Vir die eerste keer sedert 2018 kom hou Afrikaans is Groot weer konsert in die Moederstad. Die eenmalige produksie word Saterdag 20 September in die DHL-stadion in Groenpunt aangebied.
Hierdie 100-jaar-konsert is Afrikaans is Groot se spesiale huldeblyk aan Afrikaans se 100-jaar-viering as 'n amptelike taal in Suid-Afrika. Wat 'n beter plek om hierdie mylpaal te vier as daar waar Afrikaans sy oorsprong gevind het: die Kaap. Afrikaans word net een keer 100 jaar oud en dit móét behoorlik gevier word.
"Ons ag ons Kaapse gehoor net so belangrik soos ons Pretoria-gehoor. En ons wou iets groots doen vir Afrikaans se eeufeesviering," sê Arnold Coleske, uitvoerende regisseur van Afrikaans is Groot.
Volgens Coleske sal Afrikaans is 100 Jaar Groot 'n produksie van ongekende omvang wees. "Ons beplan groot dinge. Verwag 'n magdom Afrikaanse sangers, dansers, musikante en nog vele meer. Dit gaan 'n produksie op 'n hele nuwe vlak wees. Hierdie is nie net 'n spoeg-en-plak van die Pretoria-konserte nie. Dié produksie gaan op 'n heel ander vlak aangebied word."
Kaartjies vir Afrikaans is 100 Jaar Groot sal op 8 Mei om 10:00, die dag wat Afrikaans sy 100ste bestaansjaar as amptelike taal vier, eksklusief op iTickets beskikbaar wees.
Hou Netwerk24 dop vir 'n kans om jou hand eerste op kaartjies te slaan en 'n eksklusiewe kaartjiekompetisie vir intekenare.
"Om deel te wees van só 'n groot verjaarsdagpartytjie vir Afrikaans is vir VIA 'n voorreg! Ons sien uit om die mylpaal saam met ons kykers te vier," sê Azelia Morkel, kanaalhoof vir VIA (DStv-kanaal 147).
Afrikaans is 100 Jaar Groot word met trots aangebied deur Laeveld Agrochem in samewerking met RSG, Netwerk24, VIA, Flysafair en Virseker.
Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.





















