Laai tot 25 rolprente of episodes van reekse op die Showmax-toepassing af sodat jou kinders oor die feestyd daarna kan kyk wanneer hulle nié aanlyn is nie. Dit is 25 verskillende maniere hoe jy hulle besig kan hou by Ouma se huis, terwyl julle op die lughawe wag vir 'n vliegtuig, wanneer julle die langpad vat of as jy jou gunstelingreeks of sporthoogtepunte op die grootskerm-TV inhaal.
25 Kinderprogramme op Showmax
Laai elke enkele episode van elkeen van hierdie reekse af en jou kinders sal 'n bietjie van alles hê - van Disney, Cbeebies, Nickelodeon, Cartoon Network en Boomerang tot Peppa Pig en die gewilde ballerina-reis-oor-tyd-heen-reeks Find Me in Paris. Absoluut álles op Showmax is beskikbaar om afgelaai te word.
Hier is 'n klein kykie na die omvattende katalogus wat beskikbaar is op Showmax. Besoek showmax.com om na die volle aanbieding te kyk.
1. Pablo S1 | Eerste op Showmax (foto bo)
Pablo is dalk outisties, maar dit keer hom nie om die wêreld aan te pak nie. Met behulp van sy kammamaatjies, wat hy met sy vetkryte skep, leer hy dat hy enigiets kan hanteer wat in sy rigting kom.
Nou beskikbaar.
2. Hey Duggee

Hierdie dierbare reeks van CBeebies het die prys gewen vir die Beste Voorskoolse Animansiereeks by vanjaar se Baftas en dis glad nie moeilik om te sien hoekom nie. Die nimlike hond Duggee is die leier van die "Squirrel-klub" waar kinders allerlei vaardighede kan leer en kentekens kan verwerf vir alles van koekbak en skattejag tot die maak van papierbote.
Nou beskikbaar.
3. Find Me in Paris | Eerste op Showmax

Dis die jaar 1905 en Lena die ballerina is op die drumpel van beroemdheid. Dan gee haar kêrel vir haar 'n ou familiehalssnoer wat haar na die 21ste eeu verplaas. Terwyl Lena probeer om haar weg terug huis toe te vind, leer sy hoe om in die moderne wêreld in te pas . . . en ontdek dan dat sy dalk glad nie wil teruggaan nie.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/pubvsxek-find-me-in-paris
4. Revolting Rhymes | Eerste op Showmax

Die skreeusnaakse kinkels wat Roald Dahl vir klassieke feeverhale gegee het, het lewendig geword danksy Triggerfish Animation van Kaapstad, in samewerking met Magic Light Pictures. Die resultaat is 'n lieflike, bloederige reeks wat benoem is vir 'n Oscar en 15 groot internasionale toekennings losgeslaan het.
Nou beskikbaar.
5. Disney se Wizards of Waverly Place
Alex en haar broers kom uit 'n lang bloedlyn van towenaars en hulle moet hul towerkragte bemeester of dit vir altyd verloor. Die drie jong towenaars loop hulle in allerlei moeilikheid vas terwyl hulle skool, vriende en toorkuns moet bemeester.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/revssx7m-wizards-of-waverly-place
6. Guess How Much I Love You
Big Nutbrown Hare en sy seun Little Nutbrown Hare leef gelukkig saam en soek altyd na verskillende maniere om hul liefde vir mekaar te betoon. Dié inspirerende en vermaaklike program is in pragtige waterverf geillustreer.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/bx81e05w-guess-how-much-i-love-you
7. Disney se Sofia The First
Drake, seemonsters . . . en selfs vlieënde kamele - hierdie gaan die gekste seisoen nóg vir Sofia wees. Nuwe avonture, misterieuse lande en vreemde toweragtige kreature wag op haar en haar vriende. Kom saam op die reis!
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/v4q8fola-disneys-sofia-the-first
8. Adventure Time
Finn en Jake is die helde van Ooo, 'n land propvol ontdekkingsreise en monsters wat oorwin moet word. Of dit nou die bose Ice King is of 'n takie wat verrig moet word vir die beeldskone Princess Bubblegum, daar wag altyd 'n nuwe avontuur op hulle.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/qzpug7fk-adventure-time
9. Ben 10
Ben is maar net nog 'n seun, tot hy 'n vreemde horlosie ontdek wat hom in tien verskillende kragtige ruimtewesens kan verander. Met sy nuwe kragte kan hy mense help red, maar ander het ook hul oog op die toestel in dié opwindende aksiereeks.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/dumgv4xk-ben-10
10. The Amazing World of Gumball
Gumball die kat is altyd besig om een of ander plan in die mou te voer en dis gewoonlik nie 'n goeie een nie. Tog hou hy nooit op nie, want hy leer nooit 'n les nie! Gelukkig vir hom verduur sy suster Anais en sy vriende hom . . . wel, soort van.
Nou beskikbaar.
11. The Powerpuff Girls
Ietsie soet, 'n knypie speserye en alles wat oulik is - en 'n klein dosis "Chemical X" - het die kragtige trio Blossom, Bubbles en Buttercup geskep. Die drie is tog te oulik, maar jy wil nie skoor soek met hierdie superhelde nie.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/syzdxl6s-the-powerpuff-girls
12. Regular Show
Mordecai, 'n blou uilskuiken, wil graag sy beste doen as opsigter van 'n park, maar hy is lui. Rigby die wasbeer is Mordecai se maat en altyd op soek na moeilikheid . . . en hy kry dit! Hoekom hierdie twee nog nie hul werk as opsigters verloor het nie, weet niemand nie ...
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/9k54yonl-regular-show
13. Tom and Jerry Show
Die mededinging tussen die bekendste kat en muis ter wêreld bereik nuwe hoogtes in dié nuwe avonture. Tom doen alles in sy vermoë om die uitgeslape Jerry uit te vang, of dit nou by die huis, in die heks se houthuis of in die ruimte is. Maar Jerry is 'n superslim muis ...
Nou beskikbaar.
14. The New Looney Tunes
Bugs Bunny, Daffy Duck en almal se gunsteling karakters haal weer al hul ou truuks uit in hierdie splinternuwe reeks. Geniet die verspotte humor en simpel karakters wat die Looney Tunes wêreldberoemdheid besorg het.
Nou beskikbaar.
15. Be Cool, Scooby-Doo!
Scooby-Doo en die bende is terug. Fred, Shaggy, Daphne en Velma sluit vir die somervakansie aan by die brak wat altyd lus is vir 'n happie. Misterie en gevaar wag vir hulle wanneer hulle langs die pad teen monsters en skobbejakke te staan kom.
Nou beskikbaar.
16. Disney se Tangled
Rapunzel is bestem om die heerser van Corona te word, maar sy besef sy het nog baie om oor die wêreld te leer. Gelukkig is Eugene, Pascal en Maximus gereed vir die avonture. En die hare ook . . .
Beplande uitreiking: Donderdag 13 Desember.
17. Marvel se Guardians of the Galaxy
Die ontdekking van Thanos se asteroïed sit 'n eindelose en gevaarlike avontuur vir die Guardians aan die rol, maar nie sonder talle ander sendings langs die pad nie. Dit sluit in botsing met zombies en simbiote in 'n opwindende nuwe seisoen.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/q9d97trg-marvels-guardians-of-the-galaxy
18. Disney se Star vs The Forces of Evil
Star Butterfly is 'n betowerende prinses wat in die geheim as 'n buitelandse uitruilstudent op die Aarde bly. Star en haar vriend Marco vorm 'n dapper duo wat die gewone skoollewe én 'n stryd met die bose skobbejak Ludo moet hanteer.
Nou beskikbaar.
19. LEGO Disney Frozen: Northern Lights
Die noorderligte het nie, soos hulle moes, aangekom nie en Elsa, Anna en die bende besluit om dit te gaan soek. Disney se towermooi, sneeuwit, feeverhaal smelt saam met Lego-animasie om 'n spesiale avontuur te skep vir almal se gunsteling koninklike susters.
Beplande uitreiking: Donderdag 13 Desember.
20. Peppa Pig Special: Christmas Party
Dit is Kersfees in Peppa Pig se huis en almal is uitgenooi na 'n heerlike, groot partytjie! Wie gaan opdaag en watter geskenke gaan hulle saambring? Is daar dalk selfs 'n moontlikheid dat Kersvader ook daar gaan wees?
Beplande uitreiking: Donderdag 13 Desember.
21. Garfield In Paradise Special
Garfield, Jon en Odie gaan op 'n tropiese vakansie en huur 'n geheimsinnige motor. Maar dié motor het 'n interessante geheim en ons helde moet gereed maak vir 'n groot avontuur wanneer 'n onbeplande reis hulle tot diep in die oerwoud neem!
Beplande uitreiking: Donderdag 13 Desember.
22. A Garfield Christmas Special
Garfield moet Kersfees op die plaas saam met Jon se familie oorleef. En almal op die plaas wil aktief wees! Gelukkig is daar oorgenoeg slapies en heerlike kos om hom te help oorleef.
Beplande uitreiking: Donderdag 13 Desember.
23. Paw Patrol
Ryder en sy brigade klein brakkies, waaronder die leerling-brandweerman Marshall en Chase, wat daarvan droom om 'n polisiehond te word, gaan oor tot aksie om te red wat daar te redde is. Wanneer jy in die moeilikheid is, kef net vir hulp!
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/cn9mgnfq-paw-patrol
24. Nella the Princess Knight
Nella is nie jou gemiddelde prinses nie. Sy is 'n prinsesridder en met die hulp van haar vriende los sy al die probleme in haar koninkryk op. Dit maak nie saak wat gebeur nie, Nella bly getrou aan herself.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/vt1tem51-nella-the-princess-knight
25. Marvel se Spider-Man
Peter Parker, 'n nuwe leerling by die beroemde Horizon High, veg teen superboewe as die superheld Spider-Man.
Nou beskikbaar.
https://www.showmax.com/eng/tvseries/cda144hh-marvels-spider-man
Hoe om programme van Showmax af te laai

- Teken aan vir Showmax by showmax.com
- Laai die Showmax-toepassing vir iOS of https://play.google.com/store/apps/details?id=com.showmax.app&hl=enAndroid af vir slimfone en tablette.
- Maak die toepassing oop en kies wat jy wil aflaai.
- Klik op die "download"-knoppie.
- Kies die gehalte van die lêer wat jy wil aflaai: lae gehalte, standaard gehalte, goeie gehalte of hoë gehalte. Om so min as moontlik data en stoorplek te gebruik, kies lae of standaard gehalte, wat perfek is vir klein skerms.
- Die program behoort onmiddellik te begin aflaai. Wanneer dit klaar is, kan jy toegang daartoe kry in die afdeling wat geskep is vir afgelaaide inhoud.
Programme wat afgelaai is bly vir tot 30 dae op 'n toestel, maar wanneer die kinders eers begin het om na 'n episode of 'n rolprent te kyk, moet hulle dit binne 48 uur klaar kyk. Jy moet in die toepassing aanteken op Showmax om toegang te kry tot programme wat jy afgelaai het.
Kry 'n gratis 14 dae-toetsperiode as jy vir die eerste keer aanteken vir Showmax en as jy 'n DStv Premium-intekenaar is, kry jy Showmax gratis. Intekenare van DStv Compact en Compact Plus kry Showmax teen R49. Teken nou aan >>
Is jy 'n Vodacom-klant? Kry drie maande se Showmax gratis én 15 GB se gratis data vir Showmax. Besoek showmax.com/vodacom












