Die OVK se uitslagsentrum in Pretoria is Saterdagaand ontruim nadat 'n stroombreker uitgeskop het.
Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê 'n stroombreker het gebrand, maar daar was geen brand by die sentrum nie.
Toe Kate Bapela, OVK-woordvoerder, gekontak is vir kommentaar het sy nog gewag op 'n verslag van die sentrum se sekerheidspersoneel.
Die operasionele bevelvoerder, net bekend as lt.kol. Molefe, het gesê die saal is ontruim sodat die elektrisiteitsafdeling die kragtoevoer kan herstel.
Die saal is kort ná 18:00 ontruim, maar dit was nie vir nooddoeleindes nie. Hulle het Saterdagaand nog gewag dat die kragtoevoer herstel word.


















