Verkiesing 2021

STEMDAG | 1 November tot openbare vakansiedag verklaar

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie. Foto: Reuters
Foto ter illustrasie. Foto: Reuters

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag 1 November, die datum waarop die plaaslike verkiesings gehou word, tot 'n openbare vakansiedag verklaar.

Ramaphosa het Maandag in 'n verklaring 'n beroep op alle geregistreerde kiesers gedoen om van die openbare vakansiedag gebruik te maak om hul demokratiese reg en burgerlike plig uit te oefen deur in die verkiesings te stem "wat burgers in staat stel om nuwe leierskorps te kies en dienslewering te beïnvloed waar hulle woon".

Die president het ook kiesers daaraan herinner dat hulle slegs hul stemme sal kan uitbring by die stemlokale in wyke waar hulle geregistreer is.

Kiesers moet ook seker maak dat hulle by die Covid-19-gesondheidsvoorskrifte hou wanneer hulle gaan stem.

"Werkgewers moet toelaat dat werknemers hul grondwetlike stemreg op 1 November kan uitoefen," lui die verklaring.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM