike taak om vir koalisieregerings in verskeie munisipaliteite te onderhandel.

Die ANC het in 161 munisipaliteite ’n volstrekte meerderheid behaal, die DA 13, terwyl die IVP en NFP die meerderheid in tien munisipaliteite behaal het.

In 66 munisipaliteite het geen politieke party egter ’n volstrekte meerderheid van 50% of meer behaal nie.

Dit beteken dat koalisieregerings vir elk van die onbesliste munisipaliteite of metro’s tussen politieke partye onderhandel moet word.

Die drie metro’s in Gauteng, Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane, is ook almal onbeslis.

Geen politieke party het ook ’n volstrekte meerderheid in eThekwini in KwaZulu-Natal en Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap behaal nie.

In elke provinsie is daar onbesliste munisipaliteite.

KwaZulu-Natal se 19 is die meeste. Dit is die eThekwini-metro, uMdoni, uMuziwabantu, Msunduzi, Okhahlamba, Nkosi Langalilabele, Alfred Duma, Mvoti, Newcastle, Dannhauser, eDembe, AbaQulusi, Nongoma, uMhlabuyalingana, Mthubatuba, uMthlathuze, Mthonjaneni, KwaDukuza en Maphumulo.

Die Wes-Kaap het 15 onbesliste munisipaliteite. Dit is Matzikama, Cederberg, Saldanha, Witzenberg, Breedevallei, Langeberg, Theewaterskloof, Kaap Agulhas, Kannaland, George, Oudtshoorn, Bitou, Knysna, Laingsburg en Prince Albert.

Die Noord-Kaap het tien. Hulle is: Nama Khoi, Hantam, Karoo Hoogland, Kareeberg, Thembelihle, Siyathemba, Siyancuma, !Kheis, Kgatelopele en Gamagara

Gauteng het sewe. Hulle is: die Ekurhuleni-metro, Emfuleni, Lesedi, Mogale City, Merafong City, Rand West City, Tshwane-metro.

Die Vrystaat het vier. Hulle is Nala, Maluti a Phofung, Moqhaka en Metsihalolo.

Mpumalanga, Noordwes en die Oos-Kaap het drie elk. Lekwa, Govan Mbeki, Steve Tshwete (Mpumalanga), Rustenburg, Lekwa-Teemane, JB Marks, (Noordwes) en Nelson Mandelabaai-metro, Dr. Beyers Naude en Kou Kamma (Oos-Kaap)

Limpopo het twee – Thabazimbi en Modimolle-Mookgopong.

ANC-verkiesingsplakkate op die N1-hoofweg in Johannesburg in aanloop tot die plaaslike verkiesings wat op 1 November 2021 plaasgevind het. Foto: Gallo Images

2021-11-05 08:27:14Polisielede Maandag by 'n kiespunt in Durban nadat betogings uitgebreek het. Foto: Reuters

2021-11-05 08:06:36

IVP vra kalmte ná geweld in Durban

Mdu Nkosi, voorsitter van die IVP in die eThekwini-metro, sê die party kondoneer nie die jongste geweld wat Donderdagaand in die middestad van Durban uitgebreek het nie.

Dit kom nadat inwoners in Umbilo Donderdagaand ná die bekendmaking van die verkiesingsuitslae verwoesting gesaai het.

Hulle is ongelukkig omdat hulle glo nie Maandag kon stem nie, al was hulle op die OVK se stelsel geregistreer.

’n Kollege in dié gebied is gevandaliseer en rommel is in die strate aan die brand gesteek.

Nkosi het Vrydagoggend aan die SAUK gesê hy het met inwoners in die gebied gepraat en ’n beroep op kalmte gedoen.

Nkosi het gesê hy het voor die verkiesing met OVK-amptenare gepraat om te probeer uitvind of sommige mense op die kieserslys was.

Hy het die hoop uitgespreek dat die OVK in die toekoms kwessies soos dié sal kan oplos voordat dit handuit ruk.

2021-11-05 06:55:50

Zille kap OVK oor verkiesing

Helen Zille, die DA se federale leier, is duidelik nie ingenome met die Verkiesingskommissie (OVK) se bestuur van die afgelope plaaslike verkiesings nie.

Sy het Donderdagaand ná afloop van die OVK se aankondiging van die finale verkiesingsuitslae by die uitslagsentrum in Pretoria getwiet: “Nou gaan die OVK n oordadige ete hê. ’n Bietjie gratis advies. Bestee jul geld daaraan om jul stelsels te verbeter en om doeltreffende en regverdige verkiesings te hou. Jul onbekwaamheid het duisende van die reg daarvan ontneem om te stem.”

Bathong Thabang het in reaksie hierop aan Zille gevra of sy die moeilikheid kan verstaan wat die OVK gehad het met die organisering van die verkiesing. “Die tydsraamwerk. Die regsuitdagings. Hulle het goed gevaar onder die omstandighede.”

Zille het geantwoord: “Watter onsin. Hulle was sedert 2016 bewus van die tydsraamwerk. Hulle was bewus van Covid-19 vir 18 maande. Hulle het net EEN taak en hulle kon dit nie behoorlik doen nie. Skandelik.”

Sommige mense op Twitter het Zille se mening ondersteun, terwyl ander met haar verskil het.

2021-11-05 06:54:30

2021-11-05 06:21:24

Phalatse hoop op ‘funksionele’ raad in Jhb

Dr. Mpho Phalatse, die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, het haar hoop vir ’n funksionele metro uitgespreek.

Sy het in ’n boodskap op sosiale media die kiesers en inwoners bedank wat dit moontlik gemaak het vir die DA om 71 setels in die Johannesburg-metro te wen.

“Julle is die verpersoonliking van verantwoordelike burgerskap. Mag jul gees vir nasiebou diegene om julle inspireer en mag julle met ’n mooi en funksionele stad beloon word,” sê sy op Twitter.

Die ANC het 33, 6% van die stemme gekry oftewel 91 van die 270 setels.

Die DA het 26,47% van die stemme gekry, wat 71 setels verteenwoordig en die nuweling ActionSA, 16,05% oftewel 44 setels.

Koalisieregerings is ’n uitgemaakte saak in die drie metrorade Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni nadat die DA en ANC nie ’n volstrekte meerderheid kon behaal nie.

Dit is die tweede agtereenvolgende keer waar geen politieke party daarin kon slaag om ’n volstrekte meerderheid in die metro’s te kry nie.

Herman Mashaba, leier van ActionSA, het vroeër vandeesweek gesê dié party sal beslis nie met die ANC in gesprek tree toe hy oor koalisieregerings uitgevra is nie.

2021-11-04 22:59:48

Swak opkoms wys kiesers se geduld is op - Cosatu

Die miljoene kiesers wat nie in die plaaslike verkiesings gestem het nie, weerspieël die “woede, wantroue en minagting” van baie Suid-Afrikaners vir die land se “ondoeltreffende en oneerlike” politieke stelsel.

So het die ANC-alliansievennoot Cosatu Donderdag sy ontsteltenis en teleurstelling uitgespreek oor Maandag se swak opkoms by die stembus.

Die reaksie het gekom nadat die Verkiesingskommissie (OVK) Donderdagaand bekend gemaak het net 12,3 miljoen uit die 26,1 miljoen geregistreerde kiesers het gestem.

Daar is meer as 42 miljoen stemgeregtigdes in die land.

Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, het die ANC gelukgewens met die uitslae omdat “hy steeds die meeste Suid-Afrikaners se voorste keuse was”.

Cosatu het lof uitgespreek teenoor die OVK en al sy werkers wat verseker het dat die verkiesing suksesvol verloop en dat die demokrasie sterker staan.

“Die meeste van ons politieke partye is oneerlik en selfdienend en die lae kiesersopkoms is ’n aanklag teen hulle almal. Hulle het geen geloofwaardigheid nie en Suid-Afrikaanse kiesers is duidelik nie beïndruk nie.

“Ons is nie geskok nie, maar vind dit teleurstellend dat die ANC se nasionale steun drasties tot onder die 50%-merk geval het. Alhoewel dit ontmoedigende verwikkelinge is, sou dit verkeerd wees om voor te gee dat ons dit nie sien kom het nie.

“Die fokus op die interne faksie-stryde, die korrupsieskandale en die wanbestuur van die ekonomie het alles bygedra tot die afname.

“Kiesers het reeds in 2016 die eerste skote afgevuur toe hulle verseker het dat die ANC beheer oor groot metro’s in die land verloor het.

Cosatu hoop dat die “teleurstellende” verkiesingsuitslae as wekroep vir die ANC sal dien en sy regering tot aksie sal skud.

“As die ANC in 2024 met ’n meerderheid wil terugkom ná die volgende verkiesing, moet hy Eskom regruk en verseker dat daar betroubare en bekostigbare elektrisiteit is.

Hy moet korrupsie beslissend takel en verseker dat diewe tronk toe gaan. Die ekonomie met verbeter en werkloosheid moet verminder word.“Die boodskap is duidelik. Kiesers se geduld is op en die ANC se tyd raak min,” het Pamla bygevoeg. – Llewellyn Prince

2021-11-04 22:49:45

Kleiner partye gee grotes bloedneus, sê Good-man

Die uitslae van die plaaslike verkiesings wys dat kleiner opposisiepartye saamgespan het om groot partye soos die ANC en DA “bloedneus” te gee.

Só het Brett Herron, Good se sekretaris-generaal, Donderdagaand gesê kort nadat die uitslae van Maandag se verkiesings amptelik deur die Verkiesingskommissie verklaar is.

“As regerende partye hul vervaldatum bereik, word amptelike opposisies gewoonlik bevoordeel. Maar nie in Suid-Afrika nie. Hier het ’n ongekende hoeveelheid nuwer en/of kleiner partye, wat arrogant deur sommige mense as nie-entiteite afgemaak is, saamgespan om sowel die ANC as DA bloedneus te gee in die plaaslike verkiesings. Dit sluit ook in Kaapstad waar die DA-meerderheid met 8% besnoei is.

“In die proses is die propaganda dat mense wat nuwer of kleiner partye ondersteun, hul stemme mors, van die tafel gevee. Voorspellings voor die verkiesing dat Suid-Afrikaners geloof in die ou partye verloor het en na beter alternatiewe soek, is ook bevestig.”

Volgens Herron is Good ná Maandag die derde grootste party in die Wes-Kaap en die vierde grootste in Kaapstad, terwyl dit ook elders in die land meer steun vir sy 43 munisipale setels gekry het.

Die party sal in die volgende paar dae besluit of hy sy kiesers beter sal dien as deel van koalisieregerings of as “opbouende” opposisie in verskeie onbesliste rade in die Wes-Kaap. – Llewellyn Prince

2021-11-04 22:24:00

Verkiesings: DA se steun daal onder 60% in Kaapstad

Die DA het net-net sy steun van 60% in die Kaapstadse metroraad verloor.

Teen Donderdag om 18:00 het die DA 58,2% en die ANC 18% van die stemme gehad.

Dit beteken dat die DA se persentasie van die stemme in dié stad sy laagste punt in tien jaar bereik het.

Die party het in die plaaslike verkiesings in 2016 en 2011 onderskeidelik 66% en 60,9% van die stemme gekry.

Die ANC se steun het ook gedaal van 24% in 2016 en 32% in 2011.

Lees die volledige berig hier. 2021-11-04 22:23:01

G’n water, maar ANC bly in beheer van Vrystaatse Goudveld

’n Lae stempersentasie en sowat 10% minder steun is al straf wat kiesers aan die ANC-beheerde Matjhabeng-munisipaliteit uitgedeel het.

In die nadraai van die ergste waterkrisis tot nog toe in die Vrystaatse Goudveld, het 53% van die kiesers wat gaan stem het, oftewel 47 000 inwoners, steeds hul steun aan die burgemeester, Nkosinjane Speelman, en sy raad gegee.

Inwoners was in Oktober tussen vyf dae en twee weke sonder water en desperate mense het sover gegaan om mynwater uit panne te skep vir huishoudelike gebruik.

Dié waterkrisis het ontstaan toe die grootmaatwaterverskaffer Sedibeng Water gesê hy het nie meer geld vir bedryfskoste nie omdat die munisipaliteit hom nie betaal nie.

’n Hofbevel deur AfriForum en ingryping deur hoëlui van die regering het Sedibeng gedwing om weer water te verskaf.

Woensdag het werkers van Sedibeng die aanleg op Bothaville afgeskakel omdat hulle nog steeds nie hul beloofde bonusse ontvang het nie.

Indien die arbeidsgeskil nie opgelos word nie kan inwoners hulself binnekort weer in ’n soortgelyke krisis bevind.

Lees die volledige berig hier. 2021-11-04 22:21:47

DA al besig met ‘vroeë praatjies’ oor moontlike koalisies

Die DA wil onderhandelinge vir koalisies in die volgende paar dae finaliseer nadat dié party reeds “vroeë praatjies” met potensiële koalisievennote begin het.

So het John Steenhuisen, DA-leier, Donderdagaand by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê nadat die uitslae vir die plaaslike verkiesings amptelik bekend gemaak is.

Die DA kan ’n rol in die vorming van koalisies speel in 69 rade en vyf metrogebiede waar geen party ’n volstrekte meerderheid kon behaal nie.

Die DA se koalisie-onderhandelinge sal deur Steenhuisen, Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, en dr. Ivan Meyer, federale DA-voorsitter, gelei word.

Lees die volledige berig hier. 2021-11-04 22:19:22

Betogings in Durban ná mense nie kon stem

Inwoners in Umbilo in Durban het Donderdagaand ’n pad van verwoesting gesaai ná die bekendmaking van die uitslag van die verkiesing.

Die SAUK berig dié groep van sowat 300 inwoners van die Umbilo-hostel is ongelukkig omdat hulle glo nie Maandag kon stem nie, al was hulle op die OVK se stelsel geregistreer.

Dit blyk dat hulle ondersteuners van die IVP is.

Die betogers het glo ’n kollege in dié gebied gevandaliseer en ook rommel in die strate aan die brand gesteek.

Daar is ook gerugte dat motors aan die brand gesteek is.

Die betogers eis dat hulle steeds kan stem, al is die resultate van verkiesing reeds bekend gemaak.

“Ons het die probleem by die OVK aangemeld maar daar het niks van gekom nie,” het een van die inwoners aan die SAUK gesê.

Daar is tans ’n sterk polisieteenwoordigheid en die strate rondom die betogers is gesluit.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, en die OVK het nie onmiddellik op navrae van Netwerk24 gereageer nie.

2021-11-04 19:19:22

Love is klaar. Masuku sê dan dit is die einde van die formele program. Sy vra dat mense by die Covid-19-maatreëls hou. Sy verskoon dan vir Ramaphosa.

Masuku bedank almal wat die OVK regdeur die verkiesings bygestaan het en sluit af.

2021-11-04 19:17:22Janet Love, OVK-adjunkvoorsitter. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 19:16:46

Dankie vir Eskom

Janet Love, OVK-adjunkvoorsitter, bedank almal vir hul teenwoordigheid. Sy sê dit inspireer die OVK.

Sy sê meer as 100 organisasies is geakkrediteer as waarnemers, en geloofsleiers het saam met hulle gewerk om die verkiesing moontlik te maak. Sy bedank ook al hul borge. Sy sê Eskom het ook met hulle saamgewerk om te verseker dat die elektrisiteit aan bly toe hulle dit moes doen.

Love bedank ook die media in die geheel.

2021-11-04 19:09:57

Dankie almal

Ramaphosa bedank OVK-amptenare en personeel vir die taak wat hulle met die verkiesings verrig het.

Hy bedank ook die personeel van die departement van binnelandse sake wat gesorg het dat mense regte identiteitsdokumente op stemdag gehad het.

Hy bedank ook alle partye wat aan die verkiesings deelgeneem het.

Ramaphosa bedank ook die media wat op baie maniere die helde en heldinne van die verkiesingsproses was.

"Hulle het ons ingelig oor elke stap van die verkiesingsproses al skryf hulle soms mooi én lelike goed oor ons en daaroor."

Hy sê die media het deur hul pogings almal ingelig deur televisie, radio, aanlyn platforms en die gedrukte media.

2021-11-04 19:04:28

Mense wil hê hul lewens moet verbeter

Hy sê die mense van die land wil hê hul lewens moet verbeter.

Hulle soek beter dienste, dat hul verteenwoordigers reaktief en aanspreeklik is.

Hulle wil in ’n land van gelyke geleenthede leef en met waardigheid en respek behandel word. Plaaslike regering moet die dryfkrag van vordering en ontwikkeling wees.

Die mense wil hê dat ons as leiers moet saamwerk. As ons dit ’n nuwe en beter era moet maak, moet ons as leiers ons verskille opsy skuif en saamwerk in die gees van vennootskap, samewerking en ’n gedeelde doel in belang van die mense van Suid-Afrika.

Uiteindelik wil ons almal dieselfde ding hê. Om ons mense se lewens te verbeter. Ons moet die vertroue versterk tussen burgers en staatsamptenare deur bevoegdheid, integriteit, prestasie en dienslewering. Amptenare moet meer sigbaar en aktief in ons gemeenskappe wees.

Hulle moet fokus op implementering en die mense vennote in ontwikkeling maak en om hul lewe te verbeter. Bo alles moet hulle luister na die gemeenskappe wat hulle dien. Hy bedank almal wat bygedra het tot die sukses van vanjaar se plaaslike verkiesings.

Sy toespraak is klaar.

2021-11-04 19:01:24Pres. Cyril Ramaphosa aan die woord in die nasionale uitslagsentrum in Tshwane. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 19:00:56

Verkose raadslede moet nou begin werk

Hy wens ook alle Suid-Afrikaners geluk met ’n vreedsame, vrye en regverdige verkiesing.

Hy sê hy is seker dat wat as vry en regverdige verkiesings verklaar is, is ook as sodanig bevestig deur sowel plaaslike as internasionale waarnemers.

Deur die mense se deelname kan daar gesê word dat die mense gepraat het met hul stemme.

Diegene waarin mense hul vertroue geplaas het, die verkose raadslede, moet nou begin werk.

Hy sê hulle almal het die laaste paar weke tyd met Suid-Afrikaners uit alle klasse deurgebring.

In strate, landelike nedersettings en in vervoermiddels. Hulle het ons vertel van hul behoefte aan huise, van hul frustrasie oor kragonderbrekings, hoe hulle onveilig voel weens misdaad, en hoe hulle moedeloos voel omdat hulle jare al nie werk nie.

Hulle het ons ook vertel van die goeie werk wat sommige munisipaliteite en toegewyde raadslede in hul gemeenskappe doen. Hulle het ons ook vertel van infrastruktuur wat in die armste gebiede gebou is.

Hulle het ons ook advies gegee oor hoe ons dinge baie beter kan doen.

2021-11-04 18:57:01

Veelparty-politiek floreer

In die dae voor die verkiesing is beelde van partye en kandidate oral gesien. Op advertensieborde oor die land heen, op lamppale.

Almal het verduidelik waarom mense vir hulle moet stem.

Dit wys veelparty-politiek floreer in die land en dat enigiemand die geleentheid het om hom of haar beskikbaar te stel vir ’n openbare pos.

Dit verryk die land en verbeter oopheid en deursigtigheid.

Dit wys dat ons ’n diverse en verdraagsame samelewing is.

Dit bevestig ook die beginsel dat leiers deur die mense gekies moet word en aanspreeklik moet wees vir die mense wat hulle verkies.

Hy bedank die 12 miljoen kiesers wat gestem het.

Hy sê deur hierdie belangrike burgerlike plig het hulle die demokrasie gekonsolideer.

2021-11-04 18:52:58

Ramaphosa aan die woord

Ramaphosa groet ook eers alle teenwoordiges ingevolge protokol.

Hy sê oor ’n maand sal dit 25 jaar wees sedert die ondertekening van die demokratiese Grondwet. Dit was die afgelope 25 jaar die land se gids.

Vanaand is nog ’n mylpaal. Hy sê ’n rekordgetal van 325 partye en byna 95 000 kandidate, van wie 1 500 onafhanklik was, het aan die verkiesings deelgeneem.

2021-11-04 18:52:44Pres. Cyril Ramaphosa word nou versoek om die aanwesiges toe te spreek.2021-11-04 18:47:49

Mashinini sê hulle het deur die verkiesing ’n duidelike boodskap aan die wêreld gestuur dat Suid-Afrika ’n baken van demokratiese verkiesings is. Hy verklaar die 2021- plaaslike verkiesings as afgehandel en vry en regverdig.

'n Tradisionele musiekgroep vermaak dan eers die gaste.

2021-11-04 18:41:50

So lyk die syfers

Volgens Mashinini het 12,3 miljoen Suid-Afrikaners gestem. Hy lewer dan nasionale oorsig oor die uitslag van die verkiesings.

- Uit die 213 munisipaliteite het die ANC die meerderheid in 161 munisipaliteite gewen.

- Die DA het 'n meerderheid in 13 munisipaliteite gekry.

- Die IVP het die meerderheid in 10 munisipaliteite gekry.

- In 66 munisipaliteite het geen party 'n meerderheid gekry nie.

- In die agt metro's was die top-drie partye:

- Buffalo City: ANC (59,3%), DA (19,52%) en EFF (12,6%).

- Kaapstad: DA (58,2%), ANC (18,63%) en EFF (4,13%)

- Ekurhuleni: ANC (38,19%), DA (28,72%) en EFF (13,57%)

- eThekwini: ANC (42,02%), DA (25,62%) en EFF (10,48%)

- Johannesburg: ANC (33,6%), DA (26,47%) en ActionSA (16,05%)

- Mangaung: ANC (50,63%), DA (25,73%) en EFF (11,31%)

- Nelson Mandelabaai: DA (39,92%), ANC (39,43%) en EFF (6,4%)

- Tshwane: ANC (34,31%), DA (32,34%) en EFF (10,62%)

Mashinini wens die 10 461 raadslede wat die reg gewen het om die mense te dien, geluk.

2021-11-04 18:39:25

290 besware ontvang

Dit is ’n eer vir hom om die uitslae te kan verklaar. Hy sê die OVK moes homself ook eers tevrede stel dat omstandighede vir ’n vrye en regverdige verkiesing teenwoordig was.

Hy voeg by dat die kommissie tevrede is dat die verkiesings, ondanks ’n paar probleme waarvoor hulle om verskoning vra, vry en regverdig was.

Hy sê die kommissie het ook 290 besware ontvang en ná ondersoeke en beraadslaging opgelos. Dit was volgens hom ’n vrye en regverdige verkiesing en die uitslae van 213 munisipale rade is finaal.

2021-11-04 18:35:47

Staatsinstellings, agentskappe word bedank

Mashinini bedank ook nou alle staatsinstellings en agentskappe wat deel van die verkiesingsproses was, asook alle politieke deelnemers.

Hy sê ingevolge die Grondwet is die mandaat van die OVK om die kieserslys op te stel, om verkiesings op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak te bestuur en om te verseker dat dit vry en regverdig is.

Nog ’n taak is ook om die uitslae van die verkiesings soos tans te verklaar.

2021-11-04 18:35:15

Verkiesing het land as nasie op baie wyses getoets

Volgens hom het die verkiesing die land as nasie op baie wyses getoets. Alle belanghebbendes is deur een of ander probleem in die gesig gestaar soos die pandemie, ook die verkorte tyd waarin die verkiesings moes plaasvind.

Pleks van 80 dae, moes dit in net 42 dae gebeur.

Hy sê slegte weer, beurtkrag en ander probleme is ook ervaar.

Ondanks alles, kon die verkiesings voortgaan en kon hulle vir die eerste keer tot nog toe ook die tegnologie van die kiesersbestuurstoestelle wat kiesersbedrog uitgeskakel het, gebruik. Die feit dat hulle vandag hier is, wys dat die land se demokrasie die toets deurstaan het wat die verkiesings na hom gegooi het.

Die banier van verkiesingsintegriteit, uitnemendheid en vry en regverdige verkiesings wapper nog hoog.

2021-11-04 18:28:48Glen Mashinini, OVK-voorsitter. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 18:27:37

Moeilike taak om voor almal verslag te doen – Mashinini

Mashinini sê hy het die baie moeilike taak om voor almal en die nasie te staan om verslag te doen oor die groot verantwoordelikheid wat aan die OVK-span toevertrou is.

2021-11-04 18:25:28

Min slaap

Volgens hom het hulle sedert 3 September baie min geslaap weens die verskillende verkiesingsprosesse.

Hulle het dit gedoen omdat dit landsburgers in staat gestel het om hul reg om te kan stem, uit te oefen.

Hy sê die verkiesings sou nie moontlik wees sonder die onselfsugtige bydrae deur alle betrokkenes nie.

Hy is dan klaar.

Masuku is weer op die podium. Sy sê hulle kan steeds staan en glimlag ná die talle nagte sonder slaap.

Sy roep dan vir Glen Mashinini, OVK-voorsitter, na die podium.

2021-11-04 18:24:45

Covid-19-maatreëls in stemlokale

Volgens Mamabolo het 93% die kommissie se pogings geloof vir sy Covid-19-maatreëls by stemlokale.

Hy sê die verkiesings was net so oor deelname soos die instel van die nuwe kiesersbestuurstoestelle in die kiesstelsel.

Hy sê daar was probleme met die toestelle, maar vanjaar se verkiesing was die mees gevorderde in terme van tegnologie.

Die toestelle het beheermeganismes in die kiesstelsel versterk omdat dit verhoed het dat kiesers twee keer gaan stem.

Die toestelle kan net die vermoëns om die kiesproses doeltreffend te bestuur verbeter.

Hy sê die probleme wat daarmee ondervind is, moenie die tegnologiese vordering wat met die toestelle gemaak is, oorheers nie.

Mamabolo sê verder hulle is in staat om die verkiesingsuitslae te verklaar. Hy bedank almal wat by die proses betrokke was.

2021-11-04 18:20:22

Vry en regverdige verkiesing – kiesers in peiling

Mamabolo se 97% van die deelnemers het gesê die stemprosedures in stemlokale was maklik om te verstaan. Ook dat stembriewe duidelik was en kiesers nie verwar het nie.

93% was tevrede met die veiligheid by stemlokale, terwyl meer as 95% die verkiesings vry en regverdig gevind het. Hy sê laasgenoemde verdien applous.

2021-11-04 18:19:38

Spesiale stemme

Mamabolo sê verder Suid-Afrikaners het die naweek ook ’n kans gekry om spesiale stemme uit te bring. Hy sê dit het mense in staat gestel om in spesiale omstandighede te kan stem en ook aan die OVK kans gebied om sy stelsels te verbeter.

Hy voeg by dat 12 miljoen kiesers gaan stem het. Hy bedank hulle vir die eenvoudige en nederige daad om te gaan stem. Hy sê daar is ook peilings gedoen onder mense wat gestem het.

As die demokrasie verryk kan word, moet daardie menings in ag geneem word wat in die peiling uitgespreek is. Sowat 12 189 kiesers is in 300 stemlokale landwyd het aan die peiling deelgeneem.

2021-11-04 18:17:48

'n Verkiesing van onsekerhede

Hy sê dit was ’n verkiesing wat gekenmerk is deur onsekerhede in verskillende stadiums.

Ondanks die ongelyke pad wat daarmee geloop is, het mense betrokke geraak by die demokrasie om nuwe munisipale rade te kan saamstel.

Volgens Mamabolo het 95 mense hul hande opgesteek om as onafhanklike kandidate te dien.

Hy bedank almal wat aan die verkiesings deelgeneem het.

Hy loof die 10 400 kandidate wat gewen het. Hy sê hulle is groot dank aan hul gemeenskappe verskuldig en dat hulle hulle kan bedank deur hulle te dien.

2021-11-04 18:17:11Sy Mamabolo, OVK-hoofkiesbeampte, Donderdagaand aan die woord. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 18:14:36

OVK se hoofkiesbeampte is aan die woord

Mamabolo groet eers alle hooggeplaastes en voorsitters van instellings wat die demokrasie bevorder, partyleiers, diplomate en alle ander personeel van die kommissie.

2021-11-04 18:12:04Masuku roep vir Sy Mamabolo, OVK-hoofkiesbeampte, na die podium.2021-11-04 18:09:18

Oomblik van stilte

Sy groet en verwelkom eers almal ingevolge protokol en sê hulle is gereed om te begin.

Volgens haar het hulle vandag nog 'n mylpaal in die verkiesingsproses bereik. Die program gaan baie kort wees.

Sy vra almal om op te staan om die volkslied te sing.

Pres. Cyril Ramaphosa is as staatshoofdie eregas by die geleentheid.

Masuku vra nou vir ’n oomblik van stilte vir almal wat weens Covid-19 gesterf het.

Sy sê die pandemie duur voort al is die infeksies effens minder en dat almal hul maskers moet aanhou by die geleentheid. Sy stel dan ook al die OVK se mense en raadslede voor wat ook op die verhoog is.

2021-11-04 18:07:08Dr. Nomsa Masuku, kommissaris van die Verkiesingskommissie, begin die verrigtinge.2021-11-04 17:56:59Gaste en lede van die media kom by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria byeen. Die uitslae van die plaaslike verkiesings sal na verwagting om 18:00 deur die Verkiesingskommissie aangekondig word. Die presidensie het vroeër reeds in 'n verklaring bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa teenwoordig sal wees. Van die politici wat reeda opgemerk is, sluit in Jessie Duarte, waarnemende sekretaris-generaal van die ANC, Paul Mashatile, tesourier-generaal, Lindiwe Zulu, mininister van maatskaplike ontwikkeling, Mkhuleko Hlengwa, IVP-LP en Wouter Wessels, veriesingshoof van die VF Plus. Foto: Christiaan du Plessis

2021-11-04 16:02:10

ANC 'wen meer as verloor' in Noord-Kaap

Waardevolle lesse is te leer uit die sesde munisipale verkiesings in die Noord-Kaap sedert die begin van die demokrasie in 1994.

Die Noord-Kaap se kiesersopkoms was die beste in die land en 53,59% van die geregistreerde kiesers het hul stemme uitgebring.

Die finale uitslae spreek boekdele oor die verskuiwing van mag op die politieke speelveld in dié provinsie, met al hoe meer kiesers wat hul vertroue nou eerder in gemeenskapsorganisasies plaas.

Sowat 40 000 stemme het na dié organisasies, onafhanklike kandidate en kleiner en nuutgestigte partye gegaan.

Die ANC én die DA in die Noord-Kaap het egter Donderdag volgehou dat hulle nie steun verloor het nie.

Deshi Ngxanga, provinsiale sekretaris van die ANC, sê in ’n verklaring die party is dankbaar en staan verleë oor die ondersteuning wat sy kiesers steeds by die stembus getoon het.

“Ons het meer veld gewen as wat ons verloor het.” – Anena Burger

Lees later die volledige berig op Netwerk24

2021-11-04 14:18:06

Malema stel koalisie-eis aan Ramaphosa en ANC

As pres. Cyril Ramaphosa wil hê die EFF moet met die ANC in koalisies in metrorade saamwerk, moet hy die EFF in die parlement ondersteun oor onteiening sonder vergoeding.

Dié kwessie is ononderhandelbaar, het Julius Malema, EFF-leier, Donderdagmiddag op ’n anderhalfuur lange mediakonferensie by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê.

“Dit (onteiening sonder vergoeding) is ’n kwessie waaroor ons en die ANC saamstem.

“Die probleem is die ANC van Ramaphosa wat in die parlement bolmakiesie slaan. Die Grondwet moes teen nou al gewysig gewees het (om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak) as Cyril nie uitverkoop het nie,” het Malema gesê.

Die EFF-leier sê die EFF aanvaar die uitslag van die verkiesing.

Teen Donderdagmiddag het die EFF net 10,3% van die stemme landwyd op hom verenig.

“Ons respekteer die wil van die mense,” het hy gesê.

“Niemand kan hom- of haarself op die wil van die mense afdwing nie. Ons móét die uitslag aanvaar.

“Die kiesers het gewys hulle is nog nie gereed om deur ’n EFF-regering gelei te word nie,” het Malema gesê.

“Ons kan hulle nou deur koalisies lei.” – Sarel van der Walt

Lees die volledige berig2021-11-04 13:54:22

‘ANC se strukture was nie gereed’ in KZN

Vir die eerste keer sedert 1994 was die ANC in KwaZulu-Natal nie gereed vir die onlangse plaaslike verkiesings nie.

Dit is een van die redes waarom dié party steun verloor het in KwaZulu-Natal.

So het Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal, Donderdag gesê nadat voorlopige stemuitslae gewys het dat die ANC drasties steun in dié provinsie verloor het.

Volgens die voorlopige uitslae het die ANC slegs 742 van die 1 763 setels en 41,40% van die stemme in dié provinsie gewen. Dit is 253 setels minder en 16,08 persentasiepunte minder as in 2016.

“Dit was ook die kortste tydperk om ons veldtog te van stapel te stuur,” sê Ntuli.

Sihle Zikalala, ANC-voorsitter en premier van KwaZulu-Natal, sê nog ’n rede hoekom die ANC steun verloor het is omdat ondersteuners van die ANC in KwaZulu-Natal seergemaak en teleurgesteld voel omdat die ANC nie by sy beloftes kon hou nie. Hulle het dus nie gaan stem nie.

Die ANC het ook sy meerderheidstem in die eThekwini-metro verloor. In dié metro moes die ANC tevrede wees met slegs 42,02% van die stemme. Die DA is tweede met 25,62% van die stemme en die EFF derde met 10,48%.

"Die ANC het in 2016 56,01% van die stemme in eThekwini gewen."

Zikalala sê die ANC sal selfondersoek moet doen om vas te stel wat verkeerd geloop het.

“Dit kan groot gevolge vir die party se bestaan in die provinsie hê."

Volgens hom sal die ANC net in koalisie tree indien die ander party dieselfde waardes as die ANC deel.

“Dit sluit in stabiliteit en ’n skoon regering,” sê hy. – Dennis Delport

2021-11-04 13:40:43

ANC regeer Noordwes weer, maar EFF wil 3 onbesliste rade bestuur

Die EFF mik om aan die stuur te wees van drie munisipaliteite in Noordwes waar geen party ’n volstrekte meerderheid in die pas afgelope verkiesings kon behaal nie.

Dié munisipaliteite is Lekwa-Teemane in Christiana en Bloemhof, Rustenburg, en J.B. Marks in Potchefstroom en Ventersdorp. Die ANC se steun in elk van dié munisipaliteite wissel tussen 46% en 48%.

Papiki Babuile, sekretaris van die EFF in Noordwes, het Donderdagmiddag gesê die EFF as amptelike opposisie in Noordwes is opgewonde dat die party se steun hier sedert 2016 se plaaslike verkiesings met een persentasiepunt tot 16,5% gegroei het.

“Ons is die amptelike opposisie in al die plaaslike munisipaliteite, behalwe in J.B. Marks (waar die DA die amptelike opposisie is). Ons wil lei in ’n koalisieregering in drie onbesliste munisipaliteite en mik om met die volgende provinsiale en nasionale verkiesings die regerende party in Noordwes te word.” – Susan Cilliers

Lees die volledige berig2021-11-04 13:11:55

2021-11-04 12:38:37Julius Malema, hoofleier van die EFF, op die party se nuuskonferensie in Pretoria Donderdag oor die uitslae van die plaaslike verkiesings. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 11:54:49

Julius Malema, EFF-leier, spreek die media Donderdag om 12:00 by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria toe.

Volg die regstreekse uitsending hier.

2021-11-04 11:30:38Politieke partye in nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 11:28:37Politieke partye in nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 11:27:20Die telbord in die nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 10:52:50

ANC kry ‘bloedneus’ in eThekwini, Dennis Delport

Die feit dat die ANC se stemme met 13,99 persentasiepunte in eThekwini afgeneem het, is ’n “bloedneus’’ vir dié party.

So het prof. Siphamandla Zondi, politieke kenner van die Universiteit van Johannesburg, Donderdag gesê nadat al die stemme in die eThekwini-metro verklaar is.

Die ANC moes tevrede wees met slegs 42,02% van stemme in dié metro. Die DA is tweede met 25,62% van stemme en die EFF derde met 10,48%.

Die ANC het in 2016 56,01% van die stemme in eThekwini gewen.“Die ANC sal nou ’n party moet oorreed om in koalisie met hom te tree sodat hy die meerderheidstem kan bekom,” sê Zondi.

Hy sê die ANC se interne gevegte in KwaZulu-Natal en ook die powere dienslewering aan die mense van eThekwini het hom stemme in dié metro gekos. “Dit is ’n bloedneus vir die ANC en hy gaan moeilik ’n ander party in eThekwini vind wat saam met hom sal wil werk,” sê Zondo.

2021-11-04 10:06:21

65 rade sonder volstrekte meerderheid, Sarel van der Walt

In 65 van die land se 257 munisipaliteite kon geen party in vandeesweek se plaaslike verkiesings ’n volstrekte meerderheid behaal nie.

Dit was die situasie Vrydagoggend met byna al die stemme landwyd getel.

Dié 65 ’n rekordgetal.

Met die vorige plaaslike verkiesings in 2016 was daar 27 munisipaliteite waar geen party ’n volstrekte meerderheid (50 plus een) kon behaal nie, en koalisie-regerings en ander samewerkingsooreenkomste is uiteindelik daar gesluit.

In die meeste van dié munisipaliteite waar niemand ’n volstrekte meerderheid kon behaal nie, is die ANC steeds die grootste party.Omdat hy steun aan ander partye afgestaan het en daar ’n groot wegblystem was, kon die ANC nie die volstrekte meerderheid behaal en dié munisipaliteite alleen beheer nie.

Teen 09:00 Donderdagoggend het die ANC nasionaal 45,95% van die steun gehad teenoor die DA se 21,13%, die EFF se 10,37%, die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) se 5,77% en die VF Plus se 2,35%.

Dié partye sal waarskynlik die vernaamste rolspelers in gesprekke oor moontlike koalisievorming wees.

Herman Mashaba se ActionSA wat aan sy eerste verkiesing in net ses munisipaliteite kandidate gestel het, sal in die drie Gautengse metrorade, Johannesburg, Tshwane (Pretoria) en Ehurhuleni (Oos-Rand), waarskynlik ’n groot rol speel met koalisievorming.

2021-11-04 09:02:56

Byna elke stem is nou getel

Teen 09:00 was 98,09% van die stemme getel.

Kieseropkoms: 11, 74 miljoen. Dit is 44, 83%.

Klik hier vir die uitslag in jou wyk. 2021-11-04 08:21:23Donderdag om 08:00 was daar nog min lede van die politieke partye in die uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2021-11-04 06:51:29

Finale syfers amptelik om 18:00 bekend

Pres. Cyril Ramaphosa sal Donderdag die aankondiging van die amptelike finale uitslae van die plaaslike verkiesings by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria bywoon.

Die aankondiging sal regstreeks om 18:00 uitgesaai word.

Die plaaslike verkiesings wat Maandag plaasgevind het is die sesde plaaslike verkiesings wat in die demokratiese Suid-Afrika plaasgevind het.

2021-11-04 06:38:47

Kleiner partye, onafhanklike kandidate maak hul stem dik

Kleiner partye en onafhanklike kandidate het in die plaaslike verkiesings ’n groot hap geneem uit groter politieke partye se steun.

Syfers op die elektroniese bord by die nasionale uitslagsentrum van die Verkiesingskommisie (OVK) in Pretoria dui daarop dat Suid-Afrikaners in groot getalle hul kruisies vir kleiner partye getrek het.

Kleiner partye het Donderdag om 06:20 met 96% van die stemme wat reeds getel is 9,30% van die steun ontvang en onafhanklike kandidate 1,73%. Dit verteenwoordig 43 wyke vir kleiner partye en 49 wyke vir onafhanklike kandidate.

Uit die syfers blyk dit dat die Patriotic Alliance 58 setels gewen het, Good (34), die African Transformation Movement (46), die UDM (46), die NFP (26), en Icosa (8).

Daarbenewens het ander kleiner partye gesamentlik 457 setels (9,30%) van die stemme verower, terwyl onafhanklike kandidate 49 setels (1,73%) gewen het.

Die syfers toon ook dat daar 62 hangrade landwyd is, wat koalisiegesprekke ’n uitgemaakte saak maak.

2021-11-04 05:04:23Teen dagbreek voor 05:00 by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria is slegs 96% van kiesafdelings se stemme afgehandel. Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie, het Woensdagaand op 'n mediakonferensie gesê hulle is daar toe verbind om seker te maak dat daar “teen dagbreek finale uitslae in alle munisipaliteite in die land sal wees”. Foto: Christiaan du Plessis

2021-11-04 05:01:00

IVP bult sy spiere in KZN teen die ANC

Die IVP is aanvoerbaar die grootste wenner in die plaaslike verkiesings in KwaZulu-Natal waar hy teen Donderdag om 04:00 in 16 munisipaliteite voorgeloop of gewen het.

Ander partye wat die ANC in die munisipaliteite in KwaZulu-Natal uitgestof het, is die DA en die NFP.

Die DA het ’n meerderheid setels in uMgeni gekry.

Die NFP het in eDumbe 33,34% van die stemme gekry.

Die IVP het volstrekte meerderhede behaal in twee KwaZulu-Natalse munisipaliteite waar die ANC voorheen met ’n volstrekte meerderheid regeer het. Dit is die uPhongolo-munisipaliteit waar die IVP 15 van die 29 setels gewen en 50,3% van die steun gekry het en die uMlalazi-munisipaliteit waar hy 30 van 55 setels en 53,46% stemme gekry het.

Die party het ook ’n meerderheid setels in die munisipaliteite van Jozini en uMfolozi gekry waar die ANC voorheen die party was met die meeste stemme.

Die IVP het ook sy volstrekte meerderhede behou in die munisipaliteite van Big Five Hlabisa (55,6%), Nkandla (57,10%) en uMsinga (67,05%).

Hy het nou ’n volstrekte meerderheid (50,14%) in Nqutu behaal nadat hy dit nie in die vorige munisipale verkiesings kon regkry nie.

Die IVP is ook op pad om weer eens ’n volstrekte meerderheid in Ulundi te behaal, hoewel minder as 60% van die uitslae daar al verklaar is.

Die IVP is ook die party wat die meeste steun ontvang het in Mtubatuba (42,44%), Mthonjaneni (47,1%), Alfred Duma (44,96%), iNkosi Langalibalele (44,13%) en eMadlangeni (35%).

In Nongoma (44,97%) en AbaQulusi (37,69%) het die IVP die meeste stemme, hoewel daar nog uitstaande uitslae is. - Christiaan du Plessis

2021-11-04 03:29:29Só het die voorlopige uitslae om 03:20 op die OVK se elektroniese bord by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gelyk. Die tellery vorder steeds en 95% van die kiesafdelings se stemme is reeds afgehandel. Foto: Christiaan du Plessis

2021-11-04 02:53:24

Icosa kraai weer koning in Kannaland

Die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) is weer die party wat die meeste stemme in die Kannaland-munisipaliteit (Calitzdorp) in die Wes-Kaap gekry het.

Teen Donderdagoggend is al die stemme vir dié munisipaliteit verklaar.

Soos in 2016 het Icosa drie setels gewen, hoewel sy steun van 48,14% tot 45,2% gekrimp het.

Die DA is sy status as amptelike opposisie in die munisipaliteit kwyt nadat sy steun van 27,52% tot 20,52% gedaal en hy slegs een setel verower het.

Die ANC, wat naasbeste gevaar het, het sy steun met ’n desimaalpunt van 21,51% in 2016 tot 21,52% verbeter.

Hy het egter nou twee setels.

Die Kannaland Independent Party het een setel en 7,49% van die stemme gekry.

2021-11-04 02:28:33

Uitslae kom steeds drupsgewys in

Die uitslae van die plaaslike verkiesings word steeds drupsgewys in die nasionale uitslagsentrum in Pretoria bekend gemaak.

Teen 02:00 was die stemme volgens die OVK-telbord by 21 774 (sowat 94%) van die 23 148 kiesafdelings afgehandel.

Met 46,06% van die steun en 3 995 setels was die ANC steeds die voorloper. In die vorige munisipale verkiesing in 2016 het hy sowat 53,91% van die steun gekry.

In die tweede plek is die DA met 1 158 setels en 21,24% van die stemme. Dit is minder as die 26,9% wat hy in 2016 gekry het.

Na hulle kom die EFF met sowat 730 setels en 10,39% van die stemme. Dit is ’n verbetering op die EFF se prestasie in 2016 toe hy 8,19% van die stemme gekry het.

Die IVP is in die vierde plek. Hy het sowat 423 setels en 5,11% van die steun. Dit is ook ’n verbetering van 2016 toe hy 4,25% van die steun ontvang het.

Die VF Plus staan op 174 setels en 2,4% van die steun. In 2016 kon die VF Plus slegs 0,77% van die steun landwyd op hom verenig.

In die sesde plek is die Patriotic Alliance (PA) met sowat 55 setels en 0,97% van die steun. In die vorige plaaslike verkiesings het dié party slegs 0,07% van die steun gekry.

2021-11-04 01:59:36

VF Plus sal met ActionSA, DA onderhandel

Die kans vir die DA, VF Plus en ActionSA om saam ’n koalisie in die Tshwane-metro te vorm het verklein omdat hulle saam nie meer as 50% van die steun het nie.

Teen 01:30 Donderdagoggend was sowat 15% van die stemme in dié metro egter nog nie getel nie.

Die ANC was toe die voorloper met 34,9% van die stemme, gevolg deur die DA (32,46%), die EFF (10,69%), ActionSA (8,71%) en die VF Plus (7,71%).

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Woensdagaand by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê hulle is bereid om met die DA, asook ActionSA vir koalisies te onderhandel.

Die beste kans vir dié drie partye om ’n koalisie te vorm, is voorlopig in die Tshwane-metro.

“Ek en Herman Mashaba het al oor kwessies gepraat wat nie met koalisies verband hou nie, en in die stadium sal ek sê ja, ons sal met ActionSA praat,” sê Groenewald.

John Steenhuisen, DA-leier, het vroeër Donderdag gesê sy party sal in koalisies met politieke partye tree indien dit stabiel sal wees.

Groenewald het herhaal dat hy nie met die ANC en die EFF sal saamwerk of in ’n koalisie sal tree waar hulle betrokke is nie.

Mashaba wil op sy beurt eers met kiesers oor koalisies konsulteer. - Christiaan du Plessis

2021-11-04 01:07:12Kort ná 01:00 was die nasionale uitslagsentrum in Pretoria taamlik stil. Volgens die telbord van die Verkiesingskommissie is sowat 93% van kiesafdelings se stemme reeds afgehandel. Foto: Christiaan du Plesis

2021-11-04 00:23:40

Patriotic Alliance klein uitblinker

Die Patriotic Alliance (PA) is besig om een van die klein uitblinkers in die munisipale verkiesings te word en wys stewige groei.

Kort voor middernag Woensdagaand kon dié party 1% van die steun landwyd en 57 setels op hom verenig. Dit is 52 meer setels as die vyf wat hy in die vorige plaaslike verkiesings gewen het.

In 2016 kon die PA slegs 0,07% van die stemme kry.

Gayton McKenzie, leier van die PA, het vroeër aan Netwerk24 gesê die PA het die getal wyke waarin hy deelneem vir dié verkiesing drasties verhoog. Nadat die party die vorige keer net een setel in die Wes-Kaap kon wen, kan hy in dié provinsie reeds spog met 24 van die setels en 2,4% van die steun.

Die party het in die Noord-Kaap en Gauteng onderskeidelik 12 en sewe meer setels as in die vorige verkiesing.

In die Noord-Kaap het hy 2,7% van die steun en 1,7% in Gauteng.

In Noordwes kon die PA vier setels en 0,01% van die stemme kry, en in die Oos-Kaap sowat 0,5% van die stemme, asook een setel.

Die PA het in KwaZulu-Natal twee setels en 0,16% van die steun.

In Mpumalanga het hy 0,1% van die steun.

In Limpopo het hy sover een setel en 0,22% van die stemme.

Die PA is erg gekant teen onwettige immigrasie en meganisasie wat die beskikbare werk vir mense verminder. Hy wil ook godsdiens terugbring in skole. - Christiaan du Plessis

2021-11-04 00:18:17

VF Plus tevrede met volgehoue groei

Die Vryheidsfront Plus is sterk op pad om bykans drie keer meer munisipale setels as in die vorige plaaslike verkiesings te verower.

Die party het kort ná 23:00 Woensdagaand reeds 172 munisipale setels verower teenoor die 67 wat hy in 2016 se plaaslike verkiesings gekry het.

Dit terwyl nog net 92,85% van die stemme van Maandag se verkiesings klaar getel is.

Verder het die party se proporsionele steun op nasionale vlak ook reeds op 2,43% gestaan.

In 2016 het hy 0,77% steun gekry.

Die party het tot dusver die meeste setels verower in die Vrystaat (34), Wes-Kaap (30), Noordwes (26), Gauteng (24), Mpumalanga (23), Limpopo (17), die Noord-Kaap (13), Oos-Kaap (3) en KwaZulu-Natal (2).

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het vroeër Woensdagaand in ’n regstreeks gesprek op Netwerk24 aan Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se Stemme-redakteur, en die politieke ontleder Theo Venter gesê sy party se volgehoue groei sedert die nasionale verkiesing in 2019 “ ’n tendens” is.

“Ek dink die plaaslike verkiesing is ’n goeie aanduiding dat dit wel ’n tendens is. Ek het ook aan die begin gesê ek sal tevrede wees as ons ons aantal raadslede kan verdubbel. Hoekom spesifiek die raadslede? Ek sê dit is die raadslede wat in stadsrade dien en ’n verskil kan maak oor ’n besluit van ’n resolusie.

“Jy kan gaan kyk na persentasies. Vir die eerste keer sedert die bestaan van die Vryheidsfront Plus het ons agt wyke in ’n algemene plaaslike verkiesing gewen. Dit is ’n deurbraak, want om ’n wyk te wen is nie so maklik nie. Gewoonlik as daar ’n raadslid is, en hulle doen ’n taamlik goeie werk, sal kiesers moeilik so ’n wyksraadslid verander.

“Ons het dit nou in Potchefstroom sien gebeur. Ons is baie tevrede.”

Oor die redes vir die volgehoue groei van die party het Groenewald gesê hulle is ’n standvastige party.

“Ons beginsels geld al van ons begin af. Ons verander nie ná ’n verkiesings byvoorbeeld ons beleidstandpunte oor byvoorbeeld regstellende aksie of swart ekonomiese bemagtiging nie. Ons staan by ons beginsels.”

Groenewald erken sy party rokkel veral wit Afrikaanse kiesers van die DA af.

“Maar dit is nie net van die DA nie. Daar is baie kiesers wat nie voorheen geregistreer was nie, wat wel nou gaan registreer en gaan stem het.” - Llewellyn Prince

2021-11-03 23:25:04

So staan sake tans in die metro's

Die ANC het kort na 23:00 Woensdagaand die 50%-merk in die Mangaung-metro in Bloemfontein oorgesteek.

Dié metro is een van drie waar die party in die 2016 volstrekte meerderhede gekry het, maar waaroor daar tot Woensdag laat nog onsekerheid was oor of hy dit ná Maandag se verkiesing sou behou.

Die ander twee metro is eThekwini (Durban) en Buffalo City (Oos-Londen).

Die ANC se proporsionele steun landwyd het op dieselfde tydstip en nadat 92,6% van alle stemme getel is, op 46,31% gestaan.

Alles dui daarop dat die party vanjaar vir die eerste keer minder as 50% steun in ’n verkiesing sal kry.

Met 98% van die stemme wat reeds in Mangaung getel was, was die ANC se steun daar 50,46%.

In eThekwini, ’n tradisioneel sterk ANC-steunbasis, was dit egter nog ’n ander saak. Met 47% van die stemme wat daar klaar getel was, het die ANC-steun op 44,98% gestaan.

In Buffalo City in die Oos-Kaap het die ANC sterk gestaan op 61,19% van die steun nadat 88% van die stemme reeds daar getel is.

In die drie Gautengse metro’s, Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni het ANC nog onder 40% gedobber en in die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap net meer as 41%.

In Kaapstad lei die DA met 60,23%, met die ANC wat daar nog net 16,67% steun kon kry. - Llewellyn Prince

2021-11-03 20:37:16Bapela se dit is die einde van die nuuskonferensie.2021-11-03 20:37:08

Klagte ingedien by OVK

Mosotho Moepya, OVK-kommissaris, sê op sy beurt hy wil praat oor die klagte wat die kommissie ontvang het.

Hy sê die Kieswet is baie duidelik oor hoe sulke klagte oor enige stap van die verkiesingsproses hanteer moet word en dat dit in 'n baie spesifieke tydsduur opgelos moet word.

Die wet maak dit ook duidelik wat presies wettige klagte is of nie. ’n OVK-beampte kan byvoorbeeld nie aangekla word as hy of sy nie vir ’n kieser glimlag nie.

Hy sê baie van die klagte op stemdag word deur voorsittende beamptes in lokale opgelos. Dit omdat dit op nasionale vlak onmoontlik is om elke klag persoonlik te probeer oplos omdat die stemmery dan nooit sal klaarkry nie.

Elke voorsittende beampte het ’n dagboek oor alle voorvalle op stemdag. Dit word ná die tellery by stempunte as deel van ’n verslag opgeneem.

Daar is stappe wat in die stemproses gevolg moet word en klagte wat tydens ’n spesifieke stap ingedien word, moet onmiddellik deur die voorsittende beampte opgelos word.

Hy sê die OVK handel op nasionale vlak net met klagte wat bekend staan as art. 65-besware.

Dit is byvoorbeeld klagte oor kwessies wat die uitslag van ’n verkiesing kan beïnvloed. Hy sê daar is tot dusver net meer as 80 klagte óf per e-pos óf per hand by die OVK op nasionale vlak ingedien. Hulle het al begin om daarna te kyk.

Hy sê daar is ’n verskil tussen dié en nasionale en provinsiale verkiesings. In laasgenoemde moet sulke klagte afgehandel word voordat die uitslae aangekondig word.

In plaaslike verkiesings is dit nie dieselfde nie. Daar is meer ruimte vir die OVK om daarmee te handel. Hy sê die totale getal klagte op nasionale vlak is nog nie bereken nie.

Dit sal later bekend gemaak word.

2021-11-03 20:24:52

ActionSA

Mamabolo sê verder partye wat in die parlement verteenwoordig word, is deel van die nasionale partyskakelingskomitee van die OVK. Partye soos ActionSA het aansoek gedoen om deel daarvan te wees. Dit is waarom hulle deel is daarvan.

2021-11-03 20:24:29

Vennootskap met tersiêre instellings

Volgens Mamabolo het die OVK ’n vennootskap met tersiêre instellings gehad wat hulle in staat gestel het om regstreeks oor verkiesingskwessies met studente te kon kommunikeer. Dit is ook gebruik om studente by hul instellings te registreer sodat dit nie vir hulle nodig was om huis toe te reis om te gaan registreer nie. Die vennootskap sal in die toekoms versterk word.

2021-11-03 20:23:23

Sal deurdruk tot dagbreek om uitslae te finaliseer

Mamabolo sê verder dat hulle gekyk het na die stadige pas van die tellery in eThekwini (Durban). Hulle is bietjie agter met die oudit van die uitslae daar. Hy sê hulle wil nie ouditeure aanjaag nie.

Hulle is daartoe verbind om seker te maak dat daar “teen dagbreek finale uitslae in alle munisipaliteite in die land sal wees”.

Hy het nie ’n tydsraamwerk nie, maar gee die versekering dat daar “tot dagbreek deurgedruk sal word om die uitslae te finaliseer”.

2021-11-03 20:21:57

Kieserbestuurtoestelle was die groot pluspunt

Hy sê die kieserbestuurtoestelle was die groot pluspunt van die verkiesings omdat dit aan die OVK vermoëns soos nog nooit tevore nie gegee het.

Die toestelle of soortgelyke tegnologie is die toekoms.

Die probleme wat daarmee ondervind is, moet net uitgestryk word en personeel moet beter opgelei word.

Ons kan nie teruggaan wat hierdie tegnologie betref nie.

2021-11-03 20:21:28

Baie lesse is geleer

Mamabolo antwoord eerste. Hy sê die OVK het baie lesse geleer uit die plaaslike verkiesings.

Die belangrikste is dat daar nooit weer probeer moet word om verkiesings van so ’n groot omvang in 42 dae te doen nie. Dit is “gevaarlik” en kan lei tot dispute wat “”baie moeilik kan wees om op te los”.

Hy sê hulle sal ná die verkiesings terugvoering gee aan politieke partye en hul personeel en sal kyk na waarnemers se verslae. Dit sal gedoen word om lesse te leer en om ingeligte besluite te neem oor moontlike wysigings aan kieswetgewing.

2021-11-03 20:10:36

Beroemde 'nagskof op hande'

Bapela sê dit lyk of die “beroemde nagskof op hande is”. Sy sê dit is nou tyd vir vrae.

2021-11-03 20:09:44

89% van uitslae getel, 99,3% reeds in stelsel

Sy Mamabolo, OVK-hoofkiesbeampte, sê meer as 89% van die uitslae is tot dusver getel.

Hiervan is 99,3% reeds in die stelsel en wag om geskandeer en geoudit te word.

Hy sê die Noord-Kaap is voor met die tellery met 99,9% van die stemme wat reeds daar getel is.

In die Oos-Kaap is 93,2% al getel, in Noordwes is dit 95,2%, die Wes-Kaap 88,8%, Mpumalanga 91,6%, Gauteng 90,7% en die Vrystaat 98,6%.

In die res van die provinsies wissel dit van 83,9% tot 88%.

Mamabolo sê die kommissie bly verbind daartoe om die uitslae so spoedig moontlik te finaliseer. Hy sê 177 van die 257 munisipaliteite se stemme is al klaar getel.

Daar sal nie vanaand geslaap word voordat al die munisipaliteite se stemme klaar getel is nie.

2021-11-03 20:05:22Die Verkiesingskommissie (OVK) begin met sy nuuskonferensie oor die vordering met die uitslae. Kate Bapela, OVK-woordvoerder, stel die OVK-beamptes voor.2021-11-03 20:02:12Die Verkiesingskommissie gee Woensdagaand terugvoering oor die munisipale verkiesing.2021-11-03 17:48:00

2021-11-03 16:55:12

ANC hoor kiesers se boodskap hard en duidelik – Duarte

Die ANC se swak vertoning in Maandag se plaaslike verkiesings is “’n ondubbelsinnige” boodskap van die kiesers.

“Mense is teleurgesteld in die ANC oor die stadige pas om die plaaslike regerings reg te ruk, om gehalte en deurlopende basiese dienste te lewer en om korrupsie en gierigheid te takel,” het Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, erken.

Duarte het die media Woensdagmiddag saam met Paul Mashatile, die ANC se tesourier-generaal, en Fikile Mbalula, die ANC-verkiesingshoof, toegespreek, en erken dat die party se voorlopige uitslae in die afgelope plaaslike verkiesings “teleurstellend is”.

Voorlopige aanduidings is dat die ANC vanjaar vir die eerste keer nóg minder as 50% van die nasionale proporsionele steun sal kry en ook die algehele mag in die meeste van die metro’s en talle munisipaliteite landwyd, wat hy voorheen met volstrekte meerderhede regeer het, verloor. Die ANC maak hom nou gereed vir gesprekke met ander partye oor koalisieregerings.

“Dit was een van die moeilikste verkiesings waaraan ons nóg deelgeneem het.

“Veral die kiesersopkoms was, deels weens die Covid-19-pandemie, verkiesings wat op 'n Maandag gehou is, verskeie logisitieke kwessies en die verskynsel van beurtkrag in die week voor die verkiesings, teleurstellend.

“Dit is 'n ondubbelsinnige boodskap van die kiesers aan die ANC. Die lae kiesersopkoms in veral tradisionele ANC-steunbasisse stuur 'n duidelike boodskap.”

Volgens Duarte het die ANC die boodskap “hard en duidelik” gehoor.

“Ons is meer vasberade as ooit tevore om beter te vaar en te wees. Ons sal die mandaat wat ons gekry het en die belofte wat ons aan landsburgers gemaak het, eerbiedig. Ons is vasberade om ons dienslewering en aanspreeklikheid te verbeter soos wat ons beter en veilige gemeenskappe en ekonomiese geleenthede bou.”

Mashatile het dit egter duidelik gemaak dat die ANC “nie desperaat is” om deel van koalisieregerings te word nie en dat hulle in opposisiebanke sal sit indien nodig. – Llewellyn Prince

2021-11-03 16:08:14

ANC verloor meerderheid in vier munisipaliteite in Gauteng

Die ANC is in nog twee rade in Gauteng tot onder 50% gedwing.

In Mogale City aan die Wes-Rand het die party se steun met agt persentasiepunte afgeneem. Die party het net 40,17% van die 91 915 stemme gekry.

Die party se steun het in die afgelope tien jaar met 20% afgeneem. In 2011 het die party 60,36% van die stemme getrek teenoor 2016 se 48,84%.

Die DA se steun het nie so drasties afgeneem nie. In 2016 was dit 34,88% teenoor 2021 se 32,26%. Uit die 77 setels het die ANC 31 op hom verenig gevolg deur die DA (25), EFF (11), VF Plus (6) en die IVP, ACDP, PAC en ATM met een elk.

Die VF Plus en die EFF se steun het onderskeidelik met twee en vyf persentasiepunte gegroei. In die Merafong-munisipaliteit het die ANC 48,97% van die steun ontvang met 27 uit die 55 setels wat die party op hom verenig het.

Die DA en die EFF het elke nege setels, die VF Plus vier, die MOAC twee en die UDM, AIC, IVP en 'n onafhanklike kandidaat het elk een.

Uit vyf van die nege rade in die provinsie waarvan die finale uitslae reeds verklaar is, is net een met 'n volstrekte meerderheid gewen. Die DA het Midvaal met byna 63% van die stemme gewen.

In Rand West City en Lesedi het die ANC die meerderheid van die stemme getrek, maar nie 'n volstrekte meerderheid in die twee munisipaliteite behaal nie.

Die finale uitslae van Emfuleni en die drie metro's – Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni – is nog uitstaande. In Emfuleni is meer as 90% van die stemme getel. Die ANC se steun staan tans op 39,01%, die DA op 27,79% en die EFF het 15,53%.

Met 81,49% van die stemme wat in Ekurhuleni getel is, loop die ANC met 37,96% voor, gevolg deur die DA (28,88%) en die EFF (13,98%).

In Johannesburg is die DA voor met 31,29%, die ANC het 29,56% en ActionSA staan op 16,45% met byna 60% van die stemme wat sover in dié metro getel is.

In Tshwane is slegs 38,56% van die stemme getel. Die DA het 36,12% op hom verenig, die ANC 31% en die EFF 10,38%. –Raymond Willemse

2021-11-03 16:06:13

Net Kaapstad se uitslae wag in Wes-Kaap

Van die 25 munisipaliteite in die Wes-Kaap is 24 se uitslae al klaar getel, met net Kaapstad se uitslae wat nog oorbly.

Die OVK het Woensdagmiddag bevestig dat 90% van Kaapstad se uitslagstrokies reeds verwerk is. Geordin Hill-Lewis, DA-burgemeesterskandidaat, het die middag gesê dat sy party na verwagting 58% van die stemme in die metroraad gaan ontvang.

Michael Hendrickse, provinsiale kieshoof, het bevestig dat daar 15 munisipale rade is waar geen party meer as 50% van 'die stemme ontvang het nie.

Hy sê verder die Wes-Kaap se kiesersopkoms is nie bekend nie omdat die metroraad se uitslae nog nie afgehandel is nie. – Malherbe Nienaber

2021-11-03 15:57:29Die mediakonferensie verdaag.2021-11-03 15:56:17

Hertelling

Oor bewerings dat sekere partye by die Wes-Kaapse uitslagsentrum daarop aangedring het dat stemme weer getel moet word, sê Abrahams as dít moet gebeur "sal ons nog vir 'n baie lang tyd hier moet sit".

'n Hertelling is slegs die mandaat van die OVK of die hof. "Nadat die stembusse verseël is, kan dit nie weer oopgemaak word nie. Dit kan ook nie net geëis word nie."

Abrahams sê hy het op 'n vorige geleentheid 'n verkiesing by 'n universiteit behartig waar een party 'n hertelling geëis het.

"Ons het die party gevra waarom hulle die stemme wou laat oortel. Hul antwoord was dat hulle nie verwag het om te verloor nie. Dit is nie genoeg rede nie."

2021-11-03 15:51:15

Byna 2% van stembriewe bedorwe

Abrahams sê 1,9% van alle gemerkte stembriewe is as bedorwe gemerk. Hy weet nie wat die individuele kiesers se rede daarvoor was nie.

Waar strafregtelike klagte ingedien is wat verband hou met stemdag, is dié kwessies nou in die hande van die polisie en sal die OVK nie kommentaar daaroor kan lewer nie. Die OVK kan ook nie besonderhede oor die klagte aan die media gee nie.

2021-11-03 15:47:18

Uitslae so 'gou moontlik afgehandel'

Volgens Abrahams is die plan om die uitslae "so gou as moontlik" af te handel. "Een van die provinsies waar ons 'n effense vertraging het, is Limpopo. Ons het egter ingegryp om die proses daar te bespoedig."

2021-11-03 15:45:15

Bedorwe stemme

Love sê die totaal van al die bedorwe stembriewe sal later aan die publiek bekend gemaak word. Daar is verskillende redes daarvoor, soos 'n gebrek aan kiesersopvoeding, maar ook dat sommige kiesers hul ontevredenheid daardeur wil uitdruk.

2021-11-03 15:42:12

Klagte ontvang

Love sê die OVK het 19 klagte ontvang, waaraan daar tans aandag geskenk word. Die besonderhede daarvan kan dus nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie. Dit sal egter deel van die algehele verkiesingsverslag uitmaak.

2021-11-03 15:40:10

Partye ignoreer versoek

Love sê toe die nasionale uitslagsentrum in Pretoria geopen is, is daar spesifiek versoek dat politieke partye nie hul oorwinningsverklarings daar moet doen nie.

Maar volgens haar duur dit voort. Sy sê dit bevoordeel die partye wat dit kan bekostig om fisiek by die uitslagsentrum te wees.

"Dit is 'n jammerte dat dit steeds gebeur. Dit word egter toegelaat omdat die OVK nie probleme wil veroorsaak nie." Sy versoek partye egter om dit nie te doen nie.

2021-11-03 15:35:55

OVK verklaar uitslae

Janet Love, OVK-adjunkvoorsitter, sê die hele uitslagproses word beheer en geen uitslae kan verklaar word alvorens die OVK self dit gedoen het nie.

Die uitslae op die telborde is bevestigde uitslae wat deur al die kontroles is. Volgens haar sal die publiek die uitslae op die telbord sien soos wat dit ontvang word. Volgens haar kan dit verwarrend wees vir die publiek as dit nie reg deurgegee word nie.

Sy sê daar is baie beweringe en menings wat gelug word oor die uitslagproses en dit word toegelaat. Daar is baie menings oor die uitslagproses, maar dit moet beskou word as mense se individuele menings en nie noodwendig as die waarheid nie, sê Love.

2021-11-03 15:33:54

Só werk die proses, sê OVK

Abrahams antwoord. Hy sê onder meer die kwessie van stembusse wat by stemlokale oopgemaak word, kom tydens elke verkiesing voor.

Hy wil verduidelik hoe dit werk. Wanneer almal klaar gestem het, word die stemlokale gesluit sodat die stemme getel kan word. Die getelde stemme word dan in nog 'n stembus verseël en vir ses maande gestoor.

Die verkiesing word dan gereduseer tot 'n uitslagstrokie. Die stembriewe self word dan irrelevant. "As deel van ons opvolgproses moet die geseëlde stembusse iewers gestoor word."

Maar die stembriewe daarin het dan geen impak meer op die verkiesing nie. Daar is wel die persepsie dat dit nie reg gestoor word nie. Hy sê hy wil benadruk dat al die stembusse verseël word, al die uitslagstrokies gestempel, geskandeer op die stelsel gelaai en geoudit word.

Die provinsies verskil omdat hulle nie teen dieselfde pas werk met die afhandeling van die proses nie.

2021-11-03 15:28:35

Abrahams sê die die telbord fokus op munisipale rade.

Wat nou daarop vertoon word, is die uitslae van munisipaliteite waar die telproses reeds afgehandel is. Die aanname is dat alles wat vasgevang word op die OVK se stelsels, korrek is. As die ouditeurs of politieke partye sê iets is verkeerd opgelaai, kan die OVK dit wysig.

Dit word op plaaslike vlak gedoen. Hy sê daar is toegewyde personeel wat na die klagte sal kyk en dit sal oorweeg. Daar is wel 'n vertraging op die hooftelbord vir indien enige veranderinge gemaak moet word.

Dit is nou tyd vir vrae.

2021-11-03 15:23:54

Telbord

Dr. Nomsa Masuku, OVK-voorsitter, vra Abrahams om te verduidelik waarom die elektroniese telbord by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria soms lank neem om nuwe inligting te vertoon. Hy sê dit is sodat daar nie ná die tyd vrae daaroor gevra moet word nie.

2021-11-03 15:22:01

Uitslae is nié laat nie'

Volgens Abrahams is 96,9% van al die uitslae op die stelsel ingevoer. Die oorblywende 3,1% is hoofsaaklik van KZN, Limpopo en Gauteng.

"Ons bespoedig dit nou in Gauteng deur bykomende kapasiteit vir die vaslê van die uitslae daar aan te stel. Ons kan egter nie die ouditeurs aanjaag nie omdat hulle hul werk onafhanklik moet doen.

"Die uitslae is nie laat nie. Mense dink so omdat die OVK die standaard in die verlede al baie hoog gestel het. Ingevolge wetgewing moet die uitslae binne sewe dae bekend wees. As 'n verlenging nodig is, kan die verkiesingshof genader word. Hy sê hulle is egter op die regte spoor en hy hoop sy verduideliking stel mense gerus."

2021-11-03 15:18:26

'Proses moet verduidelik word'

Abrahams sê hy wil die proses weer verduidelik. Hy sê daar is vroeër 'n vergadering met politieke partye gehou.

Die OVK het saamgestem dat dit nodig is om die uitslagproses aan die media te verduidelik omdat daar verkeerde inligting aan die publiek gegee word. Hy sê die tellery is voltooi. Die uitslae is vasgevang.

Dit word dan twee keer in die stelsel vasgelê om seker te maak die inligting is korrek. Dan word die getalle geverifieer. Die uitslagstrokies word geskandeer.

Daar is ouditeurs by al die uitslagsentrums; dit is onafhanklike ouditeurs wat alles op die uitslagstrokies verifieer. Nadat dít alles gedoen is, word die uitslae as skoon verklaar en dat dit aan die nodige kriteria voldoen.

2021-11-03 15:12:58

Elke provinsie anders

Volgens Abrahams wissel die afhandeling van die aantekening van die uitslae nog van provinsie tot provinsie.

Die Noord-Kaap is voor met 95,5%, die Oos-Kaap met 88%, Wes-Kaap 83%, Mpumalanga 85,4% en Vrystaat 87%.

Vir die res van die provinsies wissel dit tussen 60% en 80%.

Hy sê die OVK bly daartoe verbind om die uitslagproses vinnig af te handel. Die aantal voltooide munisipaliteite is 139 uit die 257.

2021-11-03 15:10:13

'Die tellery is klaar'

Granville Abrahams, hoof van verkiesingstelsels van die OVK, is aan die woord. Hy sê die proses vorder en nader die einde. 96,9% van al die uitslae is tot dusver vasgevang.

"Dit is in die stelsel. Geen tellery word meer gedoen word. Ek sien gereeld nuusberigte dat ons nog besig is om te tel. Ek wil dit onomwonde stel dat daar niks meer getel word nie. Die tellery is klaar."

2021-11-03 15:07:47

'Angstigheid oor OVK se stilte'

Dr. Nomsa Masuku, OVK-kommissaris, is eerste aan die woord. Sy sê dit sal 'n baie kort en informele nuuskonferensie wees. Dit is omdat daar 'n mate van angstigheid is omdat die OVK die media vandag nog nie toegespreek het nie. Sy is hier om 'n verduideliking te gee, indien dit nodig is. Sy stel nou almal van die OVK voor wat die nuuskonferensie bywoon.

2021-11-03 15:03:37Die Verkiesingskommissie se nuuskonferensie begin.2021-11-03 14:27:26

DA kry 58% in Kaapstad-metropool

John Steenhuisen, leier van die DA, het pas aangekondig die DA het 58% van die stemme in die Kaapstad-metropool gekry.

2021-11-03 13:49:37

‘Dit gaan moeilik wees, maar ons is hier vir verandering’ – uMngeni se nuwe burgemeester

"Dit gaan moeilik wees, maar ons is hier om verandering vir die mense van uMngeni te bring." Dit was Woensdag die woorde van Chris Pappas, die nuut aangewysde burgemeester van die uMngeni-munisipaliteit in KwaZulu-Natal waar die DA nou sal regeer.

Die DA het dié munisipaliteit in die plaaslike verkiesings met ’n meerderheidstem gewen.

Nadat al die stemme in uMngeni getel is, het die DA met 13 van die 25 beskikbare setels en 47,41% van die stemme weggestap. Dit is ook die eerste munisipaliteit in KwaZulu-Natal waar die DA sal regeer.

Die ANC het voorheen uMngeni geregeer.

“Dit gaan nie ’n maklike taak wees nie. Dit is 22 jaar se vervalle regering wat ons gaan moet herstel, maar ons is hier vir die mense en wil vir hulle wys dat die DA ’n verskil kan bring,” het Pappas Woensdag in Howick gesê.

Hy het die gemeenskap van Howick besoek om aan hulle die versekering te gee dat die DA verandering sal bring. Volgens Pappas is die eerste groot taak in uMngeni om die “kultuur” in die munisipaliteit te verander.

“Ons is bereid om saam met die huidige amptenare hier te werk. Maar hulle gaan moet besef dat indien werk 08:00 begin, dan begin ons 08:00. Hulle gaan met passie moet werk. Ons boodskap is ook dat indien jy korrup is, daar nie plek vir jou in ons regering is nie,” sê hy.

Die 30-jarige Pappas sê daar sal ook vroeg na die munisipaliteit se begroting gekyk word om vas te stel waar koste bespaar kan word.

“Ons sal ook na omstrede kontrakte en tenders kyk en dit ondersoek. Indien daar verkeerd gedoen is, sal mense verantwoordelik gehou word,” sê Pappas.

Hy sê dit is ook belangrik dat die DA werksgeleenthede skep deur besighede na die munisipaliteit te lok.

“Ons wil ook mense nooi om vakansie te kom hou in ons mooi gebied,” sê hy.

Hein Pistorius, inwoner van Howick, het Woensdag vertel dat “daar niks beter” met sy munisipaliteit kon gebeur het nie.

“Die DA hou by sy woord. Uiteindelik sal ons nou dienslewering ervaar. Ek is baie bly daaroor,” het hy vertel.

Kenners het Dinsdag aan Netwerk24 vertel dat die DA se oorwinning in die uMngeni-munisipaliteit “reusagtig” vir dié party is en kan sy toekoms in dié provinsie bepaal.

“In die groter prentjie is dit ’n enorme ontwikkeling in die politiek van KwaZulu-Natal,” het prof. Siphamandla Zondi, politieke kenner verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, gesê.

Volgens Zondi sal dit nie moeilik wees vir die DA om ’n sukses van uMngeni te maak nie. “uMngeni is ’n belangrike munisipaliteit wat ernstige probleme ervaar.

Die standaard is so swak dat indien die DA net die basiese doen, dit sal lyk soos ’n groot sukses. Indien die DA nie suksesvol in uMngeni is nie, sal hy net homself kan kwalik neem,” het Zondi gesê. - Dennis Delport

2021-11-03 13:09:33

ANC het al 83 munisipaliteite

Die ANC het teen middagete 83 munisipaliteite landwyd beheer ná Maandag se plaaslike verkiesings.

Die regerende party spog met altesaam 46,36% van die stemme, sy slegste vertoning sedert 1994.

Langs hom staan die DA met 22,03% en die EFF se met 10,29%.

Die DA beheer 22 munisipale rade danksy die 3,2 miljoen stemme wat hy Maandag op hom verenig het. Die ANC het 6,8 miljoen stemme gekry. Hoewel die EFF al seker is van 259 stadsraadslede , beheer hy steeds geen plaaslike owerheid nie.

Die ANC het in daardie stadium 2 045 raadslede gehad en die DA 692. Die Inkatha Vryheidsparty het 117 raadslede (veral in die noorde van KwaZulu-Natal), die VF Plus 91, die Patriotic Alliance 42, Good 31, ATM 12 en die UDM 10. – Sarel van der Walt

2021-11-03 12:58:04

2021-11-03 12:26:11Herman Mashaba, leier van ActionSA, praat Woensdagoggend met die media by die verkiesingsuitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2021-11-03 12:08:56

DA wen reeds in dié 8 Wes-Kaapse munisipaliteite

Die Wes-Kaap se uitslae – met die DA wat 54% van stemme ontvang het – was Woensdag kort voor 12:00 nog grootliks onveranderd.

Die DA lei in 19 munisipale rade, die ANC in twee rade en Icosa in een, blyk uit die jongste syfers wat in die uitslagsentrum in Century City in Kaapstad bekend gemaak is.

In agt munisipaliteite het die DA ook meer as 50% van die stemme ontvang. Die agt munisipaliteite is Stellenbosch, Drakenstein, Bergrivier, Swartland, Mosselbaai, Hessequa, Overstrand en Swellendam.

Alle oë bly egter steeds op Kaapstad, waar die DA in 2016 met 66% gewen het.

In die provinisie as geheel het Good 4,8% van die stemme, die VF Plus 3,6% en die Patriotic Alliance 2,8% ontvang.

Die OVK in die Wes-Kaap gaan die media om 15:00 vir die laaste keer toespreek.

2021-11-03 11:27:34

Partye begin flikflooi vir koalisies

Koalisiegesprekke blyk ’n uitgemaakte saak te wees volgens die voorlopige uitslae van die plaaslike verkiesings wat daarop dui dat geen politieke party ’n volstrekte meerderheid in van die metrorade behaal het nie.

Woensdag om 09:00 met net 64% van die stemme wat getel is, was net ’n klein persentasie van die metrorade se uitslae beskikbaar.

Die enigste metroraad waaroor daar in dié stadium redelike duidelikheid is, is die Kaapstad-metro, waar die DA ’n volstrekte meerderheid behaal het. In die ander metrorade blyk koalisiegesprekke onvermydelik te wees.

Theo Venter, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Noordwes, het Woensdagoggend in ’n gesprek met Gert van der Westhuizen, Stemme-redakteur van Netwerk24, gesê koalisies vra ’n sekere ingesteldheid van politieke partye.

Venter sê die grootste probleem met koalisies is politieke ego’s. Hy het voorgestel dat daar dalk wegbeweeg moet word van die term “koalisies” en ’n ander term daarvoor gesoek moet word, byvoorbeeld plaaslike regerings van nasionale eenheid of regerings van plaaslike eenheid.

“Daar is ’n hele paar van dié samewerkings wat nie eintlik koalisies is nie. Koalisies is ’n goed deurgewerkte ooreenkoms tussen politieke partye. Dit het gewoonlik ’n meerderheidsparty en ’n paar minderheidspartye en die minderheidspartye kry gewoonlik die senior poste in die party omdat hulle die grootste meerderheidsparty in staat stel om te regeer."

Minderheidskoalisies is ook moontlik. “Dit lyk asof Tshwane afstuur op 'n interessante koalisie: die DA, saam met die VF Plus en ActionSA wat ’n volstrekte meerderheid sal kry. Dit beteken hier is interessante tye aan die kom vir Tshwane volgens die huidige syfers. Dit is egter nog vroeg omdat daar ’n groot deel van die stemme is wat nog nie getel is nie,” sê Venter.

Hy het ook daarop gewys as koalisies op ’n goeie basis gebou word, sal dit sterker word, maar as dit saamgeflans word, sal dit baie vinnig kwyn. “Uit die 207 munisipaliteite wat ons het, is sowat 70% in die moeilikheid. Die koalisie word dus geskep terwyl die munisipaliteit in die moeilikheid is, so dit gaan onmiddellik onder druk wees,” sê Venter. – Philda Essop

Kyk die volledige onderhoud met Theo Venter hier.2021-11-03 10:51:23

Oorgrote meerderheid se stemdag-ervaring positief – Sarel van der Walt

Die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners sê hulle het ’n positiewe stemdag-ervaring met vandeesweek se plaaslike verkiesings gehad, het die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) in ’n ondersoek onder sowat 12 000 kiesers bevind.

Daar is egter ernstige vrae oor demokrasie, het die navorsers bevind. Die ondersoek is Maandag by 300 stempunte landwyd gedoen.

Daar is onder meer bevind:

• 68% van kiesers het minder as 15 minute geneem om hul stempunt te bereik;

• Kiesers het gemiddeld minder as 15 minute in die ry gestaan en wag om te stem;

• 86% van kiesers het aangedui die stempunte was toeganklik;

• 95% was tevrede dat die aanwysings by die stemlokale voldoende was;

• 97% het aangedui die instruksies en aanwysings oor die stemproses was duidelik.

• 61% van kiesers het aangedui hulle was tevrede dat daar verdraagsaamheid tussen politieke partye by die stempunte was;

• 96% van kiesers het aangedui hulle is tevrede dat hul stem geheim gebly het;

• 94,9% was van mening dat die verkiesing vry was; en

• 94,3% van die kiesers het aangedui die verkiesing was regverdig.

2021-11-03 10:48:29Dr. Benjamin Roberts van die RGN deel die bevindings van navorsing wat gedoen is tydens die munisipale verkiesings. Foto: Deaan Vivier

2021-11-03 07:39:09

2021-11-03 07:37:35

2021-11-03 06:47:16

2021-11-03 06:34:20

ANC se steun neem af in Mpumalanga

In Mpumalanga het die ANC se steun in drie munisipaliteite so skerp gedaal dat hy waarskynlik in almal van hulle nie ’n volstrekte meerderheid sal behaal nie.

In die munisipaliteite van Steve Tshwete (Middelburg), Govan Mbeki (Secunda) en Lekwa (Standerton) het die ANC teen Woensdag om 06:00 minder as 43% van die steun gekry.

In Lewa is alle stemme klaar getel en kon die ANC slegs 42,03% van die stemme kry nadat hy in die vorige plaaslike verkiesings 67,84% van die steun gekry het.

In Steve Tshwete, waar 98,57% van die stemme klaar getel is, kon die ANC slegs 37,32% kry. Dit is ’n skerp daling van 55,68% van die stemme wat hy in 2016 gekry het.

Die ANC het in Govan Mbeki sover 39,6% van die steun op hom verenig nadat 59% van die stemme klaar getel is. In die vorige plaaslike verkiesings was sy steun daar 57,34%.

2021-11-03 05:37:48

Net 58% van kiesafdelings se stemme is in

Teen sonopkoms by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria was slegs 58% van die kiesafdelings se stemme klaar getel. Die Verkiesingskommissie se mikpunt was om 90% van die stemme deur die loop van die aand klaar te tel. Die tellery het egter klaarblyklik teen ‘n slakkepas gevorder. Foto: Christiaan du Plessis

2021-11-03 04:32:27

ANC kry minder as 45% in meeste metro’s

Die ANC het in sewe van Suid-Afrika se agt metrogebiede minder as 45% van die steun gekry.

Die ANC kon teen 04:00 in die Kaapstad-metro slegs 13,2% van die stemme op hom verenig.

In al drie Gauteng se metrogebiede het die ANC minder as 40% van die steun, hoewel hy voorloop in Johannesburg met 34,68% en in Ekurhuleni met 38,1% van die stemme.

In Tshwane loop die DA voor met 35% van die stemme teenoor die ANC se 32,4%.

Die ANC is ook die voorloper in die metrogebiede van eThekwini (40,1%), Manguang (44,9%) en Nelson Mandelabaai (40,8%).

In die Buffalo City-metro loop die ANC loshande voor met 61,4% van die stemme.

2021-11-03 04:03:45

ACDP se beleid oor inenting help hom niks by stembus

Die ACDP se veldtog teen verpligte inentings het klaarblyklik nie gewerk om groter steun by die stembus vir hom te bewerkstellig nie.

Teen 02:30 het dié party landwyd slegs 0,75% van die stemme gekry en ses wyke gewen. Die party het in Oktober in Johannesburg en Kaapstad teen verpligte inentings betoog.

Meer onlangs het hy ook met regsaksie teen die departement van gesondheid oor die inenting van tieners van 12 tot 17 jaar begin.

Hy en die drukgroep Free the Children – Save the Nation eis dat die inenting van kinders gestaak word hangende ’n appèl wat by die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) ingedien is oor sy noodgoedkeuring vir die Pfizer-entstof vir kinders.

Hulle meen die inenting van kinders gaan niks help nie. Dit is omdat gesonde kinders nie ’n hoërisikogroep is nie en daar onsekerheid is oor hoe doeltreffend entstowwe is om die verspreiding van die koronavirus te beperk.

2021-11-03 03:54:10

OVK het minder as twee uur om sy mikpunt te haal

Die Verkiesingskommissie (OVK) het minder as twee uur om sy mikpunt te bereik om 90% van die stemme voor die einde van die aand klaar te tel.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal die son om 05:16 in Pretoria opkom, waar die nasionale uitslagsentrum geleë is.

Teen 03:30 het egter slegs 13 468 (58%) van die 23 148 kiesafdelings landwyd die tellery voltooi.

Die ANC is steeds die voorloper nadat hy 1 643 wyke gewen en 46,4% van die stemme ontvang het. In die tweede plek is die DA met 609 setels en 22,25% van die stemme.

2021-11-03 02:39:58

IVP gee ANC pak slae in KZN

Die IVP is volgens die voorlopige uitslae besig om die ANC in verskeie munisipaliteite in die noordelike dele van KwaZulu-Natal pak slae te gee.

Teen 01:30 was die IVP in 14 van KwaZulu-Natal se munisipaliteite die voorloper.

Die IVP het meer as die helfte van die steun gekry in die munisipaliteite van Jozini (54,4%), Ulundi (65,2%), Big Five Hlabisa (56,2%), Alfred Duma (53,9%), Msinga (67,9%), Nkandla (57,1%) en uMfolozi (51,4%).

Hy loop ook voor in die munisipaliteite van uPhongolo (49,5%), AbaQulusi (39,1%), Nquthu (49,9%), eMadlangeni (35%), Nongoma (44,13%), Mtubatuba (44,7%) en iNkosi Langalibalele (43,63%).

Nasionaal is die IVP met 4,5% van die steun die party wat die vierde meeste stemme gekry het.

2021-11-03 01:53:28

Selfs Zuma se steun help ANC nie hiér

Hoewel die ANC gehoop het dat oudpres. Jacob Zuma vir hom stemme sal werf, gaan die ANC nie eens die Nkandla-munisipaliteit, waar dié oudstaatshoof woon, wen nie.

Teen Woensdag om 01:30 was die IVP met meer as 57% van die steun en nagenoeg 99% van die stemme wat daar getel is, sterk op pad om ’n volstrekte meerderheid te behaal.

Die ANC sal met slegs 34,1% van die steun met die tweede plek tevrede moet wees.

Zuma het voor die verkiesings mense aangemoedig om vir die ANC te stem nadat hy op omstrede wyse op mediese parool uit die tronk vrygelaat is.

Hy is deur die konstitusionele hof 15 maande tronkstraf opgelê weens minagting van die hof.

2021-11-03 01:34:40

ActionSA bult sy spiere in metro’s

Herman Mashaba se ActionSA sal volgens voorlopige uitslae waarskynlik ’n rol speel in koalisies in verskeie metrogebiede en munisipaliteite in Gauteng en KwaZulu-Natal.

Dié nuwe party neem in slegs vier metrogebiede en twee munisipaliteite aan die verkiesings deel.

Teen 12:30 het die party beduidende steun gehad in die metrogebiede (Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni en eThekwini) waar nie een party meer as 41% van die steun gehad het nie.

ActionSA vaar tans die heel beste in die Johannesburg-metro, waar Mashaba die voormalige burgemeester van die DA was.

Daar is ActionSA tans die party met die meeste steun (16,88%) naas die ANC (34,5%) en die DA (25,24%).

In die metrogebiede van Tshwane en Ekurhuleni het ActionSA onderskeidelik 7,4% en 6,3% van die steun.

In eThekwini vaar hy met 2,3% van die steun ook nie sleg nie.

In Newcastle het ActionSA een wyk gewen en het sover 3,89% van die steun. Die ANC se steun is 30,5%, gevolg deur die IVP (25,25%), die EFF (11,9%), TSSA (9,8%) en die DA (8,5%). In KwaDukuza het ActionSA 5,3% van die steun.

Die ANC het daar egter meer as 50% van die steun. – Christiaan du Plessis

2021-11-03 00:12:20

DA-steun daal skerp in Stellenbosch, Drakenstein

Die DA se steun het onder 60% gedaal in twee van sy vestings in die Kaapse Wynland, terwyl Good 6% van die stemme gekry het.

In Stellenbosch het die DA met 56% gewen, terwyl hy 69% in 2016 ontvang het en 58% in 2011.

Verder het die ANC se steun effens gestyg tot 19,9% (van 19,5% in 2016) en het die EFF se steun van 3,7% laas tot 5,1% vanjaar gegroei.

In die Eikestad het Good 6,28% van die stemme ontvang, die VF Plus 1,68% (van 0,7% in 2016) en die Patriotic Alliance (PA) 1,18%.

Die huidige burgemeester, Gesie van Deventer, het as DA-kandidaat vir herverkiesing in dié dorp in die Wes-Kaap gestaan. – Malherbe Nienaber

2021-11-02 23:15:29

EFF in 3de plek ná ANC en DA

Alhoewel die EFF teen Dinsdagaand laat al bykans 2 miljoen stemme in die plaaslike verkiesings verower het, kon die party nog nie ’n volstrekte meerderheid in ’n enkele munisipaliteit in Suid-Afrika kry nie.

Die Verkiesingskommissie se lopende telkaart het Dinsdag kort voor 23:00 aangedui dat die party van Julius Malema al 1,196 miljoen stemme of 10% van die proporsionele nasionale steun gekry het.

Dit plaas die EFF, met meer as 55% van Maandag se plaaslike verkiesings se stemme wat toe al getel is, as die derde grootste party ná die ANC en DA.

Met dié getal stemme het die party al 171 munisipale setels landwyd verower.

Die meeste daarvan is in die Vrystaat (27), Oos-Kaap (26), Noord-Kaap (25), Gauteng (17) en Mpumalanga (15).

Intussen het Marshall Dlamini, EFF-sekretaris-generaal, Dinsdagaand by die nasionale uitslagsentrum aan die SAUK gesê dat hulle vir die finale uitslae van die verkiesings wag.

“Die groot townships soos Soweto, Alexandra en Diepsloot in Johannesburg se uitslae begin nou eers inkom. Ons is nie paniekbevange nie en sal wag vir die finale uitslae. Daarna sal ons as EFF-leierskap eers ’n besluit neem oor die pad vorentoe.”

Hy het dit duidelik gemaak dat enige ander party wat in ’n koalisie met hulle wil gaan, voor dit eers “moet begin om die EFF-verkiesingsmanifes te lees”.

Die OVK het vroeër aangedui dat hy 90% van die stemme deur die loop van die aand Dinsdag klaar wil tel en die res Woensdag.

Die finale uitslae sal Donderdag bekend gemaak word. Die ANC het op sy beurt op dieselfde tydstip al sowat 5,5 miljoen stemme op hom verenig.

Daarmee saam het die party ook ’n meerderheid in 63 munisipaliteite landwyd verower.

In totaal het die ANC toe al 1 527 munisipale setels op hom verenig.

Die party se proporsionele steun landwyd het toe ook op 46,09% gestaan.

Voorspellings is dat die ANC se nasionale proporsionele steun vanjaar vir die eerste keer nóg minder as 50% sal wees.

Die ANC het op die tydstip die meeste van sy setels in die Oos-Kaap (307), Mpumalanga (155), die Vrystaat (151), KwaZulu-Natal (132) en die Wes-Kaap (115) verower.

Die meeste munisipaliteite waar die ANC reeds ’n volstrekte meerderheid het, is in die Noord-Kaap (13), Vrystaat (10), Oos-Kaap (8), Mpumalanga (5), Noordwes (3), KwaZulu-Natal (92) en Limpopo (1).

Die DA het op sy beurt meer as 2,7 miljoen stemme landwyd verower en in die proses al ’n meerderheid in 20 munisipaliteite gekry. Die party se proporsionele steun het op 22,58% gestaan.

Die DA het die meeste van sy setels in die Wes-Kaap (240), die Noord-Kaap (72), Oos-Kaap (67), Mpumalanga (33) en die Vrystaat (32) gewen. Die meeste van die munisipaliteite waar die DA Dinsdagaand reeds ’n meerderheid het, is in die Wes-Kaap (7) en een elk in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap. – Llewellyn Prince

• Die uitslae word deurgaans deur die OVK aangevul en die syfers verander deurlopend.

2021-11-02 22:49:22

ANC sy meerderheid kwyt in Wes-Rand, Lesedi

Die ANC is sy meerderheid in die Wes-Rand- en die Lesedi-munisipaliteit in Gauteng kwyt.

Die ANC kon net 45,33% van die stemme in die Wes-Rand op hom verenig.

Die party het met ’n meerderheid van 52,65% in 2016 beheer oor die munisipaliteit gehad. Uit die 69 setels het die ANC in vanjaar se verkiesings 32 setels gekry, die DA 16, EFF 11, VF Plus drie en die PA twee.

Azapo, R.P.P, AIC, IFP en ACDP het elk een setel. Dit is nie net die ANC wat steun verloor het nie, maar ook die DA. In 2016 het die DA 26,92% steun ontvang teenoor vanjaar se 23%.

Die VF Plus en die EFF se steun het met tussen twee en drie persentasiepunte in die munisipaliteit gegroei.

Die kiesersopkoms het ook gedaal. In die 2016- munisipale verkiesings het uit die 136 276 kiesers 77 180 (56,64%) gestem teenoor 2021 se 131 921, van wie 56 519 (42,84%) hul kruisies getrek het. Met 26 setels wat in die Lesedi-munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) op die spel is, het die ANC 13 gewen, die DA vyf, die EFF vier, die VF Plus drie en die nuweling SEFM een.

Lees die volledige berig hier. 2021-11-02 20:37:50Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, in die OVK se nasionale uitslagsentrum vir die plaaslike verkiesings van 2021. Foto: Deaan Vivier

2021-11-02 20:17:22Kate Bapela, OVK-woordvoerder, sê dit is die einde van die nuuskonferensie. Daar is nog baie telwerk wat gedoen moet word en hulle sal aankondig wanneer die volgende nuuskonferensie is.2021-11-02 20:17:11

Mosotho Moepya, OVK-kommissaris, sê dit is belangrik om te sê dat baie bewerings gemaak word in elke verkiesing wanneer die stemme getel moet word.

Die getalle op die telborde kan nie in twyfel getrek word nie. Dit is deur ’n oudit- en ander integriteitsprosesse.

Die OVK aanvaar die beweringe oor mense wat nie op die kieserslys was nie. Hy sê daar is verduidelikings gegee daarvoor en dat baie van hulle toegelaat is om te stem.

Die OVK aanvaar ook waar iemand bewyse het om die teendeel te bewys, sal die nodige prosesse gevolg word.

Die OVK kan egter nie aanspreeklik gehou word vir mense wat nie gaan stem het nie en nou daaroor kla.

2021-11-02 20:14:25

2021-11-02 20:12:34

Mamabolo antwoord eerste op van die vrae.

Hy begin met die vraag oor Tshwane. Die tyd wat dit vat om klaar te tel in ’n metro soos Tshwane, hang af van hoeveel stemme daar uitgebring is. Daar is gebiede waar dit langer sal neem.

Beurtkrag bly ’n bekommernis vir die OVK en hulle praat met Eskom om van die persele waar die OVK besig is, daarvan vry te stel.

Mamabolo sê verder eers wanneer die OVK sy finale uitslae Donderdag aankondig, sal hy kan sê wat die kieseropkoms presies was.

2021-11-02 20:08:29Dit is nou tyd vir vrae.2021-11-02 20:08:15

In die ander provinsies staan die tellery op tussen 37% en 67%.

Sowat 78% van die resultate is reeds in die stelsel en wag om geskandeer en geoudit te word.

Die OVK streef steeds daarna om 90% van die stemme deur die loop van die aand klaar te tel.

Sowat 94 munisipaliteite se stemme is klaar getel.

Alles moontlik sal gedoen word om te verseker dat die meeste van die uitstaande munisipaliteite se uitslae binne die beplande tydsraamwerk afgehandel word.

Mamabolo is dan klaar.

2021-11-02 20:05:16Sy Mamabolo, die OVK se hoofkiesbeampte, sê teen 19:30 Dinsdagaand was sowat 55% van al die stemme van die plaaslike verkiesings reeds getel. Die Noord-Kaap het 89% van alle stemme getel. Die Wes-Kaap het 72% getel. In die derde plek is die Oos-Kaap wat 70% van hul stemme getel het.2021-11-02 20:05:08Die Verkiesingskommissie se jongste nuuskonferensie begin.2021-11-02 17:47:40

60% van Wes-Kaap getel, DA seker van 3 rade

Die OVK het Dinsdag teen 17:00 al 60% van die uitslaestrokies in die Wes-Kaap getel. Michael Hendrickse, provinsiale kiesbeampte, het bevestig dat die DA 'n volstrekte meerderheid in drie rade – Bergivier, Swartland en Hessequa – het.

Hy het in die uitslagsentrum in Century City in Kaapstad gesê die verwerking van die uitslae behoort teen Woensdag afgehandel te wees. In 12 van die 15 rade waar die uitslae bekend is, het geen party 'n volstrekte meerderheid behaal nie.

Dié munisipaliteite sluit in Knysna, Theewaterskloof, Kaap Agulhas, Kannaland, Langeberg, Oudtshoorn, Laingsburg, Prins Albert, Beaufort-Wes, Cederberg en Saldanhabaai.

Altesaam 30 munisipaliteite in die provinsie is in die plaaslike verkiesings op die spel: 24 munisipaliteite, die Kaapstad-metroraad en vyf distriksmunisipaliteite.

Hendrickse kon nie die jongste syfers vir die kieseropkoms bevestig nie en het gesê die tel van die stembriewe sal 'n akkurater syfer oplewer.

Die OVK in die Wes-Kaap sal die media Woensdag om 11:00 die laaste keer toespreek.

2021-11-02 17:19:04

So lyk die jongste voorspellings vir uitslag

Die ANC sal net 46,6% van die proporsionele steun oor die land heen in vanjaar se plaaslike verkiesings kry.

Dit is die jongste voorspelling van die WNNR en die SAUK wat Dinsdagmiddag uitgereik is. Dit kom nadat 35% van alle stemdistrikte se stemme getel is.

Die Verkiesingskommissie het vroeër Dinsdag aangedui dat tot 90% van alle stemme teen Dinsdagaand klaar getel sou wees en die res Woensdag. Die finale uitslae sal Donderdag bekend gemaak word.

As die WNNR se voorspelling reg bewys word, sal dit die laagste steun wees wat die ANC nog op nasionale vlak geniet het. Die party het in vorige plaaslike verkiesings in 2016 sowat 54,5% van die landwye proporsionele steun gekry en in 2011 sowat 62,9%.

Luidens die voorspelling blyk dit dat die DA, wat volgens vooruitskattings sy volstrekte meerderheid in Kaapstad sal behou, se proporsionele steun op nasionale vlak ook sal daal.

Die raming is dat hy 22,4% kan kry teenoor die 27% in 2016. In dié stadium blyk dit dat kleiner opposisiepartye veral munt gaan slaan uit die laer opkoms by die stembus.

Die EFF se steun kan luidens die jongste vooruitskatting tot 10,6% styg van die 8,2% wat hy in 2016 gekry het. Dit terwyl die IVP se nasionale steun volgens die WNNR ook van 4,3% in 2016 tot 5,9% kan groei.

Die VF Plus se steun sal na verwagting ook tot 2,6% verbeter nadat die party in 2016 net 0,8% gekry het.

Die ACDP kan ook groei tot 0,7% van 0,4% in 2016. Partye wat vir die eerste keer aan Maandag se verkiesings deelgeneem het, blyk ook steun te kry.

So word voorspel dat Herman Mashaba se ActionSA 1,8% steun kan kry en Patricia de Lille se Good 0,6%.

Cope se steun bly luidens die WNNR afneem. Hulle voorspel dat hy vanjaar 0,2% steun kan kry teenoor 0,5% in 2016. Die UDM se steun kan ook van 0,6% in 2016 tot 0,4% val. –Llewellyn Prince

2021-11-02 16:54:17

DA wen sy 1ste KZN-munisipaliteit met volstrekte meerderheid

Die DA het sy eerste munisipaliteit in KwaZulu-Natal met 'n volstrekte meerderheid gewen.

John Steenhuisen, DA-leier, het die aankondiging Dinsdagmiddag in die Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gemaak. Dit is die uMngeni-munisipaliteit met Howick as setel.

“Chris Papas het 'n baie geesdriftige veldtog daar gelei. Ons het die afgelope twee maande daar verkiesingsveldtogte gelei. Ons het dit duidelik aan die inwoners daar gestel dat hulle 'n keuse tussen die DA en ANC het.

“Hulle het nou besluit dat hulle die DA 'n kans wil gee om daardie munisipaliteit vir die voglende vyf jaar te bestuur. Ons wil dit nou as 'n poort gebruik om meer veld in ander munisipaliteite in KwaZulu-Natal te wen.

“Net soos wat ons Kouga in die Oos-Kaap, Midvaal in Gauteng en Modimolle-Mookgophong in Limpopo daarvoor gebruik.

“Dit is vir my 'n baie groot mylpaal, want ek is van KwaZulu-Natal. Dit was nooit maklik daar nie. Die stryd daar was nog altyd net tussen die ANC en IVP. Nou is die DA in beheer van 'n munisipaliteit daar. Ons sal dit nou as geleentheid gebruik om vir mense te wys watter verskil gemaak kan word met 'n party wat dinge gedoen kry."

Die ANC het in 2016 se plaaslike verkiesings sowat 56% van die steun in uMngeni verwerf. –Llewellyn Prince

2021-11-02 16:45:22Die DA wen eerste sy eerste munisipaliteit in KZN.2021-11-02 16:14:55

Só trek die DA, ANC tou in die Vrystaat

Die DA het in die pasafgelope munisipale verkiesing in die Vrystaat wyke van die ANC afgeneem op plekke soos Boshof, Dealesville, Winburg, Matjhabeng (Welkom), Metsimaholo (Sasolburg), Philippolis en ’n wyk in Maluti-A-Phofung (Harrismith).

Maar die DA het op sy beurt wyk 16 in Heidedal, Bloemfontein, aan die ANC afgestaan, waar die Patriotic Alliance (PA) van Gayton McKenzie, ’n boorling van Heidedal, glo die kaarte deurmekaar gekrap en nie net stemme van die ANC weggerokkel het nie, maar ook van die DA.

Dit het glo gemaak dat die ANC uiteindelik hier gewen het.

Verder het die DA ’n wyk in Mafube (Frankfort) aan die ANC afgestaan nadat ’n onafhanklike kandidaat glo weer daar dinge gekompliseer het, en wat uiteindelik die ANC laat wen het.

Die ANC het dié wyk net met een stem bo dié van die VF Plus gewen.

James Letuka, DA-LP en kiesafdelingshoof van die Tokologo-munisipaliteit (Boshof, Dealesville en Hertzogville), en die Letsemeng-munisipaliteit (Koffiefontein, Luckhoff, Jacobsdal en Petrusburg), sê dit is heeltemal waar dat die DA wyk 2 in Boshof van die ANC afgeneem het, asook wyk 3 in Dealesville. - Marietjie Gericke

Lees meer2021-11-02 15:26:33Lede van politike partye hou Dinsdag die resultate van die plaaslike verkiesings dop soos wat dit inkom in die OVK se uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2021-11-02 14:53:25

ANC in Noordwes wil verbeter

Die ANC in Noordwes erken mense se ontnugtering oor die toestand van munisipaliteite in die provinsie het moontlik ’n groot rol gespeel in die lae kieseropkoms.

“Daarom wil ons verbeter, veral met die lewering van basiese dienste soos water,” het Kenny Morolong, ANC-woordvoerder in Noordwes, Dinsdagoggend gesê.

“Ons raadslede moet te alle tye beskikbaar wees.”

Waarnemers van die ANC, VF Plus en DA is dit eens dat die stemproses Maandag in Noordwes sonder ernstige voorvalle was. – Susan Cilliers

Lees meer2021-11-02 13:25:30

Koalisiepraatjies?

Is dit dalk koalisie-praatjies? Patricia de Lille, Good-leier, by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria diep in gesprek met Herman Mashaba, leier van ActionSA. Foto: Sarel van der Walt

2021-11-02 13:21:53

Mashaba baie tevrede met party se vertonings

Herman Mashaba (middel), leier van ActionSA, praat Dinsdagmiddag in die nasionale uitslagsentrum in Pretoria met Gwede Mantashe, die ANC-voorsitter.

Mashaba het aan Netwerk24 gesê hy is baie tevrede met sy party se stewige vertonings in die plaaslike verkiesings, veral in die metrogebiede in Gauteng.

“Dit is vir ons 'n goeie basis vir die algemene verkiesing in 2024.” Foto: Sarel van der Walt

2021-11-02 13:09:21

Polisie skiet 3 dood in laatnag-drama by stempunt in KZN

Die polisie het Maandagaand laat drie verdagtes in Plessislaer in KwaZulu-Natal naby ’n stempunt doodgeskiet nadat ’n skietgeveg uitgebreek het.

Die polisie het die verdagtes by die betrokke stempunt genader voordat die skietery tussen hulle en die drie uitgebreek het.

Die verdagtes het probeer vlug in ’n motor waarvan die nommerplate verwyder is en het op die polisie losgebrand. Die drie is daarna noodlottig gewond.

Hou Netwerk24 dop vir meer. –Dennis Delport

2021-11-02 12:47:44

So lyk die WNNR se voorlopige voorspelling vir uitslae

Die WNNR en die SAUK sê in hul jongste voorspelling Dinsdagoggend vir die proporsionele steun die ANC sal slegs 37,4% van die proporsionele stemme in Gauteng op hom verenig teenoor die 31,2% van die DA en die EFF se 12,7%.

ActionSA van Herman Mashaba, voormalige DA-burgemeester van Johannesburg, wat die eerste keer aan die verkiesing deelneem, kan moontlik 6% van die stemme op hom verenig. Die stempersentasie in Gauteng was na verwagting net 45%.

In 2016 was dit 57%.

Dié uitslag wys dat koalisievorming in dié provinsie waarskynlik onvermydelik sal wees. Nadat 18% van die stemme in die Ekurhuleni-metro verklaar is, meen die WNNR die ANC se steun sal 39,6% wees teenoor die DA se 30%, die EFF se 12,9%, die VF Plus se 4,4% en ActionSA se 5,9%.

Nasionaal is die verwagting dat die stempersentasie 46% sal wees en die ANC 46,7% van die stemme sal kry, die DA 22,6%, die EFF 10,6%, die Inkatha Vryheidsparty (IVP) 5,9% en die VF Plus 2,7%.

Die WNNR se model voorspel dit op grond van die 22,9% van die stemme wat uitgebring is.

In die Vrystaat, waar 25,9% van die stemme verklaar is, behoort die ANC 'n volstrekte meerderheid van 52,4% te kry teenoor die DA se 19,7% en die EFF se 12,6%. Die VF Plus se verwagte steun is 4,4%.

Die WNNR meen die stempersentasie hier was 45%.

In KwaZulu-Natal, die ANC se grootste provinsie, sukkel hy. Nadat die ANC in 2016 58,9% van die stemme gekry het, meen die WNNR dit kan dié keer daal tot 42,8%.

Die IVP, wat in 2016 18,5% steun geniet het, kan ná Maandag se verkiesings 24,3% steun verwag. Die DA se verwagte steun is 14,4% en dié van die EFF 9,3%.

In Mpumalanga sal die ANC na verwagting met 60% van die steun wen, gevolg deur die EFF se 15,6%, die DA se 12,2% en die VF Pus se 3,1%. In dié provinsie is 30,4% van die stemme al verklaar.

In die Noord-Kaap kan die ANC moontlik net-net nie 'n volstrekte meerderheid behaal nie. Die WNNR voorspel hy sal 49,9% steun kry, teenoor die DA se 20%, die EFF se 10,2% en die VF Plus se 3,5%. Die stempersentasie was 'n verwagte 56% (60% in 2016) en 56,7% van die stemme was toe al verklaar.

In Limpopo wag 'n wegholoorwinning op die ANC met 71,1% steun nadat 10,5% van die stemme verklaar is. Die EFF is moontlik die naasgrootste party (14,3%), die DA (6,8%) die derde grootste en die VF Plus (1,6%) die vierde grootste.

In die Oos-Kaap sal die ANC met 64% van die stemme wen, gevolg deur die DA met 16,9% en die EFF met 7,7%. 31% van die stemme is al hier verklaar.

In Noordwes, waar die ANC erg verdeeld is en die stempersentasie na verwagting net 44% was, voorspel die WNNR die ANC sal met 'n meerderheid van 56% van die stemme wen, teenoor die EFF se 17,5% en die DA se 10,4%.

Die VF Plus se steun sal moontlik in die omgewing van 5,5% wees.

Wat die Wes-Kaap betref, sal die DA 'n volstrekte meerderheid van 51,4% behaal, terwyl die ANC 21,7%, die EFF 3%, die ACDP 1,8%, die VF Plus 3,9% en Good 4,3% steun sal hê. Die voorspelling is gegrond op 35% van die stemme wat reeds in dié provinsie verklaar is. In die vorige plaaslike verkiesings het 54,5% van die inwoners vir die DA, 24,8% vir die ANC en 8,2% vir die EFF gestem. Die stempersentasie was 62% in 2016 teenoor 52% vandeesweek. –Sarel van der Walt

2021-11-02 12:42:47

DA loop voor in uMgeni

Die DA loop voor in uMgeni en vroeë aanduidings is dat dit moontlik die eerste munisipaliteit in KwaZulu-Natal is waar die party sal regeer.

Altesaam 20 882 kiesers het Maandag hier gestem. Met sowat 73% van die stemme wat reeds getel is, het die DA 4 van die 25 setels opgeraap en loop hy tans voor met 61,42% van die stemme.

Die ANC is tweede met twee setels en 30,92% van die stemme. Die ANC is tans die regerende party nadat hy in 2016 met 13 setels en 55,79% van die stemme in dié munisipaliteit geseëvier het. uMgeni word deur ernstige waterprobleme geraak.

John Steenhuisen, DA-leier, het Maandag gesê die DA is vol hoop dat hy die munisipaliteit sal oorneem. –Dennis Delport

2021-11-02 12:07:40Dit is die einde van die inligtingsessie.2021-11-02 12:03:51

Stemmery op Maandag weens 'omstandighede'

Die keuse dat die verkiesings op ‘n Maandag plaasgevind het, is deur omstandighede meegebring, sê Mamabolo.

Die tellery van die stemme gaan voort. Dit blyk dat 27% van die stemme teen 12:00 Dinsdag reeds getel is.

Die nuuskonferensie is verby.

2021-11-02 11:49:58

Finale uitslae van verkiesing Donderdag verwag

Die OVK sal waarskynlik Donderdag die finale uitslae bekend maak.

2021-11-02 11:37:36

OVK vra om verskoning aan joernaliste

Die OVK vra om verskoning aan joernaliste wat hardhandig by stempunte behandel is.

2021-11-02 11:34:09

'Genoeg stembriewe is gedruk'

Daar is genoeg stembriewe gedruk en tekorte word nie voorsien nie, sê Mamabolo.

Probleme in dié verband het eerder met die verspreiding en te min stembriewe wat by stempunte beland het, te make gehad.

2021-11-02 11:28:49

Skandeerders was 'goeie nasionale belegging'

Die skandeerders was ‘n goeie nasionale belegging. Daar was wel haakplekke, maar dié masjiene sal in die toekoms ‘n groot rol speel met verkiesings.

2021-11-02 11:26:46

Registrasieproses 'verloop vinniger vanweë nuwe skandeerders'

Danksy die nuwe skandeerders het die registrasieproses baie vinniger verloop as in die verlede, sê Mamabolo.

2021-11-02 11:23:13

OVK 'vertoon goed onder druk'

Janet Love, ondervoorsitter van die OVK, sê die OVK het goed onder druk vertoon, en het onbevooroordeeld gebly.

Die OVK verdien baie lof vir wat hy onder ongelooflike moeilike omstandighede reggekry het, sê Mamabolo.

2021-11-02 11:21:15

Meer as 12 miljoen stem in verkiesing

12,2 miljoen mense uit die 26, 2 miljoen geregistreerde kiesers het die afgelope naweek met die uitbring van spesiale stemme en op verkiesingsdag, Maandag, gestem, sê die OVK. Dit is volgens die telling van die OVK se skandeerders.

Die voorlopige kiesersopkoms is dus 46%. In 2016 was dit 57%.

2021-11-02 11:17:42

OVK wil beurtkrag keer sodat stemme getel kan word

Onderhandelinge is aan die gang sodat beurtkrag nie 'n invloed het op die tel van die stemme nie.

2021-11-02 11:16:43

'Tree verantwoordelik op en aanvaar die uitslae'

Die OVK vra politieke partye om verantwoordelik op te tree en die uitslae van Maandag se plaaslike verkiesings te aanvaar, sê Mamabolo. Aanvalle op verteenwoordigers van die Verkiesingskommissie het moontlik bygedra tot die laer stempersentasie, sê hy.

2021-11-02 11:14:12

90% van stemme sal teen vanaand getel wees

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die OVK, sê 90% van die uitslae sal teen vanaand afgehandel wees. Tot dusver is 74% van die tellery in die Noord-Kaap, 46% in Wes-Kaap en 26% in die Vrystaat reeds afgehandel. Die res van die provinsies wissel tussen tussen 15% en 37%.

2021-11-02 10:55:29

OVK sê oor die jongste uitslae

Die Verkiesingskommissie (OVK) hou om 11:00 sy volgende nuuskonferensie by die uitslagsentrum in Pretoria.

2021-11-02 09:43:49

DA sê hy wen Kouga-munisipaliteit – Elmarine Anthony

Die DA het Dinsdag net ná 07:00 in ‘n inskrywing op die Kouga-munisipaliteit se Facebook-blad beweer hy het die meerderheid stemme in dié munisipaliteit in die Oos-Kaap verwerf, terwyl al die stemme nog nie getel is nie.

“Kouga bly onder DA-beheer. Die DA het die meerderheid van die stemme verwerf en verskeie wyke behou en gewen. Meer inligting volg,” lui die inskrywing.

Netwerk24 het Andrew Whitfield, provinsiale voorsitter van die DA in die Oos-Kaap, het by navraag gesê: "Nie-amptelike uitslae toon dat ons Kouga gewen het".

Dinsdag om 09:30 is 80% van die stemme in Kouga getel. Die DA loop voor met 25 230 stemme (50,86%) gevolg deur die ANC met 19 791 stemme (39,89%).

2021-11-02 09:27:13Die jongste stand van die plaaslike verkiesings op die elektroniese bord by die uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Sarel van der Walt

2021-11-02 09:02:13John Steenhuisen, leier van die DA, by die uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2021-11-02 08:38:48

ANC-steun kan tot 47% val, voorspel WNNR –Sarel van der Walt

Die ANC sal ná die tel van stemme in Maandag se plaaslike verkiesings landwyd met 47% van die proporsionele stemme tevrede moet wees.

Só het die WNNR en die SAUK Dinsdagoggend voorspel nadat die eerste uitslae deur die loop van die nag bekend geword het.

In 2016 met die vorige plaaslike verkiesings het die regerende party 54,5% van die stemme op hom verenig en met die algemene verkiesing in 2019 55,7%.

Hulle voorspel die DA sal uiteindelik 23,2% van die kiesers se stemme kry. Die DA se steun met die algemene verkiesing in 2019 was 21,9%.

Die EFF, wat toe 11,4% steun gehad het ná 8,2% in 2016, sal met 10,1% van kiesers se steun tevrede moet wees.

Die Inkatha-Vryheidsparty (IVP), wat in 2019 3,8% steun geniet het, sal dit opstoot tot 6%.

Die VF Plus sal landwyd 2,9% van die kiesers se gunstelingparty wees.

Die WNNR en SAUK voorspel ’n stempersentasie van 48%. Dit is 9% minder as vyf jaar gelede.

ActionSA, wat net aan die verkiesings in die Gautengse metro’s – Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane – en die eThekwini-metro (Durban), Newcastle en KwaDukuza (Stanger) in KwaZulu-Natal deelgeneem het, kan danksy sterk vertonings Maandag 1,2% van die stemme in dié verkiesings landwyd agter sy naam skryf.

Cope (0,2%), UDM (0,5%), ACDP (0,7%) en Good (0,5%) sal almal met minder as 1% van die kiesers se steun tevrede moet wees.

2021-11-02 07:38:16

2021-11-02 07:37:50

ANC bedank almal vir hul ondersteuning

Die ANC het sy kiesers op sosiale media vir hul ondersteuning bedank. In die foto waarop pres. Cyril Ramaphosa, ANC-president, is, bedank die party al hul vrywilligers, families, gemeenskappe en “almal”.

“Dit is jou oomblik hierdie. Jy het jou keuse uitgeoefen. (Dankie!) Re a leboga! Siyabonga!” lui die boodskap wat Dinsdagoggend geplaas is.

2021-11-02 07:31:59

2021-11-02 07:30:26

Hill-Lewis moontlik nuwe burgemeester van Kaapstad

News24, Netwerk24 se susterspublikasie, voorspel dat Geordin Hill-Lewis (34) van die DA Kaapstad se volgende burgemeester gaan wees.

Volgens sy verkiesingsontleding sal die DA se steun met 8% tot 58% daal, maar die DA sal steeds aan die stuur van sake in Kaapstad bly.

Dawie Scholtz, News24 se verkiesingsontleder, sê op Twitter die ANC se steun sal met 6% tot 19% daal. Die EFF sal 5% kry en Good en die ACDP albei 3%.

2021-11-02 07:06:36

‘Dit lyk goed vir ons,’ sê VF Plus

Hy besef dit is nog baie vroeg in ná Maandag se plaaslike verkiesings, maar “dinge lyk goed vir ons”.

Só het Wouter Wessels, die VF Plus se verkiesingshoof, by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria aan Netwerk24 gesê. “Ons het al twee wyke in Mpumalanga gewen en een in die Noord-Kaap. Nie-amptelik het ons al ‘n wyk in Potchefstroom gewen en dit lyk ook of ons die wenner in ‘n wyk in Oudtshoorn was,” sê hy.

Die VF Plus het volgens berigte op baie plekke veral steun van die DA weggerokkel.

Wessels meen daar sal teen vanaand ‘n duideliker prentjie wees hoe die verkiesings afgeloop het.

2021-11-02 07:06:28

‘Dit lyk goed vir ons,’ sê VF Plus

Hy besef dit is nog baie vroeg in ná Maandag se plaaslike verkiesings, maar “dinge lyk goed vir ons”.

Só het Wouter Wessels, die VF Plus se verkiesingshoof, by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria aan Netwerk24 gesê. “Ons het al twee wyke in Mpumalanga gewen en een in die Noord-Kaap. Nie-amptelik het ons al ‘n wyk in Potchefstroom gewen en dit lyk ook of ons die wenner in ‘n wyk in Oudtshoorn was,” sê hy.

Die VF Plus het volgens berigte op baie plekke veral steun van die DA weggerokkel.

Wessels meen daar sal teen vanaand ‘n duideliker prentjie wees hoe die verkiesings hulself uitgespeel het.

2021-11-02 06:29:20

2021-11-02 06:26:40

ANC loop voor in Jhb-metro

Dis nog baie vroeg, maar in die plaaslike verkiesings in die Johannesburg-metro loop die ANC tans voor met 34,45% (2 807 stemme), gevolg deur die DA se 22,66% (1 846 stemme) en ActionSA van Herman Mashaba (19,95% (1 625 stemme).

Dit is volgens die amptelike syfers van die Verkiesingskommissie.

2021-11-02 06:18:19

2021-11-02 06:12:18

WNNR verwag stempersentasie van 47%

Die WNNR voorspel die stempersentasie sal uiteindelik 47% wees, berig die SAUK. In 2016, met die vorige plaaslike verkiesings, was dit 57%.

2021-11-02 06:06:25

9% se stemme is al getel

Landwyd is nog net 9% van die stemme al getel.

2021-11-02 05:56:36

VF Plus spog met 3 wyke

Die VF Plus het in hierdie vroeë stadium van die stemtellery 17,05% van die stemme in Noordwes op hom verenig, 12,48% in Limpopo, 10,5% in Gauteng, 5,6% in die Vrystaat en 6,6% in die Noord-Kaap. Die party spog nou met drie wyke wat deur hom beheer word.

2021-11-02 05:43:23

DA vat wyk in Potchefstroom terug van VF Plus

Die DA het een van die twee wyke wat hy in tussenverkiesings in Potchefstroom (J.B. Marks-munisipaliteit) teen die VF Plus verloor het, teruggewen.

“Die ander een het hulle (VF Plus) met agt stemme behou,” het Cilliers Brink, DA-woordvoerder oor plaaslike regering, pas aan Netwerk24 gesê.

2021-11-02 05:42:07

ANC het sover 64 wyke gewen

Toe die son Dinsdagoggend sy kop oos van Pretoria begin wys waar die Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum is, is Suid-Afrikaners begroet met die nuus dat die ANC die vroeë voorloper in Maandag se plaaslike verkiesings is.

Teen 05:20, toe al hoe meer uitslae begin instroom het, het die ANC 43,75% van die stemme wat reeds getel is, op hom verenig, gevolg deur die DA met 28,89% en die EFF met 7,58%.

In daardie stadium het die ANC 64 wyke verower, maar kon nog nie die beheer van enige munisipaliteit verseker nie.

Op sy beurt kan die DA spog met 37 wyke, waarvan sewe in die Wes-Kaap is.

Die VF Plus (4,67%), wat volgens alle aanduidings op verskeie plekke veral van die DA stemme afgerokkel het, het in daardie stadium twee wyke verower.

Die EFF ook.

Die Patriotic Alliance het een setel gewen.

Die uitslae het deur die loop van die nag drupsgewys ingekom.

2021-11-02 04:45:01

Duidelike verskil in opkoms in Kaapstad

Dinsdag net ná 04:30 kon die ANC landwyd spog met 407 025 stemme en 43 wyke. Daarteenoor het die DA 293 405 stemme en 24 wyke gewen.

Die VF Plus het 47 890 stemme gehad en twee setels verower.

Dawie Scholtz, verkiesingsontleder van News24, het net ná 04:00 gesê hoewel minder as 2% van die uitslae in Kaapstad bekend is, was daar 'n duidelike verskil in die opkoms in tradisionele woonbuurte en townships: 66% in die woonbuurte teenoor 36% in die townships. Hy het dit benadruk dit is nog baie vroeg.

2021-11-02 04:20:18

2021-11-02 04:19:39Net ná 04:00 was dit baie stil in die nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Sarel van der Walt

2021-11-02 04:08:40

EFF en IVP het nog nie 'n setel gewen nie

Die uitslae van die plaaslike verkiesings begin al vinniger by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria-Wes instroom.

Teen 03:50 was die ANC steeds die voorloper met 26 setels en 340 783 van die stemme.

Die stemtellery is by 1 568 van die 23 148 kiesafdelings landwyd afgehandel.

Die DA is in die tweede plek met 14 setels en 218 024 van die stemme, gevolg deur die VF Plus met twee setels en 36 690 stemme en die Icosa met een setel en 4 541 van die stemme.

Hoewel die EFF 55 593 en die IVP 13 161 van die stemme gekry het, het nie een van dié twee partye al ’n setel verower deur ’n wyk te wen nie.

2021-11-02 03:51:14

2021-11-02 03:50:50

ActionSA krap sake om vir ANC in Jhb

ActionSA is die rede dat die ANC Johannesburg gaan verloor, voorspel prof. Piet Croucamp, politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU).

Croucamp het vroeg Dinsdagoggend gesê hy volstaan by sy twiet waarin hy dié voorspelling gemaak en bygevoeg dat Mpho Phalatse van die DA die burgemeester van dié metro kan word.

“Die risiko wat jy loop met voorspellings is dat dinge nog kan verander. Tog is daar patroonmatigheid. Wat ActionSA reg doen, is dat hy stemme van die DA en die ANC kry. Hy kry steun in die tradisionele wit woonbuurte van Parkhurst, sowel as in Soweto.”

Volgens hom is daar ook ’n tendens dat mense geneig is om vir ’n ANC- of DA-wyksraadslid te stem, maar dan vir ActionSA vir proporsionele verteenwoordiging stem.

Croucamp sê hy sal verbaas wees as ActionSA met die ANC in ’n koalisie tree.

Dawie Scholtz, verkiesingsontleder, het Dinsdagoggend onder meer getwiet: “Dit lyk of ActionSA 15% tot 20% van die wit steun in Johannesburg kry van die uitslae wat ek gesien het.”

Hy het ook vroeër getwiet oor ActionSA wat ten koste van die ANC in twee wyke in Soweto goed gevaar het. Volgens Scholtz het ActionSA selfs ’n wyk by die ANC by die Protea Glen Primary School afgerokkel.

In ’n ander twiet skryf hy: "Ek begin om in Soweto te sien dat daar wegbeweeg word van die ANC. Ons is moontlik in vir ’n plofbare uitslag in Johannesburg.”

2021-11-02 03:42:42

ANC het reeds 13 setels gewen

Teen 03:10 was die ANC landwyd die voorloper in die plaaslike verkiesings met meer as 210 00 stemme en 13 setels wat dié party op hom verenig het.

By sowat 1 159 van die 23 148 kiesafdelings is die stemtellery reeds afgehandel.

In die tweede plek is die DA met ses setels en 143 646 van die stemme, gevolg deur die VF Plus met twee setels en 26 116 van die stemme en die Icosa met een setel en 4 410 stemme.

Die EFF het sowat 32 425 stemme, maar het nog geen setels verower nie.

2021-11-02 00:42:12

17 van 23 143 kiesafdelings klaar getel

Resultate vir die plaaslike verkiesings word drupsgewys by die nasionale uitslagsentrum bekend gestel.

Teen 00:30 Dinsdagoggend was 17 van die 23 143 kiesafdelings klaar getel.

Met 849 verwerkte stemme was die ANC die party wat landwyd die meeste stemme op hom verenig het.

Die DA was in die tweede plek met 499 van die stemme en die VF Plus in die derde plek met 151 stemme.

2021-11-01 23:48:57

Opkoms in Wes-Kaap styg tot 35%

Die Wes-Kaap se stempersentasie het gestyg tot 35,9%, volgens die jongste syfers van die OVK.

Maandag omstreeks 23:30 is die eerste uitslae in die provinsie ook bekend gemaak vir een van die kiesdistrikte in wyk 12 in Oudtshoorn.

326 kiesers het geregistreer om by die Primêre Skool Zeekoegat te stem en 111 (34%) het uiteindelik kom stem.

In dié distrik het die DA 38% van stemme ontvang, die Vryheidsfront Plus 26% en die Oudtshoorn Gemeenskap Inisiatief 14,8%.

Michael Hendrickse, provinsiale verkiesingsbeampte, het vroeër die aand in die uitslagsentrum in Century City, Kaapstad, bevestig dat die opkoms in die Wes-Kaap teen 17:00 26% was en na verwagting deur die aand sal styg.

Hy het ook op ’n mediakonferensie ná 23:00 bevestig dat daar steeds gestem word in Wynberg en Kraaifontein, waar kiesers nog teen 21:00 tougestaan het toe die stembusse gesluit het.

Die OVK in die Wes-Kaap sal die media Dinsdag om 17:00 weer toespreek. – Malherbe Nienaber

2021-11-01 23:30:13

2021-11-01 23:27:34

ANC bekommerd oor swak opkoms

Die ANC is bekommerd oor voorlopige syfers wat dui op ’n taamlik swak opkoms by die stembus, sê Jessie Duarte, waarnemende sekretaris-generaal van dié party.

Sy voeg egter by dat dit nie noodwendig die regerende party by die stembus sal seermaak nie.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het Maandag bekend gemaak dat net sowat 8 miljoen Suid-Afrikaners (31% van geregistreerde kiesers) teen 17:00 stemme uitgebring het.

Volgens die OVK is dit nog te vroeg om enige ontledings in verband met die opkoms by die stembus te doen.

In die plaaslike verkiesings van 2016 het meer as 15 miljoen mense hul kruisies by die stembusse gaan trek, en die stempersentasie was meer as 58%.

Duarte het by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê om regverdig te wees, moet daar in ag geneem word dat spesiale stemme nie bygetel is nie.

“Uiteindelik kan die totale getal mense wat gestem het, nader aan 10 miljoen wees. As dit die geval is, sal dit nie ’n treinramp wees nie, hoewel dit nie ideaal is nie.

"Stempersentasie is ’n belangrike kwessie en as daar ’n lae opkoms is, moet almal bekommerd wees.”

Maar sy glo nie die kleiner opkoms sal noodwendig die ANC by die stembus benadeel nie.

Voorts het die ANC ook nog nie ’n “persentasie in ons kop” vir hoe hy oor die land heen sal vaar nie.

Sy verwag dat die ANC goed sal vaar in die metrogebiede van Tshwane en Ekurhuleni. Nog metrogebiede wat volgens haar dopgehou moet word, is eThekwini en Buffalo City. – Christiaan du Plessis

2021-11-01 23:12:14Die eerste uitslae van die plaaslike verkiesing is by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria-Wes bekend gemaak. Dit volg nadat stemtellery by ’n stempunt van die Umzimvubu-munisipaliteit in die Oos-Kaap afgehandel is. Die ANC loop voor met 173 van die 213 verwerkte stemme. Die VF Plus is tweede met 23 van die stemme en die EFF derde met 20 stemme. Foto: Christiaan du Plessis

2021-11-01 22:14:29Michael Hendrickse, provinsiale verkiesingsbeampte, spreek die media Maandagaand toe in die OVK se uitslagsentrum in Century City, Kaapstad. Foto: Malherbe Nienaber

2021-11-01 22:13:50

Robbeneiland se uitslae dalk nié eerste in Kaap

Hoewel daar net 144 kiesers op Robbeneiland is, gaan die uitslae eers Dinsdagoggend beskikbaar wees nadat dit per veerboot afgelewer word.

Die OVK in die Wes-Kaap het Maandagaand gesê Robbeneiland gaan dalk vanjaar nie die eerste uitslae in die provinsie oplewer met die plaaslike verkiesings nie.

Michael Hendrickse, provinsiale verkiesingsbeampte, het in die uitslagsentrum in Century City, Kaapstad, gesê die stemlokaal op die eiland sal soos al die ander om 21:00 sluit, maar dan sal daar tot die volgende oggend gewag moet word om die stembriewe te ontvang.

Hy het toe ook bevestig dat die stemopkoms in die Wes-Kaap teen 17:00 op 26% gestaan het en het bygevoeg dié persentasie sal waarskynlik deur die aand styg.

In 2016 se plaaslike verkiesings was die opkoms 63%.

Volgens Hendrickse moet mense onthou dat plaaslike verkiesings gewoonlik ’n laer opkoms as nasionale verkiesings het, waar kiesers ook nie in spesifieke kiesafdelings hoef te stem nie.

Behalwe vir die reën Maandag, het die OVK ook geworstel met kragonderbrekings by minstens sewe stemlokale, grootliks in die Kaapstadse metrogebied.

Hendrickse het gesê daar was teen 20:00 nog lang toue by sommige stemlokale en veral in die metropool.

Kiesers wat reeds in die tou gestaan het teen 21:00, sal steeds toegelaat word om te stem, maar niemand sal by die tou mag aansluit nie.

By navraag het Hendrickse benadruk dat die OVK genoeg stembriewe gehad het en mense slegs by stemlokale weggewys is as hulle nie geregistreer is of kon bewys dat hulle aansoek gedoen het om te registreer nie.

Die OVK in die Wes-Kaap sal die media weer om 23:00 toespreek. – Malherbe Nienaber

2021-11-01 21:14:30Die konferensie word afgesluit.2021-11-01 21:13:37

Abrahams sê die Zip-Zips sou gebruik word om rye te bestuur. As die toestel nie werk nie, sal dit op geen manier die stemproses raak nie.

Volgens hom is daar ook geen manier dat die OVK se stembriewe sal op raak nie, omdat hulle gesorg het vir stembriewe vir 110% van die getal kiesers.

In gevalle waar daar nie stembriewe was nie, is die kwessie opgelos. Die meeste stempunte wat só geraak is, was in eThekwini, waar 15 lokale geraak is.

Hy sê ook dit is onwaar dat die proses vertraag is weens kieserbestuurstoestelle wat van lyn af was. Die toestelle hoef nie aanlyn te wees nie.

2021-11-01 20:55:13

Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, sê hulle het nog geen inligting ontvang oor Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, wat by ’n stempunt in die Nelson Mandelabaai-metro hardhandig hanteer is nie.

Oor die kwessie van die verlenging van stem-ure, sê Mashinini hulle hanteer dit van geval tot geval en die OVK se sentrum is met hulle in verbinding.

Volgens Mashinini is dit ook te vroeg vir die OVK om ontledings te doen en menings te lug.

Dit is ook te vroeg om te sê daar is probleme met die kieserbestuurstoestelle.

Volgens hom is daar geen probleme met die toestelle nie, maar daar is wel probleme wat daarmee verband kan hou. Daar was byvoorbeeld beperkte tyd om inligting op te laai.

2021-11-01 20:48:15

Mosotho Moepya, kommissaris van die OVK, sê oor die kiesersopkoms kan hulle nie nou vergelykings tref nie, hoewel 8 miljoen mense teen 17:00 gestem het.

Die vraag is gevra of die OVK misluk het om te kommunikeer en of dit mense is wat vertroue in die politiek verloor het.

Hy vra dat die vraag teruggehou word.

Die OVK kyk na kwessies soos waar die tyd vir stemmery verleng word en het die instrumente tot sy beskikking om dit te doen.

2021-11-01 20:40:26

Oor die mense wat vroeër geregistreer het, wat toe nie op die kieserslys was nie, sê die OVK hy het besluit die kiesers mag stem.

Hulle word op ’n wettige manier by die lys gevoeg.

Hulle sal deur die kieserbestuurstoestel opgespoor word wanneer hul ID’s ingeskandeer word.

Daar was vroeër ook ’n kwessie met die rekords van sowat 60 000 kiesers. Dit is reggestel, maar sowat 32 000 van hulle het nog nie gestem nie. SMS’e sal aan die betrokke mense gestuur word om hulle te herinner om te gaan stem.

2021-11-01 20:30:15Granville Abrahams, hoof van verkiesingstelsels by die OVK, praat oor kiesers wie se besonderhede nie op die kieserslys verskyn het nie. Hy sê dit moet in ag geneem word dat nuwe tegnologie gebruik is vir die verkiesing.2021-11-01 20:23:11

2021-11-01 20:17:41

Stempunte sluit 21:00, maar almal in tou sal kan stem

Ondersoek is ook ingestel na die beweerde tekort aan stembriewe in verskeie stemdistrikte. Daar behoort egter geen tekort te wees nie, omdat die OVK 100% van die nodige stembriewe gekry het.

Die kwessie is intussen opgelos en die OVK hou sake dop. Al 20 stempunte wat weens betogings in KZN nie kon open nie, is intussen oop.

In die Oos-Kaap is die 19 stempunte waar daar onrus was, ook nou oop. Sy herhaal dat stempunte om 21:00 sal sluit. Kiesers wat dan in die ry staan, sal mag stem.

Sodra stemlokale gesluit het om 21:00 en kiesers in die rye klaar gestem het, sal die tellery begin. Die eerste uitslae word ná middernag verwag, sê Masuku.

2021-11-01 20:14:59

OVK sê stemmery vorder goed, 8 miljoen stem teen 17:00

Nomsa Masuku, kommissaris van die OVK, lees ’n verklaring van die OVK voor. Sy sê die stemmery vorder nog en dat 8 miljoen Suid-Afrikaners hul stemme uitgebring het teen 17:00.

Sy moedig kiesers aan om te gaan stem as hulle nog nie het nie.

Kiesers word herinner om te stem waar hulle geregistreer is.

Sy neem kennis van kiesers wat geregistreer het wat nie hul name op die kieserslys kan vind nie.

Die kommissie reageer op die klagtes namate dit ingedien word.

2021-11-01 20:00:26

2021-11-01 19:48:15

Klag ingedien oor stukkende toestelle

Die DA het ’n amptelike klag by die Verkiesingskommissie (OVK) ingedien oor stukkende kieserbestuurstoestelle wat by stemlokale gebruik word.

Hierdie toestelle word gebruik om te bevestig of ’n kieser geregistreer het en waar hulle geregistreer is.

Die toestelle is vanjaar vir die eerste keer gebruik en het by verskeie stemlokale tot oponthoude gelei toe dit vir ure aaneen buite werking was.

Wener Horn, die DA se verteenwoordiger in die OVK se nasionale skakelkomitee, het die klag by die OVK ingedien tydens ’n vergadering Maandagmiddag by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Komiteelede van die onderskeie partye het hier bymekaargekom om probleme en bekommernisse rondom stemdag te bespreek.

Horn sê die party se grootste kommer is dat kiesers nie hul kruisie sou kon trek weens dié probleem nie.

Stemlokale waar die toestelle glo veral moeilikheid gegee het, was in wyke in Kaapstad, Gqeberha, Polokwane en voorstede in Johannesburg.

Volgens Horn het mense by sommige lokale selfs moed opgegee omdat dit te lank geneem het.

Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, sê die kieserbestuurstoestelle het in die algemeen goed gewerk. – News24

2021-11-01 18:53:08

Maties stem steeds

Studente staan steeds tou by die Coetzenburg-stadion. OVK-beamptes by die Coetzenburg-stadion sê hier is deur die loop van die dag ‘n gesonde groep jong studente wat kom stem het. Die studente van Stellenbosch stem in wyk 8. Daar is enkele ure oor vir kiesers om hul kruisies te trek.

Foto: Breyten Cupido

2021-11-01 18:26:00

Zille glo hardhandig uit stemlokaal verwyder

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, het ’n klag van aanranding teen die Oos-Kaapse polisie aanhangig gemaak nadat sy glo hardhandig uit ’n stemlokaal in Bethelsdorp, Gqeberha, verwyder is.

Luidens ’n verklaring deur die DA het ’n polisiebeampte haar met haar hande agter haar rug uit die stemlokaal verwyder. “Hulle het haar arms in ’n greep gehad en gedreig om haar in ’n vangwa te laai,” lui die verklaring.

Zille was glo in die stemlokaal in die Laerskool Fernwood besig om kiesers aan te moedig om geduldig te wees. Grace Langa, woordvoerder van die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig dat ’n klag van aanranding, wat Zille teen die polisie aanhangig gemaak het, ondersoek word.

Na wat verneem word, het die polisie glo die selfoon afgeneem van ’n kollega van Zille wat ’n video van die voorval gemaak het. Die man het ’n klag van diefstal teen die polisie ingedien. Opod ondersoek ook hierdie klag.

Zille het Maandagaand ontken dat sy stemme gewerf het by die stemlokaal. Sy het op haar Facebookblad geskryf “om kiesers te groet, is vanselfsprekend. Dis iets wat ek geniet om te doen”.

“Maar wanneer rye begin lank word, begin dit al hoe belangriker raak om met die mense in daai rye te gesels om hulle gemotiveerd te hou, al raak hulle hoe gefrustreerd,” het sy bygevoeg.

Sy sê wat sy gedoen het, was om alle kiesers moed in te praat eerder as wat hulle tou opgooi en huis toe gaan.

Sy sê verder sy was baie versigtig om nie in die OVK se afgebakende gebied stemme te werf nie.

Volgens Zille het sy reeds vroeg die oggend die kwessie van die lang rye mense en stadige stemtempo met die stemlokaal se hoofbeampte opgeneem, maar geen positiewe terugvoer gekry nie.

Sy is later gevra om die stemlokaal te verlaat.Nadat ANC-agente haar daarvan beskuldig het dat sy stemme werf, het die hoofbeampte haar ook daarvan beskuldig.

Toe sy haar teen die beskuldiging verdedig, het die polisieman haar gegryp en by die stemlokaal uitmarsjeer.

Lees die volledige berig hier. 2021-11-01 16:55:55

Wie ook al wen moet munisipaliteite regruk – Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa, die ANC-leier, en die leiers van verskeie ander partye was Maandag deur die bank vol vertroue dat hul partye goed sal presteer in die plaaslike verkiesings.

Nadat hy en sy vrou, dr. Tshepo Motsepe, by die Hitekani Primary School in Chiawelo in Johannesburg gestem het, het hy gesê hy is seker sy party sal al drie metro's in Gauteng (Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni) verower.

Ramaphosa het weer erken dat die regerende party nie aan al die verwagtinge van sy kiesers en die landsburgers voldoen het nie. Hy glo die kiesers sal op een van twee maniere stem – “uit ondersteuning vir dit waarin hulle glo, of uit protes vir dit waarin hulle nie meer glo nie”.

Ramaphosa sê hy hoop dat enige party wat wen, munisipale sake voortaan op ‘n ander manier sal benader.

Lees later die volledige berig.

2021-11-01 16:28:26

2021-11-01 15:58:58

Tekort aan katoenstokkies veroorsaak probleme in Wes-Kaap

Weens ’n tekort aan katoenstokkies om kiesers se duime mee te merk was daar vertragings by verskeie stempunte in die Wes-Kaap.

So sê Brendan van der Merwe, DA-wyksraadslid in Parow en Bellville.

Van der Merwe sê verskeie DA-raadslede, hy inkluis, het na winkels soos Clicks en DisChem gegaan om oorpluisies te koop wat gebruik kan word om duime te merk.

“In die verlede het hulle ’n pen gebruik om mense se vingers te merk, maar weens Covid-19 gebruik hulle katoen-oorpluisies wat in ink gedruk word.

“Dit het by baie lokale opgeraak en kiesers moes dan eenvoudig in die gietende reën wag. Ons het ’n plan gemaak sodat dinge net kan voortgaan. Dit is chaos.” –Ané van Zyl

2021-11-01 15:35:02

2021-11-01 15:26:01Verteenwoordigers van verskeie partye het Maandagmiddag onder hul gazebo's buite die stemlokaal by Kasselsvlei Primêr in Bellville-Suid gesit. Verteenwoordigers van die Cape Coloured Congress, die ANC, die DA, die Patriotic Alliance en die Good-party het tente daar opgeslaan. Foto: Carl Thomas

2021-11-01 15:16:37

2021-11-01 15:09:32Edmund Strydom van Grabouw is 19 jaar oud en volgens hom is dit belangrik vir jongmense om te gaan stem sodat hul stem ook gehoor kan word. Menige jongmens het Maandag vir die eerste keer gestem. Foto: Mariëtte Strydom

2021-11-01 15:03:13

Om te stem 'n belegging in jeug se toekoms - Malema

Die jeug besef die toekoms van die land is in hul hande en dat dit 'n belegging is om in die plaaslike verkiesings te stem.

So het Julius Malema, EFF-leier, Maandag by die Mponegele Primary School in Seshego buite Polokwane gesê nadat hy gestem het.

Malema het meer as drie ure laat opgedaag by die skool in sone 1 in Seshego nadat sy woordvoerders aanvanklik gesê het hy sal 10:00 stem.

'n Klein groep vroue in EFF-hemde en vlae het gesing en gedans toe Malema se swart Mercedes-Benz ná 13:00 opgedaag het.

Malema het saam met sy vrou, Mantwa, langer as 'n halfuur geduldig in die bloedige son gewag voordat hulle hul kruisies kon trek. - Marietie Louw-Carstens

2021-11-01 15:00:24By die Moffat Mission in Kuruman in die Noord-Kaap was die stemlokaal teen 13:00 doodstil. Dit was die oggend baie besig, maar die bedrywighede het later tot stilstand gekom. Foto: Verskaf

2021-11-01 14:52:52

2021-11-01 14:51:07Die lang rye buite die Rand Park Primary School aan die Wes-Rand was nie te wyte aan kragonderbrekings in die gebied nie. Virginia Rakuba, hoofbeampte by die stempunt, sê hulle het geen kragonderbrekings ervaar nie en kiesers word elektronies en met die hand geregistreer. Foto: Arisa Janse van Rensburg

2021-11-01 14:48:46

Selfversekerde Ace se bloed steeds 'groen, goud en swart'

Die ANC is nie die ANC van leiers nie. So het Ace Magashule, geskorste ANC sekretaris-generaal (SG), gesê toe hy uitgevra is oor sy party se behandeling jeens hom.

Magashule het by die AME-kerk in Tumahole in Parys in die Vrystaat sy kruisie getrek. Voordat hy gaan stem het, het hy eers met ANC-ondersteuners gepraat wat nog steeds na hom as SG verwys.

"Dis die mense se beweging. Ek hoef nie anders te voel weens individue nie. Die beweging behoort nie aan individue nie."

Hy beplan ook nie om die party te verlaat nie.

"My bloed is groen, goud en swart. Jy verlaat nie die beweging nie. Jy bly hier, want niemand mag jou ooit uitskuif nie. Dit behoort aan die massas van Suid-Afrika, wit en swart."

Magashule is ook vol selfvertroue dat hy binnekort weer in sy amp sal dien. –Raymond Willemse

2021-11-01 14:36:37Gert Visser, huidige DA-wyksraadslid vir wyk 65 in Centurion (wat onder meer Heritage Hill en Highveld insluit) het op 'n WhatsApp-groep gesê amptenare van die OVK is op pad na die stempunt by die Centurion-toetssentrum. Daar is net twee operateurs aan diens omdat OVK-beamptes wat aan dié stempunt toegewys is, glo nie vroeër opgedaag het nie. Lang rye mense het vroeër daar gewag om te stem. – Sarel van der Walt2021-11-01 14:34:34

2021-11-01 14:33:09

2021-11-01 14:05:44

Jolige Zuma sê hy stem steeds ANC

Oudpres. Jacob Zuma het Maandag in sy wyk in sy tuisdorp, Nkandla, in KwaZulu-Natal gestem. "Ek het klaar gestem. Ek het mooi gestem. Ek is bly daaroor. Ek het geen probleme ondervind nie," het hy buite die stemlokaal aan joernaliste gesê.

Hy het ook duidelik gemaak dat sy stem nie 'n geheim is nie.

"Ek stem vir die ANC."

Zuma het ANC-ondersteuners aangemoedig om dieselfde te doen. Hy was in 'n jolige luim tydens sy verskyning by die stemlokaal en het selfs 'n ANC-beffie oor sy hemp aangetrek om openlik sy steun aan die regerende party te wys.

Hy is tans op mediese parool nadat hy gevonnis is vir minagting van 'n konstitusionele hofbevel om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn.

Hy het verlede maand ook sy ondersteuners en ander gegriefde ANC-lede wat ontevrede is met pres. Cyril Ramaphosa en die res van die huidige ANC-leiers, aangemoedig om steeds in die plaaslike verkiesings vir die ANC te stem en om in die party aan te bly as hulle volgende jaar by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie van die huidige leiers ontslae wil raak.

Die munisipaliteit waarin Nkandla geleë is, was tot Maandag onder die beheer van die IVP, wat dit in die 2016- plaaslike verkiesings gewen het toe Zuma nog staatshoof was. –Llewellyn Prince

2021-11-01 14:00:10

Dis die einde van die inligtingsessie.

2021-11-01 13:43:29

Mamabolo is gevra of daar 'n vergelyking getref kan word tussen die 3,5 miljoen mense wat teen 12:00 vandag gestem het en die getal mense wat teen dieselfde tyd op stemdag in 2016 gestem het. Sy antwoord was nee. Dit is omdat hulle vandag se syfers onmiddellik kon kry omdat die nuwe kiesersbestuurtoestelle slegs van vanjaar af gebruik word.

Die masjiene werk intyds en voer inligting onmiddellik deur na die OVK se uitslagsentrum in Pretoria sodra 'n kieser se besonderhede geskandeer is. Destyds is dit nie gebruik nie en daar was toe geen manier om te bepaal hoeveel mense teen 'n sekere tyd al gestem het nie.

2021-11-01 13:42:50Mamabolo sê mense wat gemerkte stembriewe in stembokse druk, pleeg 'n misdaad omdat hulle daarmee 'n verkiesing steel. 'n Vorige oortreder is al vyf jaar tronk toe gestuur. Hy benadruk dit dat 'n tekort aan stembriewe by stemlokale nie 'n probleem behoort te wees nie. Hy sê die kommissie sal later besluit oor tot hoe laat stemlokale wat laat oopgemaak het, sal oop bly. Dit sal afhang van hoeveel mense teen 21:00 nog moet stem.2021-11-01 13:39:45Mamabolo sê die 29 000 kiesersbestuurtoestelle wat tans gebruik word, funksioneer meestal goed. Net enkeles het in die oggend probleme gehad, wat nou uitgesorteer is.2021-11-01 13:29:27Nog vrae word gevra.2021-11-01 13:29:08Mamabolo sê die voorsittende beampte wat gemerkte stembriewe in houers by 'n stemlokaal in eThekwini ingedruk het, is gearresteer. Hy sal daarvoor vervolg word.2021-11-01 13:28:13Hy sê 29 000 kiesersbestuurtoestelle, wat direk met die OVK verbind is, is vanoggend aangeskakel. Dit is om die stemproses te vergemaklik. Dit is vanjaar die eerste keer tydens die registrasienaweek gebruik, en nou ook op stemdag. Hulle is in die algemeen tevrede met hoe dit werk, hoewel daar 'n paar gevalle van tegniese probleme was.2021-11-01 13:23:27Sy Mamabolo, die OVK se hoofkiesbeampte, beantwoord eerste van die vrae. Hy sê daar sal 'n ondersoek gedoen word na die arrestasie van die TV-joernalis wat vroeër vandag by 'n stemlokaal in hegtenis geneem is.2021-11-01 13:20:27

Hy benadruk dit dat die stemmery tot 21:00 Maandag sal voortduur wanneer stemlokale sluit. Kiesers wat dan nog in rye by stemlokale is, sal toegelaat word om te stem. Kiesers word daaraan herinner dat hulle net kan stem in die wyk waarin hulle geregistreer is.

Mashinini sê die inbelsentrum sal ook tot 21:00 oop wees om kiesers by te staan. Volgens hom moet kiesers hul identiteitsdokument by hulle hê as hulle gaan stem. Elke stembrief moet op die agterkant daarvan in die stemlokaal gestempel word om geldig te wees.

Die neem van foto's van gemerkte stembriewe word verbied. Hy doen 'n beroep op mense om nie foto's daarvan te neem nie. Die OVK herinner ook werkers in die landbou, kleinhandel, mynbou, ensovoorts, daaraan dat vandag tot 'n vakansiedag verklaar is om almal in staat te stel om te kan stem.

Dit is nou tyd vir vrae.

2021-11-01 13:17:35Die OVK is ook jammer oor die inhegtenisneming van 'n joernalis van Newzroom Afrika in Soweto. Die joernalis is volgens hom ná die ingryping van die OVK vrygelaat. Ondersoek sal gedoen word daarna.2021-11-01 13:17:10

In Limpopo het haelstorms die open van stemlokale in Giyani belemmer.

Daar was ook gevalle van kragonderbrekings in Limpopo en die Noord-Kaap.

'n Waarnemer is by een stemlokaal versoek om 'n stemlokaal te verlaat omdat hy party-regalia gedra het.

In Taung, Noordwes, het die kommissie klagtes ingedien teen 'n voorsittende beampte wat 'n stemhouer oopgemaak het nadat dit reeds geseël was.

2021-11-01 13:16:19

Hy sê verder dat 'n voorsittende beampte in eThekwini-metro is in hegtenis geneem omdat die persoon glo gemerkte stembriewe in stemdose ingedruk het by die stemlokaal waar die persoon die hoof is.

Die aangeleentheid is nou in die hande van die polisie.

In die Oos-Kaap kon 19 stemlokale nie oopmaak nie weens gemeenskapsbetogings. Die gemeenskapslede daar het slote in die pad gemaak om OVK-personeel te verhoed om by stemlokale daar uit te kom. Dit word tans opgelos.

2021-11-01 13:15:25Mashinini sê dit kan met presiesheid gesê word vanweë die nuwe kiesersbestuurtoestelle wat gebruik word. Hy sê daar was aangemelde voorvalle. In KwaZulu-Natal kon 20 stemlokale in Camperdown nie oopmaak nie weens betogings. Dit is nou oop danksy die hulp van die polisie.2021-11-01 13:14:33Meer as 3,5 miljoen mense het teen 12:00 al gestem.2021-11-01 13:14:16

Glen Mashinini, OVK-voorsitter, is die eerste spreker. Hy sê hulle wil met die goeie nuus van die 2021- plaaslike verkiesings begin en dit met die nasie deel.

"Die OVK is baie tevrede om verslag te kan doen dat meer 99% van die meer as 23 000 stemlokale Maandagoggend betyds oopgemaak het om die stemproses te begin. Die kommissie loof Suid-Afrikaners wat in groot getalle so vroeg in die oggend gekom het om te kan stem. Die groot getalle duur steeds voort. Baie stemlokale het van vroegdag af 'n sterk opkoms aangemeld met baie kiesers wat reeds van voor 07:00 in rye gewag het om te kan stem. Oor die algemeen vordering stemmery goed oor die land heen. Die kiesersbestuurtoestelle doen ook hul werk goed."

2021-11-01 13:03:28Die Verkiesingskommissie begin nou met sy nuuskonferensie oor hoe die stemmery tot dusver landwyd verloop het.2021-11-01 12:57:03

Reën, krag raak verkiesings in Wes-Kaap

Reënweer en kragonderbrekings het die oggend probleme by van die stemlokale in die Wes-Kaap veroorsaak.

Die OVK het in ’n mediavergadering bevestig dat hoewel sommige lokale laat geopen het, is al die lokale in die provinsie oop en verloop die verkiesings vlot, ondanks swaar reën op plekke.

Michael Hendrickse, provinsiale verkiesingsbeampte, sê die weer het veral die tydelike stemlokale in tente geraak, waar versterkings aangebring moes word.

Dié lokale is grootliks in die Kaapstad-metropool.

Enkele stemlokale in die metro is ook geraak deur kragonderbrekings weens kabeldiefstal en word in samewerking met die metro hanteer.

Hendrickse het ook bevestig dat die verkeerde stembriewe vir die distrik by een lokaal in die Wes-Kaap ontvang is, maar dit is ná ses stemme reeds opgemerk en dié stembriewe wat reeds gebruik is, word afsonderlik gehou.

Die OVK sal om 19:00 weer ’n mediavergadering by die provinsiale uitslagsentrum in Century City hou. - Malherbe Nienaber

2021-11-01 12:54:46

Mense glo steeds in ANC in eThekwini, sê Blade

Inwoners van die eThekwini-metro in KwaZulu-Natal het op verkiesingsdag steeds hoop vir die ANC.So het dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Maandag op sy besoek aan stempunte gesê.

“Ek is daarvan oortuig dat ons die metro gaan behou,” het hy kortliks aan Netwerk24 gesê.

Hy sê vroeë aanduiding is dat meer mense as wat verwag is, in die metro gaan stem. “Dit self is goed vir die ANC,” sê hy.

2021-11-01 12:52:09Oudpres. Thabo Mbeki het Maandag sy kruisie by die Holy Family College in Killarney, Johannesburg, gaan trek. Foto: ANC

2021-11-01 12:48:19

Croucamp gaan nie stem nie

Hy het gekyk na al die politieke partye en individue wat aan vandag se plaaslike verkiesings deelneem en kon hom nie met enige daarvan identifiseer nie.

Daarom het hy besluit om nie aan Maandag se plaaslike verkiesings deel te neem nie, het die politieke ontleder dr. Piet Croucamp van die Noordwes-Universiteit op Twitter gesê.

Daarna het ander Twitter-gebruikers hom behoorlik gekritiseer.

“Akademici, kommentators en politieke joernaliste wat daarop ingestel is om vir ander mense te sê wat reg is en hoe hulle behoort te stem, kompliseer eintlik dit wat in die frontale lob van ons brein aangaan oor wat ons self moet stem,” het Croucamp by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria aan Netwerk24 gesê.

"Ek het na al die partye en die individue gekyk en kon my nie tot enige verbind nie.

“Miskien is 'n oppervlakking besig om by my in te tree. Ek kan nie vir die DA stem nie, want ek sien nie meer kans vir 'n John Steenhuisen (DA-leier), Helen Zille (oudleier en tans die party se federale voorsitter) en Dean MacPherson (provinsiale voorsitter van die DA in KwaZulu-Natal) nie.

“Daardie persoonlikhede vervreem my van die DA. Persoonlikhede vervreem ook baie ander mense.

“Daar is baie mense wat sê hulle het nie 'n probleem met die DA-beleid nie, maar hulle sien nie kans vir daai, óf daai, óf daai persoon nie.

“Ek dink daar is waarskynlik baie swart Suid-Afrikaners wat so voel, want baie van hulle weet nie wie hy is nie. Meningspeilings wys dit,” meen Croucamp.

“Ek kan ook nie identifiseer met die VF Plus nie. My politieke gedagtegang is net op 'n ander plek. Ek het ideologies nie 'n probleem met hulle nie.

“Wat my van ActionSA pla, is veral sy beleid oor immigrante en die noue bande wat Herman Mashaba (ActionSA se leier) met die EFF in die Johannesburgse metroraad gehad het toe hy nog die burgemeester was. Myns insiens het hy Johannesburg sodoende 'n groot knou toegedien.

“Ek het met die lysie afgegaan en kon nêrens 'n party kry wat ek kon sê ten spyte van dit of dat sal ek vir dié party stem nie,” sê Croucamp.

“Net 65% van die kiesgeregtigdes in Suid-Afrikaners is vir die verkiesing geregistreer. Van hulle gaan net 37% waarskynlik uiteindelik stem.

“Ek het net besluit ek is deel van die goeie meerderheid as ek vandag nie wil deelneem nie." - Sarel van der Walt

2021-11-01 12:36:27

Stemmery begin vlot, betyds by meeste lokale landwyd

Stemmery het vlot en betyds by meeste stemlokale landwyd begin.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het dit Maandagoggend bevestig nadat stembusse omstreeks 07:00 geopen het vir geregistreerde kiesers om hul kruisies in vandag se plaaslike verkiesing te gaan trek.

Stemlokale sal tot 21:00 Maandagaand daarvoor oopbly.

Kate Bapela, OVK-woordvoerder, het gesê die OVK is veral bemoedig dat baie van die 23 148 stemlokale landwyd sterk stemopkomste van vroegoggend aangetoon het met baie kiesers wat reeds voor 07:00 in rye gewag het om te kan stem. Vertragings is egter by minder as een persent van die stemlokale aangeteken weens onder meer OVK-tente wat oornag omgewaai is deur sterk winde of die laat aankoms van OVK-personeel en stemmateriaal by ‘n paar stemlokale.

“Die kommissie kan ook verslag doen dat ‘n voorsittende beampte in die eThekwini-metro in hegtenis geneem is nadat die persoon na bewering gemerkte stembriewe in ‘n stemdoos gedruk het. Die saak is nou in die hande van die polisie. Die voorval het nie stemmery verder daar geraak nie en dit dui op die voorsorgmaatreëls in die stemproses, wat ‘n aktiewe rol van party- en onafhanklike kandidaat-agente insluit.”

Bapela het gesê die OVK is ook tevrede dat die weer betreklik goed in baie dele van die land is en dit nie stemmery vroeg op stemdag negatief geraak het nie.

Sy het dit ook duidelik gemaak dat kiesers wat teen 21:00 Maandagaand in rye by stemlokale is, steeds toegelaat sal word om te stem. Die OVK herinner kiesers ook weer daaraan dat hulle hul identiteitsdokumente by hulle moet hê wanneer hulle Maandag gaan stem en dat hul stembriewe op die agterkant deur OVK-personeel gestempel moet wees.

“Kiesers word ook daaraan herinner dat dit verbied word om ‘n foto of “selfie” van gemerkte stembriewe te maak. Dit is noodsaaklik om die geheimhouding en integriteit van hul stemme te beskerm,” het Bapela bygevoeg.

Die kommissie het ook op alle werknemers in veral in die landbou-, kleinhandel-, vervoer-, mynbou- en ander sektore daaraan herinner dat stemdag as ‘n openbare vakansiedag verklaar is om alle Suid-Afrikaners toe te laat om te stem. – Llewellyn Prince

2021-11-01 12:21:29

Met slegs een skandeermasjien vir identiteitsdokumente verloop sake baie stadig by die RTS Ministries-stemlokaal in wyk 38 van die Nelson Mandelabaai-metro.

Nondumiso Dastile, voorsittende beampte van die OVK, sê die kiesers is ongeduldig, maar sy meen hulle kan nie veel vinniger werk nie.

Buite die stemlokaal staan mense baie na aanmekaar en geen gesonde afstande word gehandhaaf nie. Kelvin Vaaltyn sê hy wag al byna ’n uur in die ry buite die gebou.

Hy sê daar was aanvanklik onduidelikheid oor waar om te wag en meen die beamptes kon beter reëlings tref om mense verder uitmekaar te laat staan. Binne die gebou sit mense ook redelik naby mekaar om soveel moontlik mense uit die gure weer te kry.

Teen 11:00 het 310 van die sowat 2 400 geregistreerde kiesers hier reeds gestem. Foto: Cara-Lee Dorfling

2021-11-01 12:03:25

'Wees die verskil deur te stem'

Marizaan Munnik en Dané Dooge van Somerset-Wes stem saam dat inwoners wat ’n verskil wil maak dié verskil moet wees deur te stem. As jong mense wil hulle vir ander ’n stem wees en deur hul voorbeeld lei. Hulle glo as jy nie stem nie, kan jy nie oor die regering kla nie. “Daar is soveel korrupte beamptes wat ons land regeer en die enigste manier om dit uit te roei is deur te stem,” sê Dané. Foto: Jamey Gordon

2021-11-01 12:01:46

Talle trotseer koue om te stem

Talle inwoners het die koue weer trotseer om vanoggend te stem. Inwoners van Helderberg geklee in reënjasse moes aan hul sambrele vasklou terwyl ’n sterk wind gewaai en hulle in lang toue by stemlokale in Somerset-Wes gewag het. Hier staan vasbeslote kiesers by die Gordon High School. Foto: Jamey Gordon

2021-11-01 11:55:27

Hoop op verandering ná stemdag

Mpho Nogqolo (21) van Zone 20 Sebokeng in Midvaal hoop om ’n verandering ná die verkiesing te sien.

‘Hier is nie basiese dienste nie. Ons smeek al lank vir elektrisiteit, maar dit val op dowe ore. Nogqolo wat vir die eerste keer stem hoop ook daar word ‘n skool in die gemeenskap gebou.

’My sibbe moet ver reis om by ‘n skool uit te kom. Dit kos ook nog ekstra taxigeld en hulle moet vroeg opstaan.’

2021-11-01 11:52:33Zandré Snyman, helper-verteenwoordiger van die VF Plus, sê baie mense was reeds voor 07:00 by die Langenhovenpark-biblioteek in Bloemfontein. Daar is egter minder mense as wat Snyman verwag het. Sy sê die tou beweeg redelik vinnig. Foto: Marita Herselman

2021-11-01 11:31:14

Inwoners van Bellville briesend - Ané van Zyl

Inwoners van Oakglen in Bellville, Kaapstad, is briesend en druipnat by die NG kerk La Rochelle waar hulle kom stem het in die munisipale verkiesing.

Die lokaal het laat geopen, dinge was nie georganiseer nie, beamptes van die Verkiesingskommissie was nie opgelei nie en sommige mense het summier omgedraai, sê Albert Gouws, hoof van die DA in wyk 3.

Die hoof van die OVK by die lokaal, net bekend as mev. Conradie, het geweier om Netwerk24 se vrae te beantwoord en het gesê sy het nie tyd om met die media te praat nie.

Kwaai kiesers in die rye het gesê hulle wag al tot drie ure in die rye in gietende reën. "Dit is ongeorganiseerd," sê Riana Louw (41), wat met haar twee kinders, Zania (10) en Dihan (8) in die ry gestaan het.

"Hulle het nog glad nie met ons kom praat nie. Dis regtig 'n aaklige ervaring."

Haar man, Zac (40), sê kiesers bly in ligte luim en maak maar grappies om die tyd om te kry.

'n Ander kieser, Karen du Plessis, sê sy het die reën getrotseer om haar stem vir die DA uit te bring.

Sy is tevrede met hoe haar omgewing bestuur word deur die party.

Gous sê die OVK-beamptes het nie 'n afsonderlike ry vir bejaardes en mense met spesiale behoeftes geskep nie en talle bejaardes was ontsteld dat hulle lank buite moes staan. Een vrou was glo in trane en het gesmeek om hulp.

Conradie het ook nie op vrae hieroor gereageer nie.

"Ons is baie ontevrede. Ek is woedend," sê Yvonne Steyn (76), wat in die reën gestaan het. "As ek nie so lief was vir die reën nie, het ek nou ontplof."

2021-11-01 11:22:12

Talle onafhanklike kandidate neem ook deel aan die verkiesing

By stempunte soos dié in Stilfontein, Noordwes, pryk ook plakkate van onafhanklike kandidate.

Maandag teen 10:00 was daar nog geen gewelddadige voorvalle in Noordwes aangemeld wat verband hou met die verkiesing nie, se brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder.

Dr. Thumelontle Thiba, die OVK se hoofkiesbeampte in Noordwes, sê die verkiesing verloop tot dusver glad en geen voorvalle is nog aangemeld nie. "Ons moet nog net by 136 uit die 1 743 stemlokale in die provinsie hoor of alles volgens plan verloop. Ons verwag sowat 25% van Noordwes se 1,6 miljoen stemgeregtiges sal gaan stem omdat mense net in die wyk waar hulle woon, mag stem. Baie mense wat nie tuis is nie, sal dus nie by hul lokaal kan kom om te gaan stem nie." Foto: Susan Cilliers

2021-11-01 11:19:34

2021-11-01 11:17:52Desiree van der Walt, DA-LP en die verkiesingshoof van die DA in Limpopo, het in Tzaneen gestem. Foto: Verskaf

2021-11-01 11:16:26

In wyk 3 in Phomolong, Hennenman, het daar teen 10:00 nog net 70 uit die 1 002 kiesers hul stemme uitgebring. Bozzie Relling, ’n boer van die dorp, staan as DA-wykskandidaat.

Madisemelo Tsolanku van die OVK sê sy glo meer mense sal later vandag opdaag om te stem. Van links is Norman Ncombo, Selina Motholo en Chris Thapelo gereed om te stem.

Ncombo en Motholo het vir die kandidaat van African Democratic Change gestem terwyl Thapelo ’n ANC-ondersteuner is.

2021-11-01 11:04:48Patricia de Lille, leier van die Good-party, het haar stem by Pinelands Primary School in Kaapstad uitgebring. Foto: Jaco Marais

2021-11-01 10:54:22Elizabeth Lebese (43) van Chiarwelo, Soweto, maak gereed om haar kruisie by die Hitekani Primary School te trek. Sy sê sy sal vir dieselfde party stem as in die verlede en hoop dat dit ‘n werk en beter onderrig vir haar kinders sal beteken. Foto: Arisa Janse van Rensburg

2021-11-01 10:52:50Studente trotseer die reën by die Coetzenburg-sportsentrum in Stellenbosch waar baie van hulle moet stem. Foto: Henriëtte Loubser

2021-11-01 10:39:05

2021-11-01 10:34:26Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes, hoop sy party kan met vanjaar se plaaslike verkiesings sy getal wyke in die provinsie van 4 tot 8 verdubbel. “Ons fokus is die verbetering van dienslewering en instandhouding van infrastruktuur. Alles verval onder die ANC, ons moet terugkeer na die basiese.”

2021-11-01 10:32:37Winderige toestande in Worcester kon nie ‘n groep kiesers wat met ‘n taxi opgedaag het, keer nie. Een van hulle sê dat sy met hierdie verkiesing gaan fokus op dienslewering en dat sy vir haar hele familie gesê het hulle moet stem. Foto: Dominique Jeftha

2021-11-01 10:24:13Masizole Mnqasela, speaker van die Wes Kaapse wetgewer, stem by die Sandbaai-saal in Hermanus. Foto: Verskaf

2021-11-01 10:21:19Al waai die wind erg het dit kiesers nie gekeer om by die Crassula-gemeenskapsaal in Bettysbaai te kom stem nie. Foto: Rick Marais

2021-11-01 10:19:35

2021-11-01 10:17:41Jonathan Lawack, speaker van die Nelson Mandelabaai-metroraad, en sy vrou, Olga, wag by die Primêre Skool Kabega Park om hul kruisies te trek. Lawack tree Donderdag amptelik uit ná ’n loopbaan wat 53 jaar. Foto: Candice Bezuidenhout

2021-11-01 10:16:35By die NG gemeente Rietvallei in Elarduspark, in die ooste van Pretoria, handhaaf die kiesers gesonde afstande terwyl hulle wag om te stem. Die gemeente verkoop ook eet- en drinkgoed om die honger en dors te les. Foto: Ischke van Eeden

2021-11-01 10:14:54Dis ordelik en stil by die St. Michael’s School for Girls se stempunt in Bloemfontein.

2021-11-01 10:11:12Inwoners van Seshego, buite Polokwane, staan in ‘n ry by die Mponegele Primary School. Foto: Marietie Louw-Carstens

2021-11-01 10:07:09

2021-11-01 10:05:49Die ANC is sigbaar verteenwoordig in wyk 30 in Stilfontein, Noordwes. Die wyk is tans onder die beheer van die VF Plus. Stilfontein, in die Matlosana-munisipaliteit, is die tuisdorp van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Die ANC is vol vertroue dat hy wyk 30 van die VF plus kan afvat.

2021-11-01 10:04:17Nnini Jabari (42) sê sy stem vandag omdat sy haar reg uitoefen. Sy hoop op gelyke regte vir almal, ongeag ras. Dit blyk dat die ry taamlik gou by die Langenhovenpark-biblioteek in Bloemfontein beweeg. Foto: Marita Herselman

2021-11-01 10:02:51Pas gestem! Madelein Marais, Victor Cruywagen, Kobus Kruger, Ina Joubert en Petrus Vermeulen het by die St. Michaels-meisieskool in Bloemfontein gestem. Hulle is baie beïndruk deur die stemproses en sê hulle is positief oor die land. Foto: Cheréne Pienaar

2021-11-01 10:00:08Heelwat mense is in die tou by die Langenhovenpark-biblioteek in Bloemfontein om hul stem te laat tel. Foto: Marita Herselman

2021-11-01 09:54:54Die oud-Springbokafrigter Peter de Villiers, Good se burgemeesterskandidaat vir Drakenstein, stem saam met sy vrou, Theresa, by die Little People’s-stemlokaal in New Orleans, Paarl-Oos. Hoewel alles vlot verloop, het min mense tot dusver hul opwagting gemaak.

2021-11-01 09:53:09Herman Mashaba, leier van ActionSA, het Maandag by die Sandton-brandweerstasie gestem. Foto: verskaf

2021-11-01 09:50:54Magda Badenhorst (49) stem vandag by die Langenhovenpark-biblioteek in Bloemfontein vir beter paaie en teen korrupsie. Foto: Marita Herselman

2021-11-01 09:47:52

Tegnologie speel ‘n belangrike rol in verkiesing - deur Llewellyn Prince

Tegnologie speel vir die eerste keer vanjaar ‘n “groot en belangrike” rol in die plaaslike verkiesings.

Granville Abrahams, hoofbestuurder van verkiesingsake by die Verkiesingskommissie (OVK), het dit Maandagoggend aan die SAUK bevestig kort nadat stembusse landwyd om 07:00 geopen het.

Volgens Abrahams het die OVK vir die eerste keer vanjaar kiesersbestuur-toestelle (KBT) bekend gestel. “Vir hierdie verkiesings het ons deur die KBT-tegnologie nou direkte kommunikasie met al ons stemlokale wat ons nooit voorheen gehad het nie.

So gou as wat hierdie toestelle in stemlokale vanoggend landwyd aangesit word of as die eerste kieser daarmee geskandeer is, sal ons hier by die nasionale uitslagsentrum (in Pretoria) ‘n aanduiding kry dat daardie spesifieke stemlokaal oopgemaak het. Die werk in reële tyd en is regstreeks.

“Ons sal ook nou vir die heel eerste keer in hierdie verkiesings regstreekse terugvoer kry oor stemopkoms. Voorheen moes ons dit bepaal deur telefoonoproepe en om sulke inligting in ons stelsel by plaaslike kantore eers in te vul. Nou het ons direkte kommunikasie en verbindinge met stemlokale.

“Die inligting word onmiddellik na die uitslagsentrum gestuur en vanaand sal ons die uitslae soos dit inkom direk na alle media-instellings kan voer.”

Volgens Abrahams is daar kommer oor moontlike kragonderbrekings by uitslagsentrums en stemlokale deur die loop van die dag. “Dit is egter nie ons eerste verkiesings wat ons met sulke kommer deurgaan nie. Dit is die derde een hierdie.”

“Ons het egter verseker dat al ons KBT by stemlokale voldoende gelaai is sodat dit op batterye kan funksioneer vir ingeval die krag afgaan. Die grootste deel van die verkiesings sal egter in daglig plaasvind. As dit donker word sal ons net beligting benodig. Ons het gebeurlikheidsplanne vir dit soos battery-gedrewe beligting wat van ‘n sentrale plek aan enige stemlokaal verskaf word.

“Eskom het ook ‘n kantoor by die nasionale uitslagsentrum en het ‘n grootskerm hier vanwaar hulle die elektrisiteitstoevoer monitor. As daar enige verslae van kragonderbrekings by stemlokale deurkom, sal ons direk saam met hulle werk om dit op te los.”

2021-11-01 09:35:38

2021-11-01 09:33:23John Steenhuisen, DA-leier, is by die Northwood High School in Durban om te stem. Foto: Dennis Delport

2021-11-01 09:32:14Jeremy Clarkson (33) van Kaapstad sê jy kan hom nie genoeg geld betaal om terug te trek Johannesburg toe nie. “Dit is soveel beter in die Kaap. Ek is tevrede met hoe die DA die stad bestuur. Die parke is skoon, dinge werk.” Hy het Maandag die reën trotseer om sy kruisie te trek. Foto: Ané van Zyl

2021-11-01 09:30:35Patricia de Lille, leier van Good, gaan by die Pinelands Primary School in Kaapstad stem. Foto: Jaco Marais

2021-11-01 09:26:36Dr. Annelie Rabie (DA-burgemeesterskandidaat vir die Overstrand) saam met die speaker, Masizole Mnqasela, by die stemlokaal in Sandbaai (Hermanus).

2021-11-01 09:25:38Taryn Hodges (31) van Kaapstad sê sy het Maandagoggend vir die DA gestem omdat sy tevrede is met die werk wat hulle in die stad doen. Sy is oorspronklik van Durban en sê die twee stede kan nie vergelyk word nie. “Dis baie beter hier, meer georganiseerd. Dis my nuwe tuiste,” sê sy. Foto: Ané van Zyl

2021-11-01 09:24:42

Verskeie politieke partye het baniere opgeslaan buite die John Walton Secondary School in Kariega in die Nelson Mandelabaai-metro. OVK-beamptes sê hulle is tevrede met hoe die dag vorder en dat kiesers gou gehelp word.

Kiesers wat in ’n lang tou staan, maak seker dat mense wat ouer as 60 jaar is, voor gaan staan. Marchyn Brits het egter teleurgesteld van die stemlokaal weggestap omdat sy naam nie op die kiesersrol is nie. Hy sê hy het in September geregistreer.

“Ek teleurgesteld dat my stem van my weggeneem is vir die volgende vyf jaar,” het hy aan Netwerk24 gesê. Foto: Cara-Lee Dorfling

2021-11-01 09:23:34Die sibbe Ziya (7) en Adam Brenner (9) geniet die parkie in Sunridge Park, Gqeberha, terwyl hulle wag vir hul ma om te stem.

2021-11-01 09:22:20Kiesers by die Deaf Community of Cape Town in Heathfield, Kaapstad, wag geduldig om te kan stem terwyl ‘n ligte reënbui Maandagoggend begin uitsak het. Foto: Llewellyn Prince

2021-11-01 09:21:25

2021-11-01 09:20:51’n Vrolike gevoel heers by die stemlokaal in Paballelo in Upington. Musiek blêr kliphard buite die stemlokaal. ’n ANC-ondersteuner vra vir ANC-lede: “Waar is die after party? Ons kan nie kom stem en nie ’n after party hê nie.” – Anena Burger2021-11-01 09:18:50Izan Schultz (35) van Boksburg het sy dogter, Hazel-Grace, seun, Silas, en hond, Luna, saamgebring na die stempunt by die Prestasieskool. Hy sê hy is hoopvol vir verandering en het juis verhuis omdat misdaad in sy woonbuurt ’n probleem was. “Ek wil nie hê my kinders moet so grootword nie en ek hoop die nuwe partye op die lys kan ’n verskil maak,” sê hy. Foto: Arisa Janse van Rensburg

2021-11-01 09:14:21’n Kieser se registrasie word nagegaan by ’n DA-tent by die Sea Point Primary School. Ian McMahon, die DA se kandidaat in die area, het vanoggend hier gehelp. Die opkoms is tot dusver goed ondanks koel weer in Kaapstad, sê die verteenwoordigers van die DA. Foto: Ané van Zyl

2021-11-01 09:12:27Nie eens die snerpende wind kon kiesers in Sunridge Park, Gqeberha, keer om hul kruisie te trek nie. Sowat 200 mense het teen 08:30 in die ry gestaan. Foto: Candice Bezuidenhout

2021-11-01 09:10:53Die stemmery het vanoggend vlot verloop by die tent in die stuk veld langs Rubenstein-weg in Moreleta Park, Pretoria. Bedagsame OVK-amptenare het stoele vir ouer mense aangedra wat in die ry gewag het. Die vulstasie om die draai het ’n man oorgestuur om bestellings vir koffie, teen R30 ’n koppie, of koeldrank te neem. Etlike grapjasse het gevra of hulle nie eerder iets sterkers soos rum of brandewyn saam met kola kon kry nie. Foto: Gert van der Westhuizen

2021-11-01 09:09:30By Kerk Sonder Mure in Centurion was ‘n ry van minstens 100 mense. Dié mense is vinnig gehelp om hul kruisies te trek en streng Covid-19-maatreëls het veral binne gegeld, waar penne ná elke kruisie ontsmet is. Foto’s: Isabel Venter

2021-11-01 09:08:28Ondersteuners van die DA arriveer by die Northwood High School in Durban. Daar word verwag dat John Steenhuisen, DA-leier, Maandagoggend hier sal stem. Video: Dennis Delport

2021-11-01 09:07:14

Chris Hattingh, die DA se kiesafdelingshoof in die J.B. Marks-munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, stem Maandag by die NG kerk Grimbeeckpark in Potchefstroom. Hy sê ’n koalisieregering is nou meer as ooit tevore ’n moontlikheid in Potchefstroom.

“Met die vorige verkiesings het die ANC net een meer stem gekry as al die opposisiepartye saam. As die EFF en onafhanklike kandidate hulle nie by die ANC skaar nie, sal die opposisie met die DA as leier, heel moontlik kan regeer.” J.B. Marks is onder administrasie. Die voormalige burgemeester en nog munisipale amptenare word strafregtelik aangekla van bedrog en diefstal van duisende rande.

2021-11-01 09:05:03

Leon Basson, DA-leier in Noordwes, het Maandag ’n stempunt in Potchefstroom besoek. Hy sê die party mik om byna 17% steun in die provinsie te behaal, soos met die vorige plaaslike verkiesings in 2016.

Die party se daling in steun tot meer as 11% in 2019, is grootliks aan die ras-debakel in Schweizer-Reneke toegeskryf. Volgens Basson wys hul peilings mense het in ’n groot mate hiervan herstel en dat hulle besef waar die DA regeer, werk dinge. "Noordwes kan nie nog vyf jaar onder die ANC oorleef nie. Indien mense wil hê dinge moet verbeter, moet hulle vir die DA stem." Foto: Susan Cilliers

2021-11-01 09:03:27Nella (76) en Jan van der Merwe (79) saam met Henk Opperman, DA-raadslid van die Dawid Kruiper-munisipaliteit in Upington, het pas klaar gestem.

2021-11-01 09:01:26Geordin Hill-Lewis en sy vrou, Carla, het by die Edgemead-gemeenskapsaal in Kaapstad gaan stem. Foto: Jaco Marais

2021-11-01 08:59:53Tobie Minnaar was al vroegoggend deel van dié ellelange ry mense wat voor die stembusse by Zwartkop in Centurion gestaan het. Volgens Minnaar was daar teen 06:30 nog geen stembusse of -briewe nie. “Van die mense het omgedraai en huis toe gegaan,” het Minnaar gesê. Teen 07:45, toe dié foto’s geneem is, het die tou langer geword en het daar ’n OVK-voertuig gestop om die nodige toerusting af te laai. Foto’s: Isabel Venter

2021-11-01 08:58:16Annelize Kotze (69) van Upington sê sy het kom stem omdat dit haar plig is om te stem. Foto: Anena Burger

2021-11-01 08:57:25Elton Manel (43) woon in die Mandela Village in Kariega en sê vandag stem hy met die hoop op n beter munisipale raad wat luister na sy inwoners. Volgens hom het die metroraad inwoners die afgelope vyf jaar afgeskeep. Hy sê daar is probleme soos dreine wat oorspoel en algemene dienslewering is afwesig. Foto: Cara-Lee Dorfling

2021-11-01 08:56:14By die Illinge Primary School in Kariega in die Nelson Mandelabaai-metro staan ’n lang ry mense geduldig en wag om te stem. Voor die stemlokaal word musiek gespeel en mense gesels vriendelik onderlangs. Volgens die OVK-amptenare het die stemlokaal om 07:00 sonder enige probleme geopen. Foto: Cara-Lee Dorfling

2021-11-01 08:54:48Dis ’n koel oggend in Upington waar inwoners by die Hoërskool Duineveld stem. Die rye beweeg vinnig.

2021-11-01 08:52:22

2021-11-01 08:51:28Carmen Taljaardt (32), ‘n inwoner van Gqeberha, sê stemdag is die een dag wanneer Suid-Afrikaners ‘n verskil kan maak. ‘Ek hoop vir ‘n beter toekoms en ‘n verandering in leierskap. Ons het leiers nodig wat by hul woord hou. Taljaardt, ‘n oudonderwyseres, sê skole het beter infrastruktuur nodig. Foto; Elmarine Anthony

2021-11-01 08:50:38Thomotso Tsebe (31) en Thabiso Thithi (32) het mekaar in die ry ontmoet en spoedig vriende geword. Albei is egter ontsteld omdat die stemmery by die Prestasie Skool in Germiston laat begin het. Stembriewe het eers om 07:15 hier aangekom. Hulle stem nie vir dieselfde partye as in die vorige verkiesing nie. ’Ons soek verandering,’ sê hulle. Foto: Arisa Janse van Rensburg

2021-11-01 08:49:17Marlene van Staden, DA-burgemeester van Modimolle in Limpopo, het by die Laerskool Vaalwater gestem. Foto: Verskaf

2021-11-01 08:47:55Johanna Engelbrecht (90) van Upington gooi haar stembrief in die stemboks by die Hoërskool Duineveld. Foto: Anena Burger

2021-11-01 08:44:56Johanna Engelbrecht (90) van Upington gooi haar stembrief in die stemboks by die Hoërskool Duineveld. Foto: Anena Burger

2021-11-01 08:43:13

Siphosethu Ntezo, ’n werknemer van die OVK by die King’s Beach-mensereddersklub in Somerstrand, Gqeberha.

Sy sê daar was reeds baie mense wat vanoggend hier gestem het. Volgens twee bejaardes, wat verkies om anoniem te bly, is die OVK-werknemers baie vriendelik en professioneel. “Dit het goed gegaan. Baie vinnig en hulle laat mense wat bo 60 jaar oud is eerste in. ’n Mens is maar bekommerd oor Covid-19, maar dit het goed gegaan.”

Volgens een van die vroue word “dinge gedoen” sedert die Baai ’n DA-burgemeester het. “Die strate word skoongemaak. Wat ons graag meer van wil sien, is meer sekuriteit by die strandfront tydens die vakansie. Baie mense word aangeval. Sekuriteit moet net opgeskerp word.” Foto: Elmarine Anthony

2021-11-01 08:39:09

2021-11-01 08:37:54Brenda Willemse, 'n OVK-amptenaar, gaan kiesers se identiteitsnommers na voordat hulle, hul stembriewe kan ontvang. Foto: Anena Burger

2021-11-01 08:29:55Maryna (62) en Jack (67) Ellis van Elspark, Germiston, staan al van 06:15 in die ry by die Prestasie Skool. Hulle hoop dat dienslewering gaan verbeter, maar is ontsteld omdat ‘dit nie lyk of hier behoorlike organisering is nie’. Foto: Arisa Janse van Rensburg

2021-11-01 08:27:20Mense staan reg om hul kruisies by die Ellerton Primary School in Drieankerbaai, Seepunt, te trek. Net voor 08:00 was daar ongeveer 40 mense in die ry. Foto: Carl Thomas

2021-11-01 08:26:06Geordin Hill-Lewis en sy vrou, Carla, het by die Edgemead-gemeenskapsaal in Kaapstad gaan stem. Hy is die DA se burgemeesterskandidaat. Foto: Jaco Marais

2021-11-01 08:25:09Die ingang na die Centurion-lisensiedepartement waar kiesers in wyk 65 van die Tshwane-metro stem. Foto: Sarel van der Walt

2021-11-01 08:23:04Dup en Amanda du Plessis stem in wyk 24 in Grimbeeckpark, Potchefstroom. Dup sê hy stem vir een van die kleiner partye wat ’wat homself handhaaf en nie ’n leuen leef nie’. Hy hoop om so die reeds sterk opposisie in die JB Marks-munisipaliteit sterk te maak. ’Mens kan nie vir die ANC stem nie. Hulle het reeds bewys hulle is nie bevoeg nie.’ Foto: Susan Cilliers

2021-11-01 08:16:37

2021-11-01 08:13:39

2021-11-01 08:12:18Die ingang van die verkiesingslokaal by die Ellerton Primary School in Drieankerbaai, Seepunt. Foto: Carl Thomas

2021-11-01 08:11:26Kiesers staan gereed by die Prestasieskool in Germiston aan die Oos-Rand. Foto: Arisa Janse van Rensburg

2021-11-01 08:10:19

2021-11-01 08:09:37

2021-11-01 08:03:05By die stadsaal in Prince Alfred Hamlet naby Ceres het die stemmery stadig begin, maar teen 07:30 begin spoed optel. Teen 07:45 het 49 mense reeds gestem. Foto: Verskaf

2021-11-01 08:00:27Mense wag by die Masonic-saal in Caledonstraat in George om te stem. Dit het deur die nag gereën en dit was vroegoggend bewolk en koel. Foto: Jackie Kruger

2021-11-01 07:59:28Die penne by die Milnerton Hoërskool se stemlokaal is nie gesaniteer nie voor die mense gestem het nie.2021-11-01 07:57:57Geordin Hill-Lewis, die DA se burgemeesterskandidaat, gaan by die Edgemead-gemeenskapsaal in Kaapstad stem. Foto: Jaco Marais

2021-11-01 07:57:27Geordin Hill-Lewis, die DA se burgemeesterskandidaat, gaan by die Edgemead-gemeenskapsaal in Kaapstad stem. Foto: Jaco Marais

2021-11-01 07:57:08Geordin Hill-Lewis, die DA se burgemeesterskandidaat, gaan by die Edgemead-gemeenskapsaal in Kaapstad stem. Foto: Jaco Marais

2021-11-01 07:55:14Kiesers by die Laerskool Hendrik Louw in die handhaaf sosiale distansiëring in die lang ry. Hulle stem in wyk 83 in Kaapstad. Foto: Yaseen Gaffar

2021-11-01 07:54:18Maruping Makgari van Phahmeng, Bloemfontein, moes ’n spesiale stem kry maar die OVK het nie opgedaag nie en vandag is hulle laat. Foto: Mlungisi Louw

2021-11-01 07:52:40Keith Macleod, ’n inwoner van Bloemfontein, sê hy het heel eerste vanoggend sy kruisie by die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein getrek. Hy sê die proses was uiters stadig. Daar is net een skandeermasjien en dit het nie gewerk nie. Foto: Marietjie Gericke

2021-11-01 07:51:55'n Paar wolke hang oor die Kaapstad-stadion en ‘n ligte windjie waai. ‘n Ligte reënbui sak elke nou en dan uit. Foto: Ané van Zyl

2021-11-01 07:42:07By die stemlokaal in Hendon Park in Gordonsbaai staan die kiesers al vroegdag in die ry. Foto: Yaseen Gaffar

2021-11-01 07:39:39Inwoners wat by die Westborne Oval in Sentraal, Gqeberha stem, staan reeds sedert 06:00 in die koue en wind. Marianne Terblance (64) sê sy stem nog in elke verkiesing. ’Indien jy nie stem nie, kan jy nie kla nie.’ Sy sê belastingbetalers se geld moet vir dienslewering gebruik word. Foto: Elmarine Anthony

2021-11-01 07:34:40Roxy, ‘n border kollie, wag saam met sy mense in die ry in JC Steynstraat, Langenhovenpark, Bloemfontein, om te stem. Kallie en Ella van der Merwe is opgewonde om te kom stem. Foto: Charles Smith

2021-11-01 07:32:51‘n Lang ry kiesers wag by die Centurion-verkeersentrum om hul kruisie in wyk 65 van die Tshwane-metroraad te trek. ‘n Rustige atmosfeer heers. Foto: Sarel van der Walt

2021-11-01 07:31:52Daar is reeds ’n lang tou by die stemlokaal in Rubensteinweg in Moreletapark, Pretoria. Foto: Gert van der Westhuizen

2021-11-01 07:29:43By die NG Gemeente Doornpoort in Pretoria is die ry mense lank en staan mense al buite die perseel en wag om te stem. Foto Deaan Vivier

2021-11-01 07:28:40Die Bloemfontein Legae- intermediêre skool in die Vrystaat maak nog gereed vir die stemlokaal om oop te maak. Foto: Mlungisi Louw

2021-11-01 07:22:05

2021-11-01 07:21:41

2021-11-01 07:21:06

2021-11-01 07:20:14

2021-11-01 07:19:31By die Muir College Boys High School in Kariega in die Nelson Mandelabaai-metro sit mense sowat n meter uitmekaar terwyl hulle wag om by die stemlokaal in te gaan. Sowat 30 mense was reeds voor 07:00 by die stemlokaal. Foto: Cara-Lee Dorfling

2021-11-01 07:15:14By die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein staan die ry ook al in die straat soos wat mense wag om te stem. Dit is baie rustig in die Vrystaatse hoofstad waar die kwik vandag tot 31 °C gaan styg. Foto: Marietjie Gericke

2021-11-01 07:07:56Mense staan voor 07:00 in rye by die Milnerton Hoërskool in Kaapstad en wag vir die stemlokaal om om oop te maak. Foto: Nadia Honiball

2021-11-01 07:06:05Mense staan voor 07:00 in rye by die Milnerton Hoërskool in Kaapstad en wag vir die stemlokaal om om oop te maak. Foto: Nadia Honiball

2021-11-01 06:01:52

2021-11-01 06:00:44

2021-11-01 06:00:06

2021-11-01 05:59:36

2021-11-01 05:46:47

2021-11-01 05:46:47

Jy mág op stemdag gaan drank koop

Die regering het toe nooit ’n verbod op drankverkope vir stemdag ingestel soos gevrees is nie.

Stemlokale open om 07:00 en sluit om 21:00.

Drankwinkels mag volgens die voorwaardes van hul dranklisensie sake doen.

Lees die volledige berig hier2021-11-01 05:46:47

Mense kan nog Maandag spesiale stemme uitbring

Kiesers wat geregistreer het vir spesiale stemme, maar vir een of ander rede nie die naweek hul stem kon uitbring nie, kan steeds Maandag aan die plaaslike verkiesing deelneem.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het Sondagmiddag sowat ’n uur voor die sluiting van stemlokale in ’n verklaring gesê tussen 50% en 70% van die tuisbesoeke vir die rekordgetal 1,1 miljoen kiesers wat vir spesiale stemme aansoek gedoen het, is voltooi.

Lees die volledige berig hier2021-11-01 05:46:46

OVK 'slaggereed vir vry en regverdige verkiesing'

Die Verkiesingskommissie (OVK) is daartoe verbind dat alle stemlokale sal open en dat elke stemgeregtigde Maandag in die land sal kan stem.

Sy Mamabolo, OVK-hoofkiesbeampte, het Sondagaand dié versekering op ’n nuuskonferensie in die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gegee toe hy saam met Glen Mashinini, OVK-voorsitter, en ander OVK-amptenare verslag gedoen het oor Saterdag en Sondag se spesiale stemmery.

Hulle het ook die versekering gegee dat die OVK slaggereed is om Maandag ’n vrye en regverdige verkiesing te hou. Dit is ook tevrede met die “baie suksesvolle” verloop van die spesiale stemmery by kiesers se huise en stemlokale die afgelope naweek.

Lees die volledige berig hier

CTA