Verkiesing 2021

Stop verval van munisipaliteite, sê Max

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Adv. Lennit Max, die VF Plus se burgemeesterskandidaat vir die Kaapstad-metro.  Foto: Christiaan du Plessis
Adv. Lennit Max, die VF Plus se burgemeesterskandidaat vir die Kaapstad-metro. Foto: Christiaan du Plessis

Stop die verval van munisipaliteite.

"Ons kort nie net verandering nie, ons kort verbetering, ware oplossings en 'n nuwe bedeling waar plaaslike regering plaaslik is."

Dit was Saterdagoggend die boodskap van adv. Lennit Max, die VF Plus se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, tydens 'n seremonie waar die party sy manifes vir die komende plaaslike verkiesings amptelik in Moreletapark in Pretoria bekend gestel het.

Volgens Max is die VF Plus die natuurlike keuse vir enigiemand wat trots is op wie en wat hy of sy is en vir enigiemand wat identifiseer met die party se toekomsgerigte beleide.

"Die VF Plus is die tuiste vir enigiemand wat trots is op hul taal, wat godsdienstige en Christelike waardes voorstaan en wat 'n toekoms van selfstandigheid wil bou. Ons bied werklike oplossings. Ons staan op teen diskriminasie en die marginalisering van minderhede.

"Die VF Plus is jou natuurlike tuiste. Jou natuurlike keuse. Wees dus saam met my trots. Staan op met ons teen die misbruik van mag en om beheer oor ons eie toekoms te neem."

Volgens Max is daar vir te lank in Suid-Afrika vir minderhede voorgesê.

"Vir te lank is daar slegs vir die ANC-elite opgetree. Vir te lank word daar besluite oor ons taal, kultuur en erfenis geneem sonder dat geraakte gemeenskappe geken word daaroor. Vir te lank word amptenare aangestel op grond van velkleur en nie op meriete nie," het Max bygevoeg.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM